About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 18
|
|
S v Swiergers (187/04) [2004] ZANCHC 18 (7 May 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
187/04
Datum
gelewer: / Date delivered:
07/05/2004
In
die saak van:
DIE
STAAT
teen
SWIEGERS,
IWAN Beskuldigde
Coram:
Lacock R
et
Williams R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
LACOCK
R:
Hierdie
saak is deur die addisionele landdros van Kimberley op spesiale
hersiening na hierdie Hof verwys met die versoek om die
skuldigbevinding en vonnis van die beskuldigde ter syde te stel.
Die
redes vir hierdie versoek lees as volg:
â
Ek
dien tans as voorsittende beampte in die kanalisasie hof wat
grootendeels alle sake in die Landdroshof te Kimberley uitstel vir
verdere ondersoek of vir verhoor na ander howe. Indien moontlik doen
ek ook alle skuldig pleite. Daagliks hanteer ek tot plus minus
100
(eenhonderd) sake per dag. Om my taak te vergemaklik en vir tyds
bespaaring plaas ek 10 (tien) beskuldigdes in die beskuldigde
bank en
soos die aanklaer hul name roep so staan die persoon wie se naam
geroep is op.
By
die toepassing van arikel 112 (1) (a) Wet 51 /77 pleite sal die
aanklaer my vooraf inlig dat die beskuldigde van voorneme is om
skuldig te pleit en dan die aanklag stel.
Die
betrokke dag is die naam van Iwan Swiegers geroep. Een van die
beskuldigdes in die beskuldigde bank het opgestaan en ek het
aangeneem
dat dit Iwan Swiegers is. Ek het artikel 112 (1) toegepas.
By tee tyd het die persoon wie ek skuldig bevind het my in kamers
kom
spreek en my meegedeel dat hy nie Iwan Swiegers is nie. Later
die middag het ân polisie beampte my genader met die ware Iwan
Swiegers
en my meegedeel hy verneem ek het reeds Mnr Swiegers se saak
afgehandel maar dit blyk ân fout te wees want Mnr Swiegers het nog
nooit verskyn nie. Ek het hulle meegedeel dat ek hierdie saak op
spesiale hersiening sal stuur.â
Prima
facie
blyk dit dus dat die voormelde verrigtinge nie ooreenkomstig die reg
geskied het nie, en dat dit ter syde gestel behoort te word.
Bygevolg
word die volgende bevel hierin verleen:
DIE
SKULDIGBEVINDING EN VONNIS DIE BESKULDIGDE OPGELÃ WORD TER SYDE
GESTEL.
_________________________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_________________________
CC
Williams
REGTER