About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 17
|
|
S v Lumkwana and Another (90/04) [2004] ZANCHC 17 (7 May 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
90/04
Datum
gelewer: / Date delivered:
07/05/2004
In
die saak van:
DIE
STAAT
teen
LUMKWANA, FIKILE Beskuldigde 1
MWEBA,
NTSIKILELO
Beskuldigde 2
Coram:
Majiedt R
et
Lacock R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
LACOCK
R:
Die
beskuldigdes is in die Landdroshof van Hanover skuldig bevind aan
diefstal met inagneming van die voorskrifte van Wet 57 van
1959
deurdat hulle na bewering vier skape op die plaas De Mills van Mnr
Arno Viljoen gesteel het. Beide is gevonnis tot drie jaar
gevangenisstraf.
Nadat
die saakrekord op hersiening aan my voorgelê is, het dit my
prima
facie
voorgekom dat ân aantal
onreëlmatighede in die verhoor begaan is, en het ek die Landdros
vir sy redes versoek, en ook ân regsmening
van die kantoor van die
Direkteur van Openbare Vervolging aangevra. Die Landdros sowel as
Adv Birch van die kantoor van die DOV
word bedank vir hul reaksie op
my versoek. Ek handel hieronder
seriatim
met die oënskynlike onreëlmatighede.
Beide
die beskuldigdes het onskuldig gepleit en in hul pleitverduideliking
aangedui dat hulle slegs ân derde persoon behulpsaam
was om langs
ân pad die karkasse van die skape in die voertuig van die derde te
laai en dat hulle daarvoor vergoed sou word.
Beide het ontken dat
hulle die skape gesteel en/of geslag het.
Beide
beskuldigdes het hul eie verdediging waargeneem en was hulle nie
regsverteenwoordig nie.
Eerstens
blyk dit dat die Landdros versuim het om aan die beskuldigdes die
aard en doel van kruisondervraging te verduidelik. Die
Landdros het
telkens aan die einde van die getuienis in hoof slegs die volgende
aan die beskuldigdes gevra:
âEnige vrae vir
die getuie oor wat hy getuig het?â
of
âEnige vrae vir die getuie?â
.
Die aard en doel van kruisondervraging is hoegenaamd nie aan die
beskuldigdes verduidelik nie. Hierdie versuim stel ân
onreëlmatigheid
daar.
â
Furthermore,
when the first State witness had finished his evidence-in-chief,
there should have been an explanation to the appellant
and his
co-accused as to their right to cross-examine and some indication as
to how they should conduct a cross-examination and that
it was their
duty to put to the State witnesses any points on which they did not
agree with the State witnesses, and to put their
version to the State
witnesses.
(
S
v Tyebela
1989 (2) SA 22
(A) te 32 B tot C
).
In die
tweede plek blyk dit dat die Landdros versuim het om die
beskuldigdes behoorlik by te staan en behulpsaam te wees in hul
kruisondervraging van die staatsgetuies.
Terwyl
die tweede beskuldigde die getuie Montague gekruisvra het, het die
eerste beskuldigde aangedui dat hy nog vrae vir die getuie
het.
Hierop het die Landdros bloot gesê,
âNee hy
het sy kans gehad.â
Ook aan die einde van
die kruisondervraging van die getuie deur beskuldigde twee, het die
Landdros geen verdere geleentheid vir
kruisondervraging aan
beskuldigde een toegelaat nie.
Dit
blyk ook dat die Landdros nie die beskuldigdes behulpsaam was om hul
volle verweer soos geopenbaar naamlik dat die getuie Montague
hulle
opdrag gegee het om die skape in sy voertuig te laai en hulle
vergoeding daarvoor aangebied het, aan die getuie te stel nie.
Die
polisie getuie, Insp Booysen het direkte inkriminerende getuienis
teen die beskuldigdes in sy getuienis in hoof afgelê deurdat
hy
getuig het dat, nadat hy die beskuldigdes in die padblokkade
arresteer het nadat die skaap karkasse in die bagasiebak van die
voertuig van die getuie Montague gevind is en hy hulle na die
polisiestasie geneem het, beide aan hom sou gesê het dat Mnr
Montague
nie weet van die diefstal van die skape nie, dat dit hulle
goed is en dat hulle alleen verantwoordelik is vir die skape.
Hierdie
getuienis is loodreg in stryd met die weergawes van die
beskuldigdes soos uiteengesit in hul pleitverduidelikings. Geeneen
van
die beskuldigdes het onder kruisverhoor hierdie getuienis
aangeval nie, en die Landdros het ook geensins tot die hulp van die
beskuldigdes
gekom om óf aan hulle te verduidelik dat hulle hul
weergawe aan die getuie moes stel of met hom daaroor in geding kon
tree nie.
Die gevolg is dat hierdie verdoemende getuienis onbetwis
gelaat is. In kruisverhoor is die beskuldigdes gekonfronteer daarmee
dat
hierdie getuienis nie aangeveg is nie.
Hierdie
versuim van die Landdros stel eweneens ân onreëlmatigheid daar.
Sien
S v Raphatle 1995 (2) SASV 425 (T)
;
en
S v Lekhetho 2002 (2) SASV 13 (O) te 16b en
17d
.
Voorts
blyk dit dat die aanklaer die beskuldigdes op ân uiters onbillike
wyse kruisondervra het. Telkens het die aanklaer aan
die
beskuldigdes op vrae aan hulle gestel, gesê,
âSê
net âjaâ of âneeâ meneerâ
. Selfs
toe beskuldigde twee op een so ân mededeling antwoord,
âDit
is bietjie swaar om te antwoord, wat is die vraagâ¦â
,
is hy deur die aanklaer in die rede geval met,
âSê
net ja of nee Meneerâ
. Duidelik het die
beskuldigde nie die vraag behoorlik verstaan nie, of nie die
implikasies van ân
âjaâ
of
âneeâ
antwoord
nie. Benewens die voorgaande is telkens lang vrae wat uit ân
veeltal stellings of vrae bestaan, aan die beskuldigdes
gestel, en
is van hulle verwag om daarop te antwoord. Die Landdros het
geensins die aanklaer gemaan of die beskuldigdes tot hulp
gekom
hieraangaande nie.
Ook
in hierdie verband het die beskuldigdes nie ân billike verhoor
gehad nie, en is ân onreëlmatigheid begaan. Sien
S
v Gidi
1984 (4) SA 537
(K) te 543 C
.
Nog
is dit het einde niet. Nadat die beskuldigdes skuldig bevind is,
het die landdros hulle regte voor vonnis as volg verduidelik.
Hof
aan beskuldigde een:
âMeneer u het
nou die reg om die Hof toe te spreek oor vonnis. U kan dit doen deur
onder eed te getuig ter versagting, getuies
te roep ter versagting of
ân verklaring te maak van waar u staan.â
Voordat
die beskuldigde egter ân geleentheid gebied is om op hierdie
verduideliking te reageer, het die Landdros eenvoudig voortgegaan
en
vrae aangaande sy persoonlike omstandighede aan die beskuldigde
gestel. Hy is dus geen geleentheid gebied om enige van hierdie
regte
te oorweeg of uit te oefen nie.
Wat
betref beskuldigde twee, het die Landdros geheel en al versuim om
enige van sy regte aan hom te verduidelik, en is hy geen geleentheid
gebied om óf enige getuies te roep óf self te getuig óf om die Hof
toe te spreek nie.
Hierdie
versuim en optrede van die Landdros is eweneens ân onreëlmatigheid.
Sien
S v Leso & ân Ander,
1975 (3) SA
694
(A) te 695 G
.
Benewens
al die voorgaande het die Landdros ook aan die einde van die saak
versuim om aan die beskuldigdes hul regte op hersiening
of hul appél
regte te verduidelik.
In
haar regsmening doen Adv Birch aan die hand dat die beskuldigdes nie
benadeel is deur die onreëlmatighede nie, en dat die
skuldigbevinding
vervolgens bekragtig behoort te word.
Ek
kan nie hierdie siening deel nie.
In
sy uitspraak het die Landdros pertinent gewag gemaak daarvan dat die
beskuldigdes nie in kruisverhoor van die getuies Montague
en Booysen
met hulle in geding getree het aangaande hul bewering dat die
beskuldigdes in die polisiestasie sou gesê het dat Montague
nie in
die saak betrokke is nie. Dit blyk uit die samehang van die
uitspraak dat die Landdros op grond hiervan bevind het dat
die
beskuldigdes se weergawe of leuenagtig of minstens nie redelik
moontlik waar was nie.
In sy
antwoord op my navraag naamlik of die beskuldigdes nie benadeel is
deur die versuim om hul regte op kruisverhoor behoorlik
te
verduidelik nie, antwoord die Landdros as volg:
â
Wat
betref paragraaf 1 hierbo is die enigste saak wat Hof aangaande
kruisverhoor kon opspoor
S
v Langa and another
1963 (4) SA 941
(N)
wat handel oor gevalle waar die Hof beskuldigdes
geen
geleentheid gegee het om te kruisverhoor nie. Soos aangedui het die
Hof in die onderhawige geval wel beide persone die geleentheid
gegee
en het hulle dit ten volle benut. Aangaande kruisverhoor is die saak
R v Sikurkite
1964 (4) SA 788
(FC)
bestudeer, maar dit het ook nie betrekking op die tipe kruisverhoor
waarna hier verwys word nie.â
Ek
kan maar net vertrou dat die Landdros sy antwoord in ligte luim
bedoel het. Sou hy hierdie stelling in erns gemaak het, vertrou
ek
dat hy minstens die sake waarna in hierdie uitspraak verwys word, sal
bestudeer, asook die uitspraak in
S v Rudman;
S v Johnson, S v Xaso; Xaso v Van Wyk NO
1989 (3) SA 368
(OK) te 376
J tot 379
C
.
Dit is
korrek, soos aangevoer deur Adv Birch, dat nie elke onreëlmatigheid
die tersydestelling van die verrigtinge voor die Verhoorhof
tot
gevolg sal hê nie, en dat tersydestelling meesal afhanklik is van
die vraag naamlik of die beskuldigde deur die onreëlmatigheid
benadeel is. Daarteenoor egter, en indien die onreëlmatigheid so
ân flagrante afwyking van geykte reëls of prosedure daarstel
wat
daarop neerkom dat die beskuldigde nie ân behoorlike of billike
verhoor geniet het nie, is sodanige onreëlmatigheid
per
se
ân regskending wat tersydestelling verg
sonder oorweging van benadeling.
The
general rule in regard to irregularities is that the Court will
be satisfied that there has in fact been a failure of
justice if
it cannot hold that a reasonable trial Court would inevitably
have convicted if there had been no irregularity.
In an exceptional case, where
the irregularity consists of such a gross departure from established
rules of procedure that the accused
has not been properly tried,
this is per se a failure of justice, and it is unnecessary to apply
the test of enquiring whether
a reasonable trial Court would
inevitably have convicted if there had been no irregularity.
Whether
a case falls within (1) or (2) depends upon the nature and degree of
the irregularity.â
(
S
v Moodie
1961 (4) SA 752
(A) te 758 F tot H
).
Die
volgende aanhalings uit die regspraak is myns insiens ook op die
onderhawige geval toepaslik:
â
As
far as reasons (a) and (c) are concerned it is clear that the
magistrate did inform the appellant that he was entitled to
cross-examine
the State witnesses but as indicated hereinbefore this
is not sufficient. It also appears from the questions themselves put
by the
appellant that he was not apprised of the purpose of
cross-examination nor was he aware that he had to put certain matters
to the
State witnesses. I am satisfied that save for being informed
that he had the right to cross-examine no further explanations were
forthcoming from the magistrate.
For all these reasons I am
satisfied that the accused did not receive a fair trial.â
(
S v
Wellington, 1991 (1) SASV 144 (Nm) te 150 c tot d
);
â
The
failure to inform the accused of his right to cross-examine in the
way referred to is not merely a matter of form. It is clearly
a
matter of substance and constitutes such a gross departure from
established rules of procedure that the accused has not been properly
tried and is per se a failure of justice.â
(
S v Raphatle
(supra)
te 457 c tot
d
);
â
The
proceedings in this matter were riddled with irregularities and
although such irregularities may not individually be such as to
vitiate the proceedings, cumulatively they have seriously tainted the
trial. It cannot be said that the accused had been accorded
a fair
trial.â
(
S v Lekhetho
(supra)
te 17 g
)
Uit
hoofde van die voorgaande moet die skuldigbevinding ter syde gestel
word.
Op
grond van die voormelde gevolgtrekking is dit streng gesproke nie
nodig om te handel met die verdere onreëlmatighede wat betrekking
het op vonnisoplegging nie. Ek volstaan bloot daarmee deur aan te
merk dat Adv Birch in haar regsmening aangedui het dat die
beskuldigdes inderdaad deur daardie versuim benadeel is en dat die
vonnisse ter syde gestel behoort te word. Hierdie benadering
is
duidelik korrek.
Bygevolg
word die volgende bevel hierin verleen:
DIE
SKULDIGBEVINDINGS VAN DIE BESKULDIGDES EN DIE VONNISSE HULLE OPGELÃ
WORD TER SYDE GESTEL.
_________________________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_________________________
SA
Majiedt
REGTER