About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 101
|
|
S v Pringle and Another (K/S /04) [2004] ZANCHC 101 (26 April 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: K/S
3/04
Datum
Gelewer: 26 / 04 / 2004
In
die saak van
:
DIE
STAAT
versus
April
Pringle Beskuldigde no. 1
Isak
Persent Beskuldigde no. 2
UITSPRAAK
GOLIATH
WnR:
[1] Die
twee Beskuldigdes April Pringle 19 jaar oud en Isak Persent 19 jaar
oud staan tereg op twee aanklagtes van verkragting en
een van
ontvlugting. April Pringle staan ook tereg op `n verdere aanklag
van poging tot verkragting. Dit word beweer dat beide
Beskuldigdes
op 26 April 2003 wederegtelik en opsetlik op twee geleenthede
geslagsgemeeenskap met Kuduse Ennie Motshedi gehad het
sonder haar
toestemming. Die Staat beweer verder dat April Pringle op dieselfde
dag en plek gepoog het om gemeenskap met Dorah Montiswa
te hou sonder
haar toestemming.
[2] Die Beskuldigdes word
deur Adv. Schreuder verteenwoordig. Beide Beskuldigdes het
onskuldig gepleit op die aanklagtes 1 en 2
van verkragting. Hulle
erken dat hulle geslagsgemeenskap met die klaagster gehad het, maar
voer aan dat dit met haar toestemming
was. Beskuldigde 1 het
onskuldig gepleit op poging tot verkragting en ontken die bewering
teen hom. Beide Beskuldigdes het skuldig
gepleit op `n aanklag van
ontvlugting en `n verklaring in terme van Artikel 112 is ingehandig
en ontvang as Bewysstuk A en B. Ten
spyte van die pleit van skuldig
het die Staat verkies om twee getuies te roep om uit te brei oor die
omstandighede rondom die ontvlugting
en die uiteindelike arrestasie
van die Beskuldigdes.
[3] Advocate
Calitz, wie namens die Staat verskyn, het met die aanvang van verhoor
die volgende dokumentasie by ooreenkoms ingehandig.
Bewysstuk C1 J88
Mediese verslag
Bewysstuk
C2 Getikte mediese verslag
Bewysstuk
D Geboortebewys van klaagster
Bewysstuk E Fotos
van die toneel met sleutel tot fotos
[4] Die
getuienis namens die Staat aangebied kan as volg opgesom word:
4.1
Die voorval het om en by 12 uur middernag op Saterdag 26 April 2003
plaasgevind. Die klaagster Kuduse Ennie Motshedi tans 16
jaar oud
getuig dat sy op Vrydag 25 April 2003 met `n vriendin Dorah Montsiwa
na die Helpmekaar kafee toe is om aartappels te koop.
By die kafee
is ook `n tavern waar onder andere drank verkoop word. Hulle twee
het by die tavern gaan sit waar hulle een bier gedeel
het. Ongeveer
middernag het sy en Dorah die tavern verlaat om huistoe te gaan.
4.2
Oppad huistoe het sy twee manspersone agter hulle gewaar.
Een
van die mans het haar gegryp en geklap terwyl die ander vir Dorah
gegryp het. Dorah het egter daarin geslaag om weg te kom.
Sy was
steeds vasgehou deur een van die mans en nadat Dorah weggekom het,
het die tweede manspersoon by hulle aangesluit. Die twee
manspersone
het haar in die bos getrek waar haar klere uitgetrek is en sy om die
beurt deur beide verkrag is.
4.3
Volgens die klaagster was haar hande deur die een vasgehou terwyl die
ander haar klere uitgetrek het. Terwyl die een gemeenskap
met haar
gehad het, het die ander haar hande vasgehou. Die persone het beurte
geneem om haar hande vas te hou om mekaar die geleentheid
te gee om
gemeenskap met haar te hê. Nadat die eerste persoon met haar
gemeenskap gehad het, het hy haar op die grond neergegooi
en met die
vuis geslaan. Daarna het die tweede man gemeenskap met haar gehad
totdat hy onderbreek was deur stemme. Dorah het op
die toneel
opgedaag met drie persone naamlik Petrus, Janneman en Tapelo.
Intussen het die Beskuldigdes vanaf die toneel weggehardloop.
Die
polisie is ontbied en sy is na die polisiestasie en dokter toe
geneem. Van haar klere het op die toneel agtergebly en is later
deur
haar suster Merriam Motshedi van die toneel verwyder. Alhoewel sy
nie die Beskuldigdes geken het nie, het sy op 10 Julie 2003
vir
Beskuldigde 1 by `n uitkenningsparade uitgeken.
4.4 Dorah
Montsiwa, 17 jaar oud getuig dat nadat sy deur een van die mans
gegryp is, sy daarin kon slaag om los te kom. Die man
het haar
egter `n tweede maal vasgegryp en sy het die tweede maal daarin
geslaag om weg te kom. Sy het terug na die Kafee toe gehardloop
om
hulp te ontbied. Sy het inderdaad vir Tapelo, Petrus en Janneman
gevind en hulle is almal terug na die toneel waar hulle na die
klaagster geroep en gesoek het. Hulle tref toe die klaagster aan
sonder klere aan haar onderlyf. Sy het gras op haar gehad en bloed
op haar mond. Die klaagster het aan haar meegedeel dat sy deur albei
mans verkrag is. Hulle het die polisie ontbied. Sy ken vir
Beskuldigde1 goed aangesien hulle saam op skool was. Sy ken ook vir
Beskuldigde 2, maar nie te lank nie.
4.5
Petrus
Serebe `n 14 jarige seun bevestig dat Dorah by hom, Janneman en
Tapelo opgedaag het en `n rapport oor die voorval gemaak het.
Hulle
is almal na die toneel waar hulle die klaagster gesoek en gevind het.
Die Klaagster het op `n staduim huilend in hulle rigting
aangekom.
Hy het opgemerk dat sy grond op haar klere en bobeen gehad het en
haar onderlyf was kaal. Die klaagster het met Dorah
en Tapelo
gepraat en die polisie is ontbied.
4.6
Meriam
Motshedi getuig dat ongeveer 1 uur die oggend het die polisie haar
kom wakker maak. Haar suster Kuduse Ennie Motshedi het
huilend die
huis binnegekom en gesê sy is verkrag. Slegs haar bolyf was geklee.
Haar onderlyf was kaal, haar mond het gebloei
en haar oë was
geswel. Die klaagster het ander klere aangetrek en hulle is saam met
die polisie daar weg na die polisistasie toe.
By die polisiestasie
het die klaagster steeds gehuil. Hulle is daarna hospitaal toe waar
die klaagster steeds gehuil het. Dieselfde
dag, nadat hulle vanaf
die Hospitaal gekom het, het sy die klaagster versoek om haar na die
toneel te neem. Op die toneel het sy
sleepmerke gewaar op die plek
waar die klaagster beweer sy gesleep was. Hulle het ook die
klaagster se damesbroekie, broek en tights
op die toneel gevind en
dit aan die polisie oorhandig.
4.7
Dr Joubert getuig dat hy `n privaat geneesheer is en tans deeltydse
distrikgeneesheer te Hartswater is sedert 1993. Hy ondersoek
jaarliks 10 tot 15 pasiente en getuig in die hof ongeveer 4 tot 5
maal per jaar in verkragting sake. Hy het die klaagster op 26
April
2003 gesien ongeveer 3h45 die oggend. Die klaagster het ontsteld
voorgekom en het verskeie skaafwonde opgedoen soos aangedui
in die
J88 mediesevorm gemerk Bewysstuk C1. Die klaagster het stof op haar
bene gehad en stukkende plekke op haar knieë. Haar
lippe was geswel
met droë bloed om die mondhoeke. Daar was ook subkonjuviale
bloeding, of bloed in die witgedeelte van die oog.
Die ginekologiese
ondersoek het nie veel abnormaliteite getoon nie. Van groot belang
egter was die feit dat die fossa navicularis
rooi was. Die fossa
navicularis ook genoem die landingsstrook, is die punt van eerste
kontak met gemeenskap.
By
gemeenskap met toestemming, sou hy nie enige rooiheid by die fossa
navicularis verwag nie en sodanige besering is aanduidend van
geforseerde gemeenskap. Aangesien die klaagster alreeds seksueel
aktief was, was daar nie soveel beserings as wat normaalweg verwag
sou word van `n persoon van die klaagster se ouderdom nie. Dr
Joubert getuig verder dat in die lig van die algemene beserings
gekombineer
met die ginekologiese bevinding is sy opinie dat
gemeenskap geforseerd was.
[5] Na
sluiting van die Staat saak het beide die Beskuldigdes in hul eie
verdediging getuig. Die Beskuldigdes beweer dat huulle vir
die
klaagster Kuduse Ennie Motshedi vir die eerste keer die betrokke dag
by die taverne ontmoet het. Sy was saam met Dorah Montsiwa
wie aan
hulle bekend was aangesien hulle saam met haar op skool was. Hulle
het om en by 9 uur by die Taverne opgedaag en vier biere
saamgedrink.
Hulle het by die klaagsters aangesluit en saam by een tafel gesit en
praat. Die klaagsters het op `n staduim gesê
dat hulle gaan loop.
Die Beskuldigdes was deur die dames gevra om hulle halfpad huistoe te
vergesel wat hulle toe gedoen het. Langs
die pad het die
Beskuldigdes vir die klaagsters gemeenskap gevra. Die klaagsters wou
geld daarvoor hê en hulle het vir Kuduse Ennie
Motsedi R30-00 gegee
en vir Dorah Montsiwa R50-00.
Dorah Montsiwa het egter
gesê sy wil nie gemeenskap hê nie want sy is te jonk. Die
klaagster Kuduse Ennie Montsedi het ingestem
tot gemeenskap. Die
Beskuldigdes het toe beide gemeenskap gehad met die een klaagster
terwyl Dorah Motsiwa `n entjie weg van hulle
af gestaan en wag het.
Nadat hulle klaar gemeenskap gehad het met die klaagster het die
Beskuldigdes vir die dames halfpad huistoe
geneem.
[6] Dit
is gemenesaak dat die partye by die tavern was op die betrokke dag
van die voorval. Verder is dit ook gemenesaak dat daar
wel
gemeenskap plaasgevind het tussen die Beskuldigdes en Kuduse Ennie
Motshedi. Die geskilpunte in hierdie aangeleentheid gaan
rondom die
gebeure by die tavern en nadat die tavern verlaat is sowel as of die
klaagster wel toegestem het tot gemeenskap. `n Verdere
geskilpunt is
die vraag of Beskuldigde 1 inderdaad gepoog het om vir Dorah Montsiwa
te verkrag. Die vrae is dus:
Het die Staat daarin
geslaag om bo redelike twyfel te bewys dat beide Beskuldigdes
hulself skuldig gemaak het aan die en laste gelegde
misdrywe;
Of
die weergawes van die Beskuldigdes redelik moontlik waar is.
[7] Die
Staat se saak berus grootliks op die getuienis van die klaagsters wie
beide enkelgetuies is ten opsigte van die aanklagtes.
In die verlede
was die Howe se algemene benadering dat sulke getuienis met die
uiterste versigtigheid beoordeel moet word. Hierdie
algemene
benadering is deur die Appelhof vewerp in
S
v Jackson
1998 (1) SASV 470 SCA. Hierdie beslissing beteken nie dat ons howe
nie meer versigtig hoef te wees nie. Dit hang af van die
omstandighede
van elke saak hoe die hof die getuienis moet benader,
veral in die lig van die streng vonnise wat opgelê word. (Sien
S
v van der Ross
2002(2) SASV 362 (C))
Die
hof moet dus kyk na faktore wat kan vehoed dat die hof verkeerdelik
`n persoon skuldig bevind. Sulke faktore mag stawig insluit,
indien
daar sodanig stawing is. Sien
R
v D
1951 (4) SA 450
(A)
[8] Die
mediese getuienis staaf die klaagster se bewerings dat sy in die
bosse gesleep is en op haar mond geslaan is. Die klaagster
se
weergawe word verder gestaaf deur Dorah Montsiwa, Petrus Serebe en
Merriam Motshedi oor die feit dat sy gehuil het, dat haar onderlyf
kaal was en haar mond gebloei het. Petrus het ook melding gemaak van
die stof op haar bobene soos gemeld in die mediese verslag.
[9] Merriam
Motshedi getuig dat die klaagster ongeveer een uur met die polisie by
hul woning opgedaag het. Die feit dat die partye
die tavern teen
ongeveer 12 uur middernag verlaat het beteken dus dat iets met die
klaagster tussen 12 uur middernag en 1 uur moes
gebeur het. Die
beskuldigdes plaas hulself in die teenwoordigheid van die klaagster
gedurende hierdie periode. Selfs al aanvaar
die hof die beskuldigdes
se weergawe oor wat by die Taverne plaasgevind het asook nadat hulle
saam die Taverne verlaat het, is dit
duidelik dat iets later moes
gebeur het wat tot die klaagster se beserings en algemene toestand en
voorkoms gelei het.
[10] Al
is daar stawing vir klaagster se weergawe kan die hof nie summier die
weergawes van die beskuldigdes uitmaak as vals nie.
Ten einde `n
bevinding te maak dat die weergawes van die beskuldigdes redelik
moontlik waar is moet die hof die geloofwaardigheid
van die
beskuldigdes bepaal. Die hof moet dus die beskuldigdes se weergawes
teen die waarskynlikhede toets. By evaluering van hul
weergawe maak
die hof die volgende bevindinge:
10.1 Dit
is onwaarskynlik dat indien die beskuldigdes en klaagsters saam by `n
tafel gesit het, die enigste woorde wat geuiter was
dat beskuldigde 1
vir Kuduse gesê het hy het haar lief waarop sy geantwoord het. Die
beskuldigdes ken vir Dorah, hulle was immers
saam op skool en die hof
sou `n meer sinvolle gesprek verwag het. Beide Beskuldigdes kan nie
veel uitbrei oor hoe hulle sou verkeer
het met die klaagsters by die
tavern nie. Dit byk dus dat daar nie veel interaksie tussen die
partye was by die tavern of nadat
die tavern verlaat is nie.
10.2 Dit
is hoogs onwaarskynlik dat Kuduse nie `n enkele woord met beskuldigde
2 geuiter het by die tavern nie, maar wel later oppad
huistoe sou sy
toestem tot gemeenskap met hom.
10.3 Dit
is hoogs onwaarskynlik dat Dorah, in antwoord op `n versoek vir
gemeenskap R 50-00 sou vra daarvoor en terselfdetyd ook
sou weier
omdat sy jonk is. Die hof vind dit vreemd dat die beskuldigdes die
persoon wat gemeenskap weier meer sal betaal as die
persoon wie
toestem.
10.4 Dit
is onwaarskynlik dat Kuduse met beide beskuldigdes gemeenskap sou hê
wie sy net onlangs ontmoet het, en waar sy vir beskuldigde
1 reeds
by die tavern sou gesê het dat sy nie in hom belang stel nie en
reeds in `n verhouding is
[11] Daar
is ook etlike teenstrydighede in die weergawes van die beskuldigdes
rondom die geldbetalings aan die klaagsters.
11.1 Beskuldigde
1 beweer die klaagsters het spesifiek vir R50-00 en R30-00 gevra
nadat hulle vir seks gevra is.Later voer hy aan
hulle het nie
spesifieke bedrae gevra nie, slegs gesê hulle wil iets hê.
11.2 Beskuldigde 1
beweer die geld is oorhandig voor gemeenskap plaasgevind het, terwyl
Beskuldigde 2 aanvoer dat die geld na gemeenskap
oorbetaal is. In
ieder geval is dit inderdaad onverklaarbaar waarvoor Dorah betaling
ontvang het. Sy het immers uit die staanspoor
gesê dat sy nie
gemeenskap gaan hou nie.
[12] Die
manier hoe die gemeenskap sou plaasvind het in omstandighede waar
Beskuldigde 2 langs Beskuldigde 1 staan en Dorah ook toekyk.
Toe
Beskuldigde 1 klaar is het hy op gespring sodat Beskuldigde 2 sy
beurt neem. Die hof sou verwag het dat die partye in meer
privaatheid gemeenskap sou hê in omstandighede waar daar toestemming
was.
12.1 Die
Beskuldigdes se weergawe dat Dorah naby was tydens gemeenskap is nie
versoenbaar met die getuienis voor die hof nie.
12.2 Die
Beskuldigdes se weergawe dat die klaagster haar klere aangetrek het
en vry van beserings was op die staduim nadat hulle
gemeenskap gehad
het, strook nie met die feite nie.
[13] Die
klaagster se weergawe is ook nie sonder kritiek nie. Die klaagster
het aanvanklik eers Beskuldigdes uitgewys maar later
was sy nie meer
seker wie wat sou gedoen het nie. Daar is ook enkele aspekte soos of
die aartappels inderdaad gekoop is en die kwessie
welke klere en deur
wie die klere uiteindelik gevind is.
13.1 Verder
blyk dit dat die klaagster nie aanvanklik vir die hof genoem het dat
sy die Beskuldigdes in die Tavern sou gesien het
nie. Die indruk wat
sy geskep het was dat sy langs die pad eers opgemerk het dat twee
persone agter hulle stap. Dorah Montsiwe
het blykbaar die
Beskuldigdes al by die Tavern opgemerk.
13.2 Hierdie
weersprekings is egter nie wesenlik wanneer die hof die saak in
geheel beoordeel nie. Beide Kuduse en Dorah het getuig
dat twee mans
hulle van agter af oorweldig het. Die identiteit van die
Beskuldigdes is nie in geskil nie en die feit dat hulle almal
op `n
stadium in die tavern was voor die voorval versterk eintlik die
weergawes van die klaagsters.
Die
hof vewerp die weergawes van die Beskuldigdes as nie redelik moontlik
waar nie. Die hof bevind dat die Beskuldigdes nie toestemming
gehad
het om gemeenskap met die klaagster te hou nie. Indien die hof die
weergawes van die Staatsgetuies beoordeel asook die stawende
mediese
getuienis is die hof oortuig dat die Staat wel daarin geslaag het om
die Beskuldigdes se skuld op beide verkragtings bo redelike
twyfel te
bewys.
Die
bevinding van die Hof is as volg:
[14]
Aanklag
1 en 2
Op
Aanklag 1 word Beskuldigde 1 skuldig bevind aan verkragting as Dader
en Beskuldigde 2 as medepligtige.
Op
Aanklag 2 word Beskuldigde 2 skuldig bevind aan verkragting as Dader
en Beskuldigde 1 as medepligtige.
[15]
Aanklag 3
In
antwoord op die regsvraag of Beskuldigde 1 hom inderdaad skuldig
gemaak het aan die misdryf van poging tot verkragting het die
Staat
inderdaad `n baie sterk argument uitgemaak. Die feit dat die een
klaagster wie nie weggekom het nie wel verkrag was, skep
`n sterk
vermoede dat dit inderdaad die uiteinde vir Dorah Montsiwa sou gewees
het indien sy nie weggekom het nie. `n Blote voorneme
om `n misdaad
te pleeg is nie strafbaar nie. Aan die ander kant is daar by `n
strafbare poging `n onvoltooide misdaad betrokke.
Erens tussen die
eerste handeling en die voltooide misdaad is daar `n grenslyn wat
eers verbygesteek moet word voordat `n persoon
aan poging skuldig kan
wees. Om te bepaal of iemand hierdie grenslyn verbygesteek het is
een van die moeilikste probleme in die
Strafreg, sien
Snyman
Strafreg 4de Uigawe
p282. Of die grenslyn oorstrek is en of daar reeds `n
uitvoeringshandeling was is `n feite vraag. (Sien
S
v
Du Plessis
1981 (3) SA 382
A te 399 H en verder.) Beskuldigde 1 het die
klaagster gegryp en bloot `n handeling verrig wat sou lei tot die
uitvoering van die
daad. Sien
R
v B
1958 (1) SA 202
E. Na oorweging van die feite in hierdie saak
bevind die hof dat die handeling verrig deur Beskuldigde 1 slegs `n
voorbereidings
handeling was en nie `n uitvoeringshandeling nie.
Beskuldigde
1 word dus die voordeel van die twyfel gegee en onskuldig bevind op
poging tot verkragting
.
[16]
Aanklag
4
Die
Beskuldigdes het reeds skuldig gepleit op hierdie aanklag en `n
verklaring in terme van
Artikel
112 (2)
is ingehandig.
Die Staat het twee
getuies geroep naamlik Inspekteur Willem van Staden en Konstabel
Patrick Morakanele. Die getuies het uitgebrei
oor die omstandighede
van die ontvlugting asook die verskeie pogings wat aangewend was om
die Beskuldigdes weer in hegtenis te neem.
Hierdie getuienis was nie
betwis nie.
Na aanleiding van die
Beskuldigdes se pleit van skuldig op hierdie aanklag, word hulle
dienooreenkomstig skuldig bevind op die aanklag
van ontvlugting.
______________
P
L GOLIATH
WAARNEMENDE
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS STAAT: ADV. R. CALITZ
ADVOKAAT
NAMENS BESKULDIGDE: ADV. SCHREUDER
DATUM
VAN VERHOOR: 19/04/2004
DATUM
VAN UITSPRAAK: 26/04/2004