About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 59
|
|
S v Bosch and Another (CA & R 120/03) [2004] ZANCHC 59 (26 April 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 120/03
Datum
verhoor: 2004-04-26
Datum
gelewer: 2004-04-26
In
die appél van
:
THEODORUS
JOHANNES PETRUS BOSCH EERSTE APPELLANT
JAN
WILLEMSE TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
EX
TEMPORE UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
twee Appellante is tesame met ân derde beskuldigde (die
saamleefvrou van die Tweede Appellant) skuldig bevind aan diefstal
met inagneming van die bepalings vervat in Wet 57 van 1959
(Veediefstal, hierna verwys na as â
die
Wetâ
)
en elk gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf (die eertydse Beskuldigde
3 is gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf).
Die
Appellante tree hierin op in persoon, aangesien die Regshulpraad
geweier het om vir hulle van regsverteenwoordiging te voorsien,
aangesien daar volgens die oordeel van die Regshulpraad geen meriete
hoegenaamd in hulle appélle is nie.
Die
Eerste Appellant appelleer teen beide skuldigbevinding en vonnis,
terwyl die Tweede Appellant slegs teen sy vonnis appelleer.
Dit
is die Appellante en hulle eertydse medebeskuldigde ten laste gelê
dat hulle op of omtrent die 30
ste
dag van November 2002 ses skape ter waarde van R3000 op die plaas
Kareeboom
in die distrik Niekerkshoop wat behoort aan ene HM Jordaan, gesteel
het. Die Appellante en hulle medebeskuldigde het onskuldig
gepleit
en daar is getuienis gelei deur die Staat en die Verdediging. Ek
moet alreeds hier uitwys dat die Appellante en hulle
medebeskuldigde
al drie saam verteenwoordig was deur ân plaaslike prokureur in die
Verhoorhof.
Die
volgende feite is gemeensaak hierin of is nie ernstig in geskil
geplaas nie:
5.1 Dat
ses skape deur die Appellante en hulle medebeskuldigde tesame met die
Eerste Appellant se seun, Jacques Bosch, op 30 November
2002
verwyder is vanaf die klaer se plaas
Kareeboom
en geneem is na die Eerste Appellant se woonhuis te Prieska.
5.2 Dat
die polisie te Prieska (klaarblyklik uit hoofde van inligting wat
hulle vanaf ân beriggewer ontvang het), vier van die voormelde
skape in die motorhuis op die Eerste Appellant se perseel aangetref
het en daarop beslag gelê het.
5.3 Dat
die klaer hierdie vier skape enkele dae later by die polisiestasie,
waar dit in bewaring gehou is, uitgeken het as sy eiendom.
5.4 Dat
die ander twee skape van die klaer reeds geslag was (dit is
klaarblyklik verkoop aan mense in Prieska) en het die klaer dié
twee
skape uitgeken aan hulle velle.
5.5 Dat
geeneen van die Appellante, op die stadium toe die polisie beslag
gelê het op die vier skape in die Eerste Appellant se motorhuis,
in
besit was van ân verwyderingsertifikaat soos bedoel in art 8
van die Wet nie, of ten minste dit kon toon aan die polisie
toe
hulle daarvoor gevra het nie.
Die
klaer het in sy getuienis aangedui dat hy gedurende die voorval
uitstedig was vanaf Prieska, aangesien hy na Middelburg (Kaap)
vertrek het. Die Tweede Appellant sowel as sy saamleefvrou, die
eertydse Beskuldigde 3, was ten tyde van die voorval werknemers
van die klaer. Die klaer het ân woning in Prieska, waar die
Tweede Appellant gewerk het in die tuin en die eertydse Derde
Beskuldigde
as huishulp in die huis. Die plaas
Kareeboom
is
ân sogenaamde
pos
plaas,
met ander woorde, dit het nie ân woonhuis nie en is bloot ân
plaas waar vee aangehou word. Die Tweede Appellant het
volgens die
klaer van tyd tot tyd daar gewerk en gewone algemene
plaasarbeiderswerk vir hom verrig. Een van die take wat die klaer
die Tweede Appellant opgelê het gedurende die bepaalde tydperk toe
hy uitstedig was uit Prieska en toe dié voorval plaasgevind
het,
was dat Tweede Appellant beopdrag was om skape wat aangehou was by
die klaer se perseel te Prieska aan voornemende kopers
te
verkwansel. Die klaer het verder getuig dat by sy terugkeer dit
geblyk het dat die Tweede Appellant inderdaad vier skape
ooreenkomstig
sy voormelde opdrag van die hand gesit het en het die
klaer ook die geld as opbrengs van hierdie verkope ontvang. Die
klaer was
egter adamant dat hy:
a) nooit
enige toestemming gegee het aan óf die Eerste óf die Tweede
Appellant om skape op sy plaas Kareeboom te bekom vir doeleindes
van
verkoop nie; en
b) self
geen geld ontvang het vir die twee skape wat vanaf
Kareeboom
verwyder is en klaarblyklik verkwansel is aan mense te Prieska nie.
Dit
blyk uit die getuienis dat die klaer die Eerste Appellant se skoonpa
is. Hy het ook getuig dat daar nie ân goeie verhouding
tussen hom
(die klaer) en die Eerste Appellant bestaan nie.
Die
sleutelgetuie in die Staat se saak is ongetwyfeld die Eerste
Appellant se seun, Jacques Bosch. Soos ek vroeër hierin aangedui
het, het hierdie getuie saam met die twee Appellante en die Derde
Beskuldigde na die plaas
Kareeboom
vertrek
en het hy deelgeneem aan die oplaai van die ses skape en die
terugvervoer daarvan na die Eerste Appellant se woning te Prieska.
Die getuie het in sy getuienis aangevoer dat hy deeglik bewus was
daarvan dat hulle op hierdie ekspedisie na die klaer se plaas
vertrek het ten einde die skape daar te gaan steel. Ek moet uitwys
dat hierdie getuie eintlik ân mededader of ân medepligtige
was,
maar is hy vreemd genoeg nooit gewaarsku ingevolge die bepalings van
art 204 van die Strafproseswet nie. Dit is ook
nie duidelik of
die Staat van voorneme is om hom nog aan te kla vir hierdie bepaalde
misdryf nie.
Daar
het ook twee polisiebeamptes getuig te wete inspekteure Botes en
Jacobs. Hulle is albei lede van die SAPD te Prieska. Volgens
hulle
getuienis het hulle op grond van inligting ontvang op Sondag 1
Desember 2002 aangedoen by die Eerste Appellant se woonhuis
te
Prieska, waar hulle die Tweede Appellant en sy saamleefvrou, Derde
Beskuldigde, op die stoep aangetref het waar hulle gelê
en slaap
het. Dié twee was duidelik onder die invloed van drank. Die twee
polisiegetuies het ook getuig oor vier skape wat hulle
in die Eerste
Appellant se motorhuis waargeneem het. Hulle het die Tweede
Appellant daaroor gekonfronteer en dié het hulle verwys
na die
Eerste Appellant. Die Eerste Appellant het gelê en slaap op ân
bed en toe hy wakker gemaak is was hy duidelik onder
die invloed van
drank en uiters aggressief. Hy het op sy beurt op navraag aangaande
die vier skape in sy motorhuis, weer die polisiebeamptes
verwys na
die Tweede Appellant. Hulle het die Tweede Appellant weer genader
en hy wou niks verder sê nie. Op ân stadium het
die Eerste
Appellant se seun, Ettienne Bosch, by ân vertrek in die huis
uitgekom en vir die polisie gesê dat hy met hulle eenkant
wil praat
en het hy toe aan hulle aangedui dat dit die klaer se skape is en
het hy aan die polisie die klaer se telefoonnommer
verskaf. Die
polisie het toe die klaer gekontak.
Die
vernaamste geskilpunt in hierdie saak wat die skuldigbevinding
aanbetref is of die Appellante toestemming gehad het of gronde
gehad
het om te kon aanneem dat hulle toestemming gehad het om die
betrokke skape vanaf
Kareeboom
te verwyder en/of te verkwansel. In dié verband is die klaer se
getuienis baie duidelik, te wete dat hy wel toestemming aan
die
Tweede Appellant en Beskuldigde 3 gegee het om die skape wat op sy
erf te Prieska aangehou is te verkoop. Die klaer het dan
ook vir
dié doel getekende verwyderingsertifikate, waarvan ân voorbeeld
as bewysstuk A by die verhoorhof ingehandig is,
aan die Tweede
Appellant oorhandig wat voltooi moes word wanneer van dié vee
verkoop is. Die klaer het deurgaans voet by stuk
gehou dat geen
sodanige toestemming aan óf Eerste Appellant óf Tweede Appellant
of aan Derde Beskuldigde gegee is om skape vanaf
Kareeboom
vir
dié doel te verwyder nie.
Die
Verhoorhof het bevind dat die klaer ân eerlike en betroubare
getuie is. Op die oorkonde voor ons is daar hoegenaamd geen
basis
om met hierdie geloofwaardigheidsbevinding in te meng nie. Die
beperkinge van ân Hof op Appél wanneer dit kom by
geloofwaardigheidsbevindinge
is welbekend en verg geen verdere
besperking nie. In wese word die klaer se getuienis boonop gestaaf
nie net deur die sleutelgetuie
Jacques Bosch nie, maar belangriker
nog deur die getuienis van die twee Appellante self. Die Appellante
se verweer was dat hulle
toestemming gehad het om die skape vanaf
Kareeboom
af te verwyder, of aangeneem het dat sodanige toestemming bestaan.
Volgens die Eerste Appellant se getuienis is daar na
Kareeboom
gery om skape te gaan haal op versoek van die Tweede Appellant. Die
Eerste Appellant het naamlik aangevoer dat die Tweede Appellant
by
hom aangedoen het en verklaar het dat daar mense is wat ân
begrafnis wil hou wat skape vir dié doel soek maar dat hulle nie
tevrede is met die skape wat aangehou is by die klaer se perseel te
Prieska nie omdat die skape na bewering te maer is. Die Tweede
Appellant het gevolglik die Eerste Appellant versoek om na
Kareeboom
te gaan om skape daar te gaan haal vir die doel en het die Eerste
Appellant ingestem om so te doen. In breë trekke bevestig die
Tweede Appellant hierdie voormelde weergawe van die Eerste
Appellant, behalwe in die belangrike opsig dat die Tweede Appellant
aanvoer dat die Eerste Appellant uit eie oorweging besluit het om
skape te gaan haal op
Kareeboom
sodat dit aan mense wat die begrafnis wou hou verkoop sou word. In
dié belangrike opsig verskil die Eerste Appellant en Tweede
Appellant se getuienis dus: die Eerste Appellant wil dit hê dat
die Tweede Appellant hom versoek het om die skape te gaan
haal by
Kareeboom
,
terwyl die Tweede Appellant weer aanvoer dat die Eerste Appellant,
nadat hy gehoor het van die probleem met die maer skape, uit
eie
oorweging besluit het om skape by
Kareeboom
te gaan haal. Hierdie is ân belangrike aspek en slaan op die
ongeloofwaardigheid van die twee Appellante. Na my mening is dit
duidelik dat die twee Appellante deeglik bewus daarvan was dat hulle
nie toestemming gehad het om skape by
Kareeboom
te gaan haal en te verkoop nie. Bowendien en in elk geval, is
Jacques Bosch se getuienis baie duidelik dat die ekskursie na die
plaas
Kareeboom
met dieftige opset geskied het.
Die
getuie, Jacques Bosch, se getuienis is as geloofwaardig aangemerk
deur die landdros en het hy dit aldus aanvaar. Die Eerste
Appellant
het in sy betoog aangevoer dat Jacques Bosch ân mededader of ten
minste ân medepligtige was. In dié verband is
die Eerste
Appellant se submissie heeltemal korrek. Gevolglik dus moet
hierdie bepaalde getuie se getuienis met versigtigheid
benader word
en moet daar gesoek word na betroubaarheidswaarborge daarvoor.
Daar moet verder in gedagte gehou word dat daar nie
verwag word van
ân mededader of medepligtige se getuienis om vlekkeloos te wees
alvorens dit aanvaar kan word nie. Soos Smallberger
AR dit gestel
het in
S
v Francis 1991(1) SACR 198(A)
te
205 f:
â
It
is not necessarily expected of an accomplice, before his evidence can
be accepted, that he should be wholly consistent and wholly
reliable,
or even wholly truthful, in all that he says. The ultimate test is
whether, after due consideration of the accomplice's
evidence with
the caution which the law enjoins, the Court is satisfied beyond all
reasonable doubt that in its essential features
the story that he
tells is a true one.â
Nóg
die weergawe van Jacques Bosch, nóg die weergawe van die klaer meer
bepaald ten aansien van die gebrek aan toestemming wat die
Appellante
gehad het om skape vanaf
Kareeboom
te verwyder, is enigsins in kruisondervraging afgetakel nie. Na my
mening staan dit oorvloediglik bewese op die getuienis voor ons
dat
die twee Appellante en hulle medebeskuldigde sonder die nodige
toestemming die skape vanaf
Kareeboom
verwyder het. Dit verduidelik dan ook waarom daar, toe die polisie
aan die twee Appellante versoek het om ân verwyderingsertifikaat
ten aansien van die ses skape voor te lê, hulle nie daarin kon slaag
nie.
â
n
Belangrike betroubaarheids
waarborg
vir die getuienis van Jacques Bosch is die feit dat hy die Eerste
Appellant se seun is. Daar is geen rede hoegenaamd
voorgehou
waarom hierdie seun sulke ernstig inkriminerende getuienis teen sy
eie vader sou voorhou wat uit die duim gesuig is nie.
ân Verdere
waarborg is daarin geleë dat sy getuienis oor die
modus
operandi
wat gevolg is tydens die pleging van die misdryf in wese ooreenstem
met die weergawes van die twee Appellante, soos voorgehou in
hulle
getuienis in die hof. Ek meen dus dat die Landdros heeltemal korrek
was om die getuienis van Jacques Bosch te aanvaar.
Behalwe
die belangrike weerspreking tussen die twee Appellante se weergawes
waarna ek alreeds verwys het, naamlik op watter een
se inisiatief
daar na
Kareeboom
gereis is om die skape te gaan haal, is daar etlike
onwaarskynlikhede in hulle weergawes soos onder meer:
13.1 Die
Appellante maak nie moeite om die klaer te kontak om toestemming te
verkry om die skape op
Kareeboom
te gaan haal nie, alhoewel hulle op die getuienis in besit was van sy
telefoonnommer.
13.2 Dit
blyk duidelik uit die getuienis dat daar op ân slegte pad vir
ongeveer 200 km gery is om die skape te gaan haal op
die plaas.
Dit doen die Appellante op hulle weergawes om die klaer ân guns te
bewys, d.w.s. dat skape van ân bevredigende gehalte
bekom word ten
einde aan die mense te verkoop wat die begrafnis sou hou. Hierdie
ekskursie geskied egter op beide Appellante sowel
as Jacques Bosch se
weergawes in die middel van die nag â die getuienis is duidelik dat
daar om ongeveer elfuur die aand eers vertrek
is vanaf Prieska en dat
daar nog in Niekerkshoop aangedoen was by die eertydse Derde
Beskuldigde se moeder se huis. Die verduideliking
hiervoor is dat
die skape eers gevang sou kon word wanneer hulle na die water kom om
te drink vroeg die volgende oggend. Die waarskynlikhede
is eerder
dat hierdie ekskursie in die nag plaasgevind het omrede dit met
dieftige opset gedoen was.
13.3 Die
Appellante en Jacques Bosch sowel as die Derde Beskuldigde bring die
skape na Prieska, maar neem dit nie onmiddellik na die
perseel van
die klaer soos wat die oogmerk aanvanklik was nie, maar word dit
eerder gestoor in die Eerste Appellant se motorhuis.
Die getuienis
op die oorkonde is duidelik dat die klaer se erf slegs 20 minute se
stap vanaf die Eerste Appellant se woning is.
13.4 Op
die stadium toe beide Appellante gekonfronteer word deur Botes en
Jacobs maak geeneen van hulle melding daarvan dat hulle
wel oor die
nodige toestemming beskik het om die skape vanaf
Kareeboom
te verwyder en te besit daar in Prieska nie, maar probeer hulle
eerder enige verbintenis met die skape ontken en stuur hulle die
twee
polisiebeamptes van bakboord na stuurboord.
Ek
is tevrede dat die landdros heeltemal tereg die Appellante se
weergawes as vals bo redelike twyfel verwerp het. Ek is ook tevrede
dat dit oorvloediglik bewese staan op die aangebode getuienis vanaf
Staatsweë dat die twee Appellante en die derde beskuldigde
hulle
inderdaad skuldig gemaak het aan diefstal van die ses skape, die
eiendom van Mnr. HM Jordaan, die klaer.
Wat
die vonnis aanbetref, meen ek dat die opgelegde vonnisse, ook dié
van die Derde Beskuldigde, heeltemal te swaar is en skokkend
onvanpas is. Slegs die Tweede Appellant het vorige veroordelings
gehad. Hulle is egter só oud dat die Landdros heeltemal korrek
was
in sy benadering dat hy dit nie in ag sal neem nie. Dit is
weliswaar so soos die Landdros bevind het dat veediefstal ân
ernstige probleem is, veral in die boerderygemeenskap in die
omgewing van Prieska en Niekerkshoop. Daar kan verder ook nie
teëgestribbel
word met die Landdros se bevinding dat die Eerste
Appellant ân leidende rol gespeel het deurdat hy sy voertuig
verskaf het vir
die vervoer van die skape vanaf
Kareeboom
na Prieska nie. Ek meen egter dat die vonnisse van drie jaar
gevangenisstraf vir die Eerste en Tweede Appellant en twee jaar
gevangenisstraf vir die Derde Beskuldigde heeltemal buitensporig is
en ân gevoel van skok wek. In
Staat
v Flip Jooste en Jan Nelson
,
ân ongerapporteerde hersieningsuitspraak van hierdie Hof gelewer
deur Buys R, waarmee Lacock R saamgestem het (hersieningsaaknr.
427/02), gelewer op 27 September 2002, is daar verwys na die
algemene tendens van vonnisoplegging in hierdie afdeling wanneer dit
kom by veediefstal. Buys R toon tereg aan dat die tendens is
dat vir eerste oortreders vir die diefstal van een skaap ân
vonnis
van 12 maande gevangenisstraf gewoonlik opgelê word en in die geval
van ân tweede oortreder 15 maande gevangenisstraf.
Die twee
Appellante en hulle medebeskuldigde is vir alle doeleindes ten
aansien van vonnis hierin eerste oortreders. Hulle het
weliswaar
ses skape gesteel, maar moet daar nie uit die oog verloor word nie
dat vier daarvan lewendig teruggevind is. Aan die
ander kant van
die skaal is dit natuurlik so dat die Appellante, veral Eerste
Appellant, nie uit broodgebrek nie maar uit gierigheid
gesteel het.
Wanneer die algemene tendens, soos na verwys in die voormelde
Jooste
en Nel
-saak
toegepas word en die besondere meriete van hierdie bepaalde saak vir
doeleindes van die individualisering van vonnis heroorweeg
word,
meen ek dat die Landdros gefouteer het deur nie ân gedeelte van
die vonnisse op te skort nie. Wat die Derde Beskuldigde
aanbetref
is dit so dat sy nie voor ons is nie aangesien sy nie geappelleer
het nie, maar meen ek dat ons van ons inherente
hersieningsbevoegdheid
gebruik kan maak om haar vonnis ook afwaarts
aan te pas.
Ek
meen dat vonnisse van twee jaar effektiewe gevangenisstraf vir die
twee Appellante en 18 maande vir die Derde Beskuldigde meer
van pas
sal wees. Daar moet deeglik in gedagte gehou word dat op die
getuienis voor ons die Derde Beskuldigde grootliks deelgeneem
het
aan hierdie misdryf omrede sy haar saamleefeggenoot, die Tweede
Appellant, bloot maar vergesel het.
Ek
reik die volgende bevel uit:
a) Die
Eerste Appellant se appél teen sy skuldigbevinding word afgewys.
b) Die
skuldigbevindings van beide Eerste Appellant en Tweede Appellant
word bekragtig.
c) Die
appél teen vonnis slaag en die vonnisse wat die Eerste Appellant en
Tweede Appellant opgelê is word tersyde gestel en vervang
met die
volgende: Elk drie jaar gevangenisstraf, waarvan een jaar
gevangenisstraf opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat
die
beskuldigdes nie weer skuldig bevind word aan veediefstal gedurende
die voormelde tydperk van opskorting nie.
d) Die
eertydse Derde Beskuldigde, Mev Sanna Jacobs, voorheen van
Derdestraat 16, Prieska, se opgelegde vonnis word tersyde gestel
en
vervang met die volgende: die beskuldigde word gevonnis tot twee
jaar gevangenisstraf waarvan ses maande opgeskort word vir ân
tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind
word aan veediefstal gepleeg gedurende die voormelde tydperk van
opskorting nie.
e) Die
voormelde vonnisse ten aansien van die twee Appellante sowel as die
eertydse Derde Beskuldigde word teruggedateer tot 27 Februarie
2003.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : In persoon
NAMENS
RESPONDENT : Adv AH de Nysschen
DATUM VAN VERHOOR : 2004-04-26
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-04-26