About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 58
|
|
S v Fuchs (CA & R 185/03) [2004] ZANCHC 58 (26 April 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 185/03
Datum
verhoor: 2004-04-26
Datum
gelewer: 2004-04-26
In
die appél van
:
PETRUS
JACOBUS FUCHS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
EX
TEMPORE UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Appellant is in die Landdroshof skuldig bevind op grond van sy pleit
van skuldig aan die volgende aanklagte:
a) Aanklag
1: Oortreding van die bepalings vervat in art 65(1)(a) van Wet
93 van 1996 (hierna verder verwys as
âdie
Wet
â)
â bestuur van ân motorvoertuig onder die invloed van sterk drank;
b) Aanklag
3: Oortreding van die bepalings van art 65(2)(a) van die Wet â
bestuur van ân motorvoertuig terwyl die konsentrasie
alkohol in sy
bloed hoër is as die statutêr voorgeskrewe perk;
c) Aanklag
5: Aanranding;
d) Aanklag
6: Oortreding van die bepalings vervat in art 65(1)(a) van die
Wet â bestuur van ân motorvoertuig onder die invloed
van sterk
drank.
Die
Appellant is as volg gevonnis op die voormelde aanklagte:
a) Aanklag
1: 2 jaar gevangenisstraf en die Appellant se bestuurderslisensie is
ingetrek;
b) Aanklag
3: R900 of 6 maande gevangenisstraf;
c) Aanklag
5: R90 of 90 dae gevangenisstraf;
d) Aanklag
6: 2 jaar gevangenisstraf.
Die
Hof het verder gelas dat die vonnisse op aanklagte 1 en 6 nie
samelopend uitgedien sal word nie. Die Appellant kom nou in hoër
beroep teen die vonnisse wat opgelê is op aanklagtes 1 en 6 hierbo,
d.w.s. die vonnisse van 2 jaar gevangenisstraf op elk van daardie
aanklagte.
Tydens
die verrigtinge in die verhoorhof is getuienis van ân maatskaplike
werkster, Me Lategan sowel as van ân korrektiewe toesigbeampte,
mnr. Swarts aangebied. Me Lategan het aanbeveel in haar verslag en
in haar getuienis dat die Appellant vir langtermyn rehabilitasie
verwys word. Namens die Appellant het Mnr. Botha op grond van
hierdie aanbeveling aan die hand gedoen dat die Appellant in terme
van die bepalings vervat in artikel 255 van die Strafproseswet, 51
van 1977, na ân rehabilitasiesentrum verwys moet word. Die
korrektiewe toesigbeampte, mnr. Swarts, aan die ander kant het in sy
verslag en in sy
viva
voce
-getuienis
aanbeveel dat direkte gevangenisstraf die Appellant opgelê word.
Namens die Staat ondersteun Me. De Nysschen die vonnis
van
gevangenisstraf soos opgelê deur die Landdros en soos aanbeveel
deur Mnr. Swarts.
Die
Appellant se persoonlike omstandighede blyk volledig uit die
ex
parte
-submissies
van sy regsverteenwoordiger, sowel as uit die voormelde twee
voorvonnisverslae. Dit kan bondig as volg opgesom word:
a) Hy
is 41 jaar oud, geskei en het 2 kinders van 14 en 13 jaar oud, welke
kinders in sy sorg is. Die kinders het ten tyde van die
vonnisoplegging skool bygewoon te Upington waar hulle in die koshuis
tuis gegaan het;
b) Die
Appellant het geen vaste betrekking beklee tydens vonnisoplegging
nie, maar het het hy vervoerwerk gedoen met ân vragmotor
vir boere
in die omgewing;
c) Die
Appellant het op sy eie weergawe ân ernstige probleem met die
misbruik van alkohol wat dan ook weerspieël word in sy rekord
van
vorige veroordelings wat twee relevante vorige veroordelings insluit,
naamlik bestuur van ân voertuig onder die invloed van
drank gepleeg
op 27 Februarie 1998 waarvoor hy gevonnis is tot ân boete van R2000
of 1 jaar gevangenisstraf wat opgeskort is vir
5 jaar op sekere
voorwaardes asook ân oortreding van die bestuur van ân voertuig
onder die invloed van drank gepleeg op 13 Junie
2002 waarvoor hy
gevonnis is tot ân boete van R6000 of 12 maande gevangenisstraf
waarvan R3000 of 6 maande gevangenisstraf opgeskort
is vir vyf jaar
op bepaalde voorwaardes.
In
beide die voormelde gevalle was een van die voorwaardes dat die
Appellant tydens die tydperk van opskorting hom nie skuldig maak
aan
ân oortreding van die betrokke wetsbepalings wat neerkom op die
bestuur van ân voertuig onder die invloed van drank nie.
d) Die
Appellant het ân wisselvallige werksgeskiedenis en het vir ân
tydperk van ongeveer 20 jaar nie minder nie as 7 verskillende
betrekkings beklee.
Dit
blyk ook uit die verslae en uit die getuienis dat die Appellant hom
reeds by 3 vorige geleenthede vrywilliglik aan korttermyn
rehabilitasie by inrigtings onderwerp het, maar was dit klaarblyklik
onsuksesvol. By al drie geleenthede het die Appellant ná
ontslag
weer begin drink. Verder het hy in die eerste geval hom skuldig
gemaak aan drankmisbruik terwyl hy homself in die inrigting
bevind
het vir korttermyn rehabilitasie en is die program gevolglik
onmiddellik gestaak.
In
die onderhawige saak het die Appellant wat aanklag 6 aanbetref ân
dame raakgery terwyl hy onder die invloed van drank bestuur
het en
is die dame, volgens die J88-mediese verslag wat ingehandig is
tydens die verhoor, beseer deurdat sy skuurwonde opgedoen
het.
In
sy uitspraak op vonnis het die Landdros hom baie sterk uitgespreek
teen hierdie tipe misdryf. Na my mening kan die volgende
uitlatings
in sy uitspraak ongetwyfeld die noodwendige gevolgtrekking laat
ontstaan dat hy die erns van die misdryf heeltemal oorbeklemtoon
het, wat dan ook in die opgelegde vonnisse weerklank gevind het:
â
....
as ân mens na u vorige veroordelings kyk is daar een dominante
oortreding en dit is bestuur van ân motorvoertuig en drank
en
onmiddellik gaan daar rooi ligte af, klokke begin lui, alarms en
sirenes begin skree in my kop, want die geskiedenis wat voor
die Hof
geplaas is van u is vir my soos ân bom. Dit is soos bus vol mense
met ân enorme lading plofstof op hom. Wat ry deur
ân menigte
mense deur ân stad en dit kan enige oomblik ontplof en u het nie
insig daartoe nie.â
Verder
aan verklaar die Landdros soos volg:
â
Een of ander
tyd in u lewe sal u moet tot stilstand geruk word meneer en nie meer
verbandjies toegedraai word nie en salfies aangesmeer
word nie soos
wat u in die verlede behandel is nie.â
Laastens
verwys ek na die volgende woorde van die Landdros in dié verband:
â
... u kan
vandag bly wees dat u nie hier staan dat mense mense dood is as
gevolg van u optrede nie. As ek kyk na u geskiedeis dan
sidder ek
oor wat kon gebeur het en dit maak vir my bang oor wat kan gebeur.
Dit is hoekom ek vandag sê dat u lewe en drank is
ân dreigende bom
en om daardie rede voel die Hof vandag meneer dat die Hof moet
drasties optree. U moet tot besinning geruk word
u moet geplaas word
in ân plek waar u kan gaan sit, waar u elke aand as u u oë toemaak
moet u weet hoekom u daar is.â
Dronkbestuur
is uiteraard ân baie ernstige misdryf. Wat erg verswarend is in
hierdie saak is dat die Appellant alreeds by twee
vorige geleenthede
aan soortgelyke misdrywe skuldig bevind is. In daardie twee vorige
gevalle is hy die geleentheid gebied om
te rehabiliteer buite die
gevangenis. Hy het baie duidelik nie van hierdie geleenthede
gebruik gemaak nie. Namens die Staat het
Me De Nysschen ons verwys
na die onlangse beslissing van die Hoogste Hof van Appél van
S
v Sithole 2003(1) SACR 326 (SCA)
waar Conradie AR die volgende verklaar te 329:
â
[7] Courts
in this country have long acknowledged that alcohol addiction is a
disease and that it would be to the benefit of society
and of the
offender if the condition can be cured. But it is necessary to make
the obvious point that drunken driving is not a disease.
One is
distressingly familiar with maudlin pleas in mitigation that the
drunken driver in the dock is an alcoholic, as if the disease
excused
the crime. It does not (S v Fraser
1987 (2) SA 859
(A) at 864B - D).
[8] Addiction
to alcohol is not an excuse for driving under the influence of
liquor. In many cases the addiction would be an aggravating
feature
of the offence. The alcoholic who takes his car to the pub knows
when he parks it outside that he will probably not be sober
enough to
drive it home. He recklessly courts the danger of criminal conduct.
His conduct is more reprehensible than that of the
person who
carelessly has one too many. Drug dependence in general is often
characterised by associated criminal conduct. Driving
under the
influence of liquor is criminal conduct associated with alcoholism.
There is no reason why the courts should be more tolerant
of that
than they are of, say, stealing to support a drug habit.
[9] The need to
impose sentences that provide for the rehabilitation of those
addicted to alcohol and, for that matter, to other kinds
of drugs has
frequently been stressed. This is a laudable object of sentencing but
not the only and there is obviously no point in
devising a
rehabilitative sentence if the offender's rehabilitation prospects
are remote.â
Ek
kan nie anders as om my respekvol te vereenselwig met die benadering
van Conradie AR soos aangehaal hierbo nie. Wanneer ân
mens egter
nou die Appellant se persoonlike omstandighede opweeg teenoor die
erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap,
dan meen ek
dat die opgelegde vonnis van effektiewelik 4 jaar gevangenisstraf op
aanklagtes 1 en 6 skokkend onvanpas is. Die Appellant
het
klaarblyklik ân ernstige drankmisbruik probleem. Korttermyn
rehabilitasie is nie ân sinvolle oplossing vir hierdie probleem
nie, soos dit in die verlede alreeds in sy geval bewys is. Wat
langtermyn rehabilitasie aanbetref het die maatskaplike werkster,
Me
Lategan, ân insiggewende toegewing gemaak op ân vraag van die
Verhoorlanddros, naamlik dat ân persoon met langtermyn
rehabilitasie slegs gehelp kan word as hy/sy gehelp
WIL
word.
Dit is baie duidelik na my mening dat die Appellant in hierdie geval
nie so ân bereidwilligheid toon nie. Die gevolgtrekking
waartoe
gekom is deur Me Lategan in haar verslag, naamlik dat die Appellant
sy probleem minimaliseer en op andere se skouers wil
pak is baie
duidelik korrek.
In
die
Sithole
-saak
supra
,
was die Appellant in ân landdroshof skuldig bevind aan twee
klagtes van bestuur onder die invloed van drank wat sy vierde en
vyfde veroordelings vir dié bepaalde misdryf was. Hy is in die
landdroshof ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf op elke aanklag
opgelê, maar op appél na die Hooggeregshof is die vonnisse tersyde
gestel en vervang met ân vonnis van 4 jaar gevangenisstraf
op elke
aanklag ingevolge die bepalings vervat in art 276(1)(i) van die
Strafproseswet, 51 van 1977. Op verdere appél na
die HHA is die
voormelde vonnis van die Hooggeregshof bekragtig. In daardie saak
is ook groot gewag gemaak van die betrokke appellant
se
verslaafdheid aan drank. In par [12] (p330) van die
Sithole-saak
supra
,
verklaar Conradie AR as volg:
â
A
person with the appellant's record cannot expect to escape prison
altogether. Too many people die on our roads for that to be an
option. Driving under the influence of intoxicating liquor is a
serious crime and repeated offences greatly augment its seriousness,
particularly where, as here, one of the offences is committed during
the currency of a suspended sentence for the very same kind
of
offence, and another is committed while awaiting trial on an earlier
offence of the same kind.â
In
die onderhawige geval is dit duidelik dat die Appellant hierdie
misdrywe gepleeg het terwyl ân opgeskorte vonnis oor sy kop gehang
het. Gevolglik is ek die mening toegedaan dat hier, soos ook in die
geval was in die
Sithole
-saak,
die enigste gepaste vonnis een van gevangenisstraf is.
Daar
is, heeltemal tereg, nie appél aangeteken teen die intrekking van
die Appellant se bestuurderslisensie nie. Hy is ân gevaar
vir
andere op die pad en meen ek dat daar nie met die Landdros se bevel
in dié verband ingemeng behoort te word nie.
By
gevolg reik ek die volgende bevel uit: Die Appellant se appél teen
die vonnisse wat hom opgelê is op aanklagte 1 en 6 slaag.
Die
Landdros se vonnis word tersyde gestel en word met die volgende
vervang:
Aanklag
1: Die Appellant word gevonnis tot gevangenisstraf van drie jaar
ingevolge die bepalings vervat in artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet, 51 van 1977. Die Appellant se bestuurderslisensie
word ingetrek.
Aanklag
6: Die Appellant word gevonnis tot gevangenisstraf van drie jaar
ingevolge die bepalings vervat in artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet, 51 van 1977.
Dit
word gelas dat dié bepaalde vonnisse op aanklagte 1 en 6 nie
samelopend uitgedien sal word nie.
Die
vonnisse word teruggedateer tot 21 Augustus 2003.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv C Botha
NAMENS
RESPONDENT : Adv De Nysschen
DATUM VAN VERHOOR : 2004-04-26
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-04-26