S v Molokwane (CA & R 301/03) [2004] ZANCHC 57 (26 April 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentence for rape — Appellant convicted of rape and theft, sentenced to 15 years for rape — Appellant appealed on grounds of misdirection regarding minimum sentence — Court found that the magistrate incorrectly applied the law, believing the minimum sentence for rape was 15 years instead of 10 years — Appeal upheld, and sentence for rape reduced to 10 years in accordance with the statutory minimum.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 57
|

|

S v Molokwane (CA & R 301/03) [2004] ZANCHC 57 (26 April 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 301/03
Datum
verhoor:2004-04-26
Datum
gelewer:2004-04-26
In
die appél van
:
LAZARUS
MOLOKWANE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Appellant het tereggestaan in die Streekhof te Upington op ‘n
aanklag van verkragting sowel as ‘n aanklag van diefstal.
Hy het
skuldig gepleit op die twee aanklagte en is op grond van die
voormelde pleit skuldig bevind. Op die aanklag van verkragting
is
hy gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings
vervat in artikel 51 van Wet 105 van 1997. Op die
aanklag van
diefstal is hy gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Die
verhoorlanddros het ook gelas dat 3 jaar van die vonnis
op die
diefstal aanklag samelopend uitgedien moet word met die vonnis op
die verkragting aanklag.
Die
Appellant kom nou in hoër beroep teen die vonnis wat hom opgelê is
slegs op die aanklag van verkragting.
Die
enigste grond van appél is dat die Landdros homself wanvoorgelig
het oor die minimum vonnis wat opgelê behoort te word op
die
aanklag van verkragting nadat geen dwingende en wesenlike
omstandighede gevind is nie. Die Staat, by monde van Me Van Dyk,
het heeltemal tereg geredelik toegegee dat die Landdros hom aldus
wanvoorgelig het.
Wat
die verkragtingsaanklag betref het die Appellant luidens sy
artikel 112(2)-pleitverduideliking al die wesenlike elemente
van die misdryf van verkragting as volg erken:
a) Dat
hy sonder die klaagster se toestemming met haar vleeslike gemeenskap
gehou het;
b) Dat
hy verkeerd opgetree het en besef dat hy daarvoor gestraf behoort te
word.
Wet
105 van 1997 bepaal dat die minimumvonnis van lewenslange
gevangenisstraf opgelê moet word by ‘n skuldigbevinding aan
verkragting
in sekere bepaalde gevalle. Dit is duidelik en die
partye voor my is dit ook
ad
idem
dat die onderhawige geval nie resorteer in hierdie kategorie nie.
Die enigste ander minimum vonnis wat voorgeskryf in die voormelde
wet in die geval van skuldigbevinding aan verkragting word gevind in
art 51(2)(b). Daardie artikel bepaal as volg:
“
Ondanks
enige ander wet maar behoudens subartikels (3) en (6), moet 'n
streekhof of 'n Hoë Hof, met inbegrip van 'n Hoë Hof na wie
'n
aangeleentheid kragtens artikel 52 (1) vir vonnis verwys is, ten
opsigte van 'n persoon wat skuldig bevind is aan 'n misdryf bedoel
in-
(a) ........
(b) Deel III van
Bylae 2, die persoon, in die geval van-
(i) 'n
eerste oortreder, tot gevangenisstraf vir 'n tydperk van minstens 10
jaar vonnis;
(ii) 'n
tweede oortreder van enige sodanige misdryf, tot gevangenisstraf vir
'n tydperk van minstens 15 jaar vonnis; en
(iii) 'n derde of
verdere oortreder van enige sodanige misdryf, tot gevangenisstraf vir
'n tydperk van minstens 20 jaar vonnis; en
Deel
III van Bylae 2 lees wat verkragting aanbetref as volg:
“
Verkragting
in ander omstandighede as daardie in Deel I bedoel.”
Gevolglik
dus moes die Landdros, nadat hy bevind het dat daar geen wesenlike
en dwingende omstandighede bestaan wat ‘n afwyking
van die
statutêr voorgeskrewe minimum vonnis regverdig nie, ‘n vonnis van
ten minste 10 jaar gevangenisstraf opgelê het. Die
Landdros was
uiteraard die mening toegedaan dat hy die minimum statutêr
voorgeskrewe vonnis behoort op te lê. Hy het egter homself
wanvoorgelig dat sodanige minimum voorgeskrewe vonnis 15 jaar is en
nie 10 jaar nie. Hy het derhalwe verkeerdelik verwys in sy
uitspraak na art 51(2)(a)(i) se bepalings wat gevangenisstraf
van minstens 15 jaar voorskryf. Daardie artikel vind egter
nie
aanwending in hierdie geval nie.
Gegewe
die voormelde wanvoorligting van die Landdros is hierdie Hof geroepe
om in te meng met die opgelegde vonnis. Wanneer die
erns van die
misdryf oorweeg word, die belange van die gemeenskap deeglik in ag
geneem word en die Appellant se persoonlike omstandighede
daarteen
opgeweeg word, meen ek dat hierdie nie ‘n saak is waar
gevangenisstraf van meer as die statutêr voorgeskrewe minimum
vonnis behoort opgelê te word nie.
Gevolglik
dus meen ek dus dat ‘n vonnis van gevangenisstraf van 10 jaar soos
voorgeskryf in art 51(2)(b)(i) vanpas sal wees.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
a) Die
Appellant se appél teen die vonnis hom opgelê op die aanklag van
verkragting slaag.
b) Die
vonnis opgelê deur die Streeklanddros word tersyde gestel en vervang
met die volgende:
Ingevolge
die bepalings vervat in art 51(2)(b)(i) van Wet 105 van 1997
word die Appellant gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf.
Hierdie
vonnis word teruggedateer tot 2 Oktober 2003.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv J Cloete
NAMENS
RESPONDENT : Adv E van Dyk
DATUM VAN VERHOOR : 2004-04-26
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-04-26