Ga- segonyana Munisipaliteit v Calitz (499/03) [2004] ZANCHC 16 (26 April 2004)

40 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against costs order — Legal principles regarding appeals against costs orders — Court's discretion in awarding costs — Application dismissed as no reasonable prospect of success on appeal — Extraordinary circumstances not established. Respondent sought leave to appeal against a costs order made against him, arguing that the court erred in not ordering each party to bear their own costs and failed to consider the applicant's conduct leading to the application. The court found that the appeal would have no practical effect on the parties' legal positions and that there were no extraordinary circumstances justifying the grant of leave to appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 16
|

|

Ga- segonyana Munisipaliteit v Calitz (499/03) [2004] ZANCHC 16 (26 April 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
499/03
Datum
verhoor: / Date heard:
23/4/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
26/4/2004
In
die saak tussen:
GA-SEGONYANA
MUNISIPALITEIT
Applikant
en
CALITZ,
JM Respondent
Coram:
Lacock R
UITSPRAAK
OP AANSOEK VIR VERLOF TOT APPÉL
LACOCK
R:
Op 27 Februarie
2004 het ek uitspraak in hierdie aansoek ten gunste van die
applikant gegee en ondermeer gelas dat die respondent
die koste van
geding moet betaal. (Opgemerk sal word dat ek na die partye verwys
soos in die hoof geding).
Die respondent
doen nou aansoek vir verlof om te appelleer teen die kostebevel
aldus verleen op grond van die volgende:
Dat
die agbare Hof fouteer het deur nie te bevind dat elke party sy eie
kostes sal betaal nie.
Dat
die agbare Hof nie genoegsame oorweging gegee het aan die feit dat
die aanvanklike oorsaak van hierdie aansoek te wyte is aan
die doen
en late en optrede van die applikant nie.”
Dit is geykte reg
dat verlof tot appél normaalweg verleen behoort te word indien daar
‘n redelike vooruitsig is dat ‘n Hof
van Appél tot ‘n ander
gevolgtrekking kan kom as waartoe die Verhoorhof gekom het.
Derby-Lewis
& Another v Chairman, Amnesty Committee of the TRC,
2002 (3) SA
485
(K) te 488 G
.
Waar die appél
egter gemik is slegs teen die kostebevel verleen deur die Verhoorhof,
raak bykomende beginsels en statutêre voorskrifte
tersaaklik.
Art 21 A van die
Wet op die Hooggeregshof, nr 59 van 1959, (die Wet) en meer bepaald
sub artikels (1) en (3) daarvan, lees as volg:
(1) Wanneer die
geskilpunte by die verhoor van enige siviele appèl na die
Appèlafdeling of enige Provinsiale of Plaaslike Afdeling
van die
Hooggeregshof van so 'n aard is dat die uitspraak of verlangde bevel
geen praktiese uitwerking of gevolg sal hê nie, kan
die appèl op
hierdie grond alleen van die hand gewys word.
(3)
Behalwe in buitengewone omstandighede word die vraag of die uitspraak
of bevel geen praktiese uitwerking of gevolg sou hê nie,
bepaal
sonder verwysing na oorweging van koste.
Sou ‘n Hof van
Appél dus op appél bevind dat die uitslag op appél geen praktiese
gevolge of uitwerking op die
status
quo
of regsposisie van die partye sal hê nie, kan die appél op grond
daarvan alleen van die hand gewys word, dit wil sê sonder verdere
oorweging van die meriete van die appél.
Na aanleiding van
die voorskrifte van art 21 A (3) van die Wet (hierbo aangehaal) word
hierdie vraag bereg sonder oorweging van die
vraag na koste, behalwe
in buitengewone omstandighede.
Hoewel art 21 A
van die Wet nie uitdruklik van toepassing is op aansoeke vir verlof
tot appél, of eerder op die oorweging van sodanige
aansoeke nie,
meen ek dat die voorskrifte van hierdie artikel relevant is tot die
vraag naamlik of daar ‘n redelike vooruitsig
is om te slaag op
appél. Indien ‘n appél van so ‘n aard is dat die uitspraak
daarop geen praktiese uitwerking of gevolg
sal hê nie, en daar ‘n
redelike vooruitsig is dat dit op grond van sodanige oorweging
alleen van die hand gewys kan word, volg
dit myns insiens net logies
dat hierdie oorweging ook relevant behoort te wees by die oorweging
van die aansoek vir verlof om te
appelleer. Die vraag bly immers of
daar ‘n redelike vooruitsig
op
sukses
op appél is of nie.
Dit is ook
insiggewend om daarop te let dat die voorskrifte van art 21 A (2) en
(3) kragtens sub art (4) ook van toepassing is op
die oorweging van
’n petisie vir verlof om te appelleer kragtens art 21 (3) van die
Wet.
Sien hieraangaande
Logistic
Technologies (Pty) Ltd v Coetzee & Others
1998 (3) SA 1071
(W) te
1074 F tot 1075 I
;
en
Universal
Storage Systems (Pty) Ltd v Crafford & Others
2001 (4) SA 249
(W)
te 251 C tot I
.
Ek stem met
eerbied saam met
Cloete
R
(soos
hy toe was) dat die voorskrifte van art 21 A van die Wet daarop
gemik is om stukrag te verleen aan die lang bestaande beginsel
van
die Howe om appelle wat bloot gemik is op kostebevele, te ontmoedig.
Logistic
Technologies
(supra) te
1074
J tot 1075 G
);
Universal
Storage Systems
(supra) te
251
H
:
“In
amending the Supreme Court Act to insert s 21 A, the Legislature was
giving further effect to the long-standing policy of
discouraging
appeals against costs orders only.”
Hierdie
“long-standing
policy”
is as volg deur die Hoogste Hof van Appél geformuleer in
Cronjé
v Pelser,
1967 (2) SA 589
(A) te 592 H tot 593 A
:
“
Hierdie
Hof sal nie ingryp in die Hof a quo se beslissing oor koste nie tensy
dit geskied het sonder 'n judisiële uitoefening van
diskresie. Die
toets is, soos Appèlregter GREENBERG in Merber v Merber,
1948 (1)
S.A 446
(A.D.) op bl. 453, sê, of die beslissing gebaseer is op
gronde waarop 'n redelike mens tot so 'n besluit kon geraak het.
Hierdie
Hof is nie in staat om te sê dat die beslissing van die Hof
a quo nie gebaseer is op gronde waarop 'n redelike mens nie tot
dieselfde
gevolgtrekking kon geraak het nie, selfs al sou hierdie Hof
waarskynlik 'n ander kostebevel gemaak het. Dit wil egter nie sê dat
dit die enigste redelike bevel is wat redelikerwys gemaak kan word
nie, of dat dit noodwendig in 'n dergelike geval toegepas moet
word
nie. 'n Beslissing oor koste is 'n kwessie van diskresie in elke
besondere geval.”
Soos hierbo
vermeld, is die huidige voorgenome appél slegs gemik teen die
kostebevel deur myself verleen. Die uitslag van die
verlangde appél
sal dus geen praktiese uitwerking of gevolg hê op die regsposisie
van die partye soos bepaal in die bevel op
die meriete in die
aansoek verleen nie. Verlof tot appél kan dus slegs verleen word
indien aangetoon kan word dat daar ‘n redelike
vooruitsig bestaan
dat ‘n Hof van Appél kan bevind dat daar buitengewone
omstandighede is wat ‘n versteuring van die kostebevel
deur myself
verleen, regverdig. Die versuim om ‘n judisiële diskresie uit te
oefen by die oorweging van ‘n kostebevel, kan
waarskynlik as ‘n
buitengewone omstandigheid aangemerk word (
Cronjé
v Pelser
(supra aangehaal) ), maar die blote vooruitsig dat ‘n Hof van
Appél tot ‘n ander gevolgtrekking kan kom of selfs waarskynlik
sal kom, as waartoe ‘n Verhoorhof gekom het in die uitoefening van
sy judisiële diskresie (indien dit eenmaal vasstaan dat hy
so ‘n
diskresie uitgeoefen het) is nie voldoende om te kwalifiseer as
buitengewone omstandighede of andersinds vir die verlening
van
verlof tot appél nie. (
Logistic
Technologies
(supra) te
1075
I tot 1076 B
).
Mnr Coetzee,
namens die respondent, voer eerstens aan dat ek fouteer het deur
onvoldoende gewig te heg aan die feit dat die aansoek
in die eerste
instansie genoodsaak en van stapel gestuur was as gevolg van die
nalate van die applikant om die respondent korrek
te adviseer
aangaande die gebruiksreg van sy eiendom. Hierdie is dieselfde
argument waarop mnr Coetzee in argument by die aanhoor
van die
aansoek gesteun het.
Ek het in
paragrawe 13.1 tot 13.5 van my uitspraak volledig met hierdie
argument gehandel. Mnr Coetzee het nie enige nuwe argumente
hieraangaande geopper wat nie reeds geopper en deur myself oorweeg is
nie.
Soos reeds in my
uitspraak vermeld, is dit so dat die applikant se eie nalatige
optrede daartoe gelei het dat die respondent sy
eiendom vir ‘n
ongemagtigde gebruik aangewend het. Daarteenoor egter het die
applikant, nadat hy sy fout agter gekom het, ruim
geleentheid aan
die respondent gebied om die ongemagtigde gebuik van sy eiendom as
‘n bottelstoor te staak. Die respondent het
egter geweier om
hieraan gehoor te gee. Dit was hierdie weiering van die respondent
om die ongemagtigde gebruik van sy eiendom
te staak wat die
applikant met geen ander keuse gelaat het anders dan om die Hof te
nader vir die nodige regshulp nie. Die respondent
het ook nie bloot
berus in die gevolg van die aansoek nie, maar het die aansoek aktief
opponeer.
Mnr Coetzee voer
verder aan dat die respondent nie met ‘n kostebevel belas moes
gewees het nie omdat die applikant – nadat besluit
is om die
perseel van die respondent te hersoneer sodat hy ‘n drankwinkel
daarop kan bedryf – versuim het om die respondent
in kennis te
stel dat daar na die Provinsiale Regering appél aangeteken is teen
hierdie besluit van die applikant. Indien die
respondent in kennis
gestel was – aldus die argument – kon hy die nodige vertoë
gerig het aan die Provinsiale Owerheid en
kon die appél moontlik
afgewys gewees het, en sou daar geen aansoek gevolg het nie. Ek
meen dat die antwoord van mnr De Bruin
hierop afdoende is: Dit was
nooit die saak van die respondent dat die aansoek op grond van die
voorgaande oorbodig was nie. Die
respondent het hom deurgaans
daarop beroep dat hy ingevolge die soneringskema geregtig was op die
gebruik van sy perseel vir die
bedryf van ‘n drankwinkel.
Afgesien van die
voorgaande is dit ook so dat die applikant se prokureur die
respondent skriftelik in kennis gestel het van die appél
teen die
hersonering en dat die appél geslaag het. Indien die respondent
daardie besluit van die Provinsiale Owerheid verder wou
neem, het hy
ruim geleentheid daarvoor gehad. Hy het egter verkies om nie
enigiets aangaande daardie verrigtinge te doen nie, en
het volhard in
sy standpunt naamlik dat hy geregtig is op die bedryf van ‘n
drankwinkel op sy perseel. Dit is hierdie benadering
van die
respondent wat die applikant genoodsaak het om die aansoek te loods.
In die
omstandighede is ek oortuig daarvan dat daar geen vooruitsigte is
dat ‘n ander Hof tot ‘n ander gevolgtrekking kan
kom as waartoe
ek gekom het nie. Selfs al sou gesê kon word dat daar so ‘n
vooruitsig is, is geen buitengewone omstandighede
aan my voorgehou
wat die verlening van verlof tot appél teen my kostebevel
regverdig nie.
Bygevolg maak ek
die volgende bevel:
DIE AANSOEK VIR
VERLOF OM APPÉL AAN TE TEKEN TEEN DIE KOSTEBEVEL HIERIN VERLEEN,
WORD VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Namens
applikant:
Adv
JP de Bruin SC
(iov
Elliot Maris & Wilmans)
Namens
Respondent:
Adv
WJ Coetzee
(iov
Engelsman, Benade & Van Der Walt