S v Coetzee (169/2004) [2004] ZANCHC 15 (8 April 2004)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Special review — Plea of guilty — Accused initially pleaded guilty but later changed plea to not guilty — Accused subsequently re-pleaded guilty without proper consideration of previous plea — Court found that the guilty plea was improperly accepted — Special review requested by magistrate to set aside conviction and sentence. The accused was convicted of public drunkenness and sentenced to a fine or imprisonment. The magistrate noted that the accused had initially pleaded guilty but changed her plea to not guilty after explaining her circumstances. During a later appearance, the accused re-pleaded guilty and was convicted. The magistrate sought a review due to the improper acceptance of the guilty plea. The court held that the conviction and sentence were set aside and the matter was referred back to the magistrate's court for proper application of section 113 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 15
|

|

S v Coetzee (169/2004) [2004] ZANCHC 15 (8 April 2004)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
SAAKNOMMER:169/2004
DATUM
GELEWER: 08-04-2004
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
FLORA
COETZEE
Coram: Williams R
HERSIENINGSUITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die beskuldigde is in die landdroshof te
Victoria-Wes skuldig bevind aan ‘n aanklag van dronkwees in die
publiek en is gevonnis
tot ‘n boete van R100,00 (Een Honderd Rand)
of 20 (Twintig) dae gevangenisstraf.
Die landdros het na die
vonnis opgelê is die saak op spesiale hersiening gestuur aangesien
die beskuldigde foutiewelik skuldig bevind
en gevonnis is.
Dit blyk uit die
landdros se notas van die verrigtinge (daar is nie ‘n volledige
getikte oorkonde nie) sowel as sy redes vir die
spesiale hersiening,
dat die beskuldigde op 1 Maart 2004 skuldig gepleit het op die
aanklag. Na die beskuldigde verduidelik het
dat sy in haar woning
gearresteer is, is die pleit toe op hierdie datum verander na een van
onskuldig en is die saak uitgestel vir
verhoor.
Met die volgende verskyning op 24 Maart 2004 het
die aanklaer weereens die klagte aan die beskuldigde gestel en het sy
skuldig gepleit
en is sy in terme van artikel 112(1)a) van die
Strafproseswet 51 van 1977 skuldig bevind en gevonnis. Eers na sy
gevonnis is het
die beskuldigde weer die verweer soos hierbo genoem
geopper en was dit dus nie moontlik vir die verhoorhof om in terme
van artikel
113 van die Strafproseswet op te tree nie.
Die landdros versoek nou
dat die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word en die saak
terugverwys word met ‘n opdrag om ingevolge
artikel 113 te handel.
In die omstandighede is
hierdie voorgestelde werkwyse die enigste manier om die situasie te
red, maar moet ek my misnoeë uitspreek
dat dié situasie kon
ontstaan in ‘n geval waar dieselfde landdros en staatsaanklaer
betrokke was op beide geleenthede en so ‘n
gebeurlikheid vermy kon
word deur bloot aandag te skenk aan die inhoud van die hofleêr en/of
saaknotas.
Die volgende bevel word gemaak:
a) Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
b) Die saak word terugverwys na die Landdroshof met die opdrag dat
artikel 113 van die Strafproseswet 51 van 1977 toegepas word.
______________________
C.C WILLIAMS
REGTER