S v Maretjies (116/2004) [2004] ZANCHC 14 (2 April 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused found guilty of assault with intent to cause grievous bodily harm after throwing beer bottles at complainant, resulting in injury — Sentencing court imposed fifteen months' imprisonment, wholly suspended for four years, and fifteen months' correctional supervision — Review of sentence revealed that the combination of both imprisonment and correctional supervision was excessive and inappropriate given the accused's status as a first offender and mitigating personal circumstances — Sentence of imprisonment set aside, while correctional supervision upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 14
|

|

S v Maretjies (116/2004) [2004] ZANCHC 14 (2 April 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
116/2004
Datum
gelewer: / Date delivered:
02/04/2004
(HOFRESES)
In
die saak van:
DIE
STAAT
teen
TERRESA
MARETJIES
UITSPRAAK
OP HERSIENING
LACOCK
R:
Die
beskuldigde, ‘n 24-jarige ongetroude vrou en moeder van twee
dogtertjies van nege en twee jaar oud, onderskeidelik, is in
die
landdroshof van Richmond skuldig bevind aan aanranding met die opset
om ernstig te beseer deurdat sy ene mnr Vries met bierbottels
gegooi
het. Sy het die klaer met een bottel bokant sy oog getref wat ‘n
oop wond gelaat het en waarvoor die klaer ses hegsteke
moes kry.
Die tweede bottel het die klaer teen die kant van die kop getref, en
geen wond veroorsaak nie.
Uit die
getuienis blyk dit dat die voorval in ‘n kroeg plaasgevind het
nadat ‘n stryery onder ‘n aantal vrouens, en waaronder
die
beskuldigde en die eggenote van die klaer, uitgebreek het. Die
beskuldigde was ooglopend kwaad vir die wyse waarop die klaer
se vrou
haar aangespreek het, en haal sy toe haar woede op die klaer uit wat
“pool”
-bal gespeel
het en nie deel van die stryery was nie.
Die
skuldigbevinding is in orde.
Die
landdros het die beskuldigde gevonnis tot vyftien maande
gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik opgeskort is vir
vier
jaar. Daarbenewens is die beskuldigde gevonnis tot vyftien
maande korrektiewe toesig kragtens die voorskrifte van art 276 (1)

(h) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, onderhewig aan ‘n
reeks streng voorwaardes.
In
antwoord op my navraag naamlik of die vonnis die beskuldigde opgelê
nie skokkend swaar en onvanpas is nie, het die landdros
aangedui dat
sy deeglik die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die
erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap
oorweeg het.
Sy het voorts verwys na twee sake waarin baie soortgelyke vonnisse
ook aan eerste oortreders opgelê is en wat op
hersiening bekragtig
is. Ek weet nie wat die omstandighede van daardie sake is nie, maar
duidelik moet elke saak op sy eie meriete
beoordeel word.
Indien
in ag geneem word dat die beskuldigde ten tye van hierdie voorval
onder die invloed van drank was, sy duidelik geprovokeerd
(weliswaar
nie deur die klaer nie) en kwaad was, haar opvoedingspeil soos blyk
uit haar taalgebruik in die Hof en haar beperkte
skoolopleiding,
laag is, haar persoonlike omstandhede soos hierbo geskets, en die
aard van die aanranding, meen ek dat die vonnis
die beskuldigde as
‘n eerste oortreder hierin opgelê skokkend onvanpas is.
Dit moet in
gedagte gehou word dat (a) korrektiewe toesig op sigself geen geringe
vonnis is nie en dat die doel daarvan bestraffend
sowel as
rehabiliterend is (
S v Kelly, 1993 (2) SASV
492 (A)
); en (b) dat gevangenisstraf, selfs
indien geheel of gedeeltelik opgeskort, in die geheel gepas moet wees
as straf vir die misdaad
gepleeg. In die eerste plek dus moet ‘n
straftoemeter hom- of haarself eers afvra of die termyn van
gevangenisstraf gepas is,
en eers daarna ontstaan die verdere vraag
naamlik of daar omstandighede aanwesig is wat ‘n gedeeltelike of
algehele opskorting
daarvan regverdig.
Myns
insien sou óf gevangenisstraf van vyftien maande wat in die geheel
opgeskort is, óf vyftien maande korrektiewe toesig in
casu
gepas wees, maar nie beide nie.
Die vonnis soos
hierin opgelê is na my mening skokkend swaar en onvanpas.
Bygevolg
word die volgende bevele hierin verleen:
DIE
SKULDIGBEVINDING WORD BEKRAGTIG.
DIE
GEDEELTE VAN DIE VONNIS DIE BESKULDIGDE OPGELÊ KRAGTENS DIE
VOORSKRIFTE VAN ART 276 (1) (h) VAN WET 51 VAN 1977, (VYFTIEN [15]
MAANDE KORREKTIEWE TOESIG) WORD BEKRAGTIG.
DIE
GEDEELTE VAN DIE VONNIS VAN VYFTIEN (15) MAANDE GEVANGENISSTRAF DIE
BESKULDIGDE OPGELÊ EN WAT IN GEHEEL VOORWAARDELIK OPGESKORT
IS,
WORD TER SYDE GESTEL.
DIE
VONNIS WORD TERUG DATEER NA 4 FEBRUARIE 2004.
_________________________
HJ
Lacock
REGTER