Louw v Louw (175/2004) [2004] ZANCHC 13 (2 April 2004)

45 Reportability

Brief Summary

Family Law — Custody — Urgent application for interim custody of minor child — Applicant unlawfully removed child from respondent's care — Application brought without notice to respondent — No grounds for urgency established — Court finding no immediate threat to child’s safety — Interim custody order set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 13
|

|

Louw v Louw (175/2004) [2004] ZANCHC 13 (2 April 2004)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
175/2004
Datum
verhoor: / Date heard:
19/03/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
02/04/2004
In
die saak van:
LOUW,
JH
Applikant
en
LOUW,
S Respondent
Coram: Lacock
R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Op 20 Februarie
2004 het
Olivier
R
die volgende bevel hierin verleen:
“
1. DAT die
respondente opgeroep word om redes aan te voer voor hierdie Hof en op
19
Maart 2004
om
10h00 of so gou moontlik daarna as wat die aansoek aangehoor kan word
waarom die volgende bevel nie finaal gemaak sal word nie:
1.1 Dat die
bewaring van Monicques gebore uit die huwelik tussen die applikant en
die respondente pendente lite aan applikant toegeken
word.
2. DAT die
bevel in paragraaf 1.1 ‘n tussentydse werking sal hê hangende die
finale beregting van hierdie aansoek en wel onderhewig
aan die
volgende voorwaardes:
2.1 Dat die
applikant op sy koste ‘n kliniese sielkundige en/of welsyns
evaluasie van Monicques laat doen gedurende die week van
23
Februarie 2004 tot 27 Februarie 2004.
2.2 Dat die
applikant vir Monicques sal onderwerp aan ‘n ondersoek en evaluasie
deur die gesinsadvokaat te sodanige tye as wat die
gesinsadvokaat mag
bepaal, en dat die applikant onmiddellik die Gesinsadvokaat kennis
gee van hierdie aansoek en bevel, en die Gesinsadvokaat
moet die Hof
op ‘n dringende basis van sy verslag voorsien.
2.3 Dat die
verslae in die voorafgaande twee subparagrawe vermeld by hierdie Hof
ingedien word sodra dit ontvang word.
3. DAT verlof
aan die applikant verleen word vir betekening van die bevel by wyse
van ediktale sitasie en wel by wyse van persoonlike
betekening op die
respondente deur middel van die balju Walvisbaai.
4. DAT die
koste van hierdie aansoek koste in die hoofgeding sal wees.”
Op 19 Maart 2004
en na aanhoor van argument namens beide partye, het ek die bevel
nisi
opgehef en aangedui dat ek op ‘n later stadium my redes vir die
opheffing van die bevel sou verskaf. Op 19 Maart 2004 het ek
ook
geen bevel ten aansien van koste van die aansoek gemaak nie, en is
uitspraak op koste voorbehou.
My redes vir die
opheffing van die bevel en my uitspraak op koste volg hieronder.
Die feitelike
omstandighede wat aanleiding gegee het tot die loods van hierdie
aansoek voor
Olivier
R
en wat gemeensaak tussen die partye is of minstens nie ernstig in
geskil is nie, kan as volg saamgevat word:
Die partye
hiertoe is op 14 November 1998 met mekaar in gemeenskap van goedere
getroud, en hierdie huwelik is tans nog nie ontbind
nie. Uit
hierdie huwelik is een dogtertjie gebore, Moniques, gebore op 17
April 2000. Sy is tans bietjie meer as drie-en-‘n
half jaar oud.
Na sluiting van
hul huwelik het die partye te Petrusville gewoon. Gedurende
Desember 2001 het die partye met hul dogter na Namibië
verhuis. In
Namibië het die partye aanvanklik te Mariental gewoon, maar het
daarna en wel gedurende Februarie of Maart 2003 na
Windhoek verhuis.
Aan die einde van
Desember 2003 het die respondent die applikant verlaat en het sy
Moniques met haar saamgeneem na Walvisbaai waar
sy sedertdien by
haar ouers woonagtig is.
Die applikant het
teruggekeer na die Republiek van Suid Afrika vanuit Namibië op
13 Januarie 2004 en is tans woonagtig op
‘n landbouhoewe te
Hartswater, waar ook sy ouers by hom woon.
Op 10 Februarie
2004 is die applikant na Walvisbaai en het die respondent versoek om
hom toe te laat om Moniques vir ‘n paar dae
by hom te neem. Hy
sou in hierdie tyd by familie van hom te Otjiwarongo tuisgaan met
Moniques. Aangesien die respondent bevrees
was dat die applikant
Moniques met hom sou saamneem na die RSA, het sy aanvanklik geweier
om Moniques na die applikant te laat
gaan, en het aangedring daarop
dat hy aan haar ‘n onderneming van ‘n prokureur moes gee ter
versekering dat hy nie Moniques
uit Namibië sou neem nie.
Hierop het die
applikant sy prokureurs te Hartswater versoek om ‘n skrywe tot
hierdie effek aan die respondent te stuur. Op 12
Februarie 2004 het
prokureurs Van Zyl en Groenewald namens die applikant die volgende
skrywe aan die respondent per faksimilee gestuur:
“Ons verwys na bogenoemde en bevestig dat ons instruksie het van
ons kliënt, Mnr Louw, dat hy Monicques by hom sal hê, soos met
u
ooreengekom, tot Woensdag 18 Februarie 2004 tot en met ‘n tyd soos
onderling gereël.
Ons
kliënt deel ons ook mee dat hy nie die dogtertjie oor die grens sal
neem nie, maar dat hy onbetaalde verlof neem om sy dogtertjie
te sien
tot Woensdag. Verdere reëlings rakende ons kliënt se besoeke en
toegang tot Monicques sal so gou doenlik met u regsverteenwoordiger
gereël word.”
Ten spyte van sy
voormelde onderneming, het die applikant op 14 Februarie 2004 (dit
wil sê twee dae na die datum van die voormelde
skriftelike
onderneming) Moniques uit Namibië geneem en met hom saamgebring na
sy woning te Hartswater.
Op 16 Februarie
2004 rig die prokureurs van die respondent, Andreas Vaatz en
Vennote, ‘n skrywe aan die prokureurs van die applikant
waarin
aangedui word dat die applikant klaarblyklik sonder haar tydelike
paspoort onwettig oor die grens na die RSA geneem het,
dat hulle
voornemens is om kriminele aanklagtes teen die applikant te lê vir
die ontvoering van Moniques, en waarin versoek word
dat Moniques
onmiddellik aan die respondent terugbesorg word by gebreke waaraan
‘n nodige dringende aansoek in ‘n Hof in die
RSA gedoen sou word
vir die teruglewering van Moniques aan die respondent.
In antwoord op die
voorgaande het die prokureurs van die applikant op 18 Februarie 2004
die volgende skrywe aan die prokureurs vir
die respondent gerig:
“Skrywer verwys na bogenoemde aangeleentheid en telefoongesprek met
u Me Hannalie Duvenhage en ons Me Groenewald op 18 Februarie
2004
rakende bogenoemde aangeleetheid sowel as u faks gedateer 16
Februarie 2004.
Ons
bevestig dat ons ooreengekom het met u, en is dit ons kliënt se
instruksie dat:
Hy
op Saterdag 21 Februarie nagenoeg rondom ses uur namiddag Monique
terug sal besorg by haar moeder in Walvisbaai.
Dat
ons kliënt nog werk tot Vrydagmiddag half ses waarna hy dan
onmiddelik sal vertrek en die minderjarige dogter sal terugbring.
Hierdie
onderneming is gekoppel daaraan dat u kliënt nie sal voortgaan
met die klag wat sy gelê het van ontvoering en of
enige ander
klag nie en dat die saak teruggetrek sal word en ook nie verder
verwys sal word na Interpol toe nie.
dit
is ook verder onderworpe daaraan dat u kliënt nie in die toekoms
hierdie insident sal gebruik om’n verdere klag teen
ons kliënt
te lê nie en dat u ook aan u kliënt sal verduidelik en so sal
adviseer dat ons kliënt wel toegangregte tot
die kind het en dat
dit op ‘n beskaafde en aanvaarbare manier gereël moet word.
Ons versoek dus
dat u dringend aan ons sal bevestig dat dit inderdaad die reëling is
en dat dit onderworpe is aan daardie voorwaardes.”
Die applikant het
egter weereens versuim om hierdie onderneming gestand te doen; het
nie Moniques na die respondent terug geneem
nie, en het op 20
Februarie 2004 by hierdie Hof aansoek gedoen vir die regshulp soos
versoek in die kennisgewing van mosie.
Geen kennis is
aan die respondent of selfs haar prokureurs gegee van die aansoek
nie, en selfs ook nie dat die applikant besluit
het om sy voormelde
onderneming te verbreek en / of om die aansoek vir die tussentydse
bewaring van Moniques te loods nie.
Op 20 Februarie
2004 is die aansoek op ‘n dringende basis voor
Olivier
R
gebring sonder enige kennis aan die respondent, en is die
tussentydse bevel soos hierbo aangehaal, verleen.
Na die verlening
van die voormelde bevel
nisi
,
het die respondent haar antwoordende eedsverklarings geliaseer, en
het die applikant daarop gerepliseer.
Met die aanhoor
van argumente op 19 Maart 2004, was slegs ‘n voorlopige
gesinsadvokaat verslag voor my geplaas. Daarin het die
gesinsadvokaat aangedui dat dit nie moontlik was om ‘n volledige
verslag voor my te plaas nie aangesien hy tot op daardie stadium
nog
nie ‘n onderhoud voer met die respondent kon voer nie. Ook kon hy
slegs ‘n onderhoud met die applikant, maar het die applikant
versuim om Moniques na die gesinsadvokaat te bring aangesien sy ten
tye van die onderhoud met die gesinsadvokaat, ongesteld was.
By die
repliserende eedsverklaring van die applikant was ook aangeheg ‘n
verslag van Dr A Weyers, ‘n kliniese sielkundige wat
‘n onderhoud
met die applikant gevoer het en enkele toetse op die applikant en
Moniques uitgevoer het. Ook hy was nie in staat
om ‘n oorwoë
mening aangaande wat in die beste belang van Moniques sal wees ten
aansien van tussentydse bewaring nie, aangesien
hy nie die
geleentheid gehad het om ‘n onderhoud te voer met die respondent
nie.
Die eerste vraag
wat aangespreek moet word, is naamlik of daar regverdiging bestaan
het vir die aanhoor van hierdie aansoek op ‘n
dringende grondslag
en sonder dat kennis aan die respondent gegee is van die aansoek.
In sy stawende
eedsverklaring het die applikant versuim om uitdruklik aan te voer
wat die gronde is waarop beweer is dat die aansoek
dringend bereg
moes word.
Mnr Danzfuss,
namens die applikant, het aangevoer dat die aangeleentheid dringend
was aangesien die applikant Moniques onregmatiglik
in sy (tydelike)
bewaring gehad het, en hy alleen daardie onregmatige situasie na een
van regmatigheid kon omskep deur die bring
van die hofaansoek. Vir
die redes wat hieronder volg, is ek hoegenaamd nie beïndruk met
hierdie argument nie.
Ingevolge die
voorskrifte van eenvormige Hofreël 6 (12) (b) is ‘n applikant wat
die Hof op ‘n dringende basis vir regshulp
nader, verplig om
uitdruklik die omstandighede te vermeld wat volgens hom die
aangeleentheid dringend maak en om die redes waarom
hy beweer dat hy
nie mettertyd wesenlike verhaal by gewone beregting sal kry nie,
uiteen te sit. Sien
Luna
Meubelvervaardigers v Makin & Another
1977 (4) SA 135
(W) te 137
F
;
en
IL & B Marcow Caterers v Greatermans SA
1981 (4) SA 108
(K) te
110 B
.
Hoewel die gronde
vir dringendheid nie noodwendig afsonderlik in ‘n stawende
eedsverklaring vermeld hoef te word nie, moet die
inhoud van die
verklaring minstens voldoende beweringe bevat waaruit ‘n hof tot
die gevolgtrekking kan kom dat die aangeleentheid
as een van
dringende aard bereg behoort te word. Sien
Cekeshe
& Others v Premier, Eastern Cape & Others
1998 (4) SA 935
(TkD) te 948 A tot F
.
By gebreke aan die voormelde tersaaklike omstandighede, behoort
geen regshulp aan ‘n applikant verleen te word kragtens die
voorskrifte van Hofreël 6 (12) nie. Sien
Cape
Killarney Property Investments v Mahamba & Others
2000 (2) SA 67
(K) te 77 F tot I
(op
appél bevestig:
Cape
Kilarney Properties Investments v Mahamba & Others
(2001) 4 ALL
SA 479
(HHA)
).
Ten tye van die
loods van hierdie aansoek was Moniques in die
de
facto
bewaring van die applikant. Daar was geen dreigement hoegenaamd dat
die respondent Moniques uit die bewaring van die applikant
sou
verwyder sonder ‘n hofproses nie. Inteendeel, het die respondent
juis aangedui dat, tensy die applikant Moniques onmiddellik
aan haar
terugbesorg, sy voornemens was om ‘n dringende aansoek te bring
ten einde die applikant te verplig om Moniques aan haar
terug te
besorg.
Daar was geen
sprake hoegenaamd daarvan dat Moniques op daardie stadium toe die
aansoek gebring is, in enige fisiese of psigiese
gevaar verkeer het
nie, of dat daar enige dreigement van sodanige gevaar aanwesig was
nie.
Die feit dat
Moniques op 20 Februarie 2004 onwettig onder beheer van die
applikant was, is myns insiens geen grond hoegenaamd waarom
die
applikant nie die normale reels van toepassing op aansoekprosedure
kon volg nie. Die blote instel of uitreik van ‘n aansoek
vir die
regshulp soos waarvoor die applikant aansoek gedoen het, sou verhoed
het dat Moniques sonder ‘n hofproses uit sy tydelike
bewaring
geneem word.
Dit kom my eerder
voor dat die applikant op ‘n onderduimse wyse te werk gegaan het
om ‘n bevel in sy guns te bekom juis omdat
die respondent gedreig
het om ‘n dringende aansoek te bring vir die teruglewering van
Moniques aan haarself.
Die enigste ander
omstandigheid wat deur die applikant aangevoer is wat moontlik in ag
geneem kan word as ‘n grond vir dringendheid
vir die bring van die
aansoek op ‘n
ex
parte
grondslag, is die bewering dat dit dringend noodsaaklik was dat
Moniques deur ‘n sielkundige evalueer moes word en dat die
gesinsadvokaat
‘n ondersoek behoort in te stel na wat in die beste
belang van Monique sal wees ten aansien van haar tussentydse
bewaring. Die
applikant het egter in sy stawende eedsverklaring
beweer dat Moniques tans baie goed versorg word in sy en sy ouers se
sorg, en
kon hierdie ondersoeke in iedere geval gedoen gewees het
nadat die aansoek op die gewone wyse aangehoor en geargumenteer is.
Hierdie
beweringe skiet myns insiens ver te kort om daarvan die
afleiding te maak dat hierdie aangeleentheid dringend van aard is.
Uit hoofde van
die voorgaande kom ek dus tot die gevolgtrekking dat die applikant
versuim om te voldoen aan die voorskrifte van
Hofreël 6 (12) (b),
en is ek van mening dat hy nie geregtig was om die Hof kragtens
Hofreël 6 (12) te nader vir die regshulp
soos versoek nie.
Die tweede aspek
wat bereg moet word is naamlik of hierdie Hof hoegenaamd ‘n
ondersoek behoort te doen ten aansien van die tussentydse
bewaring
van Moniques, en of sodanige ondersoek nie gedoen behoort te word
deur die Hof wat regsbevoegdheid daaraangaande het in
die land waar
Moniques normaalweg woonagtig was voordat sy na die RSA deur die
applikant ontvoer is nie, naamlik die Hoë Hof van
Namibië.
Dit is gemeensaak
dat Moniques op 14 Februarie 2004 deur die applikant vanaf Namibië
na die RSA ontvoer is. Soos hierbo aangedui,
het hy Moniques onder
valse voorwendsels by hom geneem en haar daarna in stryd met sy
skriftelike onderneming dat hy haar nie uit
Namibië sou wegneem
nie, sonder die toestemming van die respondent na die RSA ontvoer.
Art 1 (a) van die
Haagse Konvensie op die Siviele Aspekte van Internasionale
Kinderontvoering (die Konvensie) en wat van toepassing
gemaak is op
die RSA kragtens Wet 72 van 1996, bepaal as volg:
“
The objects
of the present Convention are –
to
secure the prompt return of children wrongfully removed to or
retained in any Contracting State.”
Indien
die voorskrifte van hierdie Konvensie op die onderhawige geval
toepaslik sou wees, sou ek verplig wees om in terme daarvan
te gelas
dat Moniques na Namibië teruggeneem word, tensy ek sou bevind dat
daar ‘n ernstige risiko bestaan dat haar terugbesorging
tot gevolg
sal hê dat sy aan liggaamlike of sielkundige skade blootgestel sou
word, of dat sy andersins in ‘n onhoudbare posisie
geplaas sou word
(art 13 van die Konvensie).
Dit is gemeensaak
dat Moniques onmiddellik voor haar ontvoering uit Namibië gewoonweg
woonagtig was in Namibië. Die respondent
is eweneens permanent
woonagtig in Namibië.
Art 4 van die
Konvensie bepaal egter dat die voorskrifte van die Konvensie slegs
van toepassing is op ‘n kind wat gewoonweg woonagtig
is in ‘n
sogenaamde
“Contracting
State”
,
dit wil sê ‘n land wat die Konvensie as bindend op daardie land
aanvaar het. Aangesien Namibië nie ‘n
“Contracting
State”
soos bedoel in die Konvensie is nie, vind die Konvensie dus nie
aanwending in die onderhawige aangeleentheid nie. Sien
K
v K
1999 (4) SA 691
(K) te 702 G
.
Kragtens die
voorskrifte van art 28 (2) van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, is die beste belang
van ‘n kind
deurslaggewend in elke aangeleentheid wat die kind raak. Hierdie
beginsel geld dus ook in die onderhawige aangeleentheid.
Vervolgens moet
die vraag soos geformuleer, beantwoord word aan die hand van die
verdere vraag naamlik of dit in haar beste belang
sal wees dat die
vraag na die bewaring van Moniques (tussentyds of andersins) bereg
behoort te word deur hierdie hof en of dit bereg
behoort te word deur
die Hoë Hof van Namibië (synde die hof van die land waar sy
gewoonweg woonagtig was voordat sy ontvoer is).
Die partye is dit
eens dat, indien ek sou bevind dat die voormelde vraag in hierdie
Hof bereg behoort te word, ek die keerdatum
hierin verleen behoort
te verleng ten einde die gesinsadvokaat ‘n geleentheid te bied om
sy ondersoek behoorlik te voltooi en
verslag aan hierdie Hof te
doen, en ten einde die partye ‘n geleentheid te bied om verdere
verslae van deskundiges van hul keuse
voor die Hof te plaas. Sou ek
bevind dat die voormelde vraag bereg behoort te word deur die Hoë
Hof van Namibië, is die partye
dit eens dat ek dan die bestaande
bevel
nisi
behoort op te hef.
Soos hierbo
vermeld, het ek reeds die bevel
nisi
opgehef. My redes waarom ek van mening is dat die voormelde vraag
bereg behoort te word deur die Hoë Hof van Namibië, is die
volgende.
Dit is ‘n
internasionaal aanvaarde norm dat dit normaalweg in die beste belang
van ‘n kind is dat die vraag na die bewaring
of toesig of
toegangsregte tot ‘n kind bereg behoort te word in die land waar
die kind gewoonweg woonagtig is. Hierdie beginsel
is daarop fundeer
dat die hof waar die kind normaalweg woonagtig is, die belange van
die kind die beste kan dien, en is dit vervolgens
in die beste
belang van die kind dat sodanige hof sodanige vrae bereg.
“The general principle is that, in the ordinary way, any decision
relating to the custody of children is best decided in the
jurisdiction
in which they have normally been resident. This general
principle is an application of the wider and basic principle that the
child’s
welfare is the first and paramount consideration.”
Per Neill LJ
in
Re
F (minor: abduction: jurisdiction)
(1990) 3 ALL ER 97
(CA) te 101 b.
Die Haagse
Konvensie is dan ook in wese ‘n kodifisering van hierdie algemeen
aanvaarde norm. Sien Re
F
(minor: abduction: jurisdiction)
(supra)
te 99 j.
“I agree with Balcombe LJ’s view expressed in Giraudo v Giraudo
[1989] CA Transcript 527 that, in enacting the 1985 Act, Parliament
was not departing from the fundamental principle that the welfare of
the child is paramount. Rather it was giving effect to a belief-
‘
that in
normal circumstances it is in the interests of children that parents
or others shall not abduct them from one jurisdiction
to another, but
that any decision relating to the custody of the children is best
decided in the jurisdiction in which they have
hitherto been normally
resident.’ “
“The Convention is clearly based on the premise that the interests
of the children who have been wrongfully removed are ordinarily
better served by immediately returning them to their country of
habitual residence, where the merits of custody should have been
determined before wrongful removal.”
Per
Hlophe
R
,
“The
judicial approach to summary applications for the child’s return”,
1998
SA Law Journal te 444;
“By definition, the court resolving the issue of whether to order
the return of a child is not bound to apply the principles laid
down
in either the Hague Convention or European Convention. The courts
have rejected the argument that, in passing the Child Abduction
and
Custody Act 1985, Parliament was substituting a test which did not
put the child’s welfare as the first and paramount consideration.

However, it has been held that that Act gives effect to the belief
that in normal circumstances it is in the interests of children
that
parents or others should not abduct them from one jurisdiction to
another, and that any decision relating to the custody of
the
children is best decided in the jurisdiction in which they have
hitherto been normally resident…”
Halsbury’s
Laws of England (Vierde uitgawe) te 522;
“It should be clear from the above that the Hague Convention is
premised on the assumption that the abduction of a child will
generally
be prejudicial to his or her welfare and that, in the vast
majority of cases, it will be in the best interests of the child to
return
him or her to the State of his or her habitual residence. The
idea is therefore that the authorities best placed to resolve the
merits of a custody dispute are the Courts of the State of the
child’s habitual residence and not the Courts of the State to which
the child has been removed or in which the child is being retained.”
Per
Van
Heerden WnR
(soos
sy toe was) in
K
v K
(supra)
te
706 B tot C;
“The Convention is predicated on the assumption that the abduction
of a child will generally be prejudicial to his or her welfare
and
that, in the vast majority of cases, it will be in the best interests
of the child to return him or her to the State of habitual
residence.
The underlying premise is that the authorities best placed to
resolve the merits of a custody dispute are the Courts
of the State
of the child’s habitual residence and not the Courts of the State
to which the child has been removed or in which
the child is being
retained.”
Per
Van
Heerden WnAR
in
Pennello
v Pennello & Another
2004 (3) BCLR 243
(HHA) te 254 B tot C
.
Hoewel hierdie
saak nie ingevolge die voorskrifte van die Konvensie bereg kan word
nie, is ek geregtig en ook verplig daartoe om
in die uitoefening van
my gemeenregtelike diskresie hieraangaande, kennis te neem van
internasionale reg. (Sien
K
v K
[supra] te
702
G
en verder).
Mnr Danzfuss het
toegegee (na my mening korrek so) dat daar geen getuienis voor my
geplaas is op grond waarvan bevind kan word dat,
indien Moniques
terug geplaas sou word in die sorg van haar moeder te Namibië, sy
in enige fisiese of psigiese gevaar sal verkeer
nie, of dat sy
andersins in ‘n onhoudbare posisie geplaas sou word nie. Moniques
was vanaf haar geboorte in die voltydse sorg
en onder die beheer van
haar moeder, en is daar geen sprake daarvan dat sy psigies of fisies
deur haar moeder mishandel of andersins
in gevaar gestel is nie.
In soverre die
applikant beweer dat die respondent Moniques verwaarloos en nie
behoorlik versorg nie, word hierdie beweringe ten sterkste
deur die
respondent ontken. Vir doeleindes van hierdie aansoek en by gebreke
aan enige rede dat ek daardie beweringe as vergesog
behoort te
verwerp is ek verplig om dit te aanvaar.
Indien
die applikant werklik geglo het dat Moniques in gevaar by die
respondent verkeer of dat sy in ‘n onhoudbare posisie aldaar
verkeer, sou ek verwag het dat hy reeds op die stadium toe die
respondent na haar ouers te Walvisbaai verhuis het in Desember 2003,
stappe geneem het om tussentydse bewaring van Moniques te bekom.
In ‘n kort
verslag van mev Olivier, ‘n maatskaplike werkster van Walvisbaai,
blyk dit dat Moniques onder bevorderlike en veilige
omstandighede
deur die respondent aan huis van haar ouers versorg word.
Die applikant se
gedrag in hierdie aangeleentheid spreek van misleiding, oneerlikheid
en gevoellose onagsaamheid vir die regte en
belange van die
respondent en Moniques.
Eerstens het hy
berekend die respondent mislei deur sy prokureur te oorreed om ‘n
skriftelike onderneming aan die respondent te
gee dat hy nie Moniques
uit Namibië sou neem nie, terwyl hy ooglopend beplan het om haar te
ontvoer. Die oomblik toe die respondent
Moniques aan hom toevertrou
het – op sterkte van die voormelde brief van sy prokureur – het
hy direk in stryd met sy onderneming
om Moniques nie uit Namibië te
neem nie, haar na die RSA ontvoer. Hierdie gedrag is niks anders as
bedrieglik en laakbaar nie.
Tweedens
het die applikant op ‘n uiters onderduimse wyse die respondent
mislei met hierdie aansoek deurdat hy op 18 Februarie 2004
teenoor
haar onderneem het – nadat sy gedreig het met ‘n hofaansoek om
Moniques aan haar terug te besorg – om Moniques op 21
Februarie
2004 aan haar terug te besorg, en twee dae later, sonder enige kennis
aan haar of haar prokureur, hierdie aansoek geloods
het. Nie alleen
was sy eie gedrag uiters bedrieglik en laakbaar nie, maar verstom dit
my dat ook sy prokureur, nadat sy firma ‘n
onderneming gegee het
dat Moniques op 21 Februarie 2004 aan die respondent terug besorg sou
word, sonder enige kennis aan die respondent
of haar prokureurs die
aansoek direk in stryd met daardie onderneming geloods het. Hierdie
gedrag van hierdie prokureur as beampte
van hierdie Hof, is na my
mening onverskoonbaar.
Die applikant het
Moniques uit Namibië geneem sonder om die respondent daarvan in
kennis te stel, of om die wenslikheid van sy voorneme
met haar te
bespreek. Hy het haar gevoelens en regte eenvoudig blatant ignoreer
en geminag. Dieselfde geld vir die regte en gevoelens
van Moniques.
Die applikant het eenvoudig oornag hierdie klein kind se hele
bestaanswêreld totaal deur sy egoïstiese selfsug wreed
ontwrig. Sy
het geen geleentheid vir enige voorbereiding gehad voordat hy haar
eensklaps uit haar bekende milieu verwyder het nie.
Soos dr Weyers
dit in sy kort verslag beskryf,
“
Moniques
(moet) nog die veranderinge emosioneel hanteer
,
dat sy as gevolg van die kort periode wat sy van haar moeder afwesig
is,
nog
in ‘n relatiewe rouproses is
en dat sy haar voete binnekort
behoort
te vind.”
(My onderstreping),
Ek het ernstige
bedenkinge of die applikant as persoon geskik is om selfs op ‘n
tussentydse grondslag bewaring van Moniques behoort
te verkry.
(Onmiddellik moet ek beklemtoon dat ek geensins besig is met ‘n
ondersoek na die vraag naamlik aan watter ouer in
die beste belang
van Moniques haar bewaring toegeken moet word nie. Ek handel alleen
met die vraag watter hof hierdie ondersoek
behoort te doen). Dr
Weyers beskryf die applikant as ‘n persoon
“met
‘n redelike mate van hardkoppigheid en realisme; redelik
beïnvloedbaar; (met) ‘n sterk mate van ongedissiplineerdheid,
impulsief; (met) min insig in ander se gedrag en motiewe; redelik
naïef en nie sosiaal baie gesofistikeerd nie; (wat) min aandag
gee
aan ander se emosies; oor ‘n lae vlak van motivering beskik om aan
verwagtings te voldoen en verpligtings na te kom; (wat)
redelik
egosentries optree en geneig te wees tot stormagtige verhoudings en
gesinsprobleme.”
Hoewel ek sal
aanvaar dat Moniques nie tans benadeel sal word indien sy in die
tussentydse bewaring van die applikant gelaat word
nie, is ek, gesien
die voorgaande karaktertrekke van die applikant, geensins oortuig dat
dit in die beste belang van Moniques is
dat sy selfs tussentyds in
die bewaring van die applikant gelaat behoort te word nie.
Om die applikant
toe te laat om sy eie bedrieglike en onregmatige gedrag te gebruik
om ‘n hofbevel in sy guns te bewerkstellig,
sal daarop neerkom dat
hierdie Hof daardie afkeurenswaardige gedrag kondoneer en goedkeur.
Ek meen nie dat dit in belang van eerbare
en billike regspleging is
nie. Sien hieraangaande
Pennello
v Pennello & Another
(supra)
te
248
en
meer spesifiek die aanhaling in voetnoot 11.
Moniques is ‘n
dogtertjie van onder vierjarige ouderdom. Na my mening is dit in
haar beste belang dat sy onverwyld teruggeplaas
word in die sorg van
haar moeder waaraan sy gewoond was totdat sy deur die applikant
ontvoer is. Daar is geen getuienis op grond
waarvan ek tot die
gevolgtrekking kan kom dat hierdie moeder / dogter band verbreek
behoort te word nie.
Mnr Danzfuss het
aangevoer dat ek nou reeds, dit wil sê voordat die vraag beslis is
naamlik in watter forum die vraag na die bewaring
van Moniques
beslis behoort te word, ondersoek behoort in te stel of dit
uiteindelik in die beste belang van Moniques sal wees
dat haar
bewaring aan óf die applikant óf die respondent toegeken word.
Na my mening sal
sodanige ondersoek daarop neerkom dat ek die funksie van die forum
wat hierdie vraag behoort te beslis, vooruitloop.
Wanneer die vraag
eenmaal beslis is naamlik in watter hof die vraag na die
uiteindelike bewaring van Moniques bereg behoort te
word, behoort
die beregting van hierdie laasvermelde vraag in die hande van
daardie hof gelaat te word. Sien hieraangaande
Pennello
v Pennello & Another
(supra)
waar die volgende beginsel met goedkeuring aangehaal is:
“It would be quite contrary to the intention and terms of the
Convention were a court hearing an application under the Convention
to allow the proceedings to be converted into a custody application…
Rather, the Convention seeks to ensure that custody issues
are
determined by the court in the best position to do so by reason of
the relationship between its jurisdiction and the child…”
(Te
263
F
)
Hoewel die hof in
Pennello
te doen gehad met ‘n aangeleentheid waarop die voorskrifte van die
Konvensie van toepassing was, meen ek, vir die redes hierbo
vermeld,
dat dieselfde beginsels ook in ‘n geval soos die onderhawige
toepassing vind. Sien
K
v K
(supra) te
706
F
en
verder.
Ek is vervolgens
van mening dat die vraag naamlik wat uiteindelik in die beste belang
van Moniques sal wees aangaande die partye
se toegangsregte tot
haar, beslis behoort te word deur die Hoë Hof van Namibië, synde
die hof in wie se regsgebied Moniques gewoonweg
woonagtig is.
Die bewering van
die applikant in sy stukke naamlik dat daar nie kundige persone soos
welsynswerkers en kliniese sielkundiges in
óf Walvisbaai óf
Namibië is wat ‘n behoorlike evaluasie van Moniques kan doen ten
einde aanbevelings te maak aangaande wat
in die beste belang van
haar sal wees aangaande toegangregte nie, is ooglopend nie korrek
nie. Trouens, uit die antwoordende stukke
van die respondent het
dit geblyk dat die applikant self, voordat hy Moniques uit Namibiê
ontvoer het, by ‘n sielkundige en
‘n maatskaplike werkster in
Walvisbaai was. Hierdie feit het hy ooglopend berekend aan die Hof
verswyg. Ek kan my vir geen
oomblik indink dat Namibië nie oor die
nodige kundigheid hieraangaande beskik ten einde ‘n Hof aldaar in
staat te stel om ‘n
ondersoek van hierdie aard te doen nie. Die
Hoë Hof van Namibië is immers ook die oppervoog van alle
minderjarige kinders aldaar,
en ek is oortuig daarvan dat vrae
aangaande toegangsregte en bewaringsregte ten aansien van kinders
gereeld in daardie Hof bereg
moet word.
Uit hoofde van
die voorgaande het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit in die
beste belang van Moniques sal wees dat die tussentydse
bevel opgehef
behoort te word.
Die enigste
oorblywende punt vir beslissing is die kwessie van koste.
Dat die applikant
die koste van die aansoek behoort te betaal, is ongetwyfeld so. Die
enigste vraag is naamlik of sy gedrag hierin
‘n bestraffende
kostebevel regverdig aldan nie.
Na my mening is
hierdie by uitstek ‘n geval waar hierdie Hof sy misnoë vir die
gedrag van die applikant te kenne behoort te gee
by wyse van ‘n
bestraffende kostebevel.
Soos reeds hierbo
aangedui, het die applikant Moniques op ‘n uiters slinkse en
bedrieglike wyse in sy beheer verkry, en haar sonder
die toestemming
van die respondent uit Namibië ontvoer.
Daarbenewens, en
eweneens soos hierbo aangedui, het die applikant sy onderneming om
Moniques aan die respondent terug te besorg,
verbreek –
klaarblyklik omdat hy wou verhinder dat die respondent ‘n aansoek
vir die terugbesorging van Moniques loods –
en het hy hierdie
aansoek gedoen sonder enige kennis aan die respondent in
omstandighede wat allermins ‘n dringende aansoek sonder
kennis aan
die respondent geregverdig het.
Uit hoofde van
die voorgaande maak ek die volgende bykomende bevel tot die bevel
reeds hierin verleen:
DIE APPLIKANT
WORD GELAS OM DIE KOSTE VAN DIE RESPONDENT TE BETAAL OP ‘N SKAAL
SOOS TUSSEN PROKUREUR EN KLIËNT.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Namens
applikant:
Adv
FWA Danzfuss
(iov
Van de Wall & Vennote)
Namens
respondent:
Adv
JC van Niekerk
(iov
Engelsman, Benade & Van der Walt)