About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 12
|
|
S v Mahlangu (CA&R 122/03) [2004] ZANCHC 12; [2004] 2 All SA 652 (NC) (26 March 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
122/03
Datum
verhoor: / Date heard:
25/02/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
26/03/2004
In
die saak van:
MAHLANGU,
TSHEPO
Applikant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Op 22 September
2003 het ons ân appél aangeteken deur die applikant teen ân
uitspraak van die Streekhoflanddros van Kimberley
waarkragtens hy
skuldig bevind is aan motordiefstal en gevonnis is tot vier jaar
gevangenisstraf, van die hand gewys. (Appél
was slegs aangeteken
teen die skuldigbevinding).
Die applikant doen
nou aansoek vir die volgende regshulp:
Dat kondonasie
aan hom verleen word vir die laat liasering van sy aansoek vir
verlof om teen ons uitspraak na die Hoogste Hof van
Appél te
appelleer;
Dat verlof aan
hom toegestaan word om appél aan te teken teen ons uitspraak na die
Hoogste Hof van Appél;
Dat verlof aan
hom verleen word om die getuienis van twee persone, te wete mnre
Benedict Mothbi en Kabelo Hlatlayane (blykbaar by
die aanhoor van
die appél) aan te bied;
Dat sy borg
verleng sal word hangende die appél; alternatiewelik, hangende die
lotgevalle van ân petisie aan die Hoogste Hof
van Appél vir
verlof om appél aan te teken.
By die aanvang
van hierdie verhoor het adv Van Heerden wat namens die applikant
voor ons verskyn het, die aansoek om verdere getuies
te roep, laat
vaar.
Hierdie aansoek
was in iedere geval enersyds prosedureel tot ondergang gedoem, en
andersins sonder enige substansie.
Die aansoek om
kondonasie vir die laat liasering van die aansoek vir verlof tot
appél hang ten nouste saam met die aansoek vir
verlof self. Sonder
om ân bevinding daaraangaande te maak sal ek vir doeleindes van
hierdie uitspraak aanvaar dat die applikant
aanvaarbare redes
verskaf het waarom hy nie tydig aansoek gedoen het vir verlof om
appél aan te teken nie. Die lotgevalle van
die aansoek vir verlof
sal vervolgens ook bepalend wees vir die vraag naamlik of kondonasie
verleen of geweier behoort te word.
Dit bring my by
die aansoek vir verlof tot appél.
Dit is geykte reg
dat verlof tot appél alleen verleen behoort te word indien daar ân
redelike vooruitsig is dat ân Hof van
appél tot ân ander
gevolgtrekking kan kom as waartoe die Verhoorhof gekom het. Sien
R
v Ngubane & Others
1945 AD 185
te 187
.
Mnr van Heerden
het, tereg so na my mening, betoog dat verlof alleen verleen behoort
te word indien ons tot die gevolgtrekking sou
kom dat daar ân
redelike vooruitsig bestaan dat die Hof van appél kan bevind dat
die getuie Masilo se getuienis nie as betroubaar
aangemerk kon word
nie. Mej Masilo was die persoon wat die applikant met die voertuig
van die klaer by die kollege gronde waar
dit gesteel is, sien uit-
en wegry het.
Die verhoor
landdros het bevind dat Mej Masilo
â
ân besonder goeie getuieâ
was. Hy het bevind dat sy die identifisering van die applikant in
baie gunstige omstandighede gedoen het. Die landdros was bedag
daarop dat hy haar getuienis met omsigtigheid moes benader, en het
dit dan ook gedoen.
Op appél kon ons
geen rede tot kritiek vind tot die benadering van die landdros en
die gevolgtrekking waartoe hy gekom het nie.
Die omstandighede
waaronder hierdie getuie haar waarnemings gedoen het, is volledig in
ons uitspraak op appél behandel te bladsye
6 tot 7, en vind ek dit
nie nodig om dit weer hierin te herhaal nie.
Die enigste
addisionele argument wat mnr Van Heerden nou kon aanvoer en waarmee
nie in argument tydens die aanhoor van die appél
voor ons gehandel
is nie, is dat mej Masilo nie tydens die aflê van haar
getuienis die kleur van die voertuig van die klaer
kon onthou nie.
Hierdie aspek doen na my mening geen afbreuk aan die betroubaarheid
van haar getuienis nie. Sy het getuig dat
die klaer aan haar bekend
was, en dat sy geweet het dat daardie betrokke voertuig aan hom
behoort het. Voorts het sy getuig dat,
toe die voertuig by die hek
van die kollege gronde uitbeweeg het, sy dit as die voertuig van die
klaer herken het. Trouens, toe
sy die voertuig opgemerk het, wou sy
die klaer gaan groet het. Dit is toe dat sy opgemerk het dat nie
die klaer nie, maar die
applikant, die voertuig bestuur het. Daar
kan geen twyfel wees dat sy die voertuig waarmee die applikant daar
weggery het, herken
het as die voetuig van die klaer nie.
Ek is vervolgens
oortuig daarvan dat daar geen redelike vooruitsigte is dat ân Hof
van appél tot ân ander gevolgtrekking kan
kom as waartoe die
Landdros gekom het en ook waartoe ons op appél gekom het nie, en
dit is naamlik dat mej Masilo ân sodanig
betroubare getuie was dat
slegs op haar getuienis bevind kon word dat die applikant die
persoon was wat die klaer se voertuig gesteel
het.
Die aansoek vir
die verlenging of verlening van borg is nie voor ons geargumenteer
nie. Die klaarblyklike rede daarvoor is dat,
ten spyte daarvan dat
ons die appél so lank terug soos 25 September 2003 van die
hand gewys het, en ten spyte daarvan dat
geen aansoek gedoen of
oorweeg is vir die verlenging van die borg van die applikant
hangende die aansoek vir verlof tot appél
nie, die applikant steeds
â aldus mnr Van Heerden en soos bevestig deur me Van Dyk namens
die Staat â op vrye voet verkeer.
Dit blyk uit die
oorkonde van die verrigtinge voor die Streekhoflanddros dat, nadat
die applikant gevonnis is, hy aansoek gedoen het
vir borg hangende
die appél na hierdie Hof. Die Landdros het borg vasgestel in die
bedrag van R5 000.00 onderhewig aan die volgende
voorwaardes,
â
Indien
u appél laat vaar word of indien daar geen verskyning is in die
hooggeregshof op die dag wat bepaal word vir die aanhoor van
u app
él
nie dat u dan voor drieuur daardie middag u sal oorgee by die klerk
van die hof te Kimberley.
Verder
indien u appél nie slaag nie of slegs slaag tot so ân mate dat u
nog steeds straf moet ondergaan om uitvoering te gee aan
u vonnis dat
u dan voor drieuur op die eerste hofdag volgende op die dag van die
finale uitspraak u sal oorgee aan die voorgenoemde
klerk van die
hof.
â
(My onderstreping)
Op ons navraag
aan mnr Van Heerden hoe dit gebeur het dat die applikant nie na die
afwysing van die appél in hegtenis geneem en
aangehou was nie, het
hy die volgende verduideliking verskaf:
â
Dit
is dat gewoonlik bepaal Landdroste dat na afwys van die appél moet
ân Appellant binne 14 dae aanmeld. Wat in die praktyk gebeur,
is
dan na 14 dae gaan hy hof toe en die saak is nie op die hofrol nie.
Dan gaan hy na die Klerk van die Hof toe, die Klerk sê nee,
die saak
is nie vir vandag nie. Hy moet wag dat hy ân kennisgewing kry
wanneer hy moet kom aanmeld, want dan is die saak op die
rol
behoorlik geplaas vir hom om te kom aanmeld en dit skep, soos u kan
dink, baie verwarring en dit gebeur dan ook dat mense wat
se borg
eintlik al verby is, moet wag vir ân kennisgewing sodat hulle in
die hof kan gaan verskyn. Omdat die saak dan, of nie
op die rol is
nie en nie gevind kan word, sê die Klerk van die Hof dan wag jy tot
jy jou kennisgewing kry. As ons miskien daar
duidelike riglyne kan
kry, of dat Landdroste dan sê jy moet aanmeld wanneer jy sodanige
kennisgewing kry, of dan dat die Klerk van
die Hof moet sorg dat so
ân saak op die rol is, 14 dae of wanneer die Landdros sê die borg
verstryk.â
In ân
skriftelike memorandum wat mnr Van Heerden op ons versoek
ex
post facto
voorgelê het (en waarvoor ons hom dank verskuldig is), sê hy die
volgende aangaande die prosedure wat normaalweg by landdroskantore
hieraangaande gevolg word:
Die
probleem is steeds dat die Landdros gewoonlik as borgvoorwaarde
bepaal dat ân beskuldigde moet aanmeld by die Hof
binne
veertien dae nadat sy appél afgewys is. Die kennisgewing wat
ân beskuldigde ontvang dui gewoonlik op ân datum
nadat
hierdie veertien dae reeds verstryk het.
Dit
gee aanleiding tot verwarring by die beskuldigdes, moet hy nou binne
14 dae aanmeld of moet hy gehoor gee aan die amptelike
kennisgewing
van die Klerk van die Hof.
Indien
die beskuldigde binne 14 dae aanmeld, weet niemand van sy saak nie
en is sy saak nie op die Hofrol nie. Daar kan gevolglik
nie ân
aanhoudingslasbrief uitgereik word nie.
Die
gevangenis sal nie die beskuldigde inneem sonder ân
aanhoudingslasbrief wat sy aanhouding magtig nie.
Indien
hy gehoor gee aan die amptelike kennisgewing van die Klerk van die
Hof kom hy nie sy borgvoorwaarde na nie (soos in casu)
en verbeur hy
gevolglik sy borg.
In
casu is die saak per abuis nie op die rol geplaas deur die betrokke
beheeraanklaer nie. Dit blyk ân oorsig te wees maar is
reggestel
deur ân verdere kennisgewing uit te stuur.
Daar
word voorgestel dat Landdroste as borgvoorwaarde sal bepaal dat ân
beskuldigde moet aanmeld op die datum en tyd soos bepaal
in die
kennisgewing van aanmelding. Dit sal die verwarring grotendeels
voorkom aangesien daar dan net een datum ter sprake is.â
Ook me Van Dyk
het op ons versoek moeite gedoen om vas te stel wat die prosedure is
wat in gevalle soos die onderhawige by die Landdroskantoor,
Kimberley, gevolg word. Ons bedank ook me Van Dyk vir haar moeite.
By haar memorandum is ân eedsverklaring van die Klerk van
die
Landdroshof, Kimberley aangeheg wat as volg lees:
â
Hiermee
verklaar ek Cornelia Johanna OâNeill werksaam te Landdroskantoor
Kimberley met appélle dat ek ân Balju kennisgewing op
9/10/2003
uitgereik het vir bogenoemde persoon in bogenoemde saak. Ek het ook
aan die persoon ân brief geskryf na sy woonadres
en ân afskrif
van die Hooggeregshof bevinding aangeheg. Daarna het ek die Balju
kennisgewing gepos vir die Balju omdat die persoon
in Warrenton woon.
Op 30/10/2003 het ek die saak geneem na Mnr Du Plessis die
streekhofbeheeraanklaer en aan hom verduidelik dat
die saak die
4/11/2003 op die rol geplaas moes word. ân Afskrif van die boek
waarin die aanklaer vir die saak geteken het om dit
op die rol te
plaas is aangeheg asook die (eerste en 2de) afskrifte van die Balju
kennisgewing (artikel 307 (3)(b) Strafproseswet
1977) wat deur my
uitgereik is.
Op 25/2/2004
skakel Me Van Dyk van die DOV my en doen navraag. Die saak is per
abuis nie deur die streekhofbeheeraanklaer op die
rol geplaas nie.
â
n
Tweede Balju kennisgewing met ân hofdatum 13/4/2004 is weer deur my
uitgereik op 25/2/2004 nadat ek die verhoor landdros gaan
spreek het
om seker te maak of daar enige ander prosedures is wat ek moet volg,
om die saak op die rol te kry.â
By hierdie
verklaring is die twee kennisgewings waarna in haar verklaring verwys
word, aangeheg. In die eerste kennisgewing, en wat
gedateer is 9
Oktober 2003, word die applikant gelas om op 14 November 2003 (dit
wil sê 50 dae nadat die appél van die hand gewys
is) by die
Landdroshof
âte
verskyn om die boete te betaal of te antwoord of om u oor te gee ten
einde die voormelde vonnis te ondergaan, by versuim waaraan
daar by
die Hof aansoek gedoen sal word vir verbeurdverklaring van die borg
en vir die uitreiking van ân lasbrief tot u inhegtenisnemingâ
.
In die tweede
kennisgewing (wat ooreenstem met die eerste kennisgewing), word die
applikant gelas om op 13 April 2004 (dit wil
sê 201 dae nadat
die appél van die hand gewys is) by die landdroshof te verskyn om
hom oor te gee om sy vonnis te ondergaan.
Die voormelde
werkswyse en prosedure wat tans in die Landdroskantoor van Kimberley
gevolg is ten aansien van hierdie saak, negeer
duidelik en is in
stryd met ân geldende Hofbevel, synde die voormelde
borgvoorwaarde. Daarbenewens het die applikant homself
streng
gesproke skuldig gemaak aan minagting van ân Hofbevel en is hy
tans steeds in minagting daarvan deurdat hy hom nie voor
15:00 op
die eerste hofdag nadat uitspraak op appél gegee is, oorgegee het
aan die klerk van die hof nie. In
casu
sal waarskynlik nie gesê kan word dat die applikant skuld het aan
hierdie versuim nie omdat hy aangesê is om te wag totdat hy
ân
kennisgewing ontvang waarkragtens hy meegedeel sou word wanneer om
aan te meld.
Dit lê
waarskynlik nie op die weg van hierdie Hof om aan die
Landdroskantoor voor te skryf hoe om sy administratiewe verpligtinge
na te kom nie, maar hierdie Hof kan tog sekerlik nie net sy oë
sluit as ân uitvoerende instansie soos ân Landdroshof deur
sy
interne prosedure versuim om uitvoering te gee aan hofbevele nie.
Een van die belangrike faktore waarkragtens orde en stabiliteit
in
die breë gemeenskap en in die staatsbestel verseker word, is
effektiewe nakoming van lasgewings van die howe. Sien hieraangaande
die volgende opmerkings van
Jafta
R
in
Mjeni
v Minister of Health & Welfare, EC
2000 (4) SA 446
(Tk Hc) te
452 D â F
:
â
Quite
clearly and just like any other party, the State is bound to comply
with orders of the courts. It has a duty to honour them
whenever it
is directed to do something. The authority of courts of law over
government departments has also received constitutional
recognition.
Section 165 of the Constitution of the Republic of South Africa Act
108 of 1996 provides that orders issued by courts
of law bind all
persons, including organs of State, to whom they apply and that State
organs must assist and protect the courts to
ensure the independence,
impartiality, dignity, accessibility and effectiveness of the courts.
There is no doubt, I venture to say,
that this constitutes the most
important and fundamental duty imposed upon the State by the
Constitution.â
Dit is in belang
van gesonde regspleging dat vonnisse opgelê deur ân Hof effektief
en spoedig uitgevoer en afgedwing word. Trouens,
die Wet op
Korrektiewe Dienste, nr 111 van 1998 bepaal in art 39 (1) daarvan
dat
â
ân vonnis van gevangenisstraf van krag (is) vanaf die dag waarop
die vonnis opgelê is, ⦠tensy die gevonniste persoon vrygelaat
word op borg in afwagting van die beslissing van ân hoër hof, in
welke geval die vonnis van krag is vanaf die dag waarop hy
of sy
homself of haarself daaraan onderwerp of in bewaring geneem word.
Selfs ân Streek-
of Distrikshof is nie bevoeg om die inwerkingtreding van ân vonnis
uit te stel nie.
Sien
S
v Mokoena
1986 (3) SA 420
(T) te 422 D tot I:
â
Daar is geen
aanduiding dat art 276 van Wet 51 van 1977 die uitstel van die
inwerkingtreding van ân vonnis magtig nie.
Artikel 297 van
Wet 51 van 1977 handel met die voorwaardelike of onvoorwaardelike
uitstel of opskorting van vonnis, en waarskuwing
of berisping. Die
bepalings van gemelde art 297 magtig ook nie die uitstel van die
inwerkingtreding van ân vonnis nie aangesien
dit handel met en
voorsiening maak vir die uitstel (op voorwaardes) van die oplegging
van vonnis. Laasgenoemde is ook ân vorm
van vonnis in teenstelling
met direkte gevangenisstraf.
Die
tenuitvoerlegging van ân vonnis word selfs nie opgeskort deur die
deursending van die notule van die verrigtinge vir hersiening
nie,
tensy die veroordeelde persoon op borgtog (nie waarskuwing nie)
vrygelaat word. Vergelyk art 307 (1) van Wet 51 van 1977.
Inteendeel die
opgelegde vonnis en bevel bots met die bepalings van art 32 (1) van
die Wet op Gevangenisse 8 van 1959.
Indien die
beskuldigde sy aansoek dat die vonnis later eers in werking moes tree
gerig het voor vonnisoplegging, kon die magistraat
denkbaar die saak
uitgestel het en die beskuldigde op borgtog of waarskuwing vrygelaat
het. Dan kon hy die beskuldigde se vonnis
op 1 Julie opgelê het en
die straf sou vanaf daardie datum loop ooreenkomstig die bepalings
van art 32 (1) van Wet 8 van 1959.
In die
onderhawige geval is die aansoek eers na vonnisoplegging gebring.
Die magistraat het toe duidelik geen bevoegdheid gehad om
die bevel
uit te reik soos hy wel gedoen het nie.â
Indien die
Streekhof dus nie borg hangende appél aan die applikant toegestaan
het nie, sou sy vonnis in werking getree het op die
dag waarop hy
deur die Streekhoflanddros gevonnis is. Omdat borg toegestaan is en
ingevolge die voorskrifte van art 39 (1) van
Wet 111 van 1998, tree
die applikant se vonnis in werking op die dag waarop hy homself
daaraan onderwerp of in bewaring geneem
word.
Na my mening moet
die toepaslike voorskrifte van art 39 (1) van Wet 111 van 1998
noodwendig gelees word in verband met die borgvoorwaardes
soos vervat
in die Hofbevel waarkragtens borg hangende appél vasgestel is.
Indien dit nie aldus in samehang gelees word nie, sou
dit beteken dat
die applikant arbitrêr kan besluit wanneer hy, na verlening van die
uitspraak op appél, homself wou onderwerp aan
die uitdien van die
opgelegde gevangenisstraf. Dit kon duidelik nie die bedoeling van
die Wetgewer gewees het nie.
Word art 39 (1)
van Wet 111 van 1998 saam gelees met die borgvoorwaardes van die
applikant, word dit onmiddellik duidelik dat (a)
die applikant hom
kragtens die Hofbevel aan die uitdien van die gevangenisstraf hom
opgelê moes onderwerp op die eerste hofdag wat
volg op die datum
waarop hierdie Hof uitspraak op appél gelewer het, en (b) dat sy
vonnis kragtens Wet 111 van 1998 in werking tree
op daardie dag.
Die woorde
ââ¦
(op die dag) waarop hy in bewaring geneem word,â
slaan
klaarblyklik op die gebeurlikheid dat die gevonniste persoon versuim
om homself of haarself te onderwerp aan gevangenissetting
op die dag
soos in die borgvoorwaardes bepaal.
Om op te som:
Die applikant was ingevolge ân hofbevel verplig om homself te
onderwerp daaraan om sy gevangenisstraf uit te dien
die eerste
hofdag nadat die uitspraak op appél deur hierdie Hof gelewer was op
25 September 2003. Daarteenoor het daar ân
verpligting op
die Staat, en meer bepaald die Departement van Justisie, gerus om
toe te sien dat die applikant sy gevangenisstraf
begin uitdien
ooreenkomstig die voormelde Hofbevel.
Soos hierbo
vermeld, meen ek nie dat hierdie Hof voorskriftelik behoort te wees
aangaande die wyse waarop die amptenare wat belas
is met die
voormelde taak, hul verpligtinge hieraangaande moet uitvoer nie.
â
n
Vraag wat nie voor ons geargumenteer is nie, is naamlik of die
borgvoorwaardes die applikant opgelê (hierbo aangehaal) voldoen
aan
die voorskrifte van art 307 (3) (saamgelees met art 309 (4) ) van
die Strafproseswet nr 51 van 1977 (die Wet), en hoe hierdie
artikel
vertolk en toegepas behoort te word.
Gesien die
verwarrende aspekte waarna mnr Van Heerden verwys het en die â soos
dit ons voorkom â onbevredigende prosedure wat
tans in die
Landdroshof van (minstens) Kimberley gevolg word hieraangaande, meen
ons dat dit wenslik is om hierdie vraagstuk aan
te spreek.
Die tersaaklike
voorskrifte van art 307 van die Wet lees as volg:
â
(1)
Behoudens die bepalings van artikel 308 word die tenuitvoerlegging
van 'n vonnis nie opgeskort deur die deursending van die oorkonde
vir
hersiening of die verpligting om die oorkonde vir hersiening deur te
stuur nie, tensy die hof wat die vonnis opgelê het die
veroordeelde
persoon op borgtog vrylaat.
(3) Dit is 'n
voorwaarde van vrylating van die veroordeelde persoon dat hy hom-
(a) op
'n deur die hof bepaalde tyd en plek; en
(b) by
betekening, op die by die hofreëls voorgeskrewe wyse, van 'n
skriftelike bevel aan hom of by 'n deur die hof bepaalde plek,
moet oorgee
sodat uitvoering aan 'n vonnis ten opsigte van die betrokke
verrigtinge gegee kan word.
(3A) (a) Indien
die bevel beoog in subartikel (3) (b) nie binne 14 dae na die
uitreiking daarvan aan die veroordeelde persoon beteken
word nie
omrede hy of sy nie gevind kan word by die adres wat hy of sy
verstrek het ten tyde van die verlening van borgtog aan hom
of haar
nie, word die borgtog voorlopig ingetrek en die borggeld voorlopig
verbeurd verklaar en word 'n lasbrief vir sy of haar inhegtenisneming
uitgereik.
(4) Die hof kan
enige voorwaarde van vrylating op borgtog byvoeg wat hy in belang van
die regspleging nodig of raadsaam ag, onder
meer met betrekking tot-
(a) die
persoonlike aanmelding deur die veroordeelde persoon op 'n bepaalde
tyd en plek by 'n bepaalde persoon of gesag;
(b) 'n plek
waarheen so 'n persoon verbied word om te gaan;
(c) enige ander
aangeleentheid betreffende die gedrag van so 'n persoon.â
Dit val
onmiddellik op dat die voorskrifte van sub-art 3 van art 307 van die
Wet in gebiedende taal gegiet is. Vergelyk die Engelse
weergawe
waar dit as volg deur die Wetgewer gestel is:
â
It shall be
a conditionâ¦â
Wanneer ân
Landdros dus borg kragtens hierdie artikel aan ân veroordeelde
persoon toestaan hangende hersiening of appél, is hy
of sy verplig
om die borg onderhewig te stel aan hierdie voorwaardes.
Die Landdros is
egter nie beperk tot die oplê van hierdie verpligte voorgeskrewe
voorwaardes nie. Hy is ook bevoeg kragtens die
voorskrifte van art
307 (4) van die Wet om verdere voorwaardes op te lê. (Die
âaanmeldingâ
waarna verwys word in art 307 (4) (a) slaan ooglopend op aanmelding
gedurende die geldigheidsduur van die borg en nie op aanmelding
of
oorgawe by verstryking van die borg en waarvoor in art 307 (3)
voorsiening gemaak word nie.)
Indien die
borgvoorwaardes opgelê deur die Streekhoflanddros in hierdie saak
nou van nader beskou word, blyk dit dat dit nie voldoen
aan die
voorskrifte van art 307 (3) van die Wet nie, deurdat die voorskrifte
van art 307 (3) (b) nie daarin vervat is nie.
Dit bring my by
die volgende vraag naamlik hoe moet art 307 (3) verstaan en toegepas
word.
By die eerste
lees van hierdie artikel wil dit byna voorkom dat die voorskrifte
van sub par (a) onversoenbaar is met die van sub
par (b) deurdat dit
op die oog af voorkom asof voorsiening gemaak word vir twee
moontlike datums waarop ân beskuldigde hom- of
haarself moet
aanmeld: eerstens op die datum soos deur die Hof gelas; en tweedens
op die datum soos vermeld in die bevel wat kragtens
(b) op ân
beskuldigde beteken moet word.
Indien hierdie
vertolking voorgestaan sou word, sou die oplossing waarskynlik daarin
geleë wees om die woordjie
âenâ
tussen die twee sub paragrawe te lees as
âofâ
.
Ek is egter van
mening dat, soos aan die hand gedoen deur me Van Dyk, die bedoeling
van die Wetgewer gevind kan word in die normale
betekenis van die
woorde soos gebesig in die artikel self sonder dat dit nodig is om
die artikel woordwysigend te vertolk.
Indien art 307
(3) van die Wet in sy geheel gelees word, blyk dit dat sub artikels
(a) en (b) daarvan noodwendig in verband met
mekaar gelees moet
word. Waarvoor dus in die borgvoorwaardes voorsiening gemaak moet
word, is ân tyd en plek wanneer en waar
die veroordeelde persoon
moet aanmeld soos vervat in ân skriftelike bevel wat op die
persoon beteken moet word.
Indien in ag
geneem word dat die hof wat borg kragtens art 307 aan ân persoon
toestaan, nie op die dag waarop die borg verleen
word sal weet
wanneer die hersiening of appél aangehoor gaan word nie en selfs of
dit voortgesit sal word nie, volg dit dat daardie
hof nie ân
spesifieke tyd, dit wil sê met vermelding van ân bepaalde datum
(dag, maand en jaar), kragtens art 307 (3) (a)
kan bepaal wanneer ân
persoon homself moet aanmeld nie.
Die
âbepaalde
tydâ
waarna in die artikel verwys word, moet gevolglik verband hou met ân
gebeurlikheid wat nog in die toekoms moet plaasvind.
Die antwoord
op wat sodanige gebeurlikheid is, is myns insiens te vinde in
die voorskrifte van art 307 (3) (b), naamlik
die tydstip waarop
die bevel soos daarin vermeld op die voormelde persoon beteken
word.
Dat daardie
gebeurlikheid nie die nie-voortsetting van die appél of die
lewering van die uitspraak op appél kan wees nie,
is eerstens
daarin geleë dat die plaasvind van die eersvermelde
gebeurlikheid moeilik vasstelbaar en selfs willekeurig
kan wees,
en tweedens dat die appellant nie noodwendig kennis sal neem van
die uitspraak op die dag waarop dit gelewer
word nie.
Indien die
âbepaalde
tydâ
vermeld in art 307 (3) (a) in verband gebring en gekoppel word
aan die datum waarop die bevel vermeld in art 307 (3) (b)
op die
veroordeelde persoon beteken word, sal regsekerheid bevorder
word terwyl daar terselfdertyd uitvoering gegee word
aan die
bedoeling van die Wetgewer soos in hierdie artikel verstalt
naamlik dat behoorlike kennis aan ân veroordeelde
persoon
gegee moet word dat hy hom moet aanmeld vir uitvoering aan ân
vonnis hom opgelê.
Uit hoofde van
die voorgaande is ek van mening dat art 307 (3) van die Wet as volg
vertolk en toegepas moet word: By die verlening
van borg kragtens
hierdie artikel is ân hof verplig om ân voorwaarde aan die borg
te koppel waarkragtens die veroordeelde persoon
hom of haar moet
oorgee om uitvoering aan ân opgelegde vonnis te gee (dit wil sê
indien die appél nie voortgesit word nie,
of afgewys of gedeeltelik
afgewys word, sodat die vonnis of ân gedeelte daarvan steeds
uitgedien moet word) op ân bepaalde
tyd en plek na betekening aan
die persoon van ân bevel soos bedoel in art 307 (3) (b). Die
bepaalde tyd en plek moet dus in
die borgvoorwaarde vermeld word,
byvoorbeeld
âom
10:00 op die eerste hofdag wat volg op die dag waarop die bevel
bedoel in art 307 (3) (b) op u beteken word te die klerk van
die
Hof, Landdroskantoor, Kimberley â¦â
.
Dit kom my sinvol
voor dat die
âtyd
en plekâ
waarna verwys word in art 307 (3) (a) ook in die bevel bedoel in art
307 (3) (b) vermeld moet word.
Prakties
gesproke kan ân borgvoorwaarde opgelê kragtens hierdie artikel
byvoorbeeld as volg lees:
â
Dit
is ân voorwaarde van die borg dat ingeval die appél om watter rede
ookal nie voortgesit word nie, of van die rol van die Hof
van Appél
verwyder word, of nie slaag nie, of slegs gedeeltelik slaag sodat u
steeds u vonnis of ân gedeelte daarvan moet uitdien,
u uself sal
oorgee te die kantoor van die klerk van die Hof, Landdroskantoor,
Kimberley om 10:00 op die eerste hofdag wat volg op
die dag waarop ân
bevel kragtens art 307 (3) (b) van die Strafprosewet, nr 51 van 1977
op u beteken sal word, sodat uitvoering
aan u vonnis gegee kan word.â
Ook meen ek dat
die vraag naamlik hoe die voorskrifte van art 307 in die praktyk
uitgevoer behoort te word, ook vermelding verdien.
Eerstens is dit
duidelik dat ân
âbevelâ
(Engels:
âorderâ
)
op die veroordeelde persoon beteken moet word.
Die woord
âbevelâ
word nie in die woordomskrywingsartikel van die Wet omskryf nie, maar
daar kan myns insiens min twyfel wees dat dit slegs kan beteken
ân
lasgewing uitgereik deur ân persoon wat bevoeg is kragtens die Wet
om sodanige lasgewing uit te reik. ân Landdros is ooglopend
aldus
bevoeg.
Tweedens moet
hierdie bevel op die veroordeelde persoon beteken word: óf op die
by die Hofreëls voorgeskrewe wyse, óf by ân
plek soos deur die
Hof (in die borgvoorwaardes) voorgeskryf. In praktyk sal betekening
normaalweg deur die balju geskied.
Die bewoording
van art 307 (3) maak dit duidelik dat die persoon hom of haar
âby
betekeningâ
(Engels:
âupon
serviceâ
)
van die bevel op hom of haar
âmoet
oorgeeâ
(Engels:
âshallâ¦surrender
himselfâ
).
Word, soos hierbo
aangetoon, die twee sub paragrawe van art 307 (3) in verband met
mekaar gelees en toegepas, volg dit dat die woorde
ââ¦by
betekening â¦â
(Engels:
ââ¦upon
serviceâ
)
nie letterknegtelik uitgelê kan word naamlik om te beteken op die
moment waarop die bevel op die veroordeelde persoon beteken word
nie,
maar moet dit uitgelê en verstaan word as die tyd en plek daarin
vermeld soos bedoel in sub par (a).
â
n
Duidelike aanduiding dat die Wetgewer bedoel het dat betekening van
die tersaaklike bevel behoort te geskied binne veertien (14)
dae na
uitreiking daarvan, is te vinde in die voorskrifte van art 307 (3 A)
(a) van die Wet wat as volg lees:
(3A) (a) Indien
die bevel beoog in subartikel (3) (b) nie binne 14 dae na die
uitreiking daarvan aan die veroordeelde persoon beteken
word nie
omrede hy of sy nie gevind kan word by die adres wat hy of sy
verstrek het ten tyde van die verlening van borgtog aan hom
of haar
nie, word die borgtog voorlopig ingetrek en die borggeld voorlopig
verbeurd verklaar en word 'n lasbrief vir sy of haar inhegtenisneming
uitgereik.
Weereens sonder
om voorskriftelik te wees aangaande die wyse waarop amptenare belas
met die uitvoering van die voorskrifte van art
307 (3) en 307 (3 A)
van die Wet, hul verpligtinge hieraangaande behoort na te kom, meen
ek dat enkele opmerkings hieraangaande
nie onvanpas is nie:
Waarom is dit
nodig dat ân saak wat op appél misluk het, weer sogenaamd op die
rol geplaas moet word bloot om net die lasbriewe
vir die
gevangenissetting van ân beskuldigde in plek te kry?
As sake
onderhewig aan appél onder die beheer van die klerk van die Hof
gehou word, verg dit enigiets meer as ân blote administratiewe
handeling van die Landdros om die lasbriewe te teken en te gelas dat
die borggeld terugbetaalbaar word die dag waarop ân veroordeelde
persoon homsself aanmeld?
Indien ân
beskuldigde sou versuim om homself aan te meld, waarom kan hy nie
summier in hegtenis geneem word en na die Hof gebring
word sodat die
nodige formaliteite afgehandel kan word vir sy opname in die
gevangenis nie?
Om watter
denkbare rede behoort aan ân gevonniste persoon
âgrasieâ
verleen te word van soveel soos ân maand en langer voordat sy
gevangenissetting in werking tree?
Dit lê myns
insien nie op die weg, en is nie die taak van die klerk van die Hof
nie, om diskresionêr te besluit wanneer ân veroordeelde
persoon
kragtens hierdie artikel van die Wet hom of haar moet oorgee om
uitvoering aan die vonnis te gee nie. Landdroste wat borg
hierkragtens toestaan, moet in die borgvoorwaardes gelas dat so ân
persoon hom of haar by die klerk van die Hof moet aanmeld
binne ân
bepaalde tydperk na betekening van die bevel. By aanmelding deur
die veroordeelde persoon moet die klerk van die Hof
toesien dat die
nodige administratiewe handelinge verrig word sodat die persoon vir
gevangenissetting opgeneem word.
Sou die persoon
versuim om homself oor te gee op die tyd en plek in die bevel
vermeld, moet die klerk van die Hof onmiddellik toesien
dat ân
lasbrief kragtens art 307 (3 A) (a) uitgereik word.
Ek is van mening
dat hoofde van Landdroskantore moet toesien dat die nodige
administratiewe masjinerie in plek gestel word om effektiewe
en
tydige uitvoering te gee aan hofbevele waarin borgvoorwaardes vervat
is ooreenkomstig die inhoud van daardie bevele.
â
n
Versuim om hieraan uitvoering te gee, kom nie alleen neer op ân
verontagsaming van sodanige bevele nie, maar stel ook die
administrasie
bloot aan moontlike wanpraktyke.
Vervolgens word
die volgende bevele hierin verleen:
KONDONASIE VIR
DIE LAAT LIASERING VAN DIE APPLIKANT SE AANSOEK OM VERLOF OM APPÃL
AAN TE TEKEN TEEN DIE BEVINDING VAN HIERDIE HOF
EN WAARKRAGTENS SY
APPÃL VAN DIE HAND GEWYS IS, WORD GEWEIER.
DIE APPLIKANT
WORD GELAS OM HOMSELF VOOR 13:00 OP DIE EERSTE HOFDAG NA DIE DAG
WAAROP HIERDIE VOLLEDIGE UITSPRAAK MET REDES GELEWER
IS, BY DIE
KLERK VAN DIE HOF VAN DIE LANDDROSKANTOOR VAN KIMBERLEY, AAN TE MELD
VIR SY OPNAME IN DIE GEVANGENIS TEN EINDE SY VONNIS
IN WERKING TE
STEL.
DIE KLERK VAN
DIE LANDDROSHOF, KIMBERLEY, WORD GELAS OM
INDIEN DIE
APPLIKANT HOMSELF AANMELD SOOS HIERIN GELAS, DIE NODIGE STAPPE TE
NEEM TEN EINDE DIE APPLIKANT IN DIE GEVANGENIS TE LAAT
OPNEEM,
ALTERNATIEWELIK
INDIEN DIE
APPLIKANT VERSUIM OM HOMSELF ALDUS AAN TE MELD, âN LASBRIEF TE
LAAT UITREIK VIR DIE INHEGTENISNEMING VAN DIE APPLIKANT
EN OM DAARNA
DIE NODIGE STAPPE TE NEEM TEN EINDE DIE APPLIKANT IN DIE GEVANGENIS
TE LAAT OPNEEM.
DIE
âKENNISGEWING
INGEVOLGE ART 307 (3) (b) VAN DIE STRAFPROSESWETâ
UITGEREIK DEUR DIE KLERK VAN DIE LANDDROSHOF, KIMBERLEY, EN GEDATEER
25 FEBRUARIE 2004, WORD TER SYDE GESTEL.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Namens
applikant:
Adv
CF van Heerden
(iov
Van Wyk Prokureurs)
Namens respondent:
Adv
E van Dyk