About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 55
|
|
S v Raadt (106/04) [2004] ZANCHC 55 (18 March 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 106/04
Landdros
Saaknr: RC18/2004
Datum
gelewer: 2004-03-18
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
THABO
PIET RAADT BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
Olivier R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde is in die landdroshof skuldig bevind aan diefstal met
inagneming van die bepalings van Wet 57 van 1959 (die Wet
op
Veediefstal, hierna verder verwys as â
die
Wetâ
).
Nadat
die beskuldigde se vorige veroordelings bewys is, het die landdros
die aangeleentheid oorgeplaas na die streekhof vir vonnis
ingevolge
die bepalings vervat in art 116(1) van die Strafproseswet, Wet 51
van 1977. Die streeklanddros was egter die mening
toegedaan dat die
verrigtinge in die distrikshof nie ooreenkomstig die reg geskied het
nie en het gevolglik die aangeleentheid
na hierdie Hof verwys op
spesiale hersiening ingevolge die bepalings vervat in art 116(3)(a)
van die Strafproseswet.
Op
my versoek het advokaat JM de Nysschen, senior staatsadvokaat in die
kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, ân
uiters
behulpsame en weloorwoë regsmening aangaande die korrektheid van
die skuldigbevinding hierin opgestel waarvoor ek aan hom
dank
verskuldig is.
Kragtens
die klagstaat is dit die beskuldigde ten laste gelê dat hy op 26
Maart 2003 te of naby Ikele, in die distrik van Barkly-Wes,
wederregtelik en opsetlik een skaap gesteel het. Die klagstaat het
verder vermeld dat dit onbekend is aan die Staat wie die eienaar
van
dié betrokke skaap is, of in wie se regmatige besit dié skaap
verkeer het.
Die
volgende feite is óf gemeensaak of is bewese op die stukke voor my:
5.1 Sekere
lede van die SAPD het op 30 Maart 2003 sekere inligting ontvang op
sterkte waarvan hulle na die woning van ene Richard
Jonkers gegaan
het.
5.2 Die
voormelde lede van die SAPD het in Richard Jonkers se besit, en meer
bepaald in sy vrieskas, ân hoeveelheid vleis wat geblyk
het
skaapvleis te wees, gevind.
5.3 Die
gemelde Richard Jonkers het aan die lede van die SAPD ân
verduideliking aangaande die besit van hierdie vleis verskaf en
op
grond van hierdie inligting is die beskuldigde gearresteer.
5.4 Daar
is geen oorspronklike eienaar van die vleis geïdentifiseer nie en
niemand het ook ân klagte gelê dat daar van sy/haar
vee, meer
bepaald ân skaap, vermis is nie.
Die
volgende is wesenlike elemente van die misdryf diefstal wat deur die
Staat bo redelike twyfel bewys moet word, alvorens so ân
skuldigbevinding uitgebring kan word:
a) ân
toe-eieningshandeling
;
b) ten
aansien van ân
bepaalde
soort saak
;
c) wat
wederregtelik
en
d)
opsetlik
met
ân
toe-eieningsopset
geskied.
Ek
bespreek vervolgens aan die hand van die getuienis op die oorkonde
die vraag of die Staat dié bepaalde wesenlike elemente bo
redelike
twyfel bewys het.
8.1 Die
Staat het geen direkte getuienis gelei ter bewys van enige
toe-eieningshandeling nie. Die Staat het eerder, so wil dit my
voorkom, gesteun op omstandigheidsgetuienis waardeur gepoog is om die
hof
a
quo
bo redelike twyfel te oortuig dat:
a) Die
enigste redelike afleiding op die bewese feite is dat die beskuldigde
die vleis of die skaap waarvandaan dit afkomstig was,
gesteel het;
en
b) Dat
sodanige afleiding versoenbaar is met al die bewese feite (sien in
dié verband
R
v Blom
1939 AD 188
te
202-203.)
8.2 ân
Afleiding kan slegs gemaak word indien daar objektiewe bewese feite
daarvoor bestaan. Sien ondermeer:
Caswell
v Powell Duffryn Associated Collieries Ltd
1940
AC 152
te
169,
1939 3 All ER 722
te 733 per Lord Wright.
â
Inference
must be carefully distinguished from conjecture or speculation.
There
can be no inference unless there are objective facts
from
which to infer the other facts which it is sought to establish .....
But
if there are no positive proved facts from which the inference can be
made, the method of inference fails and what is left in
mere
speculation or conjecture
â.
(Die
beklemtoning is myne).
Sien
ook:
S
v Naik
1969(2) SA 231 (N) te 234.
8.3 Daar
was geen getuienis dat die beskuldigde voor lewering aan Jonkers in
besit was van die vleis nie. Die Staat kon derhalwe
glad nie steun
op die sogenaamde leerstuk van onlangse besit nie. Dit verduidelik
dan ook waarom nóg die Staat nóg die verhoorlanddros
na hierdie
voormelde leerstuk verwys het tydens betoog en tydens evaluering van
die bewysmateriaal nie. Die rede daarvoor lyk vir
my
voor-die-handliggend, naamlik dat die Staat in die eerste plek nie
daarin kon slaag om aan te toon dat die vleis inderdaad gesteel
was
nie.
8.4 ân
Verdere moontlikheid wat oorweging verg is of die Staat daarop kon
steun dat hierdie ân geval is waar ân persoon (d.w.s.
die
beskuldigde) die eiendom van ân ander aan hom toeëien waar hy dit
in ân plek per toeval vind. Sien in dié verband:
S
v Luther
1962(3) SA 506 (A). Ek is dit eens met die regsmening van advokaat
De Nysschen dat vleis opsigself nie besonder waardevol is nie
en dat
dit
res
fungibilis
is.
Dit is ân tipe saak wat baie moeilik, indien hoegenaamd,
teruggevoer kan word tot ân bepaalde eienaar. Dit is ook die tipe
van saak wat baie vinnig van hande kan verwissel. Dit is gevolglik na
my mening glad nie die tipe aangeleentheid waar die Staat so
ân
argument suksesvol sou kon voer nie.
8.5 Die
groot probleem en myns insiens onoorkomelike struikelblok wat die
Staat hierin het, is dat die Staat nie kon vasstel en bewys
wie die
vleis se wettige eienaar is nie.
9. Aangesien
daar geen toe-eieningshandeling bewys is nie, het die Staat inderdaad
nie daarin geslaag om oor die eerste belangrike
hekkie insoverre dit
die wesenlike elemente van die misdryf van diefstal aanbetref, te kom
nie. Die ondersoek na die korrektheid
van die skuldigbevinding
eindig dus daar. Wat verdere oorweging verg is die feit dat die
streeklanddros, toe die verrigtinge ingevolge
art 116 van die
Strafproseswet se bepalings voor haar gekom het, die moontlikheid
geopper het dat die beskuldigde moontlik skuldig
bevind kan word aan
een van die bevoegde misdrywe in terme van art 11(1) van die
Wet. Soos adv. De Nysschen oortuigend aantoon
in sy regsmening, is
nie een van die misdrywe vermeld in art 11(1) van die Wet bewys
nie:
a) Diefstal
of poging daartoe is nie bewys nie (sien art 11(1)(a) van die
Wet);
b) Daar
is hoegenaamd geen getuienis aangebied dat die beskuldigde die vleis
ontvang het
wetende
dat
dit gesteel is nie (sien art 11(1)(b) van die Wet se bepalings);
c) Artikel
11(1)(c) van die Wet vind glad nie toepassing in hierdie saak nie;
d) Daar
is ook geen getuienis dat die beskuldigde die vleis van die hand
gesit het
wetende
dat
dit gesteel is nie (sien art 11(1)(d) van die Wet se
bepalings);
e) Art 11(1)(e)
van die Wet verwys na die bepalings van onderskeidelik art 2 en 3 van
die Wet.
(i) Artikel
2 van die Wet is gelykluidend met art 36 van die Algemene
Regswysigingswet, 62 van 1955. Een van die kernelemente
van die
misdaad van besit van vermoedelik gesteelde eiendom is inderdaad die
element van besit, d.w.s. dat die beskuldigde in besit
gevind moet
word van goedere ten aansien waarvan daar ân redelike vermoede
bestaan dat dit gesteel is. Sien
S
v Mokoena
1957(1) SA 398 (T). In hierdie saak is daar geen getuienis dat
die beskuldigde in sodanige besit gevind is nie.
(ii) Artikel
3 van die Wet is op sy beurt gelykluidend met art 37 van die
voormelde Algemene Regswysigingswet, 62 van 1955, se
bepalings. Soos
alreeds hierbo vermeld is daar glad nie getuienis om ân
skuldigbevinding aan sodanige klagte daar te stel nie.
10. Voorts
vereenselwig ek my met adv. De Nysschen se kritiek teen die gehalte
van die Staat se saak wat voor die verhoorhof geplaas
is. Die
polisiegetuies was uiters vaag en het onvolledige getuienis
voorgehou, wat insluit hoorsê getuienis. Die Staatsaanklaer
het ook
ontoelaatbare leidende vrae aan een van die polisiegetuies,
inspekteur Hawkins, gestel. Dit verbaas verder dat die getuie
Richard Jonkers, na wie ek alreeds verwys het en van wie inligting
bekom is aangaande die vleis in sy vrieskas, nooit geroep is as
ân
getuie, moontlik ingevolge die bepalings vervat in art 204 van
die Strafproseswet nie. Daar is ook etlike weersprekings
tussen
Jonkers en die polisiegetuies sowel as tussen Jonkers en sy eggenote,
Veronica Jonkers.
11. Na
my mening kan daar nie gesê word dat die beskuldigde se
verduideliking soos voorgehou in sy getuienis nie redelik moontlik
waar is nie. Daarby is die gehalte van die Staat se saak só swak
dat nóg die elemente van die hoofaanklag diefstal, nóg die elemente
van die bevoegde uitsprake daarop bo redelike twyfel bewys is deur
die Staat nie.
12.
Die
beskuldigde se skuldigbevinding word tersyde gestel.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
CJ
OLIVIER
REGTER