About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 10
|
|
S v Noah (57/2004) [2004] ZANCHC 10 (18 March 2004)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
SAAKNOMMER:57/2004
DATUM
GELEWER: 18-03-2004
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
KELVIN
QUINTON NOAH
Coram: Williams R et Olivier R
HERSIENINGSUITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die beskuldigde het in die Landdroshof te
Barkly-Wes tereggestaan op 1) ân aanklag van aanranding, en
ân aanklag van
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die beskuldigde was
onverteenwoordig en het op beide die aanklagte skuldig gepleit. Ten
opsigte van die aanrandingsklag is hy in
terme van artikel 112(1)a)
van die Strafproseswet 51 van 1977 (
âDie Wetâ)
bevind. Na
ondervraging in terme van artikel 112(1)b) van die Wet is hy ook aan
die tweede aanklag, dié van aanranding met die opset
om ernstig te
beseer skuldig bevind.
Die twee aanklagte is vir doeleindes van vonnis
saamgeneem en die beskuldigde is gevonnis to 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf wat
in die geheel opgeskort is vir 3 (drie) jaar op
sekere voorwaardes.
Na aanleiding van ân navraag gerig aan die
landdros het sy toegegee dat gevangenisstraf nie geoorloof is ten
opsigte van ân artikel
112(1)a) skuldigbevinding nie en dat die
verhoorhof fouteer het deur die twee aanklagte saam te neem vir
vonnisdoeleindes.
â
n
Verdere aspek van die navraag het geslaan op of die beskuldigde nie
ân verweer geopper het in sy verduideliking verskaf aan die
landdros betreffende die aanklag van aanranding met die opset om
ernstig te beseer nie.
Die volgende uittreksels
vanuit die oorkonde is van belang:
â
VOORSITTENDE
BEAMPTE:
Met wat het u hom beseer?
BESKULDIGDE:
Met ân mes.
VOORSITTENDE BEAMPTE:
Waar het u
hom beseer?
BESKULDIGDE:
Op die linkerkant,
bo.
.
. . . . . . . . .
VOORSITTENDE BEAMPTE:
Waaroor, hoekom het u hierdie
klaer gesteek?
BESKULDIGDE:
Hy
het my in die punt vasgedruk, hy het my aan die keel gegryp, en
vasgedruk, en geslaan met die hamer.
VOORSITTENDE
BEAMPTE:
En toe?
BESKULDIGDE:
Toe haal ek die mes uit, en toe steek
ek hom.
.
. . . . . . . . .
VOORSITTENDE
BEAMPTE:
Toe u hierdie man met die mes steek, het u geweet
u doen verkeerd. Het u geweet u kan gestraf word, as u ân mens met
ân mes
steek, meneer?
BESKULDIGDE:
Nee.â
Die primêre doel van
die ondervraging onder artikel 112(1)b) van die Wet is om die
beskuldigde te vrywaar van ân ongeregverdigde
pleit van skuldig.
Sien
S v Tshumi and Others
(1) WPD 128 te 130.
Vanuit die beskuldigde
se verduideliking is dit heeltemal duidelik dat hy aandui dat die
klaer die aggressor was en kan die verweer
van noodweer nie
uitgesluit word nie. Tog is daar geen verdere vrae vanaf die
landdros ter opheldering van hierdie moontlike verweer
nie en is die
beskuldigde op sy skuldigpleit soos dit staan skuldig bevind.
Wat hierdie aanklag
betref versoek die landdros dat die skuldigbevinding en vonnis
tersyde gestel word en die saak ingevolge artikel
312(1) van die Wet
na die Landdroshof terugverwys word met die opdrag dat die bepalings
van artikel 112(1)b) van die Wet nagekom
word.
Artikel 312(1) van die
Wet bepaal soos volg:
â
312(1
Waar 'n skuldigbevinding en vonnis ingevolge artikel 112, op
hersiening of appèl tersyde gestel word op grond daarvan dat
'n
bepaling van subartikel (1) (b) of subartikel (2) van daardie artikel
nie nagekom is nie, of op grond daarvan dat die bepalings
van artikel
113 toegepas moes gewees het, moet die betrokke hof die saak na die
hof terugverwys wat die vonnis opgelê het en daardie
hof gelas om
die betrokke bepaling na te kom of ingevolge artikel 113 te handel,
na gelang van die geval.â
Na my mening is hierdie
ân geval waar die bepalings van artikel 113 van die Wet toegepas
moes gewees het en moet die verhoor op
hierdie basis verder hanteer
word.
In die omstandighede word die volgende bevel
gemaak:
1. Die skuldigbevinding ten opsigte van aanklag 1 word bekragtig.
2. a) Die vonnis ten
opsigte van aanklag 1 word tersyde
gestel.
b) Die verhoorhof word gelas om vonnis ten opsigte van aanklag 1
opnuut te oorweeg in die lig van die bepalings van artikel 112(1)a)
van die Strafproseswet no 51 van 1977.
3. a) Die skuldigbevinding en vonnis ten opsigte van
aanklag
2 word tersyde gestel.
b) Die saak word ingevolge artikel 312(1) van die Strafproseswet
no 51 van 1977 na die Landdroshof terugverwys met die opdrag dat
artikel 113 van die Strafproseswet toegepas word.
_______________________
C C WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
______________________
C J OLIVIER
REGTER