S v Mitchell and Others (CA&R 5/03) [2004] ZANCHC 107 (12 March 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Identification evidence — Appellants convicted of robbery with aggravating circumstances — Appellants challenged reliability of identification by victims — Trial court found identification credible despite intoxication and inconsistencies — Appellants' alibi rejected as implausible — Evidence of possession of stolen items and firearm linked to robbery — Convictions upheld on appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 107
|

|

S v Mitchell and Others (CA&R 5/03) [2004] ZANCHC 107 (12 March 2004)

VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: CA&R
5/03
DATUM: 12-03-2004
In die saak van:
MERVIN
MITCHELL
…........................................................................
EERSTE
APPELLANT
MAC
ESTERHUIZEN
…...............................................
TWEEDE
APPELLANT
BERNARD
GREEF
….....................................................
DERDE
APPELLANT
ASHLEY
MARTIN
…......................................................
VIERDE
APPELLANT
teen
DIE STAAT
…..........................................................................
RESPONDENT
CORAM: MAJIEDT R et
WILLIAMS R :
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
Die vier Appellante is op
23 April 2002 in die streekhof te Kimberley skuldig bevind op twee
aanklagte van roof met verswarende
omstandighede. Eerste en Tweede
Appellante is ook skuldig bevind op ‘n derde aanklag van roof
met verswarende omstandighede.
Die Appellante is
gevonnis to 8 (agt) jaar gevangenisstraf per aanklag wat die
verhoorhof gelas het samelopend uitgedien moet word
tot die effek dat
die Eerste en Tweede Appellante effektiewelik 10 (tien)jaar
gevangenisstraf uitdien en die Derde en Vierde Appellante
8 (agt)
jaar gevangenisstraf uitdien.
Die Appellante kom nou in
hoër beroep slegs teen die skuldigbevindings.
Dit is gemenesaak dat die
vier Appellante tesame met twee ander mans Taswell Vorster en William
Smit, wat nie gearresteer is vir
die misdrywe nie, vanaf Kimberley na
Barkly-Wes gery het op die aand van 29 Augustus 1999. Die uitstappie
is onderneem in ‘n
wit Opel Astra motorvoertuig bestuur deur
die derde Appellant. Die Tweede Appellant het ook sy vuurwapen
saamgeneem.
Wat die eerste twee
aanklagte betref beweer die Staat dat die vier Appellante die
staatsgetuies Morné en Conrad Smith, twee
broers, beroof het
deur hulle met geweld en onder dreigement van ‘n vuurwapen te
ontneem van hulle besittings.
Volgens die staatsgetuies
Smith het hulle die betrokke aand tussen 12h30 en 01h00 na ‘n
winkelkompleks in Barkly-Wes gegaan
waar Conrad Smith by ‘n
publieke telefoon ‘n oproep wou maak. Terwyl hulle by die
telefoonhokkie was het ‘n wit
Astra eers verby gery en toe voor
die winkel gestop. Eerste, Tweede en Vierde Appellante het uit die
voertuig geklim en in hulle
rigting beweeg, Vierde Appellant na Morné
Smith en Eerste en Tweede Appellante na Conrad Smith. Die Eerste
Appellant het
‘n vuurwapen in Conrad Smith se mond gedruk
terwyl Tweede Appellant deur sy broeksakke gegaan het. Intussen het
die Vierde
Appellant vir Morné Smith gevra om sy baadjie uit
te trek. Toe hy wil teëpraat het die Eerste Appellant ‘n
skoot
in sy rigting afgevuur wat die telefoonhokkie getref het en
veroorsaak het dat hy splinters in sy oor kry. Vierde Appellant het

toe vir Morné Smith geskop, en geslaan en sy baadjie, lyfband,
sigaretaansteker en “
lip-ice”
afgeneem. Conrad
Smith is ontneem van sy beursie, lyfband en rybewys.
Net toe het ‘n
polisievangwa verby die winkel gery waarop die aanval op die klaers
Smith gestaak is en van die Appellante
in die Astra voertuig gespring
het en weggejaag het met die polisievangwa agterna.
Die betroubaarheid van
die identifikasie getuienis van hierdie twee klaers is op appél
sterk aangeval deur beide Mnr. Greyling
wat vir die Eerste Appellant
optree en Mnr. Van Heerden wat namens Tweede, Derde en Vierde
Appellante optree. Spesifiek is daar
verwys na die soberheidstoestand
van die klaers Smith wat op hul eie weergawe baie te drink gehad het
vroeër die aand, die
beligting in die omgewing van die winkel,
die weersprekings in die getuienis van die klaers en die feit dat die
klaers en Appellante
almal op een stadium saam in die aanklagkantoor
te Barkly-Wes was, wat dus ‘n uitkenning bloot op grond van die
arrestasie
van die Appellante tot gevolg kon hê.
Hierdie faktore is alles
deeglik deur die verhoorlanddros opgeweeg, tot so ‘n mate dat
hy bevind het dat die klaers se identifikasie
van die Tweede
Appellant as een van Conrad Smith se aanvallers nie betroubaar was
nie. Dit is ook so dat daar talle weersprekings
en verskille was in
die getuienis van die twee klaers, wat ek nie hier sal herhaal nie
maar het die verhoorlanddros na my mening
korrek bevind in die
opweging van die getuienis as ‘n geheel dat die weersprekings
nie so wesenlik is dat dit die klaers
se weergawe onbetroubaar maak
nie.
Daarenteen is die
Appellante se weergawe van die aand se gebeure soos volg. Terwyl
hulle daar in Barkly-Wes gery het, het die Eerste
Appellant siek
gevoel. Derde Appellant, die bestuurder van die voertuig het toe voor
die winkelkompleks stilgehou waar die Eerste
Appellant, Taswell
Vorster en William Smit uit die voertuig geklim het. Die Eerste
Appellant het daar in die omgewing van die telefoonhokkie,
langs die
winkelstoep vormeer, terwyl Vorster en Smit gebruik gemaak het van
die geleentheid om langs die pad af te loop en bier
drink. Intussen
het die derde Appellant besluit om sy neef, wat hulle vroeër in
Barkly-Wes opgetel het, huis toe te neem en
is Eerste Appellant,
Vorster en Smit by die winkel agtergelaat. Die Tweede en Vierde
Appellante sou glo die heeltyd in die voertuig
geslaap het. Met die
terugkeer na die winkel het die Tweede Appellant uit die voertuig
geklim en Smit wat toe ingeklim het, het
vir die Tweede Appellante ‘n
beursie gegee, wat op tweede Appellant se weergawe, hy vir Smit moes
hou. Op daardie stadium
het daar ‘n polisievoertuig aangekom en
die Derde Appellant het toe van die toneel af weggery met slegs Smit
en die Vierde
Appellant in die voertuig, aangesien hy blykbaar nie ‘n
bestuurderslisensie gehad het nie.
Geeneen van die
Appellante het die klaers Smith die aand by die winkel gesien nie.
Volgens Tweede, Derde en Vierde Appellante moes
die roof plaasgevind
het terwyl hulle Derde Appellant se neef huis toe geneem het, en is
die rowers waarskynlik eerste Appellant,
Vorster en Smit wat by die
winkel agtergebly het. Die Eerste Appellant ontken enige
betrokkenheid by hierdie misdrywe en is sy
getuienis dat hy slegs ‘n
onderonsie gehad het met ‘n man wat verby die winkel geloop het
en hom getart het omdat hy
daar vomeer. Op die Eerste Appellant se
weergawe dus moes die klaers deur Vorster en Smit beroof wees terwyl
hy langs die winkelstoep
siek was. Nodeloos om te sê ontken
Vorster en Smit, wat deur die Vierde Appellant as verdedigingsgetuies
geroep is, dat hulle
enige aandeel in die roof gehad het. Hierdie
twee getuies het onskuldig in die straat loop en bier drink terwyl
Eerste Appellant
siek was en toe die voertuig terugkeer na die winkel
het Smit ‘n beursie in die straat sien lê wat hy toe
opgetel het
en vir Tweede Appellant gegee het, wie hy gedog het is
die eienaar, voordat hy self in die voertuig geklim het.
Die Appellante se
weergawes hou na my mening geen water nie.
Op die Eerste Apellant se
weergawe moes die klaers deur Voster en Smith beroof wees terwyl hy
langs die winkelstoep in die omgewing
van die telefoonhokkie siek
was, tog het hy nie die klaers gesien of enige skote gehoor nie.
Die klaers het ook getuig
dat die wit Astra voertuig voor die winkel stilgehou het terwyl hulle
by die telefoonhokkie op die winkelstoep
was. Die klaers was ook nog
op die toneel toe die polisie daar verbygaan en die Astra voertuig
agternasit.
Die kanse is bitter
skraal en die toevalligheid te groot dat daar op dieselfde aand in ‘n
klein dorpie soos Barkly-Wes twee
verskillende wit Astra voertuie op
verskillende tye dié aand vanaf dieselfde plek agternagesit is
deur die polisie. Om sake
verder te vertroebel is Morné Smith
se baadjie, lyfband, sigaretaansteker en “
lip-ice”
in die wit Astra bestuur deur Derde Appellant gevind. Conrad Smith se
beursie is in Tweede Appellant se besit gevind. Daar kan
dus geen
twyfel wees dat die wit Astra wat die klaers oor getuig het dieselfde
voertuig is waarmee die Appellante die aand gery
het nie.
Sersant Kopang wat
hierdie aand patrolliediens verrig het se getuienis, wat nie deur die
verdediging aangeval is met die verhoor
nie, bied ook stawing vir die
klaers se weergawe. Hy het getuig dat hy verby hierdie winkel gery
het en ‘n wit Astra daar
sien staan het. Daar was ook omtrent
agt persone op die winkelstoep en dit het gelyk asof daar ‘n
stoeiery aan die gang was.
Een persoon het op die grond gelê.
Toe Kopang sy voertuig omdraai, het van hierdie persone in die wit
Astra geklim en weggejaag.
Na my mening het die
verhoorlanddros die Appellante se weergawe dat hulle nie op die
toneel teenwoordig was toe die klaers beroof
was nie met reg verwerp.
Die vraag nou is of die
vier Appellante tereg skuldig bevind is op die basis van die
gemeenskaplike-oogmerk-leerstuk soos bevind
deur die verhoorhof.
Die vier Appellante was
almal op die toneel gewees met die roof van die klaers. Daar is ook
op die toneel ‘n afgevuurde patroondoppie
gevind, wat volgens
forensiese getuienis afgevuur is met Tweede Appellant se vuurwapen.
Dit is natuurlik nie genoeg om bloot op
die toneel te wees met die
pleeg van die misdryf nie. (Sien
S v Jama and others
1989(3)
SA 427(A) te bl. 436). Daar moet ook aktiewe vereenselwiging wees met
die gemeenskaplike oogmerk en hiervoor moet gekyk
word na elk van die
Appellante se rol met die pleging van die misdrywe. Om met die Eerste
Appellant te begin. Hy is uitgeken deur
die klaers as een van die
persone wat vir Conrad Smith beroof het. Op die Eerste Appellant se
eie weergawe was daar ‘n straatlig
aan die oorkant van die
straat wat lig geskyn het op die winkelstoep. Conrad Smith het ook
getuig dat die toneel goed genoeg belig
was vir hom om sy oproep te
kon maak. Verder was die Eerste Appellant ook bekend aan die klaers
omdat hulle op ‘n stadium
dieselfde skool bygewoon het. Eerste
Appellant is ook deur die getuie Japhta geidentifiseer as die persoon
wat later die aand in
besit van die vuurwapen was. Daar is dus geen
rede om die klaers se uitkenning van die Eerste Appellant in twyfel
te trek nie.
Wat die Tweede Appellant
betref is hy die persoon wat die vuurwapen saamgeneem het en alhoewel
die klaers gedurende kruisondervraging
erken het dat hulle hom nie
spesifiek kon uitken nie, is dit so dat hy in besit gevind is van
Conrad Smith se beursie. Sy verduideliking
van hoe hy in besit gekom
het van die beursie is tereg deur die verhoorlanddros verwerp.
Die Derde Appellant was
die bestuurder van die Astra voertuig. Die getuienis van die polisie
is dat hy van die toneel weggejaag
het, deur ‘n stuk veld gery
het, en uiteindelik in ‘n sloot beland het waar die polisie hom
en die Vierde Appellant
in die motor gevind het. Op daardie stadium
het die voertuig geen nommerplate opgehad nie, en is die nommerplate
eers weer teruggeplaas
toe Derde Appellant se vader, wat later op die
toneel aangekom het waar die voertuig vasgeval het, dit in die
kattebak gevind het.
Hierdie optrede strook nie met Derde Appellant
se verduideliking dat hy stadig weggetrek het toe die polisie by die
winkel aankom
omdat hy nie ‘n bestuurderslisensie gehad het
nie. Dit strook myns insiens baie beter met die landdros se bevinding
dat hy
die sogenaamde “
get-away”
motor bestuur
het.
Die Vierde Appellant is
deur Morné Smith uitgeken as die persoon wat vir hom geroof
het. Morné Smith getuig dat hy
die persoon se gesig goed
gesien het, omdat hy baie na aan hom gestaan het. Hierdie was ook nie
‘n vlugtige aanval nie en
was daar genoeg geleentheid om ‘n
goeie waarneming te maak. Morné Smith se gesteelde goedere is
ook in die voertuig
gevind met die Derde en Vierde Appellante.
Daar is na my mening geen
twyfel dat William Smith en Taswell Voster ook betrokke was by die
aanval op die klaers nie, maar wat
die vier Appellante betref is die
getuienis teen hulle oorweldigend. Hierteenoor is hulle eie weergawes
so ongeloofwaardig, dat
die enigste redelike afleiding wat gemaak kan
word uit die getuienis is dat al vier Appellante hulle aktief
vereenselwig het met
die roof van die Smith broers.
Myns insiens is daar geen
meriete in die Appellante se appél teen hierdie twee
skuldigbevindings nie.
Wat die derde aanklag van
roof met verswarende omstandighede betref is die klaer ene Jacobus
Visagie. Visagie se getuienis is dat
hy om en by 02h00 dieselfde nag
by dieselfde winkel as in die eerste twee aanklagte verbygestap het
op pad huis toe. Hy is toe
aangerand deur die Tweede Appellant wat
hom met ‘n mes agter sy kop en onder sy ken gesteek het. Die
Eerste Appellant het
op die winkelstoep gestaan. ‘n Derde
persoon wie se gesig hy nie kon sien nie het vir Visagie gepootjie en
laat val en terwyl
hy op die grond gelê het, het Eerste
Appellant en Tweede Appellant hom geskop. Hulle het toe sy baadjie,
T-hemp en R8,00
kontant geneem en hom gedwing om op sy knieë te
soebat. Hy getuig ook dat Eerste Appellant ‘n vuurwapen in sy
mond gedruk
het waarna die Tweede Appellant die vuurwapen geneem het
en dit toe ook in sy mond gedruk het. Die twee Appellante het toe die
toneel verlaat waarna Visagie die polisie gebel het vanaf die
telefoonhokkie op die winkelstoep. Die polisie het nie opgedaag nie

en Visagie is toe huistoe en is eers die volgende oggend ongeveer
10h00 polisiestasie toe om ‘n verklaring af te lê.
Hy het
ook ‘n tweede verklaring afgelê omtrent ‘n week na
die insident.
Daar is sterk kritiek
gewerp teen die getuienis van Visagie deur die Appellante se
regsverteenwoordigers. Die twee Appellante is
reeds teen 02h00 die
nag gearresteer en kon dus nie op dieselfde tydstip vir Visagie
beroof nie. So ook meld Visagie in geeneen
van sy polisieverklarings
dat hy met ‘n mes aangerand is nie. Die mediese verslag ten
opsigte van Visagie maak ook geen melding
van sny- of steekwonde nie.
Hierbenewens blyk dit ook asof Visagie reeds ongeveer 02h00 die
betrokke nag ‘n verklaring afgelê
het by die polisie, en
nie soos hy getuig het eers 10h00 die oggend nie. Met hierdie
ongerymdhede in Visagie se getuienis poog
die Appellante om hom te
diskrediteer wat betref sy soberheidstoestand die betrokke nag en sy
identifikasie van die twee Appellante
as sy aanvallers.
Die verhoorlanddros het
spesifiek gelet op hierdie ongerymdhede in die getuienis van Visagie
in sy uitspraak. Waar daar geen stawing
was vir sy getuienis nie,
soos byvoorbeeld sy weergawe van ‘n aanranding met ‘n
mes, is sy getuienis verwerp.
Wat die tyd van sy
aanranding aanbetref is dit in alle waarskynlikheid slegs ‘n
heel menslike fout wat Visagie gemaak het.
In elk geval, nie veel
draai om sy tydsbepaling nie aangesien beide Eerste en Tweede
Appellant hulself op die toneel plaas met
Visagie. Eerste Appellant
erken dat hy ‘n onderonsie gehad het met Visagie by die winkel
en die Tweede Appellant se getuienis
was eerstens, dat hy vir Eerste
Appellant gesê het om die persoon (Visagie) met wie hy ‘n
woordewisseling gehad het
te los en later gedurende
kruisondervraging, getuig hy dat hy slegs die persoon sien wegstap
het van die Eerste Appellant toe hy
by die winkel aankom. Heel
duidelik is hierdie tweede weergawe van die Tweede Appellant ‘n
poging om sy interaksie met Visagie
af te water.
Ek kan nie saamstem met
die verhoorlanddros dat hierdie insident met Visagie plaasgevind het
voor dié van die Smith broers
nie. Logieserwys moes hierdie
roof van Visagie na die Smith broers se roof plaasgevind het. Visagie
getuig nie dat hy die Astra
voertuig gesien het nie, ook nie dat hy
die Smith broers daar by die winkel gesien het nie. Eerste en Tweede
Appellant se getuienis
is ook dat hulle na die onderonsie wat Eerste
Appellant gehad het met Visagie geloop het vanaf die winkel om ‘n
geleentheid
terug Kimberley toe te soek. Die enigste redelike
afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat die Astra voertuig met
Derde en
Vierde Appellante en William Smith reeds die toneel verlaat
het ná die roof van die Smith broers, toe Visagie geroof word.
Dit kan ook nie weer
bloot toevallig wees dat Eerste en Tweede Appellante en Taswell
Voster daar by die winkel agtergelaat is toe
die polisie die Astra
voertuig agternasit en Visagie dan later deur drie mans by dieselfde
winkel aangerand is en beroof is deur
twee van hulle met ‘n
vuurwapen wat op dieselfde wyse gebruik is soos met die roof van
Conrad Smith nie. Wat die Staat se
saak verder teen die twee
Appellante versterk is dat Eerste en Tweede Appellante gesien is met
‘n vuurwapen in hulle besit
deur Chris Japhta, ‘n
heeltemal onpartydige getuie, wat nie eens ‘n klag wou maak
teen die Appellante nadat hy met
die vuurwapen gedreig is nie.
Daar is na my mening
genoeg stawing vir Visagie se identifisering van die Eerste en Tweede
Appellant as sy rowers om ‘n skuldigbevinding
te regverdig,
nieteenstaande die ongerymdhede te vind in sy getuienis.
Met betrekking tot
wanneer Visagie sy eerste verklaring by die polisie sou aflê,
het die verhoorlanddros bevind dat die polisie
moontlik ‘n fout
begaan het deur die tyd aan te dui as 02h00 die betrokke nag.
Die getuienis is ook dat
dit maar taamlik deurmekaar gegaan het die betrokke nag by die
aanklagkantoor. Soos die landdros in sy
uitspraak noem, was die
oomblik moontlik te groot vir die polisiespan van die normaalweg
rustige Barkly-Wes, toe die skielike golf
van misdaad hulle tref. Die
getuienis van Eerste Appellant is in elk geval ook dat hy eers vir
Visagie by die aanklagkantoor gesien
het die oggend na die
arrestasie, wat stawing bied vir Visagie se weergawe dat hy eers om
10h00 die oggend ‘n verklaring
by die polisie afgelê het.
Die polisie het dus na my mening klaarblyklik ‘n fout gemaak
met die tyd wanneer hierdie
verklaring afgeneem is, en behoort dit
nie afbreuk te doen aan die geloofwaardigheid van Visagie nie.
In die omstandighede
word die volgende bevel gemaak.
Die appél word
van die hand gewys.
Die skuldigbevindings
ten opsigte van al die aanklagte word bekragtig.
_______________________
C C WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam met die
bevindinge en slotsom van my geleerde kollega. Ek ag dit nodig om ‘n
onrusbarende aspek in die verrigtinge
te opper. Die Streeklanddros
het toegelaat dat daar tydens kruisondervraging van die Tweede
Appellant verwys word na iemand wat
die gelaatstrekke van “‘
n
Koelie”
het. Hierdie ongewenstheid het hom by ten minste 3
geleenthede voorgedoen, te wete op bladsye 476 (2 keer) en 499 van
die oorkonde.
Die woord “
Koelie”
word algemeen
gebruik as ‘n neerhalende en kwetsende verwysing na ‘n
persoon van Indiër afkoms. Die gebruik daarvan
in ons howe is
vir my heeltemal onvanpas en totaal en al onaanvaarbaar. Tot my
teleurstelling het die voorsittende landdros in
hierdie geval dit
bloot toegelaat, sonder enige teregwysing. Die feit dat die betrokke
voorsittende beampte boonop een van ons
meer ervare en bekwame
streeklanddroste is, vererger sake verder. Landdroste moet daarvan
kennis neem dat sulke neerhalende verwysings
na mense in ons
bestaande bedeling hoegenaamd nie geduld behoort te word nie.

n Versuim om sulke
aangeleenthede in die reine te stel werp ‘n swak refleksie op
die bepaalde regsprekende beampte en stel
‘n uiters swak beeld
van ons regspleging in die algemeen daar.
_______________________
S A MAJIEDT
REGTER
Nms. Appellant: Adv. F
Van Heerden
Nms. Respondent: Adv.
R Calitz
Datum aangehoor: 11
Augustus 2003