About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 54
|
|
S v Anthony (CA & R 164/03) [2004] ZANCHC 54 (10 March 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 164/03
Datum
verhoor: 2004-03-08
Datum
gelewer: 2004-03-10
In
die appél van
:
GREGORY
SHAIN ANTHONY APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
TLALETSI
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
Appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis
nadat hy skuldig bevind is aan roof met verswarende omstandighede
soos omskryf in art 1 van Wet 51 van 1977 en gevonnis is tot 12
jaar gevangenisstraf.
Die
heel eerste aspek wat hierin bereg moet word is die vraag of die
oorkonde, soos dit tans daar uitsien, genoegsaam volledig en
korrek
is om die appél te kan bereg. Nadat die kennisgewing van appél in
die hof
a
quo
geliasseer is het dit geblyk dat ân bandopname van die verrigtinge
(band 3) wat ân gedeelte van die destydse beskuldigde 1
se
getuienis, sowel as die getuienis van die Appellant en sy getuie
Arlene Joubert se getuienis sowel as die eerste gedeelte van
die
uitspraak bevat het, vermis geraak het. Die landdros het die
aanklaer en die Appellant se advokaat (die destydse beskuldigde 1
wat ook regsverteenwoordig was is tydens dié verhoor onskuldig
bevind en ontslaan), sowel as die klerk van die hof byeen gebring
ten einde die gedeelte van die oorkonde wat ontbreek het, as gevolg
van die vermiste bandopname, te rekonstrueer. Hierdie rekonstruksie
van die notule is ook getranskribeer. Die rekonstruksie is gedoen
deurdat die landdros sy handgeskrewe notas in die rekord gelees
het
en die partye se kommentaar daarop aangevra het.
Namens
die appellant het sy regsverteenwoordiger, Advokaat Van Heerden wat
ook namens hom verskyn het in die appél voor ons, die
volgende op
rekord geplaas tydens die voormelde rekonstruksie van die notule:
a) Dat
die totale uitlees van die landdros se notas tydens die rekonstruksie
van die oorkonde ongeveer 17 minute geneem het, terwyl
die Appellant
beweer het dat hy alleen vir ongeveer ân uur onder kruisverhoor
geneem is (ek moet uitwys dat advokaat Van Heerden
daartoe bygevoeg
het in die oorkonde â
miskien
het dit seker vir hom so gevoel
â).
b) Dat
volgens die landdros se notas die aanklaer geen stellings aan die
eertydse beskuldigde 1, Deon Khujane, gemaak het nie.
c) Volgens
die notas het die aanklaer nie vir die Appellant uitgevra aangaande
bewysstuk C nie (bewysstuk C is fotoâs
wat vanaf ân
video-opname geneem is).
d) Dat
volgens die landdros se notas daar geen stellings aan die appellant
se getuie gemaak is nie; en
e) Die
Streeklanddros het op rekord geplaas dat hy nie op sy notas kon
onderskei wie die Appellant gekruisverhoor het nie, of dit
advokaat
Botha is of die aanklaer nie (advokaat Botha is die advokaat wat vir
die destydse beskuldigde 1 verskyn het).
Die
aanklaer in die hof
a quo
het by die geleentheid waar die landdros m.b.v. sy notas die
ontbrekende gedeelte van die oorkonde aangevul het, op rekord
geplaas
dat hy tevrede is daarmee.
Op
appél voor ons het Mnr. Van Heerden namens die Appellant, met
verwysing na hierdie aangeleenthede wat hy geboekstaaf het by
die
rekonstruksie van die oorkonde soos voormeld, aangevoer dat die
oorkonde nie volledig en korrek is nie. Volgens hom strek
hierdie
aspek, te wete die onvolledigheid van die aangevulde oorkonde, die
Appellant tot nadeel.
in
S
v S
1995(2) SASV 420 (T) het Van Dijkhorst R te 423 c-e dit as volg
gestel betreffende die notule van die verrigtinge:
â
Die
notule moet slegs 'n
wesenlike
weergawe
wees
van die verrigtinge. Absolute ooreenstemming word nie vereis nie. 'n
Perfekte woordelikse weergawe van die getuienis word nie
vereis waar
byvoorbeeld die notule per hand afgeskryf word nie, slegs 'n korrekte
en volledige weergawe. ...............
Die
toets bly, is die notule
wesenlik
korrek en volledig
.
â
(Die
beklemtoning is my eie).
Met
verwysing na die voormelde beslissing en ook die beslissing in
S
v Marais
1966(2) SA 544 (T) het Mnr. Van Heerden aangevoer dat a.g.v. die
feit dat daar ân wesenlike gedeelte van die oorkonde ontbreek,
die
skuldigbevinding en vonnis van die Appellant tersyde gestel behoort
te word.
In
S
v Zondi
2003(2) SASV 227 (W) was die bande waarop die verrigtinge
opgeneem was heeltemal verlore. Die transkripsie van die verhoor
het slegs die vonnisuitspraak gedek. In hierdie uitspraak het die
landdros weliswaar verwys na getuienis wat gelei is ten aansien
van
die skuldigbevinding. Daar was ân poging aangewend om die notule
te rekonstrueer, maar omdat die landdros se notas nie meer
beskikbaar was nie en die aanklaer en die appellant se
regsverteenwoordiger wat hom verteenwoordig het tydens die
vonnisstadium
ook nie in staat was om die landdros by te staan met
sodanige rekonstruksie nie, het dit misluk. Daar was wel ân
afskrif van
die saakdossier asook die getuieverklarings voorgelê,
sowel as ân eedsverklaring van die aanklaer wat sy rekolleksie van
die
verhoor weergegee het. By oorweging van ân soortelyke
submissie dat die skuldigbevinding en vonnis van die appellant in
daardie
saak tersyde gestel moet word, het Du Toit WnR hom as volg
uitgelaat te 243 g-i:
â
I
t
is the appellant who asserts and exercises her or his right by noting
and prosecuting an appeal; the duty of showing some error
or
unfairness in the trial proceedings resulting in her or him having
been wrongly convicted, rests upon the appellant; and the
Court
requires an adequate record in order to consider and decide the
appeal. On first principles therefore, it is the appellant
who has
the duty of placing an adequate record of the proceedings in the
court a quo before the Court of appeal in order to enable
it to
consider and decide the appeal. And, indeed, subrule 51(3) of the
Uniform Rules of this Court provides that:
'(3) The ultimate
responsibility for ensuring that all copies of the record on appeal
are in all respects properly before the Court
shall rest on the
appellant or his attorney.ââ
Verder
aan te 245 d verklaar die geleerde Waarnemende Regter as volg:
â
Where the
record of the proceeding in the court a quo is inadequate for a
proper consideration of the appeal, both the State and the
appellant
have a duty to try and reconstruct the record from secondary
sources.â
In
die
Zondi
-saak
het die Hof op appél, nieteenstaande die gebrekkigheid van die
oorkonde en die mislukte pogings om ân oorkonde sinvol te
rekonstrueer, die appél van die hand gewys. Die Hof het tot ân
bevinding gekom dat die stukke tot die beskikking van die Hof
op
appél wel voldoende was om die appél sinvol af te handel. Vergelyk
in dié verband ook:
S
v Leslie
2000(1)
SASV 347 (W) te 354 d-h waar Fleming ARP die volgende verklaar:
â
The object is
to obtain the best available evidence to prove what was testified in
the court which convicted and sentenced the accused.
................
He who complains
that the conviction should be set aside, ought to make his own
contribution. There is no reason why, during the process
of
reconstruction, it should not be expected also of the legal
representative of the accused and the accused himself to say what,
according to them, the evidence on a particular point was or what the
evidence generally was. The attorney's notes made during the
trial
are as relevant as the notes of the prosecutor or a social worker or
other witness who attended the trial and so was 'present
in court':
Die
enigste bydrae wat Mnr. Van Heerden gemaak het tydens die
verrigtinge waar ân poging aangewend was om die notule aan te vul,
was om te verklaar dat sy notas onvolledig is en om die Appellant se
bekommernisse uit te wys, waarvan ek alreeds hierin melding
gemaak
het. Ek is die mening toegedaan dat die oorkonde, soos aangevul,
heeltemal volledig is om hierdie appél sinvol af te kan
handel.
Dit kan duidelik uit die oorkonde afgelei word wie van die aanklaer
en die destydse beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger
op ân
bepaalde stadium vir die Appellant gekruisondervra het. Verder moet
in ag geneem word dat die blote feit dat die voorlees
van die
landdros se notas slegs sewentien minute geduur het binne konteks
geplaas moet word van die volgende:
a) Dat
ân groot deel van die bandopname wat verlore geraak het bestaan uit
die onderskeie regsverteenwoordigers se betoë; en
b) Dat
die voorsittende beampte se notas uiteraard bloot ân kriptiese
opsomming van die getuienis en ander verrigtinge daar sou
stel.
Verder
meen ek dat die feit dat sekere stellings wat gemaak moes gewees het
aan die Appellant en sekere kruisondervraging wat gevoer
moes gewees
het ten aansien van die fotoâs (bewysstuk C voor die Hof), se
afwesigheid hoegenaamd nie tot nadeel van die Appellant
kan strek
nie. As aanvaar word dat sodanige vrae en antwoorde dui op die
onskuld van die Appellant, soos ek wel aanvaar, is die
probleme wat
die Appellant in die gesig staar met die weergawe op die oorkonde
soos dit tans daar uitsien, steeds onoorkomelik soos
ek aanstons sal
aantoon.
Gevolglik
is ek tevrede dat die oorkonde voor ons genoegsaam volledig en
korrek is om hierdie appél te kan afhandel en wend ek
my na die
meriete van die appél.
Wat
die skuldigbevinding aanbetref gaan die submisies van Mnr. Van
Heerden oor die volgende twee aspekte:
a) Dat
die landdros gefouteer het om die getuienis van die klaer, Shaun
Drury, synde ân enkelgetuie en ân identifikasiegetuie,
te
aanvaar; en
b) Dat
die landdros gefouteer het deur die Appellant se weergawe, soos
gestaaf deur sy getuie Arlene Joubert, te verwerp.
11.1 Volgens
die getuienis is ân kiosk waar goedere verkoop word by ân
vulstasie gedurende die vroeë oggendure beroof deur twee
persone.
Een van hierdie persone was gewapen met ân vuurwapen en is daar by
hierdie geleentheid kontant van R500.00 en vooruitbetaalde
selfoon
lugtydkaarte ter waarde van R1000.00 buitgemaak.
11.2 Die
klaer, Shaun Drury, was ân petroljoggie by die betrokke vulstasie
en het die aand op versoek van een van die rowers die
kiosk waar
goedere verkoop word, binnegegaan om vir die betrokke rower ân
sigaret te kry. Kort hierna het hierdie rower ân vuurwapen
uitgehaal en hom daarmee gedreig. ân Ander persoon, wat na sy
mening deel was van die rooftog, het agterna ingekom en het die
lugtydkaarte uit die geldlaai verwyder. Die eerste rower met die
vuurwapen het die kontant uit die geldlaai verwyder. Drury het
hierdie twee persone identifiseer as die destydse eerste beskuldigde
(d.w.s. die een met die vuurwapen) en die ander rower as die
Appellant.
11.3 Volgens
Drury het die Appellant, toe hy binnegekom het, gesê â
En
airtime ook
â
met verwysing na die selfoon lugtydkaarte wat ook beroof moes word.
11.4 Dit
is gemeensaak dat die polisie nie hier ân uitkenningsparade gehou
het nie, iets waarna ek later sal terugkeer.
11.5 Die
Appellant se weergawe was dat hy per toeval op die toneel opgedaag
het om vir sy meisie ân pakkie aartappelskyfies te koop
en vir
homself lugtyd vir sy selfoon. Hy het toevallig op die roof afgekom
en toe hy sien dat daar ân roof aan die gang is, het
hy hom uit die
voete gemaak.
11.6 ân
Belangrike deel van die getuienis is dat daar ân video-kamera in
die kiosk was wat die gebeure op band opgeneem het.
Fotoâs is
vanaf hierdie videoband geneem en by die Hof ingedien as bewysstuk C.
Op die fotoâs blyk dit dat daar ân persoon
langs Drury staan in
die kiosk agter die toonbank waar die geldlaai is en dat ân ander
persoon (en wie dit nie in geskil is dat
dit die Appellant is) buite
die glasgedeelte staan waar die kliënte gewoonlik sou staan. Die
Appellant steek sy arm na binne deur
die gleuf en wys na die
geldlaai, terwyl op die foto die eerste rower (die een met die
vuurwapen) sy linkerhand in die geldlaai het.
Dit is ook duidelik
uit die foto dat daar items in die geldlaai is. Op ân verdere
foto, ongeveer 28 sekondes later geneem, staan
die Appellant steeds
by die gleufie aan die ander kant van die glas en het die eerste
rower ân vuurwapen gerig op Drury se kop.
Wat insiggewend en van
groot belang is, is dat die geldlaai op hierdie stadium leeg is
volgens die foto.
Wanneer
Drury se getuienis ontleed word is dit duidelik dat daar enkele
weersprekende aspekte voorkom in sy getuienis. Ek is dit
egter
eens met die landdros dat hierdie weersprekings nie van wesenlike
belang is nie. Wat van groter belang is, is dat Drury
gestaaf word
in sy uitkenning van die Appellant deurdat die Appellant op sy eie
weergawe wel op daardie stadium hom by die kiosk
bevind het.
Na
my mening is die fotoâs, bewysstuk C, van deurslaggewende
belang wanneer dit kom by stawing van Drury se getuienis. Ek
meen
die landdros was korrek in sy bevinding dat wanneer ân mens na die
fotoâs kyk, dit jou onmiddellik opval dat die Appellant
se
gesigsuitdrukking nie voorkom soos iemand wat toevallig op ân
gewapende roof afkom nie, veral met betrekking tot foto 3
waar
die rower sy vuurwapen op Drury gerig hou en die Appellant toekyk.
Verder
is dit ook opvallend dat, gedurende die 28 sekondes toe die eerste
rower met die vuurwapen die geldlaai leeggemaak het, die
Appellant
hom nie uit die voete gemaak het nie. Die Appellant se weergawe is
weliswaar dat hy op foto 2 na die geldlaai
wys om aan te dui
dat daar wel selfoonlugtydkaarte in die laai is, omdat Drury gesê
het dat daar nie sulke kaarte is nie. Ek
vind hierdie
verduideliking heeltemal onwaarskynlik en teenstrydig met die
algemene waarskynlikhede voorgehou in die Staat se weergawe.
Wat
veral opvallend is uit die fotoâs, is dat die rower met die
vuurwapen hom glad nie eens steur aan die Appellant nie, wat
beweer
dat hy toevallig op die toneel afgekom het. ân Mens sou verwag
het dat hy in die verloop van hierdie 28 sekondes ten
minste die
Appellant daar sou verwilder het, omdat dié ân verdere getuie sou
wees wat hom later sou kon uitken. Dit blyk egter
nie die geval te
wees uit die fotoâs voor ons nie. Die afleiding is na my mening
oorweldigend en onafwendbaar dat die Appellant
wel deel was van
hierdie rooftog.
Die
landdros het ân oormaat van versigtigheid aan die dag gelê toe
dit gekom het by identifikasiegetuienis. Dit blyk duidelik
uit die
feit dat hy die eerste beskuldigde die voordeel van die twyfel gegee
het, nieteenstaande Drury se uitkenning van hom, en
hom onskuldig
bevind en ontslaan het. Die fotoâs, bewysstuk C, help ook
nie in dié verband nie, want soos Drury getuig
het, blyk dit uit
die fotoâs dat die gewapende rower ân hoed op sy kop het wat
redelik diep oor sy oë getrek is. Aanvaarding
van Drury se
identifikasiegetuienis sou in dié omstandighede uiters problematies
wees, veral verder gesien in die lig van die
feit dat Drury nie ân
skynbaar opsigtelike litteken aan die betrokke beskuldigde 1 se
wang waargeneem het nie. Hierdie
benadering van die landdros dui
inderdaad daarop dat hy nie bloot lippediens bewys het aan die
geykte versigtigheidsreël ten aansien
van identifikasiegetuienis
nie. Ek meen dat daar nie gesê kan word van Drury se getuienis dat
dit van sodanige swak gehalte is
dat dit hoegenaamd nie in ag geneem
kan word nie. Ek meen derhalwe dat daar genoegsame stawing was vir
Drury as ân enkelgetuie
sodat sy getuienis aanvaar kon word.
Ek
is gevolglik tevrede dat die landdros heeltemal tereg die betrokke
getuie se getuienis aanvaar het waar dit na behore gestaaf
is. Ek
is dit verder ook eens met die landdros dat die Appellant se
weergawe net nie redelik moontlik waar kan wees nie. Op die
Appellant se weergawe het hy doodonskuldig na die kiosk gegaan om
iets te koop en toe hy merk dat daar ân gewapende rooftog in
aantog is, het hy die hasepad gekies. Hy keer egter terug na die
motorvoertuig waar sy meisie sit en wag en sê bloot vir haar
daar
is probleme by die kiosk, daarom het hy nie skyfies vir haar gekoop
nie. Hy lig haar glad nie in aangaande die gewapende
rooftog nie.
Sy verduideliking vir hierdie nalate gaan eenvoudig nie op nie.
Verder gaan hy heen en neem sy meisie huis toe en
ag dit hoegenaamd
nie nodig om die gewapende rooftog by die polisie aan te meld nie.
Sy verduideliking dat hy bang was omdat hy
onder die invloed van
drank motor bestuur het, gaan eweneens nie op nie.
Wanneer
al die getuienis as ân geheelbeeld oorweeg word meen ek dat daar
absoluut geen meriete is in die appél teen skuldigbevinding
nie.
Wat
die vonnis aanbetref is ek van mening dat die opgelegde vonnis te
swaar is en inderdaad skokkend onvanpas is. Die Appellant
is ân
jong man en was ongeveer 10 maande in hegtenis verhoorafwagtend en,
alhoewel hy ân tersaaklike vorige veroordeling van
diefstal het,
het hy nog nooit vantevore gevangenisstraf uitgedien nie. Verder is
daar getuienis op rekord van Drury dat die Appellant
aan die ander
rower gesê het dat hy nie vir Drury moet seermaak nie.
Daarbenewens is dit ook so dat die waarde van die rowers
se buit
relatief klein is en dat geen persoon beseer is tydens die rooftog
nie. Roof met verswarende omstandighede, veral waar
daar ân
vuurwapen gebruik is, soos wat hier die geval is, is en bly egter ân
ernstige oortreding en moet die Appellant uiteraard
ân lang
tydperk van gevangenisstraf opgelê word. Namens die Staat het Adv.
Jansen my verwys na ân ongerapporteerde uitspraak
wat ek gelewer
het in die saak van
S
v Jerry Mokalake
,
CA&R 74/02 gelewer op 17/04/2003, waar ek op appél die eerste
appellant, wat ân eerste oortreder was en meer as ân jaar
verhoorafwagtend was, se vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
bekragtig het op appél. In daardie geval egter was die betrokke
appellant self gewapen met ân vuurwapen en was die slagoffers van
die gewapende roof vir ân geruime tyd aangehou deur hom en
sy
makkers. Verder was die bedrag daar betrokke aansienlik meer as in
die onderhawige geval, te wete R53 000.00. Ek meen
dat in
hierdie geval die Appellant aansienlik meer toeskietlik behandel
moet word ten aansien van vonnis. Die landdros het tereg
bevind dat
daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat hom magtig om af te
wyk van die minimum voorgeskrewe vonnis soos vervat
in Wet 105 van
1997. Ek meen egter dat ân vonnis van direkte gevangenisstraf van
12 jaar heeltemal onvanpas is in die omstandighede.
Vir
die redes voormeld meen ek dat daar ingemeng behoort te word met die
vonnis. Myns insiens sal ân vonnis van 9 jaar gevangenisstraf,
waarvan 3 jaar op bepaalde voorwaardes opgeskort word, ân meer
gepaste vonnis wees.
By
gevolg word die volgende bevel gemaak
a) Die
appél teen skuldigbevinding word afgewys.
b) Die
appél teen vonnis slaag. Die vonnis word tersyde gestel en vervang
met die volgende:
Nege
(9) jaar gevangenisstraf waarvan drie (3) jaar opgeskort word vir ân
tydperk van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer
skuldig bevind word aan roof gepleeg gedurende die voormelde tydperk
van opskorting nie.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
LP
TLALETSI
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv Ferdi van Heerden
NAMENS
RESPONDENT : Adv C Jansen
DATUM VAN VERHOOR : 2004-03-08
DATUM VAN UITSPRAAK :