S v Mookwa (43/04) [2004] ZANCHC 53 (10 March 2004)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Right to a fair trial — Adequate explanation of rights to unrepresented accused — The accused, Kagisho Gilbert Mookwa, was convicted of theft of a cellphone valued at R1750.00 and sentenced to 30 months' imprisonment, with 10 months suspended. The magistrate failed to adequately inform the accused of the legal consequences of not presenting evidence in his defense, leading to an uninformed decision to close his case despite strong prima facie evidence against him. The High Court found that the proceedings were irregular and the accused was not properly advised of his rights, resulting in the conviction being set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 53
|

|

S v Mookwa (43/04) [2004] ZANCHC 53 (10 March 2004)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 43/04
Landdros
Saaknr: 954/03
Datum
gelewer: 2004-03-10
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
KAGISHO
GILBERT MOOKWA BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan diefstal van ‘n selfoon ter
waarde van R1750.00. Hy is gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf
waarvan 10 maande voorwaardelik opgeskort is vir ‘n tydperk van 5
jaar.
Ek
het die volgende navraag gerig aan die landdros:
“
Is
die beskuldigde sinvol en volledig ingelig van die regsgevolge indien
hy geen getuienis aanbied in sy saak nie?
Sien:
S
v Brown en ‘n ander
1996(2) SASV 49 (NK) te 65 f-g.”
Die
landdros het as volg hierop geantwoord:
“
Ek kan nie
onthou of die regsgevolge aan die beskuldigde verduidelik was nie.
Die oorkonde is ook vaag. Gevolglik is ek nie instaat
om die navraag
te beantwoord nie.”
Aan
die einde van die Staat se saak was daar ‘n redelike sterk
prima
facie
-saak
teen die beskuldigde uitgemaak dat hy die selfoon gesteel het
waarvan hy aangekla is. Die landdros het na afloop van die
Staatsaak die volgende verduideliking aan die beskuldigde verskaf:
“
Meneer die
Staatsaak is nou gesluit. U kan nou u kant van die saak voor die Hof
plaas. U kan dit doen deur self te getuig, getuies
roep om namens u
te getuig. Indien u sou getuig of getuies roep kan die aanklaer vir
u en u getuies kruisondervra. U is nie verplig
om te getuig nie, u
kan swyg. (vervaag).”
Ná
hierdie kriptiese en duidelik onvoldoende verduideliking het die
beskuldigde, ondanks die sterk
prima
facie
-bewyse
teen hom, sy saak gesluit en is hy sóós verwag kan word, skuldig
bevind aan die ten laste gelegde misdryf.
Dit
is geykte reg dat ‘n beskuldigde se stilswye die Staat se saak
versterk waar daar direkte getuienis is wat die beskuldigde
in die
pleging van die misdryf impliseer deurdat sodanige stilswye die
Staat se beweringe onbeantwoord laat;
Sien:
S
v Mthetwa
1972(3) SA 766 (A) te 769 D-F;
S
v Scholtz
1996(2) SASV 40 (NK) te 44 e;
S
v Zulu & others
1998(1) SASV 7 (HHA) te 14 d.
Aan
‘n beskuldigde wat nie regsverteenwoordig is nie moet verduidelik
word dat, alhoewel hy ‘n grondwetlike reg het om te swyg
en daar
derhalwe geen nadelige afleiding van sy stilswye gemaak kan word
nie, die gevolg van sy stilswye sal wees dat die Staat
se
prima
facie
-saak
teen hom, onweerspreek staan;
Sien:
S
v Brown en ‘n ander
,
supra
,
te 65 f-g.
Dit
is belangrik dat volledig notule gehou word van die landdros se
verduideliking van ‘n beskuldigde se regte;
Sien:
R
v Scoulides
1956(2) SA 388(A) te 395-6;
S
v Mahooa
1991(1) SASV 261(T) te 264 i.
In
casu
is
die notule onvolledig en kan die landdros nie ‘n bydrae lewer tot
die aanvulling daarvan nie.
In
S
v Mahooa
,
supra
,
te 265 b-c verklaar Eloff ARP as volg:
“
Ek
dink nie dit is voldoende om 'n onverdedigde beskuldigde in te lig
dat sy pleitverduideliking of dit wat hy gestel het in
kruisondervraging
nie bewyswaarde het nie. Selfs in die geval van 'n
beskuldigde soos dié wat die saak oor gaan, wat 'n hele paar keer op
ander klagtes
skuldig bevind is, spel die verduideliking in casu nie
in voldoende mate aan hom uit wat die konsekwensies is as hy nie
getuienis
aanbied nie. Dit is deel van die plig wat die hof het waar
'n beskuldigde sy eie verdediging waarneem, om hom ook in dié
verband
by te staan deur hom te laat besef dat as hy nie getuig of
getuies roep nie, hy 'n goeie kans staan om skuldig bevind te word.
Dié
element is nie aan die beskuldigde verduidelik nie, en dit moes
gewees het. Daarsonder was sy besluit dermate oningelig dat daar
nie
gesê kan word dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg is nie.”
Ek
is die mening toegedaan dat die situasie en slotsom dieselfde is in
die onderhawige saak. Voorsittende beamptes het ‘n dure
plig en
verantwoordelikheid om onverteenwoordigde beskuldigdes by te staan.
Sien
onder andere:
S
v Zimmerie en ‘n ander
1989(3) SA 484 (K);
S
v Zulu
1990(1) SA 655 (T);
S
v Amerika
1990(2) SASV 480 (K) te 484 h;
S
v Bulala
1997(2) SASV 267 (VHC).
Op
die oorkonde soos dit staan het die landdros gruwelik versuim in sy
plig om die beskuldigde behoorlik in te lig van sy regte.
In die
afwesigheid van ‘n behoorlike aanvuling van die oorkonde is
hierdie Hof na my mening genoodsaak om op hersiening die
beskuldigde
die voordeel van die twyfel te gee. Ek is van mening dat die
verrigtinge dermate onreëlmatig is dat bevind kan word
dat die
verrigtinge nie ooreenkomstig die reg is nie. Sien:
S
v Mahooa
,
supra
,
te 265 c-d.
Die
beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
CC
WILLIAMS
REGTER