About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 52
|
|
Propermark (Edms) Bpk v Galama (08/03) [2004] ZANCHC 52 (5 March 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 08/03
Datum
Verhoor: 2004-02-25
Datum
Gelewer: 2004-03-05
In
die saak van
:
PROPERMARK
(EDMS) BPK EISER
versus
HJ
GALAMA VERWEERDER
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
In
hierdie aangeleentheid dagvaar die Eiser, ân maatskappy wat onder
andere sake doen as handelaar in landbouprodukte insluitende
mielies, die Verweerder, ân boer, vir skadevergoeding
voortspruitend uit beweerde kontrakbreuk.
By
ooreenkoms tussen die partye voortvloeiend uit aanvullende
Reël 37-samesprekings, is ek versoek om ter aanvang allereers
die volgende aspek te beslis: of die Eiser regtens geoorloof was om
die tender vervat in par 5.5 van die Verweerder se
verweerskrif,
te aanvaar. Omrede ek die mening toegedaan was dat
hierdie ân sinvolle benadering daarstel, het ek gelas dat hierdie
aspek eerste
beredeneer en beslis moet word.
Vir
doeleindes van hierdie preliminêre aspek se beregting, is die
volgende feite óf gemeensaak tussen die partye óf word dit
nie
betwis nie:
3.1 Die
Eiser se skuldoorsaak is gebaseer op ân skriftelike ooreenkoms
aangegaan tussen die partye op 28 November 2001 ingevolge
waarvan die
Verweerder hom kontraktueel teenoor Eiser verbind het om een duisend
metrieke ton YM1-graad geelmielies aan die Eiser
te lewer (daar is ân
geskil tussen die partye oor die leweringsdatum waarna ek later sal
verwys.)
3.2 ân
Verdere bepaling van die voormelde skriftelike kontrak tussen die
partye was dat die Verweerder, indien hy nie in staat was
om uit eie
opbrengs die mielies soos voormeld te lewer nie, hy die mielies
elders moes bekom wat aan die Eiser gelewer moes word
of om dan die
Eiser te versoek om namens hom die mielies elders aan te koop, in
welke geval die Verweerder teenoor die Eiser aanspreeklik
sou wees
vir die bedrag wat verteenwoordig word deur enige verskil tussen die
prys van die mielies aldus elders aangekoop en die
prys in die
kontrak tussen die partye beding.
3.3 Die
Eiser sou ingevolge die voormelde skriftelike kontrak tussen die
partye binne sewe werksdae na lewering die Verweerder betaal
teen
R1 114.00 per metrieke ton vir die voormelde gelewerde mielies.
3.4 Die
Verweerder het nie die mielies gelewer soos ooreengekom nie, as
gevolg waarvan die dagvaarding uitgereik is.
Vir
doeleindes van beregting van hierdie preliminêre aspek is dit
belangrik dat ek tersaaklike gedeeltes van die Verweerder se
verweerskrif volledig weergee:
â
5.2
Die
Verweerder pleit dat hy ingevolge die ooreenkoms tussen die partye
verplig was om gedurende die tydperk 1 Oktober 2002 tot 31
Oktober
2002 een duisend ton mielies aan die Eiser te verskaf te die
Verweerder se plaas Rostrevor, Modderrivier.
5.3 Die
Verweerder was te alle tersaaklike tye en is steeds gewillig en
instaat om die gesegde mielies aan die Eiser te verskaf.
5.4 Desnieteenstaande
versuim die Eiser om die gesegde mielies in ontvangs te neem.
5.5
Die
Verweerder tender hiermee lewering aan die Eiser van een duisend ton
YM1 (staan vir Yellow Maize 1) mielies te Rostrevor, Modderrivier,
teen ân betaling van die ooreengekome koopprys van R1 114.00
(eenduisend eenhonderd en veertien Rand) per metrieke ton.
â
Die
beklemtoning van par 5.5 hierin is my eie.
Paragraaf
5.5 van die verweerskrif is gewysig op 18 Februarie 2004, d.w.s.
ongeveer ân week gelede, deurdat die verwysing na die
graad
mielies verander is vanaf AM1 na YM1 (ek moet uitwys dat die
skriftelike ooreenkoms tussen die partye, wat aangeheg is by
die
Eiser se besonderhede van vordering, ook verwys na YM1-graad geel
mielies).
By
ooreenkoms tussen die partye is by die aanvang van die verrigtinge
sekere dokumente opgehandig, ten einde die aanhoor van getuienis
wat
hierdie preliminêre aspek aanbetref te vermy. Dié dokumente
gemerk A1-A5 is die volgende:
6.1 Dokument
A1 is ân dekbrief vanaf die Eiser gerig aan die Verweerder,
gedateer 31 Oktober 2002 waarin verwys word na ân aangehegte
faktuur vir die skade gely deur die Eiser as gevolg van die kontrak
wat die Verweerder nie nagekom nie.
6.2 Dokument
A1-A3 is die faktuur waarin die bedrag van R205 000.00 soos
gevorder in die dagvaarding verskyn.
6.3 Dokument
A4 is ân skrywe gedateer 2 Junie 2003 vanaf Eiser se prokureurs aan
hulle korrespondente te Kimberley, wat op hulle
beurt weer hierdie
skrywe deurgegee het aan die Verweerder se prokureurs te Kimberley.
Hierdie brief is eintlik ân antwoord op
ân skrywe vanaf die
Verweerder se prokureurs te Kimberley aan die Eiser se prokureurs te
Kimberley gedateer 21 Mei 2003 en wat
dokument A5 voor die Hof is,
waarna ek aanstons sal verwys.
Die
tersaaklike gedeeltes van dokument A4 lees as volg:
â
Die
tender wat die Verweerder gemaak het in sy verweerskrif is te laat
gedoen en het die Verweerder nie die mielies aan ons kliënt
gelewer
op die tydstip, soos uiteengesit in die besonderhede van vordering
nie. Onder die omstandighede is ons kliënt nie bereid
om die tender
te aanvaar nie en volhard ons kliënt met ons kliënt se eis en kan
Mnr. Galama met die mielies handel, soos hy goeddink.â
6.4 Dokument
A5, hierbo na verwys, se tersaaklike gedeeltes lees as volg:
â
We
refer to the above matter and to the tender made in our clientâs
plea, namely that he was prepared to deliver the maize to the
plaintiff in terms of the contract and is still pr
epared
to do so.
Our
client wishes to enquire whether your client is willing to accept
this tender
,
as he has to continue to store the maize and is incurring storage
expenses in this regard. In the alternative, we suggest that
the
maize be sold to a third party and that the money be held in our
trust account, pending the finalisation of the action.â
Die
gedeelte wat ek beklemtoon hierin is my eie beklemtoning.
Die
Eiser beweer in sy dagvaarding dat die leweringsdatum van die
mielies kragtens die skriftelike ooreenkoms tussen die partye
die
tydperk 1 Maart 2002 tot 31 Maart 2002 was. Die Verweerder aan die
ander kant beweer in sy verweerskrif dat die leweringsdatum
inderdaad 1 Oktober 2002 tot 31 Oktober 2002 was. Vir die redes wat
later hierin sal blyk, is die korrekte leweringsdatum van
minder
belang. Wat van groter belang is, is die aangehaalde gedeeltes uit
die Verweerder se verweerskrif hierinvantevore na verwys
en meer
bepaald par. 5.5 daarvan.
Soos
blyk uit die inhoud van skrywe A4 wat ek aangehaal het hierbo, het
die Eiser die tender, gemaak deur die Verweerder in par. 5.5
van sy verweerskrif, van die hand gewys. Daarna, en wel op 13
Februarie 2004 toe die partye in Reël 37-samesprekings gewikkel
was, het die Eiser inderdaad hierdie tender aanvaar. Ek meen dat
dit van belang is om dié aanvaarding volledig weer te gee soos
dit
in die Reël 37-notule geboekstaaf is:
â
Die eiser plaas
op rekord dat die tender uiteengesit in die verweerder se
Verweerskrif word aanvaar nieteenstaande die vorige verwerping.
Die
eiser bied die verweerder kostes aan vanaf datum van tender tot en
met 13 Februarie 2004. Eiser verlang kostes tot en met tender
en ook
vanaf 14 Februarie 2004. Die verweerder neem kennis van die eiser se
standpunt.â
Namens
die Eiser het Mnr. Van Rhyn SC aangevoer dat die aanvaarding van dié
tender met die gepaardgaande aanbod ten aansien van
koste, soos
voormeld, ân einde aan die geding gebring het, aangesien daar geen
verdere geskilpunte tussen die partye bestaan
nie. Namens die
Verweerder het Mnr. Danzfuss SC aangevoer dat hierdie nie die tipe
tender is wat oop was vir aanvaarding deur
die Eiser nie.
â
n
Tender soos dié
voorgehou
in die verweerskrif deur die Verweerder, verskil van ân tender
gemaak ingevolge die bepalings van Eenvormige Hofreël
34. Van die
verskille is ondermeer die volgende:
a) In
ân Reël 34-tender het die teenparty ân beperkte tydperk om te
besluit of hy die aanbod gaan aanvaar aldan nie. As hy toelaat
dat
dié tydperk verval sonder om die aanbod te aanvaar, moet die ander
party se toestemming of die verlof van die Hof verkry word
om hom in
staat te stel om die aanbod/tender op ân later stadium te aanvaar
[Reël 34(6)]. ân Gemeenregtelike tender soos in
die onderhawige
geval is nie gekoppel aan ân tydsbeperking nie en bly voortbestaan
totdat dit teruggetrek word deur die party wat
die tender maak. Sien
in dié verband:
Bouwer
v Stadsraad van Johannesburg
1979(3) SA 37 (A) te 45 F-H.
b) ân
Verdere verskil is daarin geleë dat ân gemeenregtelike tender,
soos wat die geval is met enige ander aanbod in ons gemene
reg,
teruggetrek kan word alvorens die aanvaarding daarvan ân
kontraktuele verbintenis tussen die partye skep. Aan die ander
kant
kan ân Reël 34-aanbod teruggetrek word slegs met verlof van
die Hof. Sien
Ferenkel,
Wise & Co, Ltd v Cuthbert; Cuthbert v Frenkel, Wise & Co Ltd
1946 CPD 735
te 745, en sake daar aangehaal.
c) Daar
is ook ân verdere verskil, deurdat die Verweerder wat ân
gemeenregtelike tender aanbied dit moet pleit in sy pleitstukke
as hy
daarop wil steun ten aansien van koste (sien
Foord
v Lake and others NNO
1968(4) SA 395 (W) te 399 A), terwyl ân aanbod gemaak sonder
benadeling ingevolge Reël 34 nie aan die Hof openbaar mag word
te
enige tyd voor uitspraak nie [Reël 34(10)].
Die
party wat die tender maak word daaraan gebonde gehou totdat dit
teruggetrek word en sal ân Eiser byvoorbeeld in die geval
waar
geld gevorder word, geregtig wees op vonnis in die bedrag van die
oorspronklike tender al bewys die Eiser slegs ân mindere
bedrag as
wat die Verweerder se tender was; Sien in dié verband:
Greer
v McHarry
1938 WLD 182 te 184-186. ân Party wat so ân tender op sy
pleitstukke maak sal selfs daaraan gebonde gehou word indien
die
ander party geen verskuldigdheid teen hom bewys nie; Sien in dié
verband:
Grabe
v Pretoria Municipal Council
1908, TS 862.
Dit
staan nou vas in ons reg dat, selfs al het die teenparty ân tender
verwerp (selfs by meer as een geleentheid) staan dit daardie
party
vry om die tender te aanvaar so lank as wat dit bly staan. In dié
verband is die volgende
dictum
van Wessels AR in
Bouwer
v Stadsraad van Johannesburg
,
supra
te 45 F-H rigtinggewend:
â
Dit
is namens verweerder ter oorweging gegee dat eiser die aanbod binne
'n redelike tyd moes aanvaar het. Dit is nie gedoen nie,
en het die
aanbod dus verval. Dié betoog kan, na my mening, nie gehandhaaf word
nie. Die aanbod vervat in para 2 (c) van die pleit
is nòg uitdruklik
nòg stilswyend aan so 'n voorwaarde onderhewig gestel. Vóór
aanvaarding van die aanbod deur eiser, het dit
verweerder vrygestaan
om, met verlof van die Hof, sy pleit te wysig en die aanbod terug te
trek (òf om die bedrag te verhoog òf
te verminder). Verweerder het
dit egter nie gedoen nie. Indien die aanbod teruggetrek sou gewees
het, sou verweerder die voordeel
daarvan, wat betref 'n uiteindelike
kostebevel verbeur het. Verweerder wou klaarblyklik nie die voordeel
wat die aanbod ingehou het
verbeur nie. By ontstentenis aan
terugtrekking van die aanbod, sou eiser, na my mening, te eniger tyd
geregtig gewees het om dit
te aanvaar, en sodoende die twis tussen
die partye aangaande die bedrag van vergoeding te beëindig. Kyk
Greer v McHarry
1938 WLD 182.
â
Sien
ook in dié verband:
Foord
v Lake and others NNO,
supra
te 399 F â 400 C;
Unit
Inspection Co of SA (Pty) Ltd v Hall Longmore & Co (Pty) Ltd
SA 1995(2) SA 795 (A) te 801 D-F; 802 I. Na my mening staan
dit vas dat die tender steeds oop was toe dit aanvaar is op 13
Februarie 2004 deur die Eiser by die voorverhoorsamesprekings en was
die Verweerder daaraan gebonde, ongeag die feit dat die Eiser
by ten
minste een vorige geleentheid die tender van die hand gewys het. Die
gevolg hiervan is dat die tender regtens aanvaar is
en het dit ân
einde tot die geskil tussen die partye gebring.
Mnr.
Danzfuss het namens die Verweerder ân interessante argument
voorgehou wat die volgende behels:
a) Dat
die tender nie een was wat ontvanklik was vir aanname deur die Eiser
op enige stadium nie; en
b) Dat
die Eiser wat aksie ingestel het op grond van skadevergoeding en
derhalwe by noodwendige implikasie op grond van kansellasie
van die
kontrak, nie ân tender kon aanvaar wat daarop sou neerkom dat hy
die spesifieke nakoming van die kontrak bekom nie.
Ek
behandel nou vervolgens hierdie submissies afsonderlik.
Met
verwysing na
Christie
The
Law of Contract
4de uitg
te
468 het Mnr. Danzfuss aan die hand gedoen dat Mnr. Van Rhyn namens
die Eiser in sy betoog die tender in gedagte het wat ân
aanbod is
om ân betwiste eis te skik. Volgens Mnr. Danzfuss se submissie is
dit hier nie die geval nie, maar is dit
in
casu
eerder ân geval wat ressorteer onder gepoogde behoorlike
prestasie, welke poging gefrustreer is of word deur die optrede van
die skuldeiser. Kragtens hierdie betoog van Mnr. Danzfuss was
hierdie tender soos uiteengesit in par 5.5 van die Verweerder
se verweerskrif, gemaak nie
animus
contrahendi
nie, maar
animus
solvendi
,
d.w.s. om die Verweerder se bereidwilligheid en vermoë om te
presteer ingevolge die ooreenkoms tussen die partye te demonstreer.
Ek vind dit moeilik om hierdie argument van Mnr. Danzfuss te volg
en meen in elk geval dat daar absoluut geen meriete in steek
nie.
Ten eerste sou sy betoog noodwendig moes beteken dat die Eiser op
geen stadium nadat hy bewus geword het van dié tender
in die
Verweerder se verweerskrif, dit sou kon aanvaar nie. Die vraag
ontstaan dan onmiddellik waarom so ân tender dan gemaak
is.
Verder hou so ân argument glad nie tred hoegenaamd met die feit:
a) Dat
die verweerskrif gewysig is ten aansien van die bepaalde paragraaf
waarin die tender vervat is nie, so onlangs as 18 Februarie
2004 nie;
en
b) Die
duidelike en ondubbelsinnige inhoud van dokument A5 wat ek alreeds
hierinvantevore aangehaal het. Daardie dokument het na
my mening
slegs een betekenis â naamlik dat die Eiser
via
sy prokureurs versoek word om aanduiding te gee of hy
bereid
is om dié tender te aanvaar
.
Gevolglik
dus is die afleiding onafwendbaar dat die tender soos vervat in
par 5.5 van die verweerskrif vatbaar is vir slegs een
interpretasie en dit is die interpretasie soos vervat in dokument A5,
naamlik dat dit ân tender is wat oop was vir aanname of vir
verwerping deur die Eiser en wat oopgebly het totdat dit teruggetrek
is.
Wat
die tweede argument van Mnr. Danzfuss aanbetref, is dit duidelik dat
op die stadium toe dagvaarding uitgereik is, die Eiser
toe alreeds,
soos hy geregtig was om te doen ingevolge die skriftelike ooreenkoms
tussen die partye, elders geelmielies bekom het
teen ân hoër prys
as wat hy die Verweerder daarvoor sou vergoed het. Die Eiser was
gevolglik geregtig om skadevergoeding te
eis op die basis wat dit
hom gekos het om die geelmielies elders te bekom minus die bedrag
wat dit hom sou kos as hy die geelmielies
van die Verweerder
ingevolge die ooreenkoms tussen hulle sou verkry. Dit is dan ook
verstaanbaar waarom, soos Mnr. Van Rhyn betoog
het, die Eiser
genoodsaak was om op grond van skadevergoeding sy eis in te stel,
want die skade was toe alreeds gely. Ek verstaan
glad nie hoedat
dit gesê kan word dat met aanvaarding van die tender, die Eiser nou
besig is om te â
both
approbate and reprobate the contract
â
(
Christie
,
supra
te
627) nie. Al wat die Eiser doen is om ân einde te bring aan die
geskilpunt tussen hom en die Verweerder deur die tender,
wat
onvoorwaardelik was en wat steeds oop was, te aanvaar. Dit is nie,
soos wat Mnr. Danzfuss aangevoer het nie, dat hier sprake
is dat by
aanvaarding van die tender daar ân verdere kontrak tot stand gekom
het nie. Dit is beslis nie die Eiser se saak nie.
Die Eiser steun
deurgaans en konsekwent op die skriftelike ooreenkoms tussen die
partye aangegaan op 28 November 2001 (en soos
wat gemene saak tussen
die partye is). Om nou te poog om ân onderskeid te tref tussen ân
tender
animus
contrahendi
en
animus
solvendi
slaan
die bal mis, na my mening. Gevolglik is die gesag waarop Mnr.
Danzfuss in dié verband steun, te wete
Harris
v Pieters
1920 AD 644
te 645, heeltemal onderskeidbaar van die onderhawige
geval. Hier was nie ân poging tot aanvaarding van ân aanbod ter
gedeeltelike
vereffening van ân skuldverpligting nie, maar
inderdaad aanvaarding van ân tender vir die volle lewering van
geelmielies soos
bepaal in die skriftelike ooreenkoms tussen die
partye. Bygevolg is ek die mening toegedaan dat dit ook hierdie
tweede argument
deur Mnr. Danzfuss voorgehou, ontbreek aan enige
meriete.
Ek
kom derhalwe tot die slotsom dat die Eiser regtens na behore die
tender vervat in par 5.5 van Verweerder se verweerskrif
(soos
gewysig) aanvaar het op 13 Februarie 2004 tydens die Reël
37-samesprekings.
Ek
reik gevolglik die volgende bevel uit:
a) Die
Verweerder word gelas om 1000 (eenduisend) metrieke ton
YM1-graad geelmielies te Rostrevor, Modderrivier, aan die Eiser
te
lewer teen die betaling van R1114.00 (eenduisend eenhonderd en
veertien Rand) per metrieke ton.
b) Die
Eiser word gelas om die bedrag van R1114.00 (eenduisend eenhonderd en
veertien Rand) per metrieke ton aan die Verweerder te
betaal binne 7
(sewe) dae na lewering van die voormelde geelmielies deur die
Verweerder aan die Eiser.
c) Die
Verweerder word gelas om die Eiser se getakseerde party en
party-kostes van die geding te betaal tot en met 11 Maart 2003 en
vanaf 14 Februarie 2004 tot en met die datum van hierdie bevel.
d) Die
Eiser word gelas om die Verweerder se getakseerde party en
party-koste te betaal vanaf 12 Maart 2003 tot 13 Februarie 2004
.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS EISER : MNR. A.J.R. VAN RHYN SC
ADVOKAAT
NAMENS VERWEERDER : MNR. F.W.A. DANZFUSS SC
PROKUREUR
NAMENS EISER : DUNCAN & ROTHMAN
PROKUREUR
NAMENS VERWEERDER : HAARHOFFâS
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-02-26
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-03-05