S v Mbinge (29/04) [2004] ZANCHC 51 (4 March 2004)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of ammunition — Accused found guilty of unlawful possession of ammunition under section 32(1)(e) of Act 75 of 1969 — Trial court's assessment of the accused's version as not reasonably possible — Accused claimed shared living space and lack of knowledge regarding ammunition — High Court found trial court erred in dismissing accused's version as implausible — Evidence required a holistic approach, and the State failed to prove guilt beyond reasonable doubt — Accused's conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 51
|

|

S v Mbinge (29/04) [2004] ZANCHC 51 (4 March 2004)

Verslagwaardig:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
aan Regters:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
aan Landdroste:
Ja
/ Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hersiening
saakno: 29/04
Landdroshof
saakno: A270/01
Datum
Gelewer: 2004-03-04
In
die saak van
:
DIE
STAAT
versus
DIMBOTO
MBINGE BESKULDIGDE
Coram:
MAJIEDT
R
et
KGOMO
RP
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde is in die landdroshof skuldig bevind op 18 Julie 2002
aan ‘n oortreding van artikel 32(1)(e) van Wet 75 van 1969
(“
die
Wet
”)
en hy is gevonnis tot ses maande gevangenisstraf wat in die geheel
opgeskort is vir vyf jaar.
Die
verhoorlanddros het nou, bykans twee jaar later, die aangeleentheid
op spesiale hersiening gestuur met die volgende opmerkings:
“
In
retrospek is ek van oordeel dat die Hof verkeerdelik bevind het dat
die
beskuldigde
se
weergawe, hoewel onwaarskynlik nie redelik moontlik waar kan wees
nie. Hierdie oorsig word betreur. Ek vra derhalwe dat u die
skuldigbevinding en vonnis tersyde sal stel.”
Ek
het die Direkteur van Openbare Vervolgings versoek om my van ‘n
regsmening ten aansien van die betrokke skuldigbevinding te
voorsien. ‘n Volledige en deeglik beredeneerde skriftelike
regsmening is aan my voorsien deur Mnr. L. Roach van daardie
kantoor.
Advokaat J.J. Cloete, senior staatsadvokaat, stem saam
met die betrokke regsmening en het ook sekere verdere aspekte
bygevoeg
daartoe. Ek is aan beide van hulle dank verskuldig vir dié
regsmenings.
Die
beskuldigde het tereggestaan op ‘n aanklag soos voormeld. Daar
was beweer van staatsweë dat hy op 10 Januarie 2000 te of
naby
Roodepan in die distrik van Kimberley wederregtelik in besit was van
ammunisie wat bestem is om uit ‘n masjiengeweer of
soortgelyke
wapentuig afgeskiet te word sonder dat hy sodanige ammunisie ten
behoewe van die staat besit het of ooreenkomstig ‘n
permit
uitgereik deur die Minister besit het.
Die
getuienis van staatsweë het daarop neergekom dat twee
polisiebeamptes, Mnre I. Mafa en P. Dibebe op die datum vermeld in
die
klagstaat, saam met ander polisiebeamptes inligting ten aansien
van ‘n roof opgevolg het en in die loop daarvan die beskuldigde
se
woonstel gevisenteer het. Volgens Mnr. Mafa het hy die beskuldigde
se kamer deursoek en afgekom op ‘n weermagtrommel waarin
hy een
R5-magasyn bevattende een rondte en 24 R5-rondtes gevind het.
Volgens Mnr. Mafa het hy die beskuldigde genader vir ‘n
verduideliking rondom die besit van dié betrokke ammunisie en het
die beskuldigde slegs geantwoord dat hy ‘n soldaat is en dat
hy
die veertiende van daardie maand sou terugkeer werk toe. ‘n
Verdere getuie, Maj. J. Ditswe van die SA Nasionale Weermag,
het
getuig dat die beskuldigde onder geen omstandighede in besit van ‘n
magasyn en/of rondtes sonder die nodige toestemming kon
gewees het
nie.
Die
beskuldigde se weergawe wat hy voorgehou het in die hof was die
volgende:
a) Dat
hy sy woonstel deel met ander persone en dat die woonstel van tyd tot
tyd gebruik word deur van sy kollegas wat ook soms daar
oornag. Die
weermagtrommel wat die staatsgetuies na verwys het staan wel in sy
slaapkamer, maar word nooit gesluit nie.
b) Hy
het glad geen kennis van waar die betrokke rondtes vandaan kom nie.
c) Hy
het Mnr. Mafa se getuienis ontken dat toe hy gevra is vir ‘n
verduideliking hy slegs gesê dat hy ‘n soldaat is en die
veertiende
van daardie maand sou terugkeer werk toe. Volgens hom het
hy inderdaad aan Mnr. Mafa gesê dat hy glad geen kennis dra van die
rondtes
ammunisie nie.
d) Verder
het die beskuldigde ontken dat 25 rondtes aan hom getoon is deur Mnr.
Mafa. Hy getuig dat slegs ongeveer 5 – 7 rondtes
aan hom getoon
is.
Die
kernvraag wat beantwoording verg hierin is of die beskuldigde se
weergawe as redelik moontlik waar aangemerk kan word. Ten
einde so
‘n bepaling te kan maak moet ‘n holistiese benadering gevolg
word en moet die getuienis van die Staat sowel as dié
van die
beskuldigde as ‘n geheel oorweeg word. In
S
v Chabalala
2003(1) SASV 134 (SCA) te 139 i – 140 b stel Heher WN.
AR. dit as volg:
“
[15]
The trial court's approach to the case was, however, holistic and in
this it was undoubtedly right: S v Van Aswegen
2001 (2) SACR 97
(SCA). The correct approach is to weigh up all the elements which
point towards the guilt of the accused against all those which
are
indicative of his innocence, taking proper account of inherent
strengths and weaknesses, probabilities and improbabilities on
both
sides and, having done so, to decide whether the balance weighs so
heavily in favour of the State as to exclude any reasonable
doubt
about the accused's guilt. The result may prove that one scrap of
evidence or one defect in the case for either party (such
as the
failure to call a material witness concerning an identity parade) was
decisive but that can only be an ex post facto determination
and a
trial court (and counsel) should avoid the temptation to latch on to
one (apparently) obvious aspect without assessing it in
the context
of the full picture presented in evidence. Once that approach is
applied to the evidence in the present matter the solution
becomes
clear.”
In
S v Van Aswegen,
supra
,
haal Cameron AR die volgende
dictum
van Nugent R in S v Van der Meyden 1999(1) SASV 447 (W) te 450 a aan:
'It
is difficult to see how a defence can possibly be true if at the same
time the State's case with which it is irreconcilable is
''completely
acceptable and unshaken''. The passage seems to suggest that the
evidence is to be separated into compartments, and
the ''defence
case'' examined in isolation, to determine whether it is so
internally contradictory or improbable as to be beyond
the realm of
reasonable possibility, failing which the accused is entitled to be
acquitted. If that is what was meant, it is not
correct. A court does
not base its conclusion, whether it be to convict or to acquit, on
only part of the evidence. The conclusion
which it arrives at must
account for all the evidence. . . .
I am not sure
that elaboration upon a well-established test is necessarily helpful.
On the contrary, it might at times contribute
to confusion by
diverting the focus of the test. The proper test is that an accused
is bound to be convicted if the evidence establishes
his guilt beyond
reasonable doubt, and the logical corollary is that he must be
acquitted if it is reasonably possible that he might
be innocent. The
process of reasoning which is appropriate to the application of that
test in any particular case will depend on
the nature of the evidence
which the court has before it. What must be borne in mind, however,
is that the conclusion which is reached
(whether it be to convict or
to acquit) must account for all the evidence. Some of the evidence
might be found to be false; some
of it might be found to be
unreliable; and some of it might be found to be only possibly false
or unreliable; but none of it may
simply be ignored.'
Laastens
in dié verband verwys ek na
S
v V
2000(1)
SASV 453 (SCA) waar Zulman AR die volgende sê te 455 b-c:
“
It
is trite that there is no obligation upon an accused person, where
the State bears the onus, 'to convince the court'. If his version
is
reasonably possibly true he is entitled to his acquittal even though
his explanation is improbable. A court is not entitled to
convict
unless it is satisfied not only that the explanation is improbable
but that beyond any reasonable doubt it is false. It is
permissible
to look at the probabilities of the case to determine whether the
accused's version is reasonably possibly true but whether
one
subjectively believes him is not the test. As pointed out in many
judgments of this Court and other courts the test is whether
there is
a reasonable possibility that the accused's evidence may be true.”
Na
my mening het die landdros gefouteer deur te bevind dat die
beskuldigde se weergawe (hoe onwaarskynlik sy dit ook al mag bevind
het, (‘n siening wat ek nie noodwendig deel nie) nie redelik
moontlik waar is nie.
8.1 In
die eerste plek het die beskuldigde beweer dat die magasyn wat gevind
was nie ‘n R5-magasyn was nie maar wel ‘n granaat-magasyn.
Die
landdros verwerp hierdie weergawe deur te bevind dat die polisie, wat
die magasyn gevind het, daarin opgelei was en die onderskeid
sou kon
tref tussen dié twee. Dit is korrek soos Mnr. Roach uitwys in sy
regsmening, dat die Staat glad nie hierdie magasyn en/of
25 rondtes
ammunisie as bewysstukke voor die Hof geplaas het nie. Die
teenstrydigheid tussen die Staat en die beskuldigde se weergawes
kon
daardeur met gemak uitgeskakel gewees het. Verder kon die getuie,
Mnr. Mafa ook nie ‘n bevredigende beskrywing van die magasyn
verskaf nie.
8.2 Die
beskuldigde het beweer dat ander mense soms in sy woonstel vertoef
het en dat van sy kollegas sommige kere daar oornag het.
Daar was
geen
onus
op
die beskuldigde om hierdie persone te roep om te getuig nie;
inteendeel, moes die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het deur
hierdie betrokke aspek op te volg. Vergelyk in dié verband:
S
v Mafiri
2003(2) SASV 121 (SCA) te 127 e-f. Verder moet in gedagte gehou word
dat Mnr. Mafa nie die moontlikheid kon uitsluit dat die
slaapkamerdeur
sowel as die weermagtrommel waarin hy na bewering die
rondtes ammunisie gevind het, gewoonlik nie gesluit word nie.
Gevolglik
is dit redelik moontlik waar, soos wat die beskuldigde
aangevoer het, dat ander persone (veral sy kollegas) toegang tot
daardie kamer
sowel as die trommel gehad het. Dit is weliswaar so
dat aangevoer kan word dat dit onwaarskynlik is dat ‘n ander
persoon rondtes
ammunisie in dié betrokke trommel sou plaas, maar
dit doen nie afbreuk daaraan nie dat daar nie gesê kan word dat die
betrokke
bewering vals bo redelike twyfel is nie.
8.3 Die
landdros maak verder gewag daarvan in haar uitspraak dat die toeval
net te groot is dat die beskuldigde wel ‘n soldaat is
en dat
hierdie magasyn en rondtes in sy weermagtrommel gevind word. Dit
opsigself kan nie die afleiding regverdig dat die beskuldigde
skuldig
is aan die ten laste gelegde misdryf nie. Die verpligting rus steeds
op die Staat om die nodige
mens
rea
te bewys. Per slot van sake vereis ‘n skuldigbevinding aan ‘n
oortreding van art 32(1)(e) van die Wet tog
wederregtelikheidsbewussyn
aan die kant van die beskuldigde.
Vergelyk in dié verband:
S v Mafiri
,
supra
te 126 e.
Mnr.
Roach het ‘n verdere aspek aangeroer in sy regsmening, te wete dat
daar ‘n verdere klagte bygevoeg moes gewees het ten
aansien van
die magasyn, naamlik ‘n oortreding van art 32(1)(a) van die
Wet, aangesien ‘n magasyn nie bestempel kan word
as ammunisie nie,
maar eerder as ‘n onderdeel van ‘n masjiengeweer. Hierdie is ‘n
interessante argument wat vir my
prima
facie
aansienlike meriete het, maar is dit van akademiese belang, gegewe
die slotsom waartoe ek gekom het hierin.
Vir
die voormelde redes is ek gevolglik van oordeel dat die landdros
gefouteer het deur te bevind dat die beskuldigde se weergawe
vals bo
redelike twyfel is en deur dit te verwerp. Soos ek hierbo aangedui
het is dit inteendeel my mening dat die beskuldigde
se weergawe
redelik moontlik waar is en dat hy derhalwe verkeerdelik skuldig
bevind is.
Die
beskuldigde se skuldigebevinding en vonnis word gevolglik ter syde
gestel.
_____________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
______________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT