S v Benjamin and Others (708/03) [2004] ZANCHC 50 (4 March 2004)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Automatic Review — Completeness of Record — The High Court reviewed the proceedings of the lower court concerning accused persons Benjamin, Bloukops, and Fouche. The record was found to be incomplete due to the absence of mechanical recordings and insufficient transcription efforts by the court clerk. The court highlighted significant gaps in the record, particularly regarding the admissibility of evidence and the accused's rights to legal representation. The court ordered further steps to reconstruct the record, emphasizing the necessity for a complete and accurate account of the proceedings to ensure a meaningful review.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 50
|

|

S v Benjamin and Others (708/03) [2004] ZANCHC 50 (4 March 2004)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 708/03
Landdros
Saaknr: RCX 71/02
Datum
gelewer: 2004-03-04
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
RONWIN
BENJAMIN BESKULDIGDE 1
STEPHEN
BLOUKOP BESKULDIGDE 2
LOUIS
FOUCHE BESKULDIGDE 3
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
doel van outomatiese hersienings is om op spoedeisende wyse na te
gaan of verrigtinge in sekere aangeleenthede in die laer howe
ooreenkomstig die reg geskied het. Die masjinerie wat geskep is in
die Strafproseswet het dan ook ten doel dat sulke aangeleenthede
so
spoedig moontlik afgehandel behoort te word, vir ooglopende redes.
Hierdie onderhawige saak dien as illustrasie van watter
ontsaglike
probleme ‘n gebrekkige oorkonde kan meebring met die afhandeling
van ‘n hersieningsaangeleentheid.
Op
11 Februarie 2003 het Olivier WnR (soos hy toe was) en Kgomo RP in
‘n uitspraak in hierdie saak volledige aanwysings verskaf
aan die
Klerk van die Hof om die aansienlike leemtes in die oorkonde aan te
vul en reg te stel, indien nodig met behulp van sekondêre
getuienis, en dan die aangeleentheid weer voor te lê vir hersiening
voor ‘n Regter in kamers. Dit is nodig dat dié betrokke
bevel
volledig weergegee word hierin, soos ek hiermee doen:
“
1. Die
aangeleentheid word verwys na die Klerk van die Landdroshof,
Kimberley, met die volgende aanwysings:
1.1 Die meganiese
opname van die verrigtinge in die Landdroshof voor mnr J Von Wielligh
moet nagegaan word om te verseker dat alle
gedeeltes van die gemelde
verrigtinge getranskribeer is of word, en spesifiek in ‘n poging om
‘n transkripsie te verkry van:
i) die
kruisverhoor wat namens beskuldigde 3 gevoer is op die staatsgetuie,
inspekteur Bartie; en
ii) die
gedeelte van die verrigtinge toe daar namens een of meer van die
beskuldigdes versoek is dat bepaalde getuienis rakende uitwysings
as
ontoelaatbaar bevind word, soos na verwys in die Landdros se
uitspraak op bl 151 van die bestaande oorkonde.
1.2 Indien die
Klerk van die Hof nie die voormelde gedeeltes van die verrigtinge met
behulp van die meganiese opname van die verrigtinge
getranskribeer
kry nie, of dit andersins sou blyk dat die geheel van die verrigtinge
nie getranskribeer is en in die oorkonde vervat
is nie, moet die
Klerk van die Hof die bes moontlik sekondêre getuienis bekom van
enige gedeeltes van die verrigtinge wat nie getranskribeer
is en deel
van die oorkonde uitmaak nie, en spesifiek ook van daardie gedeeltes
van die verrigtinge na verwys in paragrawe 1.1(i)
en 1.1(ii) hierbo,
insluitende:
1.2.1 die
verkryging van ‘n eedsverklaring” van die verantwoordelike
beampte tot die effek dat die bepaalde gedeeltes van die
meganiese
opname ontbreek of dat bepaalde gedeeltes van die verrigtinge nie
opgeneem is nie, met vermelding van na welke gedeeltes
in hierdie
verband verwys word;
1.2.2 die
verkryging van eedsverklarings van enige persone wat behulpsaam kan
wees met die rekonstruksie van die ontbrekende gedeeltes
van die
verrigtinge en meer spesifiek van die gedeeltes na verwys in
paragrawe 1.1(i) en 1.1(ii) hierbo; en
1.2.3 die
bestudering en vergelyking van enige handgeskrewe notas wat tydens
die verhoor in die Landdroshof gemaak mag gewees het
deur die
voorsittende Landdros of deur enige van die partye of hul
regsverteenwoordigers.
2. Die Klerk van
die Hof moet dan weer die oorkonde, aangevul soos voormeld, aan die
aanklaer en die beskuldigdes of hul regsverteenwoordigers
voorlê vir
hul goedkeuring daarvan as ‘n behoorlike weergawe van die
verrigtinge, of andersins vir kommentaar daarop.
3. Die
oorkonde moet dan weer aan hierdie Hof voorgelê word vir hersiening,
nadat die Klerk van die Hof dit, indien moontlik, gesertifiseer
het
as ‘n behoorlike en betroubare oorkonde van die verrigtinge in die
Landdroshof, of andersins aangedui en uiteengesit het in
welke
opsigte die oorkonde steeds onvolledig mag wees.”
Die
Klerk van die Hof het gepoog om uitvoering te gee aan die voormelde
aanwysings, maar het jammerlik gefaal in sodanige poging.
Ek ag dit
nodig om die Klerk van die Hof se Memorandum volledig weer te gee:
“
Die klerk van
die hof het gepoog om die verigtinge te laat transkribeer. Dit blyk
egter dat dit per abuis nie meganies opgeneem was
deur die landdros
nie (sien sertifikaat van sneller opnames).
Uit
die klerk van die hof se poging om die saak te rekonstrueer het die
volgende geblyk:
a) Die
regsverteenwoordiger vir beskuldigde 1 tydens die verhoor was Mnr
Mbewu. Hy het egter die dienste van die regshulpraad verlaat
en die
saak aan Mnr Posa vir vonnis doeleindes oorgegee.
‘n
Verklaring is van hom bekom waarin hy meedeel dat hy nie meer oor
notas met betrekking tot die saak beskik nie en nie behulpsaam
kan
wees met die rekonstruksieproses nie.
b) Beskuldigde
2 wie in persoon verskyn het word huidiglik op ‘n lasbrief gesoek
en kan sy insette tot rekonstruksie ook nie bekom
word nie.
c) Mnr
Van Heerden regsverteenwoordiger vir beskuldigde 3 het per skrywe
aangedui dat hy nie saamstem met die rekonstruksie van Mnr
Von
Wielligh die verhoorlanddros nie. Hy beskik egter nie oor notas om
dit aan te vul nie. Hy is ook nie bereid om die klerk van
die hof
van ‘n beëdigde verklaring tot die effek te gee nie (skrywe
aangeheg).
d) Die aanklaer
stem saam met die rekonstruksie van Mnr Von Wielligh (verklaring
aangeheg).
e) Mnr
Posa, huidiglik regsverteenwoordiger van beskuldigde 1 het eers
tydens die verrigtinge van vonnisoplegging tot die saak toegetree
en
kan ook geen insette lewer nie.
Na aanleiding van
voormelde wens ek weereens die saak na u terug te verwys vir verdere
riglyne.”
Omrede
ek die mening toegedaan was dat die oorkonde steeds nie behoorlik
aangevul is om ‘n sinvolle hersiening te kan doen in
hierdie
aangeleentheid nie, het ek die kantoor van die Direkteur van
Openbare Vervolgings versoek om ‘n regsmening te voorsien
as volg:
a) Of
die oorkonde soos dit tans daar uitsien, voldoende volledig is om op
‘n sinvolle wyse die aangeleentheid op outomatiese hersiening
na te
gaan; en
b) Indien
nie, welke verdere stappe nodig is en prakties haalbaar is om enige
steeds bestaande gebreke in die oorkonde aan te vul;
en
c) Indien
die oorkonde wel voldoende volledig is, of die beskuldigdes se
skuldigbevindings regtens in orde is.
Advokaat
JJ Cloete van daardie kantoor het ‘n baie behulpsame regsmening
verskaf, waarmee die adjunk-direkteur van Openbare Vervolgings,
Advokaat CW Louw, saamstem. Ek is dank verskuldig aan Advokaat
Cloete vir sy insette. Ek is dit eens met die mening van Mnr
Cloete
dat die oorkonde, soos dit tans daar uitsien, nie voldoende volledig
is om die hersiening te kan afhandel nie. Hierdie
aangeleentheid
word verder gekompliseer deur die feit dat die rekonstruksie van die
oorkonde wat die verhoorlanddros gedoen het
met behulp van sy notas,
nie ondersteun word deur die advokaat en opdraggewende prokureur wat
namens beskuldigde 3 opgetree het
nie. By deurlees van die oorkonde
en met verwysing na die aanvullende oorkonde, soos gerekonstrueer
deur die landdros, is daar
‘n belangrike aspek waar die
waarskynlikhede na my mening daarop dui dat die landdros se
rekonstruksie nie akkuraat en/of volledig
kan wees nie. Dit gaan
naamlik om die kwessie van die toelaatbaarheid van die uitwysings
wat beskuldigdes 1 en 3 aan die polisiebeamptes
Bartie en Mitchell
gemaak het. Kragtens die oorkonde soos gerekonstrueer deur die
landdros, het die advokaat namens beskuldigde
3 wel vrae in
kruisondervraging aan die polisiebeampte Bartie gestel, maar hy het
nie die toelaatbaarheid van die uitwysings na
bewering gemaak deur
beskuldigde 3 aan Bartie behandel nie. Ek onderbreek myself hier om
uit te wys dat volgens die oorspronklike
oorkonde, die betrokke
advokaat namens beskuldigde 3 glad nie vir Bartie gekruisondervra
het nie (wat uit die aard van die saak
verkeerd is, kragtens die
gerekonstrueerde oorkonde). Die toelaatbaarheid van die voormelde
uitwysing het wel egter ter sprake
gekom, want dit word pertinent in
die uitspraak van die landdros behandel asook in die gedeelte van
die oorkonde wat die uitspraak
voorafgegaan het. Ek is dit eens met
advokaat Cloete in sy regsmening dat die waarskynlikhede daarop dui
dat die advokaat namens
beskuldigde 3 wel die kwessie van die
toelaatbaarheid van die uitwysings deur beskuldigde 3 aan Bartie met
die betrokke polisiebeampte
aangeraak het. Die vraag kan tereg
gevra word:
Hoekom
sou die betrokke advokaat vir Mitchell daaroor kruisondervra en nie
vir Bartie nie?
Hierdie is uiteraard ‘n absoluut wesenlike aspek in beskuldigde 3
se saak.
‘
n
Verdere aspek wat hiermee gepaard gaan is of die
beskuldigdes
kragtens die bepalings van art 35(2)(c) van die Grondwet (
Wet
108 van 1996
)
ingelig is van hulle fundamentele reg om op staatsonkoste van ‘n
regsverteenwoordiger voorsien te word. Die oorkonde dui aan
dat
Mitchell getuig het dat hierdie bepaalde opsie nie aan die
beskuldigdes verduidelik is nie. Só ‘n wesenlike verontagsaming
van die beskuldigdes se fundamentele regte ingevolge die Grondwet,
kan lei tot die uitsluiting van sodanige getuienis; sien
in dié
verband
S
v Soci
1998(2) SASV 275 (OK) te 296 i â€“ 297 a. ‘n Hof het
weliswaar ‘n diskresie om sodanige getuienis toe te laat; sien
Key
v Attorney General Cape Provincial Division and another
1996(2) SASV 113 (CC) te par. 13 & 14;
S
v Gumede
1998(5) BCLR 530 (D) te 541 f-i. Op hiersiening moet hierdie
Hof egter bepaal aan die hand van die getuienis op die oorkonde
waarom die verhoorlanddros sy diskresie op so ‘n wyse uitgeoefen
het deur die betrokke getuienis toe te laat.
Die
oorkonde is heeltemal gebrekkig wat betref hierdie aspek tans onder
bespreking. Ek meen dat advokaat Cloete se voorstel dat
dié
gebreke aangevul kan word deur die betoë van beskuldigdes 1 en 3 se
regsverteenwoordigers voor uitspraak te transkribeer,
sinvol is.
Sodanige betoë sou hierdie aspek ten aansien van die inbreukmaking
van die beskuldigdes se reg tot regsverteenwoordiging
voordat die
uitwysings gemaak is, aangespreek het. In hierdie betoë is daar
in alle waarskynlikheid na Bartie se getuienis verwys
en kan
sodanige betoë ook aangewend word om Bartie se getuienis sinvol te
rekonstrueer in dié verband. Na sodanige rekonstruksie
kan daar
gepoog word om eenstemmigheid tussen die verhoorlanddros en die
partye aangaande Bartie se getuienis te bereik en kan
die
ontbrekende gedeeltes dan aangevul word. Sien in dié verband:
S
v Zondi
2003(2) SASV 227 (W).
‘
n
Verdere moontlike hulpmiddel by die rekonstruksie van die oorkonde
ten aansien van hierdie kwessie van die toelaatbaarheid van
die
betrokke getuienis, is die betoë wat gevoer is by die formele
aansoek om ontslag namens
beskuldigde
3 in terme van art 174 van die Strafproseswet. Die advokaat
namens beskuldigde 3 is van mening dat daar wel so
‘n aansoek
gebring was, alhoewel hy nie doodseker is daaraangaande nie. Ek
meen dat die Klerk van die Hof hierdie betrokke aspek
behoort op te
volg, en indien daar wel so ‘n formele aansoek ingevolge art 174
was, behoort dit ook getranskribeer te word.
By
gevolg reik ek die volgende bevel uit, welke bevel dien as verdere
aanwysende riglyne aan die Klerk van die Hof ten einde hierdie
oorkonde verder aan te vul:
a) Daar
moet vasgestel word of daar wel ‘n aansoek om ontslag ingevolge die
bepalings van art 174 van die Strafproseswet namens
beskuldigde
3 gebring was en indien wel, dat die betoë daaraangaande
getranskribeer word.
b) Dat
die betoë op die meriete van die saak deur die aanklaer sowel as van
die regsverteenwoordigers van beskuldigdes 1 en 3 getranskribeer
word.
c) Dat
die oorkonde dan weer vir hersiening voorgelê word aan hierdie Hof.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT