Fourie v De Beers Consolidated Mines Limited (1302/1995) [2004] ZANCHC 49 (24 February 2004)

57 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Costs — Costs de bonis propriis — Application for costs against attorney for negligence — Respondent's attorney failed to ensure proper representation after client's death — Attorney's actions deemed grossly negligent — Court ordered attorney to pay costs of application and related proceedings de bonis propriis.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 49
|

|

Fourie v De Beers Consolidated Mines Limited (1302/1995) [2004] ZANCHC 49 (24 February 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1302/1995
Datum
Verhoor: 2004-02-20
Datum
Gelewer: 2004-02-24
In
die saak van
:
Jan
Petrus Johannes Fourie Eiser
en
De
Beers Consolidated Mines Limited Verweerder
In
die aansoek van
:
DE
BEERS CONSOLIDATED MINES LIMITED APPLIKANT
en
JAN
PETRUS JOHANNES FOURIE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
REDES
VIR BEVEL
MAJIEDT
R:
Op
23 Januarie 2004 het ek die volgende bevel toegestaan nadat die
Applikant hierdie Hof genader het op ‘n onbestrede basis ten
aansien van die bepaalde regshulp hierna uiteengesit:
1 Die
kennisgewing van terrolleplasing gedateer 23 September 2003 voorgegee
afgelewer te wees namens die Eiser word tersyde gestel.
2. Die
aksie word van die hofrol verwyder.
3. Die
nie-nakoming van die Reëls van hierdie Hof word gekondoneer.
In
paragraaf 4 van die kennisgewing van mosie het die Applikant die
volgende regshulp aangevra:
“
Die
koste van die aansoek asook die kostes van die Applikant aangegaan
sedert 23 September 2003 moet betaal word deur die Eiser se
prokureur
de
bonis propriis.
”
Aangesien
die betrokke aangevraagde regshulp teengestaan is deur die Eiser se
prokureurs (Theunissen Prokureurs), het ek die aangeleentheid
uitgestel na 20 Februarie 2004 en verdere bevele gemaak ten aansien
van die liassering van verdere eedsverklarings in die aangeleentheid.
Op
20 Februarie 2004 het ek gelas dat die aangevraagde regshulp
toegestaan word. Hierdie is die redes vir daardie bevel.
‘
n
Kort agtergrond van
die
aanloop tot hierdie betrokke aansoek is nodig.
4.1 Die
Respondent het as Eiser ‘n aksie ingestel in saaknommer 1302/95 en
by die verhoor daarvan is die saak op versoek van die
Respondent se
regsverteenwoordigers op 25 Maart 1997 uitgestel ten einde oorweging
daaraan te skenk of hulle eisoorsaak geherformuleer
behoort te word
en dat hulle moontlik by wyse van mosie-prosedure verder litigeer.
4.2 Na
die voormelde uitstel op 25 Maart 1997 het daar niks verder gebeur
nie totdat die Respondent se prokureurs op 15 Mei 2003 ‘n
kennisgewing afgelewer het waarin die toewysing van ‘n verhoordatum
versoek is. ‘n Verhoordatum is toegeken en ‘n kennisgewing
van
terrolleplasing gedateer 23 September 2003 is op die Applikant se
prokureurs beteken en by hierdie hof geliasseer. Ek moet uitwys
dat
op die stadium toe die kennisgewing van terrolleplasing soos voormeld
beteken en geliasseer is, dit gedoen is deur Theunissen
Prokureurs
oënskynlik ten behoewe van en namens die Respondent as Eiser in
saaknommer 1302/95.
4.3 Na
ontvangs van hierdie voormelde kennisgewing van terrolleplasing het
die Applikant se prokureurs ‘n skrywe gerig aan Theunissen
Prokureurs waarin hulle versoek het dat daar teen 27 November
2003 ‘n aanduiding verskaf moet word ten aansien van die
voortsetting
van die beoogde verhoor aldan nie, en indien wel, of dit
sou geskied op die skuldoorsake soos dit op daardie stadium gestaan
het
op die stukke. Daar is verder ook uitdruklik navraag gedoen of
die erfgename kennis dra van die potensiële aanspreeklikheid vir
kostes van die verrigtinge. ‘n Nasoek deur die Applikant se
prokureurs in die plaaslike Meesterskantoor het aan die lig gebring
dat die Respondent (Eiser in die hoofsaak) alreeds oorlede is op 1
April 2002 en dat sy bestorwe boedel geregistreer is in die kantoor
van die Meester as boedelnommer 584/2002.
4.4 In
reaksie op voormelde skrywe het die prokureurs Hanekom & Kie wat
opgetree het namens ten minste twee van die drie eksekuteurs
in die
oorlede Respondent/Eiser se boedel, laat blyk dat dié betrokke
eksekuteurs nie geneë is om die aangeleentheid voort te sit
nie.
4.5 Die
Applikant se prokureurs het vervolgens ‘n Reël 37-kennisgewing
afgelewer aan die Respondent waarvolgens ‘n voorverhoor
vergadering
belê is vir 20 November 2003. Daar is ook op 25 November 2003 deur
Applikant se prokureurs ‘n Reël 7-kennisgewing
beteken en
geliasseer waarin die Respondent/Eiser se regsverteenwoordigers
opgeroep word om ten behoewe van die Respondent/Eiser
‘n mandaat en
volmag in die hoofaksie voor te lê. Die Applikant se prokureurs het
ook sekere stappe geneem ter voorbereiding van
die verhoor wat soos
voormeld terrolle geplaas is.
4.6 Dit
is gemene saak dat die voorverhoorsamesprekings wat aangevra is, glad
nie plaasgevind het nie, en dat daar ook nie ‘n Reël 7-volmag
en mandaat ingedien is deur Respondent/Eiser se prokureurs nie.
4.7 Op
3 Desember 2003 het Theunissen-prokureurs ‘n sogenaamde
“Kennisgewing van onttrekking as prokureurs van rekord” gedateer
3 Desember 2003 geliasseer. Dit is gemene saak verder dat hierdie
voormelde dokument nie behoorlik voldoen aan die reëls waarvolgens
onttrek kan word as ‘n prokureur van rekord nie.
Tydens
die aanhoor van hierdie aangeleentheid het Mnr. Van Niekerk namens
die Applikant aangevoer dat die kostes wat teweeggebring
is deur die
liassering van die kennisgewing van terrolleplasing, insluitende die
koste van hierdie bepaalde aansoek, suiwer te
wyte is aan Theunissen
Prokureurs se nalate, welke nalate hy aanvoer growwe nalatigheid
daarstel. Hy het verder aan die hand gedoen
dat hierdie growwe
nalatigheid te vinde is in die volgende optrede van Theunissen
Prokureurs:
a) Dat
as vertrekpunt die betrokke prokureur moes besef het dat daar ‘n
vervanging van partye sou moes plaasvind, aangesien die
Eiser in die
hoofgeding tot sterwe gekom het. Gevolglik sou sy eksekuteur of
eksekuteurs moes toestem tot die voortsetting van die
aksie en sou
hulle dan vervang moes word as die Eiser daarin.
b) Dat
die gemelde prokureur moes aandring op ‘n volmag van sy beweerde
kliënt, Mnr. SM (Faan) Fourie, ‘n seun van die oorledene/Eiser,
alvorens hy die aksie terrolle geplaas het.
Daar
is ‘n opponerende eedsverklaring geliasseer deur prokureur
Theunissen waarop die deponent namens die Applikant se prokureurs
gerepliseer het. Vir doeleindes van hierdie bestrede aansoek is ek
geroepe om op die
Plascon-Evans
-beginsel
die aangeleentheid te beslis op prokureur Theunissen se weergawe.
Desnieteenstaande ondervind ek ernstige probleme met
die feit dat:
a) Mnr.
Theunissen dit nooit gerade geag het om self ondersoek in te stel na
wie die eksekuteurs van die bestorwe boedel is nie (die
afleiding kan
gemaak word uit dit wat hy in sy opponerende eedsverklaring voorhou,
dat hy deeglik bewus daarvan was dat die Eister
tot sterwe gekom het
gedurende April 2002).
b) Die
feit dat hy hom as’t ware aan die neus laat lei het deur Mnr. Faan
Fourie, sonder dat dié hom in besit kon plaas van ‘n
volmag om op
te tree namens die bestorwe boedel.
c) Sy
gedurige verwysing daarna dat hy “instruksies en advies” afgewag
het van sy advokaat, ene Van Heerden in Sandton, Johannesburg,
ten
aansien van die betrokke aspek.
Koste
de
bonis propriis
word
teen prokureurs uitgereik slegs in uitsonderlike omstandighede en
wel in gevalle waar daar bewyse is van oneerlikheid, bedrog
of
nalatigheid in ‘n ernstige graad aan die kant van sodanige
prokureur. Sien in dié verband:
Waar
v Louw
1977(3) SA 297 (O) te 304 D;
Clemson
v Clemson
[2000] 1 All SA 622
(W);
Napier
v Tsaperas
1995(2)
SA 665 (A) te 671 F-G.
Daar
kan nie betwyfel word nie en Mnr. Coetzee wat namens Theunissen
Prokureurs voor my verskyn het, het dit tot ‘n aansienlike
mate
geredelik toegegee, dat hier nie alleenlik ‘n versuim was om
sekere bepaalde belangrike aspekte te ondersoek nie, maar ook
‘n
flagrante nie-nakoming van die tersaaklike hofreëls waarna ek
alreeds vroeër hierin verwys het. In sulke omstandighede
is ‘n
kostebevel
de
bonis propriis
teen
‘n prokureur heeltemal geregverdig. Sien in dié verband:
Darries
v Sheriff, Magistrate’s Court Wynberg and another
1998(3) SA 34 (SCA) te 44 D-E.
Mnr.
Coetzee het aan die hand gedoen:
a) Dat
dit uiteraard onbillik en onregverdig sou wees indien die Applikant
(die Verweerder in die hoofgeding) self die koste van
hierdie
aansoek sal moet dra; en
b) Dat
dit billik en regverdig sal wees dat die eksekuteurs van die bestorwe
boedel die koste van hierdie aansoek moet betaal.
Ek
vind hierdie laasvermelde submissie soos weergegee in (b) hierbo
verbasend.. Hier was duidelik ‘n geval waar Mnr. SM (Faan)
Fourie besig was met, soos wat Mnr. Van Niekerk dit tereg bestempel
het, “a frolic of his own”. Dit sou beswaarlik billik wees
teenoor die bestorwe boedel dat die kostes deur die eksekuteurs
betaal moet word, want dit sal per slot van sake tog maar van die
boedel verhaal moet word. Die ander twee eksekuteurs het dit tog
baie duidelik en ondubbelsinnig laat blyk via hule prokureur dat
hulle nie geneë is om die aangeleentheid voort te sit nie. Wat
verder onrusbarend is, is dat vele kommunikasies via briewe en
telefoonoproepe
vanaf die voormelde twee eksekuteurs se prokureur
onbeantwoord gebly het deur Prokureur Theunissen.
By
oorweging van ‘n aansoek soos hierdie gaan dit om billikheid
teenoor die partye in die uitoefening van my diskresie. Sien
in dié
verband:
Norwich
Union Fire Insurance Society Ltd v Tutt
1960(4)
SA 851(A) te 854 D-E.
Na
oorweging van al die tersaaklike omstandighede en feite hierin en
met die toepassing van die voormelde benadering van ons howe
ten
aansien van kostebevele
de
bonis propriis
,
was ek tevrede dat dit billik sal wees dat Prokureur Theunissen die
koste van die aansoek sowel as die kostes aangegaan na die
liassering van die kennisgewing van terrolleplasing op 23 September
2003 moet betaal
de
bonis propriis
.
Ek het gevolglik so ‘n bevel uitgereik.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIKANT (VERWEERDER) : Mnr. JG van Niekerk
ADVOKAAT
NAMENS THEUNISSEN PROKUREUR : Mnr. W. Coetzee
DATUM VAN
VERHOOR : 2004-02-20
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-02-24