Ngxukama v Smith h/a LS Cash loans (CA & R 4/03) [2004] ZANCHC 48 (20 February 2004)

62 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Condonation — Application for condonation for late filing of notice to set aside default judgment — Appellant failed to appear and judgment granted in excess of amount claimed — Appellant contended she did not receive summons — Court held that the Landdros erred in dismissing the application for condonation, as the Appellant provided unchallenged evidence of her non-receipt of summons and potential meritorious defenses, including the issue of prescription.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 48
|

|

Ngxukama v Smith h/a LS Cash loans (CA & R 4/03) [2004] ZANCHC 48 (20 February 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 4/03
Datum
verhoor: 2004-02-16
Datum
gelewer: 2004-02-20
In
die appél van
:
GERTRUIDA
NGXUKAMA APPELLANT
versus
LOUISE
SMITH h/a LS CASH LOANS RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Hierdie
is ‘n appél teen die weiering van die Landdros te De Aar om
kondonasie toe te staan vir die laat indiening van ‘n aansoek
om
tersydestelling van ‘n verstekvonnis. Die Respondent staan nie
die appél teen nie en was nie voor ons verteenwoordig nie.
Die
Respondent het as Eiser die Verweerder (Appellant) gedagvaar vir
betaling van die bedrag van R7500.00 by wyse van ‘n enkelvoudige
dagvaarding uitgereik in die hof
a
quo
.
Die eisoorsaak is aangegee as gelde geleen en voorgeskiet deur die
Respondent aan die Appellant. By die enkelvoudige dagvaarding
was
‘n ooreenkoms tussen die partye aangeheg.
Aangesien
daar geen verskyning om te verdedig aangeteken is deur die Appellant
nie, het die Respondent aansoek gedoen om vonnis
by verstek en is
sodanige verstekvonnis toegestaan op 8 Augustus 2002. Dit is
belangrik om nou alreeds aan te toon dat daardie
vonnis toegestaan
is in die bedrag van R16431,83.
Daarna,
en wel op 11 November 2002, het die Appellant ‘n aansoek vir
tersydestelling van vonnis volgens die bepalings van Landdroshofreël
49 geliasseer. Die Respondent het geen antwoordende eedsverklaring
ingedien by daardie verrigtinge nie. Tesame met die aansoek
om
tersydestelling van vonnis was ook ‘n bevel aangevra dat die
tydperk van 20 dae in Reël 49(1) verleng word tot die datum
waarop
die aansoek gedoen word. Die Landdros het op 6 Desember 2002 die
aansoek om kondonasie afgewys.
Dit
is belangrik om sekere verdere gebeure en die tersaaklike datums
daarvan hierin uiteen te sit bo en behalwe dié wat alreeds
hierin
vermeld is:
5.1 Die
datum waarop die Respondent die ooreenkoms tussen die partye waarna
ek verwys het in par. 2 hierbo, onderteken het en
wat dan die
datum van kontraksluiting daar sal stel, is 5 Maart 1998.
5.2 Die
dagvaarding is uitgereik in die Landdroshof op 29 Julie 2002.
5.3 Die
dagvaaarding is beteken op 30 Julie 2002 op ene Mnr. Mostert, synde
‘n betaalklerk werksaam by die distrikmunisipaliteit
van De Aar,
waar die Appellant klaarblyklik ‘n werknemer was.
5.4 Die
Appellant het aangevoer dat sy nooit kennis van die dagvaarding gekry
het en nie die dagvaarding in die aangeleentheid ontvang
het nie.
5.5 Volgens
die Appellant het sy die eerste keer kennis gekry van die aksie teen
haar toe sy in die loop van September 2002 ‘n kennisgewing
ooreenkomstig die bepalings van artikel 65A(1) van die Wet op
Landdroshowe, 32 van 1944 ontvang het.
5.6 Op
11 Oktober 2002 het die Appellant die voormelde artikel
65A(1)-verrigtinge bygewoon en het sy volgens haar gepoog om haar
verweer
in die hof te stel vanweë haar onkunde aangaande die reg.
Die voorsittende Landdros het dit onder haar aandag gebring dat sy
eers
moes aansoek doen vir tersydestelling van die vonnis, alvorens
die Landdros kon kennis neem van enige van haar verwere. Daardie
verrigtinge is toe uitgestel tot 18 Oktober 2002.
5.7 Volgens
die Appellant het sy eers ‘n afspraak bekom met haar prokureur op
die voormelde datum (18 Oktober 2002) om agt uur die
oggend. Haar
prokureur het onderneem om namens haar ‘n verdere uitstel te bekom
sodat ‘n aansoek vir tersydestelling van die
vonnis opgestel kon
word.
5.8 Die
Appellant het, onder die indruk dat die saak vir twee weke uitgestel
sou word, weer met haar prokureur gekonsulteer op 28
Oktober 2002, by
welke geleentheid sy meegedeel is dat ‘n lasbrief alreeds vir haar
gemagtig is op 25 Oktober 2002, toe sy in die
hof moes verskyn het.
5.9 Wat
die meriete betref beweer die Appellant dat die bedrag op die
leningsooreenkoms nie die ooreenkoms tussen haar en die Respondent
korrek weergee nie, aangesien sy slegs ‘n bedrag van R1500.00 van
die Respondent (wat klaarblyklik opereer as ‘n geldskieter)
geleen
het gedurende Maart 1998. Sy voer verder ook aan dat sy hierdie
bedrag ten volle terugbetaal het. Volgens die Appellant
het sy ‘n
onvoltooide aansoekvorm en leningsooreenkoms onderteken.
Wanneer
‘n persoon ‘n aansoek bring vir die tersydestelling van ‘n
vonnis buite die 20-dae tydperk soos neergelê in Landdroshofreël
49(1), moet ‘n verlenging daarvan aangevra word ingevolge die
bepalings van Reël 60(5), voordat ‘n hof ‘n aansoek vir
tersydestelling
kan oorweeg;
Sien
in dié verband:
Vleissentraal
v Dittmar
1980(1) SA 817 (O) te 921 F;
Phillips
t/a Southern Cross Optical
v
SA Visioncare (Pty) Ltd
2002 (2) SA 1007(C)
te 1011 B.
Reël
60(5) beklee ‘n Landdros met ‘n diskresie om te bepaal of die
verduideliking wat aangevoer is aangaande die nie-nakoming
van ‘n
voorgeskrewe tydsbepaling voldoende is;
Sien
in dié verband:
Evander
Caterers (Pty) Ltd v Potgieter
1970(3) SA 312 (T) te 316 G-H;
Phillips
t/a Southern Cross v SA Visioncare (Pty) Ltd
supra
te
1011 C-D.
‘
n
Applikant vir kondonasie moet dus voldoende gronde aanvoer en
sodanige gronde
kan
ondermeer daargestel word deur ‘n bevredigende verduideliking vir
die vertraging. Indien die verduideliking vir die vertraging
onvoldoende of onbevredigend is, mag ander oorweginge ter sprake
kom, byvoorbeeld of die aansoek
bona
fide
is in die sin daarvan dat die Applikant duidelik begerig is om die
hoofsaak op die meriete te opponeer en waarlik glo dat hy/sy
‘n
goeie verweer tot die aksie het. Waar ‘n party in die oordeel
van ‘n Hof roekeloos omgegaan het ten aansien van sy/haar
verpligtinge ingevolge die bepaalde Hofreëls, sal ‘n Hof
beswaarlik tot die bystand van sodanige party kom;
Sien
in dié verband:
Evander
Caterers (Pty) Ltd v Potgieter
supra
te 317. Vergelyk ook
Thornhill
v Gerhardt
1979(2)
SA 1092 (T) te 1096-7.
‘
n
Belangrike vertrekpunt in hierdie aangeleentheid is die feit dat die
Respondent dit goedgevind het in die hof
a
quo
om nie ‘n opponerende eedsverklaring in te lewer nie. In sulke
omstandighede staan ‘n Applikant vir kondonasie (en ook vir
tersydestelling van ‘n vonnis) se beweringe derhalwe onbetwis en
is ‘n Hof genoodsaak om vir doeleindes van oorweging van die
bepaalde aansoek ‘n Applikant se bewerings te aanvaar as korrek;
Sien
in dié verband:
United Methodist Church of South Africa v Sokufundumala
1989(4) SA 1055 (O) te 1059 A.
Ek
is van oordeel dat, alhoewel die Appellant in verskeie opsigte
ongetwyfeld agtelosig was, die volgende beweringe deur haar onbetwis
gestaan het in die aansoek voor die Landdros:
a) Dat
die Appellant nie die dagvaarding ontvang het van die persoon op wie
dit beteken is nie (haar kollega, Mnr. Mostert);
b) Dat
sy eers kennis gekry het van die aksie teen haar toe sy opgeroep is
vir die artikel 65A(1)-verrigtinge gedurende September
2002;
c) Dat
sy
bona
fide
begerig
was om die hoofaksie teen te staan, soos wat onder andere blyk uit
die feit dat sy voor die Landdros haar verweer probeer
voorhou het en
sy toe aangeraai is om aansoek te doen vir die tersydestelling van
die vonnis;
d) Dat
vanweë ‘n misverstand tussen haar en haar prokureur sy nie betyds
met laasgenoemde kon konsulteer ten einde die aansoek
vir
tersydestelling tydig te liasseer by die Landdroshof nie.
Inaggenome
die voorafgaande meen ek dat daar nie gesê kan word dat die
Appellant se verduideliking oor haar versuim om betyds die
aansoek
vir tersydestelling van die verstekvonnis te liasseer nie, soos
voorgeskryf in Reël 49(1), toegeskryf kan word aan ‘n
roekelose
versuim nie. Selfs al word so ver gegaan om te sê dat haar
verduideliking vir hierdie nalate nie genoegsaam is nie,
meen ek dat
dit oorvloediglik duidelik is op die stukke dat sy ten minste twee
goeie verwere het op die meriete in die hoofsaak,
wat natuurlik ‘n
belangrike verdere oorweging sal wees. Aangesien hierdie aspek van
belang is wanneer dit kom by die aansoek
vir tersydestelling van die
verstekvonnis, meen ek dat dit in groter detail bespreking verg.
Soos
ek hierbo aangedui het is vonnis toegestaan in die bedrag van
R16431.83. Hierdie is nie die bedrag wat gevorder is in die
dagvaarding nie. Die bepalings van Landdroshofreël 12(1)(a)(i) is
baie duidelik dat verstekvonnis versoek kan word teen ‘n
verweerder wat versuim het om verskyning aan te teken
slegs
vir ‘n bedrag wat nie die bedrag oorskry wat in die dagvaarding
gevorder is nie
.
Hier is weliswaar kennis gegee van die wysiging van die vonnis,
maar sodanige kennis is eers gegee op 11 Desember 2002,
met
ander woorde nadat die aansoek om tersydestelling van vonnis alreeds
geliaseer is en nadat die Landdros die betrokke aansoek
op
6 Desember 2002 afgewys het. Op die stadium dus toe die
Landdros die aansoek vir kondonasie en die aansoek vir die
tersydestelling
van die verstekvonnis aangehoor het, was die posisie
bloot eenvoudig dat daar vonnis geneem is vir ‘n bedrag wat die
bedrag gevorder
in die dagvaarding ver oorskry, d.w.s. teenstrydig
met Reël 12(1)(a)(i) se uitdruklike bepalings. In sy
ex
tempore
-uitspraak
op 6 Desember 2002 handel die Landdros met hierdie bepaalde
aspek as volg:
“
Ook
met verwysing na die bedrag van R16431,83 wil ek my ook nie verder
uitlaat nie. Die vonnis is toegestaan vir R7500,00 plus rente
plus
koste. Of die berekening reg gedoen is, al dan nie, gaan ek my nie
oor uitlaat nie.
Ek
wil amper sê dat die meriete my nie soseer gaan beweeg om die
Applikant tegemoet te kom waar daar ‘n mate van twyfel bestaan
nie
.”
(My
eie beklemtoning).
Die
Landdros het hier misgetas in twee belangrike en wesenlike opsigte:
a) Eerstens
is hy wanvoorgelig op die feite waar hy sê dat vonnis toegestaan is
vir R7500,00 – dit is inderdaad toegestaan in die
bedrag van
R16431,83.
b) Verder
tas hy ook heeltemal mis waar hy sê dat hy glad nie die meriete van
die aangeleentheid gaan oorweeg nie. Soos aangehaal
uit die gesag
hierbo is dit ‘n aspek wat wesenlik noodsaaklik word waar ‘n
applikant vir kondonasie se verduideliking vir sy/haar
versuim mank
gaan aan oortuiging.
Ek
is van mening dat hierdie wanopvatting van die Landdros een van die
faktore is wat daartoe aanleiding gegee het dat hy die Appellant
se
aansoek vir kondonasie afgewys het. Ek moet dit vermeld dat die
Landdros dieselfde fout begaan het in sy verdere redes waar hy
aanvoer dat vonnis nie vir die bedrag van R16431,83 toegestaan is
nie. Dat die Landdros so ‘n fout begaan het word verder onderskryf
deur die daaropvolgende optrede van die Respondent wat toe, soos ek
vermeld het, op 11 Desember 2002 aansoek gedoen het vir die wysiging
van die vonnis.
Die
volgende aspek wat deur die Appellant te berde gebring word as
moontlike verweer op die meriete van die hoofsaak is die kwessie
van
verjaring. Ek het alreeds hierbo aangedui dat die kontrak tussen
die partye volgens die leningsooreenkoms tot stand gekom
het op 5
Maart 1998. Die dagvaarding is uitgereik op 29 Julie 2002 en
beteken op die Appellant se kollega, Mnr. Mostert,
op 30 Julie 2002.
Op die voorafgaande feite is dit duidelik dat hierdie eis verjaar
het op 4 Maart 2001. Die Landdros het, soos
ek aangedui het, in sy
ex
tempore
-uitspraak
bevind dat hy nie die meriete gaan aanspreek nie. Verder sê hy ten
aansien van hierdie bepaalde verweer die volgende:
“
Verjaring
kan die hof in terme van die Wet op Verjaring nie self kennis neem
nie. Dit moet ‘n verweer wees wat geopper word.
Dit
mag op die oog af op verjaring neerkom, ek wil my nie veel daaroor
uitlaat nie
.”
(My
beklemtoning)/
Weer
eens het die Landdros hier misgetas ten aansien van die gedeelte wat
ek hier beklemtoon het. Dit is inderdaad so dat verjaring
wel
spesifiek as ‘n verweer geopper moet word, maar dit moet deeglik in
ag gehou word dat die Appellant nog nie ‘n geleentheid
gehad het om
te pleit nie. Hierdie veweer is pertinent te berde gebring in haar
aansoek om kondonasie en om tersydestelling van
die verstekvonnis.
Artikel 17(1) van die Verjaringswet, 68 van 1969, bepaal inderdaad
dat ‘n Hof nie uit eie beweging kennis kan
neem van verjaring nie.
Dit moet in die pleitstukke geopper word deur ‘n party tot ‘n
geding wat hom/haar daarop beroep, maar
verjaring kan wel in enige
stadium van die verrigtinge geopper word (art 17(2) van die voormelde
wet);
Sien:
De
Jager en andere v Absa Bank Beperk
2001(3) SA 537 (HHA) te 543 C-D.
Ek
is dus die mening toegedaan dat hierdie verweer, wat natuurlik ‘n
absolute verweer teen die Respondent se eis daarstel, behoorlik
geopper is deur die Appellant in haar aansoekstukke. Die Landdros
moes dus wel deeglik daarvan kennis neem, en het hy gruwelik versuim
om so te doen.
Ek
is derhalwe tevrede dat die Landdros gefouteer het met sy afwysing
van die aansoek om kondonasie. Dit bring my vervolgens by
die vraag
of daar ‘n behoorlike saak uitgemaak was op die stukke voor die
Landdros dat die verstekvonnis tersyde gestel moes
word.
Landdroshofreël 49(2) skep ‘n vermoede dat ‘n Applikant vir
tersydestelling kennis gehad het dat ‘n verstekvonnis
teen
hom/haar geneem is tien dae na die datum waarop sodanige vonnis
verleen is. Hierdie vermoede kan weerlê word as die Applikant
die
teendeel daarvan bewys. In ‘n aansoek om tersydestelling van ‘n
verstekvonnis moet daar ‘n eedsverklaring geliasseer
word waarin
die rede(s) vir die party in verstek se versuim uiteengesit word en
moet dit gronde bevat van so ‘n party se verweer
tot die eis
[Landdroshofreël 49(3)].
Dit
staan vas in ons reg dat, alvorens ‘n verstekvonnis tersyde gestel
sal word, ‘n party wat aansoek doen vir die vir tersydestelling
daarvan die volgende moet doen:
a) ‘n
Redelike verduideliking vir die verstek moet verskaf word;
b) ‘n
Bona
fide
-verweer
moet openbaar word;
c) Die
aansoek om tersydestelling van die vonnis moet
bona
fide
wees.
Sien
in dié verband:
Phillips
t/a Southern Cross v SA Visioncare (Pty) Ltd
supra
te
1012 H;
Wright
v Westelike Provinsie Kelders Beperk
2001(4)
SA 1165 (K).
Na
die 1997-wysiging van Landdroshofreël 49(1) is ‘n voorsittende
beampte met ‘n wyer mate van diskresie beklee om ‘n vonnis
tersyde te stel by verskaffing van voldoende gronde of goeie redes.
Sien in dié verband:
Buckle
v Kotzé
2000(1)
SA 453(W) te 457 D;
Phillips
t/a Southern Cross v SA Visioncare (Pty) Ltd
supra
te
2012 J – 1013 G;
Wright
v Westelike Provinsie Kelders Beperk
supra
te 1181 F-H.
Uit
wat ek alreeds hierbo vermeld het aangaande die meriete van die
Appellant se aansoek om kondonasie voor ‘n Landdros, is dit
myns
insiens duidelik dat die Appellant onteenseglik
bona
fide
was in haar aansoek vir die tersydestelling van die vonnis. Sy het
immers by die eerste beste geleentheid, d.w.s. tydens die Reël
65A(1)-verrigtinge gepoog om uit onkunde haar verwere voor die
Landdros te plaas. Dit is tog aanduidend van ‘n duidelike
begeerte
om die Respondent se eis in die hoofsaak te bestry. Na my
mening vereis die belange van geregtigheid verder dat die Appellant

‘n behoorlike geleentheid gegun moet word om haar verwere soos
hierinvantevore uiteengesit behoorlik voor die Landdroshof te plaas.
Per slot van sake behoort die Appellant se redes vir haar versuim
nie in isolasie oorweeg te word nie, maar eerder aan die hand
van
die verweer of verwere wat sy voorgehou het sowel as al die
omringende omstandighede wat met die aangeleentheid gepaard gaan
–
op sodanige wyse kan daar behoorlik oorweging geskenk word aan haar
bona
fides
.
Sien in dié verband:
Buckle
v Kotzé
supra
te 458 E-H. Sien verder ook:
De
Wits Auto Body Repairs (Pty) Ltd v Fedgen Insurance Co. Ltd
1994(4) SA 705 (E) te 711 D.
Vir
die voorafgaande redes is ek tevrede dat die Appellant se aansoek om
tersydestelling van vonnis behoorlike gronde daarstel soos
bedoel in
Landdroshofreël 49(1).
By
gevolg word die appél gehandhaaf. Die Landdros se bevel dat die
Appellant se aansoek vir die verlenging van die tydperk neergelê
in
Reël 49(1) vir die liassering van ‘n aansoek om tersydestelling
van die verstekvonnis word ter syde gestel en met die volgende
vervang:
“
a)
die
tydperk van 20 dae vervat in Reël 49(1) word verleng tot die datum
waarop die Applikante/Verweerderes haar aansoek om tersydestelling
van die verstekvonnis liaseer en afgelewer het.
b)
Die
vonnis wat by verstek teen die Applikante/Verweerderes toegestaan is
op 8 Augustus 2002, word ter syde gestel en die
Applikante/Verweerderes
word verlof verleen om die aksie in die
hoofgeding te verdedig.
c)
Koste
van die aansoek sal koste in die hoofgeding wees.”
Die
Respondent word gelas om die koste van hierdie appél op ‘n
onbestrede basis te betaal.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv. Snellenburg
NAMENS
RESPONDENT : Geen verskyning.
DATUM
VAN VERHOOR : 2004-02-16
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-02-20