About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 47
|
|
S v Drude (CA & R 195/02) [2004] ZANCHC 47 (13 February 2004)
Verslagwaardig:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
aan Regters:
Ja
/ Nee
Sirkuleer
aan Landdroste:
Ja
/ Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 195/02
Datum
verhoor: 2004-02-11
Datum
gelewer: 2004-02-13
In
die appél van
:
DENIS
FREDDIE DRUDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
IN
DIE AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER
MAJIEDT
R:
Die
Applikant se appél teen sy skuldigbevinding op twee aanklagte van
ân oortreding van art 5(b) van Wet 140 van 1992, deurdat
die
Applikant handel gedryf het in kokaïene, is deur ons afgewys. Hy
doen nou aansoek vir verlof om te appelleer na die Hoogste
Hof van
Appél teen ons voormelde beslissing.
Die
toets op hierdie stadium is bloot of daar ân redelike vooruitsig
bestaan dat ân ander Hof tot ân ander bevinding kan kom
as die
een waartoe ons gekom het. ân Bloot argumenteerbare saak is nie
voldoende nie:
R
v Baloyi
1949(1) SA 523 (A) te 524; nog minder is die blote
moontlik-heid van sukses op appél genoegsaam:
S
v Ceasar
1977(2) SA 348 (A) te 350 E;
S
v Sikosana
1980(4)
SA 559 (A) te 562 D-F
Mnr.
Van Heerden het namens die Applikant hoofsaaklik op drie bepaalde
aspekte submissies aan ons voorgehou in sy betoog:
a) die
kwessie van identifikasie van die Applikant;
b) die
hantering van die bewysstukke (kokaïene); en
c) die
toelaatbaarheidskwessie.
Ek
het in my uitspraak volledig gehandel met aspekte 3(a) en 3(b)
hierbo en volstaan ek met my redes vir die afwysing van die appél
op daardie bepaalde gronde. Na my mening het die Staat bo redelike
twyfel die Applikant se identiteit bewys, omrede die
identifikasiegetuie
(Otto) se geloofwaardigheid nie aangeval is nie
en hy oorgenoeg tyd gehad het vir ân betroubare waarneming.
Verder is ek tevrede
dat daar genoeg ooreenstemmende kenmerke
bestaan tussen die bewysstukke soos dit versend is en die forensiese
verslae vanaf die
SAPD se forensiese laboratorium.
5.1 Aspek
3(c) verg verdere oorweging, bo en behalwe dÃt wat redelik volledig
behandel is in my uitspraak op appél.
5.2 Mnr.
Van Heerden het ons verwys na ân aantal beslissings waar bevind is
dat die versuim om die toelaatbaarheid van getuienis
te bepaal in ân
binneverhoor, daartoe aanleiding gegee het dat die skuldigbevindings
tersydegestel is op grond daarvan dat daar
op ân bepaalde
beskuldigde se grondwetlike reg op ân billike verhoor inbreuk
gemaak is.
5.3 Artikel
35(5) van die Grondwet, 108 van 1996, sowel as die bepalings van
art. 252A(3) van die Strafproseswet, 51 van 1977,
verleen aan ân
Hof ân diskresie by ân geval soos die onderhawige. In die geval
van art. 35(5) is die vraag of toelating
van die bepaalde
getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins nadelig sou wees
vir die regspleging. In die geval van art. 252A(3)
is die vraag
of â
die
toelating van sodanige getuienis die verhoor onregverdig sou maak of
op ân ander wyse tot nadeel van die regspraak sou wees
â.
5.4 Mnr.
Van Heerden het aangevoer dat die onbillikheid van die verhoor en
gevolglike benadeling van die Applikant daarin geleë is
dat die
landdros vir die Applikant se advokaat gekortwiek het in sy
kruisondervraging van die Staatsgetuie Otto (die lokvink) oor
hierdie
bepaalde aspek. Volgens Mnr. Van Heerden het hierdie optrede van die
landdros die advokaat ook aan bande gelê in sy kruisondervraging
van
Kaptein Topkin. Die oorkonde ondersteun nie hierdie argument nie.
Otto se getuienis hieroor het as volg verloop tydens
kruisondervraging:
â
En die
Prokureur-Generaal moet skriftelik magtiging gee vir so ân
situasie. As jy dit nie het nie kan jy dit nie doen nie ....
Dit is
hoekom ek sê dat kaptein Topkin hieroor kan getuigâ.
5.5 ân
Mens sou verwag het dat, toe Topkin kom getuig het, die advokaat juis
op sterkte van die bovermelde aangehaalde antwoord
deur Otto,
pertinent vir Topkin sou kruisondervra aangaande hierdie aspek. Ten
spyte daarvan dat die advokaat vir ruim 6 of 7 getikte
bladsye van
die oorkonde vir Topkin gekruisondervra het oor art. 252A se
bepalings, is sodanige kruisondervraging hoegenaamd
glad nie
gekortwiek of enigsins belemmer deur die landdros nie.
5.6 Ek
verstaan nie hoedat die inmenging met die kruisondervraging van Otto
die afleiding regverdig dat die advokaat gekniehalter
was in sy
daaropvolgende kruisondervraging van Topkin, nieteenstaande die
algehele gebrek aan inmenging deur die landdros in hierdie
bepaalde
kruisondervraging nie.
5.7 Daar
was, na my mening, twee kardinale aspekte ten aansien van die
art. 252A optrede wat met Topkin opgeneem moes word, te
wete:
a) die
feit van die toestemming van die DOV se kantoor om die Applikant te
teiken in ân art. 252A optrede; en
b) of
meer as een transaksie in sodanige optrede gemagtig is.
Albei
hierdie aspekte is toe wel deeglik in die kruisondervraging van
Topkin behandel. Ek verstaan glad nie hoedat die hou van ân
binneverhoor die Applikant in ân beter posisie sou plaas nie.
5.8 Ek
is derhalwe tevrede, vir die redes voorgehou in die uitspraak op
appél, aangevul deur die redes hierin, dat die versuim om
ân
binneverhoor te hou, glad nie die Applikant benadeel het nie.
6. Daar
is na my mening geen redelike vooruitsig dat ân ander Hof tot ân
ander bevinding sal kom as ons sân nie.
Die
aansoek om verlof om te appelleer na die Hoogste Hof van Appél word
afgewys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV CF VAN HEERDEN
NAMENS
RESPONDENT : ADV JJ CLOETE
DATUM VAN VERHOOR : 2004-02-11
DATUM VAN UITSPRAAK :