S v Choche (CA&R 197/03) [2004] ZANCHC 8 (6 February 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Double jeopardy — Appellant convicted of theft of diamond-bearing gravel and uncut diamonds — Appeal against sentence based on potential duplication of convictions — Court finds that diamonds in possession were likely derived from the gravel, leading to improper dual convictions — Court sets aside conviction for second charge and substitutes sentence with a fine or alternative imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 8
|

|

S v Choche (CA&R 197/03) [2004] ZANCHC 8 (6 February 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 197/03
DATUM:
06-02-2004
In
die saak van:
GRIFFITHS
CHOCHE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R :
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
Appellant Mnr. Griffiths Choche is op 23 Augustus 2002 in die
Streekhof te Kimberley skuldig bevind aan:
Aanklag
1)
Diefstal
van diamantdraende gruis waarvan die waarde onbekend is;
Aanklag
2)
Diefstal
van 25 ongeslypte diamante ter waarde van R11 114,00 ; en
Aanklag
3)
Die
onwettige besit van 25 ongeslypte diamante.
Die
Appellant is gevonnis ten opsigte van aanklag 1 tot een (1) jaar
gevangenisstraf en ten opsigte van aaklagte 2 en 3 wat saamgeneem
is
vir doeleindes van vonnis, tot twee (2) jaar gevangenisstraf.
Effektiewelik is hy dus gevonnis tot drie (3) jaar gevangenisstraf.

Die Appellant kom nou in hoër beroep slegs teen die vonnis opgelê.
Met
die deurlees van die oorkonde het dit vir ons duidelik geword dat
hier ‘n moontlike verdubbeling van skuldigbevindings is wat
betref
aanklagte 1 en 2.
Die
Appellant het ten tye van die voorval gewerk as
“grease
belt
attendant”
by die De Beers Herwinningsaanleg te Kimberley. Vir
sekuriteitsdoeleindes is daar ‘n videokamera in die
herwinningsaanleg geinstalleer
wat gefokus het op die area rondom die
sogenaamde
“hot
box”
,
‘n houer wat diamantdraende gruis bevat.
Die
Appellant is op videoband betrap, tesame met twee ander werknemers
onder wie ‘n sekuriteitsbeampte, ene Grobbelaar, waar hy
teenstrydig met normale prosedure van hierdie diamantdraende gruis
met ‘n graaf vanuit die
“hot
box”
verwyder het en geneem het na ‘n plek buite die opvangsgebied van
die videokamera.
Ongeveer
vyf dae daarna en sonder dat enige verdere ongerymdhede op video
waargeneem is, is die Appellant se sluitkas op die perseel
gevisenteer deur sekuriteitspersoneel en polisiebeamptes en is daar
beslag gelê op 25 ongeslypte diamante en een waardelose stuk
gruis
wat in papier toegedraai was.
Sonder
om in te veel detail te gaan oor die herwinningsproses van diamante
is die getuienis dat die gruis, wanneer dit in die
“hot
box”
beland, ‘n hoë konsentrasie diamante bevat, wat, wanneer die
mengsel afgekoel het, maklik deur ‘n kenner geskei kan word van
die
gruis.
Die
moontlikheid kan dus nie uitgesluit word dat die diamante wat in
Appellant se sluitkas gevind is geneem is vanuit die diamantdraende
gruis wat betrekking het op aanklag 1. Dit blyk ook die Staat se
saak te gewees het soos voorkom uit ‘n stelling gemaak deur die
staatsaanklaer aan die Appellant omtrent die diamante in sy sluitkas
gekry.
“
Ek
stel dit verder aan u dat die diamante wat daar gekry is het u self
daar geplaas . . . Dis nie ek wat dit daar geplaas het nie.
Ek weet
nie van waar af dit kom nie.
Ek
sal vir u sê dit kom uit die gruis wat u verwyder het . . .”
(Sien
oorkonde bl. 137 (22-25)).
Artikel
83 van die Strafproseswet 51 van 1977 maak voorsiening daarvoor dat
die aanklaer soveel aanklagte kan bring teen ‘n beskuldigde
as wat
geregverdig word uit die feite wat moontlik bewys sal kan word, maar
aan die einde van die saak is dit die taak van die hof
om te beslis
of daar ‘n misdaad bewys is en welke misdaad bewys is en hoeveel
misdade bewys is. Sien
S
vs Grobler en ‘n ander
1966(1) SA 507A in die verband.
Beide
Mnr. Van Heerden wat namens die Appellant verskyn het en Mnr. Roach
wat die Staat verteenwoordig gee toe dat die enigste redelike
afleiding wat gemaak kan word uit die getuienis is dat die diamante
wat die onderwerp vorm van aanklag 2 dieselfde is as die onder
aanklag 1 en dat skuldigbevindings aan beide hierdie aanklagte dus
neerkom op ‘n onbehoorlike verdubbelling van skudingbevindings.
Hierdie
Hof is bevoeg om uit hoofde van ons inherente hiersieningsmagte die
skuldigbevindings reg te stel. Dit volg na my mening
ook net logies
dat die skuldigbevinding ten opsigte van aanklag 2 tersydegestel moet
word en dat daar nou ‘n waarde van R11 114,00
gekoppel kan word aan
die diamantdraende gruis in aanklag 1.
Aangesien
die skuldigbevinding ten opsigte van aanklag 2 dan nou wegval en die
verhoorlanddros aanklagte 2 en 3 saamgeneem het vir
doeleindes van
vonnis is die regsverteenwoordigers dit eens dat ons dus nou vonnis
de novo
moet oorweeg.
Mnr.
Van Heerden betoog dat gevangenisstraf in die omstandighede onvanpas
is. Die Appellant is ‘n 36 jarige eerste oortreder en
is
hoofsaaklik belas met die onderhoud van sy twee minderjarige kinders.
Hy het ook as gevolg van hierdie voorval sy werk verloor.
Die
diamante is ook teruggekry Hierbenewens voer Mnr. Van Heerden aan
dat Grobbelaar, die sekuriteitsbeampte wat saam met Appellant
betrokke was met die diefstal van die diamantdraende gruis in ‘n
aparte verhoor skuldig bevind is en gevonnis is tot ‘n boete
van
R8000,00.
Mnr.
Roach wat bevestig dat Grobbelaar ‘n boetevonnis van R8000,00
opgelê is betoog dat direkte gevangenisstraf nie ongehoord is
selfs
vir eerste oortreders in gevalle soos hierdie waar daar van die
werkgewer redelike hoë bedrae gesteel word nie. Hy argumenteer
ook
dat daar ‘n onderskeid getref kan word tussen Grobbelaar en die
Appellant in die sin dat daar nie voorafbeplanning aan die
kant van
Grobbelaar was nie, dat Grobbelaar skuldig gepleit het en slegs aan
een aanklag skuldig bevind is.
Ek
stem saam met Mnr. Roach dat direkte gevangenisstraf vir eerste
oortreders in gevalle soos hierdie nie noodwendig onvanpas is nie.

Sien
S
vs Levey
1993(2)
SASV 498A.
Ons
kan egter nie net ignoreer die vonnis Grobbelaar opgelê nie. Ons
howe het by meer as een geleentheid beklemtoon dat tensy daar
goeie
gronde daarvoor bestaan, by vonnisoplegging vir beskuldigdes met min
of meer dieselfde graad van deelname aan ‘n misdryf,
daarteen
gewaak moet word om nie merkbare verskillende vonnisse op te lê nie.
(
S v
Goldman 1990(1) SACR 1(A), S vs Nkgadimeng
1998(1) SASV 274 TPA,
Hansen
vs The Regional Magistrate, Cape Town and Another
1999(2) SACR 430 CPD).
Alhoewel
Grobbelaar nie in besit gevind is van enige diamante nie het hy uit
hoofde van sy posisie as ‘n sekuriteitsbeampte in ‘n
hoër
vertrouensverhouding gestaan teenoor sy werkgewer, wat sy deelname
aan die diefstal soveel meer verwytbaar maak as die van
die
Appellant. Alle relevante feite in aggeneem is daar na my mening
maar weinig onderskeid in die posisies van hierdie twee mans
en
bestaan daar geen rede waarom Grobbelaar ‘n boetevonnis opgelê
word en die Appellant sy vryheid moet inboet met direkte
gevangenisstraf
nie.
Mnr.
Van Heerden deel ons mee dat die Appellant tans weer werk bekom het
en wel ‘n soortgelyke boete as Grobbelaar sal kan bekostig
indien
hy die geleentheid gegun word om dit in paaiemente te betaal.
In
die omstandighede word die volgende bevele verleen.
a.) Die skuldigbevinding
ten opsigte van aanklag 2 word tersyde gestel.
b.) Die skuldigbevinding
ten opsigte van aanklag 1 en aanklag 3 word bekragtig.
c.) Die vonnis die
Appellant opgelê word tersydegestel en vervang met die volgende:
“
Aanklag
een en aanklag drie word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die
beskuldigde word gevonnis tot die betaling van ‘n boete
van
R8000,00 of twee (2) jaar gevangenisstraf. Die betaling van die
boete moet as volg geskied:
R2000,00
voor of op 9 Februarie 2004. Die balans van R6000,00 betaal te word
in paaiemente van R1000,00 per maand betaalbaar voor
of op die laaste
dag van elke daaropvolgende maand.”
________________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Van Heerden
Nms.
Respondent: Mnr Roach
Datum
aangehoor: 26-01-2004