About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 7
|
|
S v De Kock (CA&R 226/03) [2004] ZANCHC 7 (30 January 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
226/03
Datum
verhoor: / Date heard:
26/01/2004
Datum
gelewer: / Date delivered:
30/01/2004
In
die saak van:
DE
KOCK, HENZEN WILSNACH
teen
DIE
STAAT
Coram: Lacock
R et Williams R
UITSPRAAK
op APPÃL
LACOCK
R:
Die
appellant is in die Streekhof, Upington, skuldig bevind aan twee
aanklagtes, te wete onsedelike aanranding deurdat hy op 10 Maart
2001 en te Marchand, Kakamas, wederregtelik en opsetlik anale
gemeenskap met ene Gilbert Lusithi gevoer het; en aanranding deurdat
hy na bewering op dieselfde datum en plek hierbo vermeld, gemelde
Lusithi wederregtelik en opsetlik aangerand het deur hom met
ân
plastiese pyp te slaan.
Op die eerste
aanklag is die appellant gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf, en op
die tweede aanklag tot twee jaar gevangenisstraf.
Die Verhoorhof het
gelas dat die twee vonnisse gelyktydig uitgedien word.
Die
appellant appelleer nou teen die skuldigbevinding op die eerste
aanklag van onsedelike aanranding en teen die vonnisse hom
opgelê
op beide aanklagtes.
Die
Staatsaak soos ontplooi in die Verhoorhof, kan kortliks as volg
saamgevat word:
Die
appellant het op ân plaas in die area bekend as Marchand,
Kakamas, gewoon. Die klaer, mnr Lusithi (Lusithi) was as arbeider
in diens van die appellant.
Op
die tersaaklike Saterdag van 10 Maart 2001 het Lusithi by die
opstal van die appellant gewerk waar hy onder andere gehelp
het
met die sif van sand vir bouwerke wat aldaar onderweg was.
Gedurende die verloop van die oggend het die appellant ân
groot
hoeveelheid drank aan Lusithi gegee om te drink: tot so ân mate
dat laasgenoemde nie verder kon werk nie en na sy woonplek
in ân
kampong wou terugkeer. Die appellant het hom egter oorreed om op
die grasperk van sy woning te lê. Dit het Lusithi
dan ook
gedoen.
Op
ân stadium het die appellant Lusithi wakker gemaak en hom
versoek om hom te help om ân beton menger aan ân trekker
te
haak. Hy is toe saam met die appellant na ân nabygeleë stoor,
waar die appellant hom agter die nek gegryp en gelas het
om sy
broek uit te trek. Nadat Lusithi sy broek uitgetrek het, het die
appellant hom met geweld vooroor oor ân rosyntjiekrat
gedruk en
anaal seksueel met hom verkeer. Die appellant is toe daar weg.
Na
die voormelde gebeure en terwyl Lusithi nog kaal op die vloer van
die stoor gelê het, het die appellant en mnr Mohlai,
ook ân
werknemer van die appellant, by die stoor gekom, en het die
appellant aan mnr Mohlai gesê hy moet kyk hoe lyk ân
man wat sê
hy word nie dronk nie. Mnr Mohlai het Lusithi gesien lê op die
vloer van die stoor en dat hy kaal was. Hy het
aan hom gesê om
sy klere aan te trek. Mnr Mohlai was onder die indruk dat Lusithi
in ân dronkmanslaap verkeer het.
Later
gedurende die dag het die appellant Lusithi na ân motorhuis
geneem. Die appellant het Lusithi daarvan beskuldig dat
hy
goedere sou gesteel het en het die appellant en twee ander
werkers, ene Thys en sy vrou Maria, hom aldaar aangerand. Lusithi
het weer aan die slaap geraak na die aanranding en eers wakker
geskrik toe hy deur ân polisiebeampte wakker gemaak en na
die
polisiestasie geneem is.
Lusithi
is die volgende dag, 11 Maart 2001, deur ân plaaslike geneesheer
ondersoek. Hy het verskeie kneus- en skuurwonde
op die liggaam
van Lusithi gevind, en ook twee skeurtjies van ongeveer 1.5cm lank
in die anus van Lusithi. Daar was ook droë
bloed om die anus
teenwoordig. Volgens die geneesheer, dr Meyer, kon die beserings
in die anus van Lusithi veroorsaak gewees
het deur die onsedelike
aanranding soos beskryf deur Lusithi.
Na
sluiting van die Staatsaak het ene dr Wagner, ân regsgeneeskundige
patoloog, namens die verdediging getuig. Hy het nie Lusithi
na die
beweerde aanrandings ondersoek nie, en het sy deskundige menings
gegrond op die regsgeneeskundige verslag van dr Meyer sowel
as die
getuienis van die staatsgetuies.
Dr Wagner het die
mening uitgespreek dat, indien anale gemeenskap met Lusithi gevoer is
soos deur hom getuig, hy sou verwag het dat
die persoon heelwat sou
bloei, en dat dr Meyer ân duidelike swelling in die anus sou
waarneem. Voorts was hy van mening dat dit
onwaarskynlik is dat die
appellant Lusithi sou penetreer terwyl laasgenoemde in ân
gebukkende posisie oor ân rosyntjiekrat gestaan
het met sy voete op
die grond. Dr Wagner kon egter nie die moontlikheid dat anale
gemeenskap wel met Lusithi gevoer is, uitskakel
nie.
Die
verdedingingsaak is gesluit sonder dat die appellant getuig het.
Adv
Galloway het namens die appellant voor ons aangevoer dat die
Landdros verkeerdelik bevind het dat die Staat die skuld van die
appellant bo redelike twyfel op die eerste aanklag bewys het.
In
die eerste plek het adv Galloway aangevoer dat Lusithi ân
ongeloofwaardige getuie was wie se getuienis as leuenagtig deur die
Landdros verwerp moes gewees het.
Myns
insiens kan nie gesê word dat Lusithi ân model- of selfs ân
bevredigende getuie in alle opsigte was nie. Die kritiek
teen sy
getuienis soos aangevoer, is nie sonder meriete nie. Hy het
duidelik in sy getuienis die aard en die erns van die
aanranding
op hom in die motorhuis deur die appellant, Thys en Maria oordryf
en dit meer ernstig probeer voorhou as wat dit
in werklikheid was.
Dit kom my ook voor dat Lusithi die omvang van die anale bloeding
wat hy ondervind het en die graad van
pyn en ongemak wat hy beleef
het na die onsedelike aanranding, oordryf en as meer ernstig en
pynlik aan die Hof probeer voorhou
het as wat dit werklik was.
Benewens
die voorgaande is dit ook so dat, soos aan ons voorgehou, die
getuienis van Lusithi in ân veeltal opsigte verskil
van die
getuienis van mnr Mohlai. As voorbeelde kan die volgende vermeld
word: Lusithi het getuig dat, nadat die appellant
hom onsedelik
aangerand het, het die appellant hom in die stoor toegesluit;
terwyl Mohlai getuig dat die deur van die stoor
oop was toe die
appellant Lusithi aan hom gaan wys het. Lusithi het beweer dat
Mohlai hom gelas het om sy klere aan te trek;
terwyl Mohlai beweer
dat hy nie met hom gepraat het nie. Lusithi het getuig dat die
appellant en Mohlai saam vanaf die stoor
weggestap het; terwyl
Mohlai getuig dat hy alleen geloop het en die appellant met ân
trekker (vanaf die stoor) gery het.
Voorts
het adv Galloway aangevoer dat die getuienis van Lusithi nie
strook met die waarskynlikhede nie.
Lusithi
het getuig dat, toe hy deur die polisie vanaf die plaas van die
appellant weggeneem is, hy die polisie meegedeel
het dat die
appellant hom onsedelik aangerand het. Indien dit so was â
aldus die argument â sou die polisie waarskynlik
toegesien het
dat Lusithi dieselfde aand nog by ân geneesheer uitkom. (Dit
is gemeesaak dat Lusithi eers die volgende
dag deur ân
geneesheer ondersoek is.) Dus, so argumenteer mnr Galloway,
praat Lusithi leuens as hy sê dat hy reeds
met sy arrestasie
die polisie meegedeel het dat hy onsedelik aangerand was.
Uit
ân sogenaamde sel inspeksieverslag wat by die Hof as ân
bewysstuk ingehandig is, blyk dit dat Lusithi geen klagtes
die
Saterdagaand na sy arrestasie en terwyl hy in ân sel by die
polisiestasie aangehou was, gehad het nie. Volgens die
register
is hy eers die volgende oggend na die hospitaal geneem.
Vervolgens â aldus die argument â dui die waarskynlikhede
daarop dat Lusithi nie die Saterdag van 10 Maart 2001
onsedelik aangerand was nie, maar â indien hoegenaamd
â eers
terwyl hy in aanhouding was en na die laaste sel besoek op die
Saterdagaand.
Ook
voer adv Galloway aan dat, indien Lusithi onsedelik aangerand
was op die wyse soos hy beweer, sou hy aansienlik gebloei
het,
en sou Mohlai, die Polisie en dr Meyer op waarskynlikhede die
bloeding moes waargeneem het. Omdat Mohlai geen bloeding
by
Lusithi gesien het waar hy op die vloer van die stoor gelê het
nie, en omdat dr Meyer geen bloeding waargeneem het
aan die
onderbroek van Lusithi nie, volg dit â aldus adv Galloway â
dat Lusithi nie onsedelik aangerand was soos hy
beweer nie.
Laastens
betoog adv Galloway dat, op sterkte van die getuienis van dr
Wagner waarna hierbo verwys is, Lusithi op waarskynlikhede
nie
onsedelik aangerand was nie.
In
die tweede plek het adv Galloway aangevoer dat die versuim aan die
kant van die Staat om óf Thys óf Maria óf die bouer (wat
volgens
Lusithi aanwesig was toe hy die polisie meegedeel het dat hy
onsedelik aangerand was) óf enige polisiebeampte wat met
die saak
gemoeid was, te roep om te getuig, die afleiding regverdig dat
hierdie getuies nie die weergawe van Lusithi kan staaf
nie, en dat
dit aanduidend daarvan is dat Lusithi nie die waarheid gepraat het
nie.
Ek
is van mening dat die lotgevalle van hierdie appél afhanklik is van
die antwoord op die vraag naamlik of die Staat
prima
facie
die skuld van die appellant bewys het tot die mate dat bevind kan
word dat daardie bewys as afdoende bo redelike twyfel aangemerk
kan
word weens die versuim van die appellant om te getuig en te antwoord
op daardie getuienis.
Die
toets hieraangaande is as volg formuleer in
S
v Mthetwa
1972 (3) SA 766
(A) te 769 D
:
â
Where,
however, there is direct prima facie evidence implicating the accused
in the commission of the offence, his failure to give
evidence,
whatever his reason may be for such failure, in general ipso facto
tends to strengthen the State case, because there is
then nothing to
gainsay it, and therefore less reason for doubting its credibility or
reliabilityâ
,
en
is steeds die geldende reg. (Sien
S
v Brown 1996 (2) SASV 49 (NK) te 61 f
en
S
v Chabalala 2003 (1) SASV 134 (HHA) te 142 d tot f
)
Wat
vervolgens beslis moet word is of die Staat ân
prima
facie
saak teen die appellant bewys het.
Schmidt
omskryf die begrip
âprima
facie bewysâ
as volg in sy werk,
âBewysregâ
(Vierde uitgawe):
â
Daar
word onderskei tussen âprima facieâ en âafdoendeâ of
konklusiewe bewys. Eersgenoemde veronderstel die moontlikheid dat
dit wat nou (prima facie â by die eerste aanskouing) as bewese geag
word, later nie meer so geag sal word nie. As die huidige
posisie
gehandhaaf word, is die betrokke feit bewese maar die moontlikheid
van verdere getuienis wat tot ân ander konklusie sou
lei, word
voorsien.â
(p
2).
In
die regspraak is die begrip
âprima
facie bewysâ
as volg formuleer:
â
If
the party, on whom lies the burden of proof, goes as far as he
reasonably can in producing evidence and that evidence âcalls
for
an answerâ then, in such case, he has produced prima facie proof,
and, in the absence of an answer from the other side it becomes
conclusive proof and he completely discharges his onus of proof.â
(Ex parte Minister
of Justice: In re
R v
Jacobson and Levy,
1931 AD 466
te 479
)
en,
â
âPrima facie evidenceâ in its customary sense is not merely âsome
evidenceâ. It must be of such a character that if unanswered
it
would justify men of ordinary reason and fairness in affirming the
question which the party upon whom the onus lies is bound to
maintain.
â¦
what
can be categorized as prima facie evidence must be such as âcalls
for an answerâ. What is decisive is not the fact that
there was
no, or no acceptable, answer: it is the fact that what called for an
answer was in the circumstances so cogent that, if
unanswered, it
would amount to âsufficient proofâ â.
(
R
v Mantell,
1959 (1) SA 771
(K) te 775 H en 776 A tot B
)
Kan
daar bevind word dat die getuienis
in
casu
deur die Staat aangebied sodanig oortuigend was dat dit ân
antwoord van die appellant geverg het? Ek meen die antwoord
hierop is bevestigend, en wel op grond van die redes wat
hieronder volg.
In
die eerste plek meen ek dat die Landdros korrek die getuienis
soos aangebied holisties oorweeg het. Dat dit die korrekte
benadering is, spreek vanself. Sien
S
v Chabalala
(supra)
te
139
i tot j
.
Hoewel,
soos hierbo aangemerk, die getuienis van Lusithi nie bo kritiek
verhewe is nie, meen ek nie dat dit so gebrekkig is
dat dit in
die geheel as ongeloofwaardig verwerp kan word nie. As in
gedagte gehou word dat Lusithi diep onder die invloed
van sterk
drank was tydens die tersaaklike gebeure en waarskynlik vir die
res van daardie aand nog besope was, verbaas dit
my allermins dat
sy getuienis oor gebeure soos of die stoor se deur gesluit of oop
was en of die appellant saam met Mohlai
gestap het of nie,
verskil van dié van ander getuies. Die aspekte waarop Lusithi
van Mohlai verskil is in iedere geval nie
wesenlik van aard nie.
Die
feit dat Lusithi die aard van die aanranding op hom en die
gevolge van die onsedelike aanranding oordryf het, kan myns
insiens nie die afleiding regverdig dat hy opsetlik leuens
hieraangaande vertel het nie. Hy het hierdie gebeure beleef in
ân beskonke toestand, en is dit menslik gesproke moontlik dat
hy dit in sy besope toestand as meer ernstig beleef het as
wat
dit,
ex
post
facto
en met die hulp van mediese getuienis gesien, in werklikheid was.
Dat
Mohlai nie bloed aan die liggaam van Lusithi opgemerk het waar hy
op die vloer van die stoor gelê het, is nie noodwendig
aanduidend daarvan dat daar nie bloed aan die anus van Lusithi
was nie. Soos adv De Nysschen tereg betoog het, was Mohlai
uitgenooi om te gaan kyk hoe lyk ân man wat sê hy word nie
dronk nie, en was daar niks wat hom bedag daarop sou maak om
op
te let na bloed by die anus of elders op die liggaam van Lusithi
nie. Trouens, hy het duidelik verwag om ân dronk persoon
te
sien en was hy dan ook onder die indruk dat Lusithi in ân
dronkmanslaap verkeer het.
Die
sogenaamde waarskynlikhede waarop adv Galloway steun, regverdig
eweneens nie die afleiding dat Lusithi leuens vertel het
nie. Ek
het reeds gehandel met die getuienis van Mohlai.
Die aantekeninge
in die sel register staan onverduidelik. Indien egter in ag geneem
word dat Lusithi getuig het dat hy wel die Saterdag
nadat hy die
polisie meegedeel het van die onsedelike aanranding op hom, na die
hospitaal geneem is, maar omdat daar nie ân geneesheer
beskikbaar
was nie, hy na die selle geneem is en die volgende dag weer na die
hospitaal geneem sou word, kan dit ân verduideliking
bied waarom hy
nie met die sel besoek later die aand ân klagte aangemeld het nie.
Dit mag selfs wees dat hy tydens hierdie sel
inspeksie geslaap het.
Niks in hierdie verslag dui daarop dat die beampte wat die inspeksie
gedoen het vir Lusithi spesifiek gevra
het of hy enige klagtes het
nie. Die inskrywing lui bloot,
â
20:00
Besoek aan sel: S/kstab Andreas met 22 eenhede in bewaring. Geen
klagtes.â
Ek
meen ook nie dat die getuienis van dr Wagner aanduidend is
daarvan dat Lusithi leuens vertel het nie. Soos hierbo vermeld,
kan dr Wagner nie die moontlikheid uitskakel dat Lusithi
onsedelik aangerand is nie.
Die
versuim aan die kant van die Staat om stawende getuienis vir die
weergawe van Lusithi aan te bied, regverdig myns insiens
ook nie
noodwendig die afleiding dat hulle hom nie sou staaf nie. Waarom
die Staat nie die getuienis aangebied het nie,
kan bloot oor
bespiegel word. Dit mag wees dat van die getuies die Staat nie
goedgesind is nie, of nie wou getuig nie, of
nie beskikbaar was
nie.
(Sien
S
v Kelly,
1980 (3) SA 301
(A) te 310 D
)
Die vraag bly
egter steeds of die getuienis wat wel aangebied was ân antwoord van
die appellant geverg het of nie.
Ten
spyte van die kritiek wat teen die getuienis van Lusithi
ingebring kan word, is dit egter ook so dat hy homself in geen
wesenlike opsig weerspreek het of dat hy onseker of vaag was
aangaande die wyse waarop die appellant hom onsedelik aangerand
het nie. Hy het deurgaans en onder behendige kruisondervraging
nooit van sy weergawe afgewyk nie.
Daarbenewens is
daar stawing te vind vir sy weergawe in die getuienis van Mohlai en
dr Meyer: Mohlai het hom kaal in die stoor waar
hy na bewering
aangerand was, gesien, en dr Meyer het skeure in sy anus gevind met
bloeding wat aanduidend kon wees van anale gemeenskap.
Die
Landdros, en wat Lusithi in die getuiebank waargeneem het terwyl hy
getuig het, was ook nie die mening toegedaan dat hy ân
ongeloofwaardige
getuie was nie. (Sien
R
v Dhlumayo & Another,
1948 (2) SA 677
(A) te 705
)
Uit
hoofde van die voorgaande kom ek tot die gevolgtrekking dat die
getuienis wat voor die Hof
a
quo
geplaas was, sodanig oortuigend was dat dit ân antwoord van die
appellant geverg het; die afwesigheid waarvan tot gevolg
het dat
die
prima
facie
bewys van die skuld van die appellant, afdoende bewys van sy
skuld geword het.
Die
appellant was by uitstek die persoon en in ân posisie om te
verduidelik waarom hy die hoeveelheid drank aan Lusithi gegee het;
hoe en vir welke rede Lusithi in die stoor beland het waar die daad
na bewering met hom gepleeg was; hoe dit gekom het dat Lusithi
kaal
op die vloer van die stoor gelê het; en of hy enige meedeling aan
die polisie gemaak het dat die appellant hom, soos hy dit
gestel het,
âverkragâ
het. Die direkte getuienis van Lusithi aangaande die wyse waarop hy
onsedelik aangerand is, naamlik dat hy met geweld oor ân
rosyntjiekrat
gebuig is terwyl die appellant anale gemeenskap met hom
voer, het duidelik ân antwoord geverg van die appellant indien hy
in sy
onskuld wou volhard.
Die
volgende aanhaling uit
S
v Chabalala
(supra)
te
142 g tot h
is myns insiens ook op hierdie saak toepaslik:
â
The
appellant was faced with direct and apparently credible evidence
which made him the prime mover in the offence. He was also called
on
to answer evidence of a similar nature relating to the parade. Both
attacks were those of a single witness and capable of being
neutralized by an honest rebuttal. There can be no acceptable
explanation for him not rising to the challenge. If he was innocent
appellant must have ascertained his own whereabouts and activities on
29 May and been able to vouch for his non-participation. He
was also
readily able to confirm that the complainant indeed placed his hand
on someone elseâs shoulder. To have remained silent
in the face of
the evidence was damning. He thereby left the prima facie case to
speak for itself. One is bound to conclude that
the totality of the
evidence taken in conjunction with his silence excluded any
reasonable doubt about his guilt.â
Die
appél teen die skuldigbevinding op die eerste aanklag kan
vervolgens nie slaag nie.
In
sy betoog het adv Galloway toegegee, en na my mening tereg so, dat
die vonnis van agt jaar gevangenisstraf op die eerste anklag
nie
skokkend onvanpas is nie. Daar is ook nie gesteun op enige beweerde
mistasting wat die Landdros sou gepleeg het nie â weereens
tereg
na my mening.
Vervolgens is daar
geen meriete vir inmenging deur hierdie Hof met die vonnis opgelê
deur die Landdros op die eerste aanklag nie.
Wat
betref die tweede aanklag het adv De Nysschen toegegee dat twee jaar
gevangenisstraf totaal onvanpas is. Hiermee stem ek saam.
Die appellant is
slegs aan aanranding gewoon skuldig bevind deurdat hy Lusithi met ân
kabel of plastiese pyp geslaan het. Dit is
totaal onseker of hierdie
aanranding enige letsel of besering tot gevolg gehad het.
Daarbenewens is Lusithi op sy eie weergawe ook
deur twee ander
persone aangerand, en is die aard van die totale aanrandings op hom
deur die geneesheer beskryf as ân aanranding
in ân ligte graad.
Indien
ek die appellant op hierdie aanklag in die eerste instansie sou
vonnis, sou ek ân vonnis van ses maande gevangenisstraf
opgelê
het. Hierdie vonnis verskil dermate van die vonnis wat die Landdros
opgelê het dat dit ân inmenging deur hierdie Hof
regverdig.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
DIE
APPÃL TEEN DIE SKULDIGBEVINDING EN DIE VONNIS DIE APPELLANT OPGELÃ
OP DIE EERSTE AANKLAG (ONSEDELIKE AANRANDING) WORD VAN
DIE HAND
GEWYS.
DIE
SKULDIGBEVINDING OP DIE TWEEDE AANKLAG (AANRANDING) WORD BEKRAGTIG.
DIE
VONNIS DIE APPELLANT OPGELÃ OP DIE TWEEDE AANKLAG WORD TER SYDE
GESTEL EN VERVANG MET âN VONNIS VAN SES (6) MAANDE
GEVANGENISSTRAF.
DIE
LASGEWING VAN DIE HOF
A
QUO
DAT DIE VONNIS OPGELÃ OP DIE TWEEDE AANKLAG GELYKTYDIG UITGEDIEN
MOET WORD MET DIE VONNIS OPGELÃ OP DIE EERSTE AANKLAG, WORD
BEKRAGTIG.
_______________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC
Williams
REGTER
Namens
die appellant:
Adv
Galloway
Namens
die Staat:
Adv
JM de Nysschen