About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 46
|
|
S v Vorster (KS 81/02) [2004] ZANCHC 46 (19 January 2004)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
Noord-Kaapse
Afdeling
)
Saakno: KS
81/02
Datum
Verhoor: Datum Gelewer: 19 / 01 / 2004
In
die saak van
:
DIE STAAT
versus
KAREL
JACOBUS VORSTER BESKULDIGDE
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
beskuldigde staan tereg op ân aanklag van moord. Hy word daarvan
beskuldig dat hy op 10 April 2001 te of naby die Grand
Hotel in
Kuruman vir ene Willem Speelman wederregtelik en opsetlik gedood
het.
Die
beskuldigde het onskuldig gepleit en sy verweer is by die aanvang
van die verhoor op rekord geplaas by monde van sy raadsman,
mnr.
Langenhoven, as synde een van amnesie of gesonde outomatisme. In
wese behels dié betrokke verweer dat die beskuldigde die
betrokke
nag so erg onder die invloed van sterk drank was dat hy niks kan
onthou van die gebeure van die bepaalde nag nie.
Dit
is gemene saak dat die oorledene se lyk ontdek is in ân stegie
agter die Grand Hotel in die voeë oggendure van 10 April 2001.
Fotoâs van die toneel is omstreeks 3 uur die oggend van 10 April
2001 geneem deur inspekteur Fortuin van die SAPD se Plaaslike
Kriminele Rekordsentrum te Kuruman. Die fotoâs is ingehandig as
bewysstuk.
Van
die fotoâs sluit in 2 fotoâs van die beskuldigde wat deur
inspekteur Fortuin geneem is by die Kuruman SAPD se
aanklagkantoor.
Volgens inspekteur Fortuin was die beskuldigde se
gedrag tydens die neem van die fotoâs vreemd â hy het nie normaal
opgetree
nie deurdat hy, soos blyk uit een van die fotoâs, ân
vertonerige posisie ingeneem het.
Ek
sal later weer na hierdie aspek verwys.
â
n
Inspeksie ter plaatse is gehou en was van aansienlike bystand met
die oriëntering van die verskeie tonele waarvan melding gemaak
was
tydens die verhoor. Die opvallendste aspekte van hierdie inspeksie
is die volgende:
(a)
dat die stegie agter die Grand Hotel waar die oorledene gevind is
uiters swak belig behoort te wees gedurende die nag en dat,
gegewe
die posisie in die stegie waar die oorledene gevind was, die lyk
redelik weggesteek was daar;
(b)
dit is ân aansienlike distansie vanaf die Janwa taverne, waarna
later verwys sal word, tot by dié bepaalde stegie, naamlik
500
meter;
(c)
die afstand vanaf die Savoy Hotel, waar die beskuldigde hom op ân
stadium daardie nag bevind het volgens die getuienis, tot
by die
stegie is 187 âtreë.
Uit
die mediese getuienis, te wete die lykskouingsverslag soos nader
toegelig deur Dr Scheepers, blyk dit dat die hoofoorsaak van
dood ân
massiewe hoofbesering was. Die oorledene se linkeroor was verskeur
en hy het â n fraktuur van die mandibel gehad.
Dit is duidelik
dat ân massiewe toediening van stomp trauma tot dié beserings
gelei het. Die dokter was dit eens dat dié
beserings toegedien kon
gewees het met die groot baksteen wat langsaan die oorledene
aangetref is en wat as bewysstuk by die hof
ingedien is. Die
baksteen weeg bykans 7kg volgens getuienis voor my.
Uit
die getuienis voor my en van noodwendige afleidings daaruit ly dit
geen twyfel nie dat die oorledene, wat oënskynlik ân hawelose
was, vermoor is daar waar hy die nag gelê en slaap het in die
donker stegie agter die Grand Hotel. Hy is vermoor deurdat hy
met
die groot baksteen, bewysstuk 1, op sy kop geslaan of gegooi was â
waarskynlik meer as een maal.
Die
belangrikste en inteendeel deurslaggewende geskilpunt hierin, soos
grootliks blyk uit die beskuldigde se pleitverduideliking
soos
voormeld, is of die beskuldigde die persoon is wat die misdryf
gepleeg het.
Die
Staat steun uitsluitlik op omstandigheidsgetuienis ter bewys daarvan
dat dit die beskuldigde is wat die oorledene vermoor het.
Hierdie
omstandigheids getuienis bestaan uit ân uitwysing van die oorledene
se liggaam wat die beskuldigde na bewering aan inspekteur
Patrick
Martin van die SAPD sou gemaak het. Namens die beskuldigde voer mnr.
Langenhoven aan dat dié bepaalde getuienis oor die
beweerde
uitwysing regtens ontoelaatbaar is, omrede die beskuldigde nie van sy
grondwetlike regte ingelig is nie.
Luidens
mnr. Langenhoven se argument, is die beskuldigde nie ooreenkomstig
artikel 35 van die grondwet se bepalings daarvan verwittig
dat hy:
(a)
die reg tot stilswye het en;
(b)
aangaande die reg tot stilswye en die gevolge om nie van dié reg
gebruik te maak nie (artikel 35(1) (a) en (b) ) en;
(c)
die reg het om nie gedwing te word om ân bekentenis of erkening te
maak wat as getuienis teen hom gebruik kan word nie (artikel
35(1)
(c) ).
In
dié verband is die getuienis van inspekteur Martin van allergrootste
belang.
Ter
aanvang moet ek konstateer dat inpspekteur Martin ân baie swak
getuie was, anders as wat die geval was met die ander Staatsgetuies.
Inspekteur
Martin het vir my ontsettend onseker voorgekom in die getuiebank en
het hy kwaai kleigetrap veral oor hierdie bepaalde
aspek, te wete of
hy die beskuldigde ingelig het van sy artikel 35 â regte. Ek het
die voordeel daarvan dat die getikte oorkonde
van die verrigtinge tot
my beskikking is en ek sal van tyd tot tyd ruimskoots daaruit aanhaal
wat inspekteur Martin se getuienis
aanbetref.
Inspekteur
Martin het getuig dat, hy in kennis gestel is van ân beweerde
moord - daar is naamlik aan hom meegedeel dat daar ân
bebloede
blanke man is wat sê dat hy iemand doodgemaak het.
Ek
onderbreek myself hier vir ân wyle om te meld dat die Staatsgetuie
wat hierdie bepaalde rapport aan inspekteur Martin gemaak
het,
naamlik Alfred Keopelwe, nooit in sy getuienis melding gemaak het
daarvan dat die bebloede blanke man (dis gemene saak dat dÃt
die
beskuldigde was) aan hom meegedeel het dat hy iemand doodgemaak het.
Sy getuienis was bloot dat hy ân bebloede blanke man
in die straat
teëgekom het en hom toe na die polisie gehaas het om dit te
rapporteer.
Nadat
inspekteur Martin hierdie rapport ontvang het, het hy na Janwa
taverne vertrek.
By
Janwa taverne het hy opgemerk dat die blanke man (die beskuldigde)
omsingel was deur ân skare mense. Hierdie mense was lawaaierig
en
het oproerig voorgekom. Hy het die beskuldigde, wat bloed op sy
neus en op sy skoene gehad het, eenkant toe geneem en hom
gekonfronteer met die inligting wat gespruit het uit die rapport van
mnr. Keopelwe.
Hy
het dit aan die beskuldigde gestel dat volgens inligting die
beskuldigde iemand doodgemaak het en die beskuldigde het daarmee
saamgestem. Hy het toe die beskuldigde gevra waar is die toneel en
die beskuldigde het geantwoord dat dit by die Grand Hotel was.
Hy het
die beskuldigde in die polisievoertuig ingelaai en dié het die
toneel gaan uitwys by die stegie agter die Grand Hotel waar
die
oorledene se lyk ontdek is.
Inspekteur
Martin se getuienis was verder dat, alhoewel hy ân drankreuk by
die beskuldigde kon bespeur, die beskuldigde heel normal
opgetree
het â hy het normaalweg gepraat, geloop en gereageer. Inspekteur
Martin het saamgestem toe dit aan hom gestel is dat
dit baie donker
en weggesteek was waar die oorledene gelê het.
Aan
die einde van sy getuienis in hoof het inspekteur Martin op ân
vraag van mnr. Kammies, namens die Staat, gesê dat hy wel die
beskuldigde gewaarsku het vóór die uitwysiging dat hy dit nie hoef
te doen nie en dat die beskuldigde desondanks die toneel uit
sy eie
vrye wil gaan uitwys het.
Nadat
die beskuldigde die uitwysing gemaak het, het hy die beskuldigde
gearresteer.
In
kruisondervraging het inspekteur Martin weer bevestig dat hy eers
die beskuldigde formeel gearresteer het op die stadium nadat
die
beskuldigde die oorledene se lyk gaan uitwys het. Aangaande die
gebeure by Janwa taverne (m.a.w. vóór die uitwysing ) het
mnr.
Langenhoven die beskuldigde indringend ondervra meer bepaald ten
aansien van die vraag of hy die beskuldigde se regte aan
hom
verduidelik het. Dit is belangrk om volledig aan te haal uit die
oorkonde:- âU praat met die man... gedood hetâ (pp.
43 - 44).
Verderaan kom die vogende voor: â... Meneer, het u ooit vir die
beskuldigde verduide lik dat hy die reg het om te
swyg? ...â
(pp.45 â 47).
Artikel
35 lees as volg: â35
Gearresteerde,
aangehoue en beskuldigde persone (
see
heads p.4).
Na
my mening is hier ân twee fase ondersoek wat gedoen moet word, te
wete:
(a)
het daar ân inbreukmaking op die beskuldigde se fundamentele
regte soos vervat in artikel â35(1) en (2) plaasgevind en,
indien
wel ;
(b)
behoort die getuienis wat verkry is na sodanige inbreukmaking (te
wete die uitwysing) uitgesluit te word ooreenkomstig die bepalings
in
artikel 35(5) hierbo?
Alvorens
ek die bovermelde vrae behandel is dit nodig om eers na ân
prosedurele aspek te vewys.
ïe
n
Uitwysing is niks anders nie as ân erkenning deur gdrag en moet as
sulks, soos wat die geval is by ân mondelinge of geskrewe
erkening,
deur die Staat bewys word as toelaatbare getuienis alvorens dit
ontvang kan word as bewysmateriaal; sien:
S
v January; Prokureur Generaal, Natal v Khumalo
1994(2)
SASV 801(A) te 806 b â 807 d.
Toelaatbaarheid
in hierdie konteks slaan natuurlik op die ongewongendheid en
vrywilligheid van die uitwysing. Sien:
S
v Sheehama
1991(2)
SA 860(A) te 879 B â I. In
casu
is
dié betrokke aspek egter nie in geskil nie â dit gaan eerder oor
die beweerde inbreukmaking op die beskuldigde se fundamentele
regte.
In
ân geval soos die onderhawige, waar met beroep op die bepalings
vervat in artilkel 35(5) van die Grondwet aangevoer word dat
die
getuienis uitgesluit moet word, rus die bewyslas op die beskuldigde;
Sien:
S
v Gumede & others
1998(5)
B CLR 530(D) te 538 I; S v Naidoo and another 1998(1) SASV
479(D).
Wanneer
die toelaatbaarheid van getuienis aangeveg word, word gewoonlik ân
tussentydse binneverhoor gehou; sien: Schmidt, Bewysreg,
4
e
uitgawe te 370-2 , en gewysdes daar aangehaal. ân Beskuldigde of
die Staatsaanklaer kan nie afstand doen of verkies om nie
die
toelaatbaarheid van getuienis in ân binneverhoor te beslis nie,
omrede dit ân geregshof se taak is om ân beslissing
oor
toelaatbaarheid te maak; sien:
S
v Nieuwoudt
(3)
1985 (4) SA 510(K)
te 517 F-H.
Onder
normale omstandighede dus sou die toelaatbaarheid van die getuienis
t.a.v. die uitwysing deur die beskuldigde
in
casu
in
â
n
binneverhoor
beslis moes word.
In
hierdie saak is daar egter nooit ân binneverhoor gehou nie bloot
omrede die toelaatbaarheid van die uitwysing â getuienis
nooit in
geskil geplaas is tot en met betroogstadium nie. Soos mnr.
Langenhoven tereg aandui in sy betoogshoofde, is die rede
vir dié
stand van sake voor die hand liggend, nl. dat die beskuldigde se
verweer van amnesie beteken dat hy (mnr. Langenhoven
) glad geen
instruksies gehad het oor die inbreukmaking al dan nie van die
beskuldigde se fundamentele regte meer bepaald soos
vervat in
artikel 35 van die grondwet.
Die
reg om die toelaatbaarheid van beweerde ongrondwetlik verkreë
getuienis te laat beslis by wyse van ân binneverhoor is inderdaad
deel van die beskuldigde se grondwetlike reg tot ân billike
verhoor; sien
S
v Mhlakaza en andere
1996(2)
SASV 187(K) te 194e -195d. Vir die redes in die voorafgaande
paragraaf vermeld was daar egter nie ân binneverhoor
gehou nie.
Volledigheidshalwe moet ek ook vermeld dat, alhoewel mnr.
Langenhoven vir inspekteur Martin deurtastend daaroor
gekruisondervra het, het hy egter geen pertinente stellings aan die
getuie gemaak dat die beskuldigde se grondwetlike regte aangetas
was nie. Om die waarheid te sê, mnr. Langenhoven het inderdaad sy
kruisondervraging van inspekteur Martin as volg afgesluit:
âMnr.
Martin ek gaan dan ten slotte my instruksies aan u stel . Die
beskuldigde sê vir my hy was die betrokke aand, nag
dan nou, tot
so ân mate onder die invloed van alkohol dat hy nie eens weet dat
hy enigiets (onduidelik)� Ek verstaan nie
as hy s
ê
hy kan nie onthou nie U Edele, want ons het alles saam gedoen. Toe
was hy daar geweesâ. Ek het my notas nagegaan en daarvolgens
behoort die gedeelte van mnr. Langenhoven se vraag wat as
âonduidelik â deur die transkribeerder aangemerk word hierbo,
as volg te lees: â⦠nie eens weet dat hy enigiets met u te
doene gehad het nie?â. Uit bovermelde is dit dus onteenseglik
duidelik dat daar geen ruimte was vir mnr. Langenhoven om die
toelaatbaarheid van die getuienis aan te val nie.
Nieteenstaande
die feit dat geen binneverhoor gehou is nie en dat die
toelaatbaarheid van die getuienis nooit aangeval is nie,
is dit
steeds egter my taak om aan die einde van die verhoor te bepaal of
die uitwysingâgetuienis toelaatbaar is al dan nie.
In
dié verband is mnr. Kammies na my mening duidelik verkeerd waar hy
in sy aanvullende betoogshoofde submitteer dat dit ân growwe
onreëlmatigheid daar sou stel indien ek op hierdie laat stadium van
die verhoor die toelaatbaarheid van die uitwysingsgetuienis
sou
bereg. Selfs al was ân binneverhoor gehou en ân beslissing
gemaak, sou sodanige beslissing in elk geval bloot interlokutoor
wees
en sou dit op enige stadium van die verhoor hersien en gewysig kon
word â sien:
S
v Mkwanazi
1966
(1) SA 736
(A),
S
v Tjiho
1992(1) SASV 639 (Nm). Ook mnr. Kammies se beroep op die
ongerapporteerde beslissing van Buys R in
S
v George Phillip van Zyl en andere
,
CA & R 117/02, sit die pot mis. Daardie beslissing bevestig
bloot die beginsel dat, toelaatbaarheid van getuienis in ân
binneverhoor
beslis moet word â dit dien glad nie as gesag vir die
verbasende submissie dat dit onreëlmatig sou wees om toelaatbarheid
van
beweerde ongrondwetlike verkreë getuienis aan die einde van die
verhoor te beslis nie.
Ek
wend my vervolgens dus tot ân oorweging of die getuienis oor die
uitwysing toelaatbaar is al dan nie.
Ek
het alreeds daarvan melding gemaak dat, volgens inspekteur Martin se
getuienis, hy die beskuldigde bloot as ân verdagte behandel
het
totdat hy die uitwysing gemaak het, daarná eers het hy die
beskuldigde gearresteer( sien paragrawe 12 en 13 hierbo). Hierdie
getuienis het inspekteur Martin gelewer in hoofondervraging sowel as
in kruisondervraging. Hy was konsekwent en adamant daaraangaande
en
daar is niks op rekord wat dit weerspreek nie. Dit strook ook met
die algemene waarskynlikhede in hierdie saak. Ek aanvaar
gevolglik
daardie getuienis en bevind as ân bewese feit dat die beskuldigde
eers arresteer is
nadat
hy
die uitwysing gedoen het.
In
die lig van my voormelde bevinding, is ek die mening toegedaan dat
die bepalings van artikel 35(1) dus nie van toepasing is
op die
gebeure voorafgaande en aanleidend tot die uitwysing nie.
Wat
wel van toepasing is hier wat sodanige gebeure aanbetref is artikel
35(2) se bepalings. Ek meen dat die beskuldigde, ten
minste op die
stadium toe hy in die polisievoertuig geplaas is deur inspekteur
Martin om die uitwysing te gaan maak, ân aangehoudene
was soos
bedoel in artikel 35(2). Die beskuldigde het dus op daardie
stadium onder andere die reg gehad om met ân regsverteenwoordiger
van sy keuse te konsulteer en om onverwyld van sodanige reg ingelig
te word( artikel 35(2)(b) ).
Soos
blyk uit die aangehaalde passasie van die kruisondervraging van
inspekteur Martin(paragraaf 13 hierbo) , het hy getuig dat
hy die
beskuldigde ingelig het van sy regte en dat hy nie verplig is om
die uitwysings te doen nie. By p. 44(12 â 17) het
hy pertinent
ook vermeld dat hy die beskuldigde ingelig het dat hy die reg het
om regsverteenwoordiging te bekom. Hierdie getuienis
is, uit die
aard van die saak gegewe die beskuldigde se verweer, nooit betwis
nie. Wat betref die beskuldigde se swygreg wat
mnr. Langenhoven
veral beklemtoon het in latere kruisondervraging is dit myns
insiens baie duidelik dat sodanige swygreg nie
van toepasing was
voór die beskuldigde se arrestasie nie ( sien artikel 35(1) (a) en
(b) ). Inspekteur Martin getuig dan ook
pertinent en onomwonde dat
hy ná arrestasie die beskuldigde ingelig het van sy swygreg(
oorkonde p. 46 (13 â 24). Hierdie
getuienis is weliswaar deeglik
getoets in kruisondervraging, maar is ook nooit betwis nie.
Ten
spyte daarvan dat ek inspekteur Martin as ân swak getuie ervaar
het, staan sy getuienis op hierdie belangrike aspekte onbetwis.
Verder is dit van allergrootste belang om deurgaans in gedagte te
hou dat die bewyslas t.a.v hierdie toelaatbaarheidsaspek op
die
beskuldigde is. Daar is geen getuienis tot die teendeel van wat
inspekteur Martin beweer nie. Daar is ook geen ander feite
of
omstandighede waarop beslis kan word dat die beskuldigde hom op ân
oorwig van waarskynlikhede van hierdie bewyslas gekwyt
het nie.
Bygevolg
bevind ek as bewese die volgende:
dat
inspekteur Martin vòòr die uitwysing en nadat hy die beskuldigde
as verdagte in aanhouding geplaas het, hom wel gewaarsku
het
aangaande sy reg op regsverteenwoordiging en dus artikel 35(2)(b)
se vereistes nagekom het;
dat
inspekteur Martin ná arrestasie dadelik die beskuldigde verwitig
het van sy swygreg en dus artikels 35(1)(a) en (b) se bepalings
nagekom het.
Gevolglik
bevind ek dat die getuienis oor die uitwysing van die oorledene se
lyk in die stegie agter die Grand Hotel deur die
beskuldigde
toelaatbaar is.
Mnr.
Langenhoven het aangevoer dat die beskuldigde in elk geval té
besope was om sy grondwetlike regte te begryp en om daarvan
afstand
te doen. In dié verband steun hy op:
S
v Brown en ân ander
[1996]
3 All SA 625(NK)
te 646 H, waar Buys R as, volg beslis het: â
Ooglopend kan ân beskuldigde wat te dronk is om, nie slegs sy
regte te begryp
nie, maar ook die gevolge van die afstanddoening
van sy regte, nie sinvol van sy regte ingevolge die grondwet
afstand doen nie.â
In
sy getuienis het die beskuldigde sy pleitverduideliking bevestig en
nader toegelig, naamlik dat hy dié aand só besope was
dat hy glad
niks kan onthou van die gebeure nie. Volgens hom was hy a.g.v
dié besopenheid nie â pathologies ontoerekeningsvatbaar.
Hy het
ook die getuienis gelei van ene mnr. Rademeyer, wat gedurende die
tersaaklike datum ân restaurant en kroeg bedryf het
te Kuruman.
Die beskuldigde was op ân stadium daardie betrokke aand by sy
restaurant; die beskuldigde het inteendeel met
sy eie bottel
brandewyn daar opgedaag. Dit is duidelik uit sy getuienis dat die
beskuldigde ân aansienlike hoeveelheid sterk
drank verorber het
die betrokke aand. Hy bevestig ook, soos wat die beskuldigde
getuig het, dat laasgenoemde hom daaroor bekla
het oor die feit
dat sy verhouding met sy meisie opgebreek het wat aanleiding gegee
het tot die beskuldigde se verskriklike
drinkery die betrokke aand.
Aan
die ander kant het ân mens die getuienis van die Staatsgetuies
oor hierdie bepaalde aspek, te wete die beskuldigde se graad
van
dronkenskap die betrokke aand. Die Staatsgetuies wat
hieraangaande getuienis gelewer het is inspekteur Fortuin,
inspekteur
Martin, mnr. Voges, mnr. Keopelwe en dr. Panieri-Peter.
Volgens inspekteur Fortuin het die beskuldigde vreemd opgetree op,
die
staduim toe hy fotoâs van die beskuldigde geneem het â die
beskuldigde het volgens hom âvertonerigâ voorgekom; dit blyk
ook uit van die fotoâs voor my. Inspekteur Martin het getuig
dat, alhoewel hy ân drankreuk aan die beskuldigde kon bespeur,
die beskuldigdes normaalweg geloop en gepraat het. Hy het in
geskil getree met die stelling dat die beskuldigde só besope was
daardie aand dat hy nie eers geweet het dat hy met inspekteur
Martin te doene gekry het nie. Mnr.Voges was kroegman by die
nabygeleë Savoy hotel. Uit sy getuienis blyk dit dat die
beskuldigde ná middernag by sy kroeg aangedoen het waar hy heelwat
drankies ingeneem het. Die beskuldigde was aggressief en het dan
ook in ân woordewisseling betrokke geraak met van die ander
klante daarso. Volgens mnr. Voges was die beskuldigde egter nie
slingerdronk nie. Mnr. Keopelwe getuig ook dat die beskuldigde
duidelik onder die invloed van drank was maar dat hy nie
slingerdronk was nie. Dr. Panieri-Peter is ongetwyfeld die
belangrikste
getuie aangeaande hierdie aspek. Sy is ân konsultant
psigiater by die Valkenberg hospitaal se forensiese eenheid in
Kaapstad.
Die partye is dit eens dat sy ân deskundige in haar
vakgebied is. Aangesien daar aanvanklik twyfel was oor die
beskuldigde
se geestesvermoëns is hy deur ân bevel van hierdie
Hof verwys vir waarneming na die Valkenberg hospitaal ingevolge die
bepalings
van artikel 79(2) van die Strafproseswet. Dr.
Panieri-Peter het ân verslag gedoen in gevolge 79(4) van daardie
Wet. Sy het
ook in
viva
voce
getuienis
die verslag nader toegelig.
Haar
deskundige mening is dat:
die
beskuldigde ân geskiedenis van hewige alkoholmisbruik het en dat
hy tydens die voorval wel onderdie invloed van drank was;
dat
hy selektiewe geheueverlies het aangaande die gebeure van die
betrokke aand, welke selektiewe geheuevelies nie te wyte is
aan ân
geestesiekte of ân epilleptiese aanval nie;
dat
dit onwaarskynlik is dat alkoholinname kon aanleiding gee tot
hierdie tipe amnesie;
dat
alhoewel daar wel oomblikke van amnesie bestaan,die beskuldigde
sekere inligting kon verskaf t.a.v. die misdryf; en
dat
die beskuldigde derhalwe nie geestesongesteld is nie.
Dr.
Panieri-Peter was daarvan oortuig dat die beskuldigde se verweer van
nieâpatologiese ontoerekeningsvatbaarheid a.g.v dronkenskap
nie kan
opgaan nie, veral as dit gemeet word aan die riglyne neergelê deur
die Hoogste Hof van Appél
in
S
v Eadie
2002(1)
SASV 663 (HHA).
Die
bewyslas rus op die Staat om te bewys dat die beskuldigde wel
toerekenningsvatbaar was tydens die pleging van die misdryf.
DÃt
het die Staat na my mening oorweldigend bewys op die weergawes van
die Staatgetuies na wie ek hierbo verwys het, veral
dié van dr.
Panieri âPeter . Die feite en omstandighede in hierdie saak vir
soverre dit die beskuldigde se selektiewe geheueverlies
kan
vergelyk word met dié
S
v Calitz
1990(1)
SASV 119(A) waar Botha AR die volgende verklaar het t.a.v die
appellant in daardie saak(te 127 g van die verslag ): âVolgens
â¦
toerekenningsvatbaar wasâ.
ïe
n
Beskuldigde kan nie bloot apaties terugsit en verwag dat die staat
toerekeningsvatbaarheid moet bewys nie. Soos dit gestel
word deur
Kumleben AR in
S
v Potgieter
1994(1)
SASV 61(A) met verwysing na die artikel van prof. CWH Schmidt
â
Laying
the foundation for a defence of sane automatism
â
in die
90 (1973) SALJ 329
te 333 waar verklaar word dat: âthe
accused has to adduce evidence from which a reasonable alternative
inference can be drawn
that he acted unconsciouslyâ.
In
die Eadie âsaak hierbo aangehaal rig Nava AR ân ernstige
vermaning te paragraaf 61(p.690 e- g) dat hierdie besondere verweer
versigtig ge-evalueer moet word en die riglyne neerlê deur die
Hoogste Hof van Appel moet streng toegepas word, ongeag die
simpatie wat ân mens mag hê jeens ân beskuldigde. Ek skaar my
respekvol by hierdie benadering.
Ek
is gevolglik heeltemal tevrede dat die Staat bo redelike twyfel
bewys het dat die beskuldigde wel toerekeningsvatbaar was ten
tyde
van die pleging van die misdryf.
Die
enigste getuienis voor my wat suggereer dat dit die beskuldigde is
wat die oorledene vermoor het, is die getuienis dat die
beskuldigde
die oorledene se lyk uitgewys het aan die polisie( daar is geen
getuienis aangaande ân verband tussen die bloed
op die
beskuldigde se skoene en die oorledene nie). Die
locus
classicus
aangaande omstandigheidsgetuienis is steeds
R
v Blom
1939
AD 188
waar te 202-3 die volgende beginsels neergelê word t.a.v
die bewys van ân feit wat in geskil is deur
omstandigheidsgetuienis:
die
afleiding wat die Staat voorstaan moet versoenbaar wees met alle
bewese feite; en
die
bewese feite moet sodanig wees dat hulle elke redelike afleiding
uitsluit behalwe die een wat voorgestaan word.
In
die onderhawige saak gaan wys die beskuldigde ân lyk uit van
iemand wat kort vantevore vermoor is in ân versteekte, donker
stegie. By die inspeksie ter plaatse het dit my opgeval dat enige
verbyganger, hoe oplettend en wakker hy of sy ookal mag wees,
hoegenaamd nie in die nag, daar in die donker stegie ân lyk sou
sien lê het nie. Die oorledene het ân aansienlike distansie
diep in die stegie gelê â dit is gemeet as ongeveer 35 meter
vanaf die ingang van die stegie. Die afleiding is onvermydelik
dat
die beskuldigde die lyk gaan uitwys het omrede hy die moordenaar
was. Hierdie afleiding word versterk deur die getuienis
aangaande
die beskuldigde se aggressiewe gedrag daardie aand soos voorgehou
deur mnr. Voges en tot ân mindere mate deur mnr.
Rademeyer.
Selfs die beskuldigde het teenoor dr. Panieri-Peter erken dat hy
gewoonlik aggressief optree as hy onder die invloed
van drank is.
Boonop het sy meisie hulle verlowing dié dag beeïndig wat sy
emosies verder moes aangevuur het. Die beskuldigde
het dan ook tot
ân mate toegegee in kruisondervraging dat hy aggressief raak as
hy besope is. Hy was dan ook dié betrokke
aand in ân geveg
betrokke in die Savoy hotel met ene Bobby vir wie hy met die kop in
die gesig gestamp het.
Alles
in ag genome is ek bo redelike twyfel tevrede dat die enigste
redelike afleiding, versoenbaar met al die bewese feite en
wat alle
ander redelike afleidings uitsluit, is dat die beskuldigde die
oorledene vermoor het deur die groot baksteen, bewysstuk
1 voor die
Hof, op sy kop te gooi of hom daarmee te slaan.
Gevolglik
word die beskuldigde skuldig bevind aan moord.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT NAMENS STAAT:
ADV. E. KAMMIES
ADVOKAAT
NAMENS BESKULDIGDE: ADV. T. LANGENHOVEN