S v Vorster (KS 81/02) [2004] ZANCHC 6 (19 January 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Defence of automatism — Accused charged with murder for the death of Willem Speelman — Accused pleaded not guilty, claiming amnesia due to intoxication — Evidence presented included photographs and medical testimony indicating severe head injuries as cause of death — Court assessed the validity of the defence of automatism in light of the evidence presented — Holding that the accused's claim of amnesia did not absolve him of responsibility for the act of murder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 6
|

|

S v Vorster (KS 81/02) [2004] ZANCHC 6 (19 January 2004)

6
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: KS
81/02
Datum
Verhoor: Datum Gelewer: 19 / 01 / 2004
In
die saak van
:
DIE
STAAT
versus
KAREL
JACOBUS VORSTER
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde staan tereg op ‘n aanklag van moord. Hy word daarvan
beskuldig dat hy op 10 April 2001 te of naby die Grand Hotel
in
Kuruman vir ene Willem Speelman wederegtelik en opsetlik gedood het.
Die
beskuldigde het onskuldig gepleit en sy veweer is by die aanvraag
van die verhoor op rekord geplaas by monde van sy raadsman,
mnr.
Langenhoven, as synde een van amnesie of gesonde outomatisme. In
wese behels dié betrokke nog so erg onder die invloed van
strek
drank was dat hy niks kan onthou van die gebeure van die bepaalde
nag nie.
Dit
is gemene saak dat die oorledene se lyk ontdek is in ‘n stegie
agter die Grand Hotel in die voeë oggendure van 10 April 2001.

Foto’s van die toneel is omstreeks 3 uur die oggend van 10 April
2001 geneem deur inspekteur Fortuin van die SAPD se Plaaslike
Kriminele Rekordsentrum te Kuruman. Die foto’s is ingehandig as
bewysstuk.
Van
die foto’s sluit in 2 foto’s van die beskuldigde wat deur
inspekteur Fortuin geneem is by die Kuruman SAPD se
aanklagkantoor.
Volgens inspekteur Fortuin was die beskuldigde se
gedrag tydens die neem van die foto’s vreemd – hy het nie normaal
opgetree
nie deurdat hy, soos blyk uit een van die foto’s ‘n
vertonerige posisie ingeneem het.
Ek
sal later weer na hierdie aspek verwys.
‘
n
Inspeksie ter plaatse is gehou en was van aansienlike bystand by die
oriëntering van die verskeietonele waarvan melding gemaak
was
tydens die verhoor. Die opvallendste aspekte van hierdie inspeksie
is die volgende:
(a)
dat die stegie agter die Grand Hotel waar die oorledende gevind is
uiters swak belig behoort te wees gedurende die nag en dat,
gegewe
die posisie in die stegie waar die oorledende gevind was, die lyk
redelik weggesteek was daar;
(b)
dit is ‘n aansienlike distansie vanaf die Jawa taverne, waarna
later verwys sal word, tot by dié bepaalde stegie, naamlik
500
meter;
(c)
die afstand vanaf die Savoy Hotel, waar die beskuldigde hom op ‘n
staduim daardie nag bevind het volgens die getuienis, tot
by die
stegie is 187 ‘treë.
Uit
die mediese getuienis, te wete die lykshouingsverslag soos nader
toegelig deur Dr Scheepers, blyk dit dat die hoofoorsaak van
dood ‘n
massiewe hoofbesering was. Die oorledende se linkeroor was verskeur
en hy het ‘ n fraktuur van die mandibel gehad.
Dit is duidelik
dat ‘n masiewe toediening van stomp trauma tot dié beserings
gelei het. Die dokter was dit eers dat dié beserings
toegedien kon
gewees het met die groot baksteen wat langsaan die
oorledeneaangetref is en wat as bewystuk by die hof ingedien is.

Die baksteen weeg bykans 7kg volgens getuies voor my.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT NAMENS STAAT:
ADV. E. KAMMIES
ADVOKAAT
NAMENS BESKULDIGDE: ADV. T. LANGENHOVEN
PROKUREUR
NAMENS EISER:
PROKUREUR
NAMENS VERWEERDER:
DATUM
VAN VERHOOR:
DATUM
VAN UITSPRAAK: