About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 4
|
|
Wiid and Another v Wxplomin No 1 (EDMS) Bpk and Another (1175/03) [2004] ZANCHC 4 (1 January 2004)
Verslagwaardig:
JA /
NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA /
NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA /
NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
1175/03
Datum
verhoor: / Date heard:
6/2/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
In
die saak van:
WIID,
FRANCOIS GERHARDUS JOHANNES
1
ste
Applikant
WIID,
REINETTE JEPPE, NO
2
de
Applikant
en
EXPLOMIN
NO 1 (EDMS) BPK 1
ste
Respondent
LID
VAN DIE UITVOERENDE RAAD:
2
de
Respondent
MINERAAL
EN ENERGIESAKE:
NOORD-KAAP
PROVINSIE
Coram: Lacock
R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Op 6 Februarie
2004 het ek die volgende bevel in hierdie aangeleentheid verleen, en
aangedui dat my redes later sal volg:
DAT dit
verklaar word dat die prospekteer- en mynkontrak gesluit
tussen die applikante en die 1ste Respondent van 11
Februarie
2003 regsgeldig gekanselleer is en tans nie meer bindend op
die partye is nie.
Die 1ste
Respondent word verbied om enige verdere prospekteer- of
mynaktiwiteite te verrig op die plaas bekend as:
Restant van
die plaas Klipfontein nr. 38, geleë in die afdeling van
Hopetown, Provinsie Noord-Kaap, groot: 2112,2552
(tweeduisend
eenhonderd en twaalf komma twee vyf vyf twee) hektaar, gehou
kragtens Transportakte nr. T98932/2001.
DAT die
balju hierby gemagtig word om beslag te lê op bates van die
1ste Respondent wat op die voormelde plaas is en
wat in waarde
nie die bedrag van R1m oorskry nie (sodanige waarde bepaal te
word deur ân geassosieerde of geswore
waardeerder), en dit
onder beslaglegging te hou hangende die finale voltooiing van
rehabilitasie werk van sy prospekteer-
en/of mynbouaktiwiteite
deur die respondent op voormelde plaas tot die bevrediging en
goedkeuring van die Departement
van Minerale en Energiesake;
alternatiewelik totdat ân bankwaarborg aan die gemelde
Departement verskaf is in ân
bedrag van R1m as sekuriteit
vir die behoorlike voltooiing van die rehabilitasiewerke.
DAT die
eerste respondent die koste van die aansoek betaal.
DAT die
vraag na die betaling van die koste teweeggebring deur die
verhoor op 11 Desember 2003 voorbehou word.â
My redes volg
hieronder.
Die applikante is
die enigste trustees van die Klipfontein Trust (hierna na verwys as
die Trust) en tree hierin op in hul verteenwoordigende
hoedanigheid
as sulks. Die Trust is die geregistreerde eienaar van die restant
van die plaas Klipfontein nr 28, geleë in die
afdeling van
Hopetown, Provinsie Noord Kaap (die eiendom), en is ook die
geregistreerde houer van alle regte op edelgesteentes,
en meer
bepaald diamante, in en op die eiendom kragtens ân prospekteer- en
mynpermit nr MP 170/2002 uitgereik deur die Departement
van
Mineraal- en Energiesake, soos verteenwoordig deur die tweede
respondent, aan die Trust.
Op 11
Februarie 2003 en te Hopetown het die Trust en die eerste
respondent (Explomin) ân skriftelike sogenaamde prospekteer-
en
mynkontrak gesluit waarkragtens die Trust aan Explomin die
uitsluitlike reg verleen het om vir die duur van die ooreenkoms
vir diamante op die eiendom te prospekteer en te myn onderhewig
aan die voorwaardes daarin vervat. Die ooreenkoms sou duur
vir
ân periode van vyf jaar.
Die vernaamste
terme van die ooreenkoms toepaslik by die beregting van hierdie
aansoek, lees as volg:
REGISTER
â
Explominâ
shall keep record of and enter into the prescribed register all
diamonds recovered on âThe Propertyâ and âThe Ownerâ
through
its representative shall have full access to the said register at all
times.â
SALE
OF DIAMONDS
The intervals
and the mode of the sale of diamonds shall be agreed upon mutually by
the parties. âThe Ownerâ shall be entitled
to have a
representative at each such sale and transaction. The parties agree
that such representative must be acceptable to âExplominâ
and
such representative shall sign a non-disclosure undertaking. In the
event of the parties deciding to determine the value of
a diamond or
diamonds, the mode of determining such value shall be agreed upon
mutually by the parties, failing such agreement, the
value shall be
determined by submitting the diamond or diamonds to an accepted
tender procedure.
REHABILITATION
âExplominâ shall be responsible for rehabilitation of âThe
Propertyâ in accordance with the requirements of the Department
of
Minerals & Energy and shall complete such rehabilitation by not
later than three months after termination of the prospecting
and
mining operations, shall obtain a closure Certificate from the
Department of Minerals & Energy and furnish same to âThe
Ownerâ
forthwith. âExplominâ shall be responsible to furnish the
Department of Minerals & Energy with the required security
with
regard to rehabilitation in the amount of R100 000.00 (hundred
thousand Rand) from the beginning of the fourth month of
the duration
of this agreement on the understanding that âThe Ownerâ shall
furnish such security for a period of the first three
months of the
duration of this agreement. The parties agree that rehabilitation
shall be done on an ongoing basis and âExplominâ
shall therefore
rehabilitate each site after completion of the operations on that
specific site.
â¦
â¦
â¦
â¦
â¦
OBLIGATIONS
Wherever
any new road by âExplominâ crosses a fence, âExplominâ shall
install a stock-proof gate in such fence.
Any gate
installed by âExplominâ in any of âThe Ownerâsâ boundary
fences shall be secured by a chain and padlock, and a
duplicate key
to each such lock shall be delivered to âThe Ownerâ.
All gates in
âThe Ownerâsâ fences shall be kept closed and where applicable,
locked.
TERMINATION
If âExplominâ
fails to make any payment which is due or is in breech (sic) of a
material term or condition of this agreement and
falils to make such
payment or rectify the breech (sic) within 15(fifteen) days following
receipt of âThe Ownerâsâ notice requiring
such payment or
rectification, âThe Ownerâ shall be entitled to cancel this
agreement by means of a further written notice to
âExplominâ.
â¦
MISCELLANEOUS
This
agreement records the entire contract between the parties and no
representations or conditions not reflected in this document
shall be
binding on the parties.
No further
contract or amendment to this agreement shall be of any force or
effect unless reduced to writing and signed by the parties
hereto.â
Na sluiting van
die voormelde ooreenkoms het Explomin begin met die ontgin van
diamante op die eiendom, en het vir doeleindes daarvan
onder andere
ân hoeveelheid grondverskuiwings masjinerie, toerusting en
vragmotors na die eiendom verskuif en aldaar aangewend.
Op 10 Oktober
2003 rig die prokureurs van die Trust ân skrywe aan Explomin, die
inhoud waarvan as volg lees:
âOns tree hierin op vir ons bogemelde kliënt Klipfontein Trust No
IT132/2000 en is dit ons opdrag om u in terme van klousule 16.1
van
die Prospekteer- en Mynooreenkoms gedateer 11 Februarie 2003 kennis
te gee dat u in gebreke is met die nakoming van die terme
en
voorwaardes van gemelde ooreenkoms en wel soos volg:
Ooreenkomstig
klousule 7 van die ooreenkoms moet u ân register op die
perseel hou wat ten enige tyd tot beskikking
van ons kliënt
is om na te gaan. Hierdie register is tans nie op die perseel
nie en ten spyte van versoeke daartoe
is daar geen gehoor aan
gegee nie.
Ooreenkomstig
klousule 8 van die ooreenkoms is daar ân bepaalde wyse hoe
die diamante wat gevind word van die hand
gesit word. Hierdie
werkwyse word nie gevolg nie en Aldus ân medeling deur u Mnr
Kluge is die laaste diamante op
7 deser sonder enige
tenderprosedure verkoop en ook sonder dat ons kliënt daarvan
in kennis gestel is.
Klousule
9 maak voorsiening daarvoor dat ân behoorlike waarborg
uitgereik moet word aan die Dept van Mineraal en Energiesake
na drie maande en wel vir die bedrag van R100 000.00. Ten
spyte van verskeie versoeke van ons kliënt dat daaraan
voldoen word is u steeds in gebreke by die verskaffing van die
betrokke waarborg. Explomin is verder in versuim met
die
rehabilitasie van die gedeeltes wat reeds gemyn is soos
voorgeskryf in die laaste sin van die betrokke klousule.
Klousules
15.1 tot 15.3 word spesifiek nie nagekom nie deurdat daar op
een plek ân draadhek ingesit is wat ten spyte
van
herhaaldelike versoeke nie toegemaak word nie met die gevolg
dat ons kliënt die betrokke kamp nie kan gebruik
nie. ân
Ander hek is omgery en word nie herstel nie.
Klousule
15.7 bepaal dat indien enige nuwe paaie gemaak word dit sal
geskied nadat die partye gesamentlik ooreengekom
het oor die
ligging daarvan. Nieteenstaande is ongeveer 3km nuwe paaie
gemaak sonder dat ons kliënt daarin geken
is.
In terme
van klousule 18.3 van die ooreenkoms is Explomin
verantwoordelik vir die koste met betrekking tot die
onderhandeling, opstel en voorbereiding van hierdie ooreenkoms
maar desnieteenstaande bly Explomin in gebreke om die rekening
van ons firma in hierdie verband te vereffen.
Dit is derhalwe
ons opdrag om u mee te deel in terme van klousule 16.1 van die
ooreenkoms dat tensy bogemelde gebreke herstel en of
behoorlik aan
voldoen word binne 7 dae vanaf datum van hierdie skrywe ons kliënt
hierdie oorenkoms sal kanselleer.â
Hierdie skrywe
is op 10 Oktober 2003 per geregistreerde pos aan Explomin
versend, en ân afskrif daarvan is deur die balju
aan Explomin
beteken op 13 Oktober 2003. ân Afskrif daarvan is ook op
10 Oktober 2003 aan die kantore van die
prokureurs van
Explomin, mnre André Potgieter & Vennote gebeeldsend.
Explomin het in
ân skrywe gedateer 25 Oktober 2003 en gerig aan die prokureurs van
die Trust as volg op die voormelde aanmaning
van 10 Oktober 2003
reageer:
â
U skrywe van
10 Oktober 2003 het betrekking.
Ons neem kennis
van al die sake wat in u skrywe genoem word. Ons was reeds in
verskeie gesprekke met u kliënt, en glo dat die meeste
aspekte
uitgeklaar is. Ons wil die volgende op rekord plaas en onder u aandag
bring:
Ons
het die vorige terreinbestuurder se dienste beeïndig. Die probleem
met die register was voor ontvangs van u skrywe reeds opgelos.
Die
nuwe bestuurder is dalk nog vreemd, en ons het dalk ook nagelaat om
hom volledig in te lig oor die detail van die bestaande
kontrak.
Daarvoor vra ons om verskoning. Paragrawe 4 en 5 is daarmee
aangespreek en behoort voortaan minder probleme te gee.
Feit is
darem ook dat u kliënt se verteenwoordiger op die terrein is en
billikheidshalwe moet help om misverstande te voorkom.
Die
verkoop van die diamante sonder kennisgewing (par 2) was ân
eenmalige gebeure waartoe ons gedwing was, en is ook gedoen om
u
kliënt se belange te dien. Dit is aan hom verduidelik en dit sal
hopelik nie weer ân probleem wees nie.
Die
waarborg aan die Dept van Mineraal en Energiesake is met die
belegger opgeneem. Die eerste datum beskikbaar by Mnr Johan Bornman
van die Dept is op 3 November 2003. Die verandering van waarborg is
meer kompleks as wat ons voorsien het, en ons sal volledig
rapporteer wanneer dit in plek sal wees na bg. ontmoeting. Die
fondse is wel reeds in plek. Ons vra dus begrip en geduld.
U
kliënt se grootste kommer blyk egter die onsekerheid te wees of ons
voortgaan met die projek. Na deeglike besinning met al die
kundiges
wat ons adviseer, die volgende:
Weens
die wisselkoers is beide ons aanvanklike belegging en sekuriteit,
sowel as die verkoopsprys van ons produk onder groot druk.
Ons
is ook onder druk om te presteer ten opsigte van swart bemagtiging
in terme van die nuwe wetgewing.
Daar
is egter groot belangstelling in die beleggingsmoontlikhede teen die
Oranjerivier. Dit noodsaak ons om voortdurend na die
beste opsies
te kyk. Dit is volledig met ons buitelandse vennoot bespreek. U
kliënt is ingelig dat daar dus moontlik ân verdure
belegger
betrek gaan word ten einde die projek na sy volgende fase te neem.
Onderhandelinge is voltooi en ons verwag om binne
die volgende week
finale kontrakte op die tafel te hê. U kliënt sal ingelig word
soos ons vorder.
Ons
het reeds ongeveer R16 miljoen spandeer aan hierdie projek. Ons
risiko is dus aansienlik groter as vir u kliënt. Die resultate
is
uiters belowend, en ons is geensins van plan om nou te onttrek nie.
Die teendeel is waar, want die eintlike ontginning kan
nou eers
begin. Die projek gaan dus voort.
Dit
is ons voorneme om die reserwe effektief en suksesvol te ontgin.
Ons sal alleen onttrek indien alle rolspelers, die grondeienaar
ingesluit, gesamentlik besluit dat verdere werk nie lonend sal wees
nie.
Wat
u paragraaf 6 betref, het ons reeds alle koste ten opsigte van die
opstel van die kontrakte vereffen. Ek is seker dit was nie
die
bedoeling dat ons u kliënt se eie konsultasies en advies ook moet
betaal nie. U sal begryp dat dit ons in ân onmoontlike
posisie
sal plaas war ons geen beheer sal hê oor uitgawes nie. Dit is ook
nie normale praktyk nie. Mnr Potgieter was in elk
geval nog nie
beskikbaar vir sy kommentaar nie. Die aangeleentheid is kortliks
met u kliënt bespreek, en ek glo hy het begrip
vir ons standpunt.
Ongeag wat die interpretasie of oorsig in die kontrak mag wees, moet
u saamstem dat dit darem ân onredelike
eis is, ongeag die bedrag
ter sprake.
Ek
onderneem om ân afskrif van hierdie brief aan u kliënt te besorg.
Dit sal ân bevestging wees van gesprekke wat oor die
sake gevoer
is.
Ek
wil van die geleentheid gebruik maak om ons goeie trou weer te
bevestig. Ek wil ook u kliënt bedank vir sy goeie gesindheid
en
die begrip wat hy openbaar. Ek hoop ons sal in die toekoms steeds
hartlik en suksesvol kan saamwerk.
Baie dankie vir
u aandag.â
In ân skrywe
gedateer 27 Oktober 2003 stel die prokureurs van die Trust, Thinus
Schutte & Vorster Prokureurs, Explomin as
volg in kennis:
â
Ons verwys
na bostaande aangeleentheid en ons skrywe van 10 Oktober 2003 en
erken in die verband ook ontvangs van u skrywe gedateer
25 Oktober
2003 wat vanoggend per hand by ons kantoor afgegee is.
Dit is ons
opdrag om u mee te deel dat ons kliënt nie tevrede is dat u die
voorwaardes van die ooreenkoms nagekom het nie en dat
die spertyd
verstreke is. Ons gee u derhalwe hiermee kennis dat die ooreenkoms
met onmiddellike effek beëindig word.
Ons
kliënt is van voorneme om onmiddellik die hekke te sluit en sal alle
werksaamhede staak behalwe dat daar van u verwag sal word
om
onmiddellik voort te gaan met die rehabilitasie van die eiendom. U
sal nie toegelaat word om enige toerusting of werktuie te
verwyder
alvorens die rehabilitasie afgehandel is nie.
Ons kliënt is,
sonder benadeling van enige van sy regte, bereid om oorweging daaraan
te skenk om ân nuwe oorenkoms met u aan te
gaan sodra daar
sekerheid is oor u vermoë om ân ooreenkoms na te kom. Dit sal
egter slegs oorweeg word indien u gereed is om
vaste
ondernemings te gee en indien die rehabilitasie-werk op datum gedoen
is.â
Hierdie skrywe
is op 28 Oktober 2003 per geregistreerde pos aan Explomin versend,
en ân afskrif daarvan is eweneens op 28
Oktober 2003 aan die
voormelde prokureurs van Explomin gebeeldsend.
Op 3 Desember
2003 doen die Trust by wyse van ân dringende aansoek by hierdie
Hof aansoek vir die volgende regshulp:
Dat
paragraaf 16.1 van bylaag âAâ gerektifiseer word deur die syfers
en letters â15 (fifteen)â deur te haal en te vervang
met â7
(seven)â.
Dat
verklaar word dat die prospekteer- en mynkontrak gesluit tussen
applikante en eerste respondent van 11 Februarie 2003
regsgeldig gekanselleer is en tans nie meer bindend op die partye is
nie.
Dat
eerste respondent verbied word om enige verdere prospekteer- of
mynaktiwiteite te verrig op die plaas bekend as :
Restant van die
plaas Klipfontein nr 38, geleë in die afdeling van Hopetown,
Provinsie Noord-Kaap;
Groot:
2112,2552 (Tweeduisend Eenhonderd en Twaalf Komma Twee Vyf Vyf Twee)
hektaar
Gehou
kragtens Transportakte Nr T98932/2001.
Dat
die eerste respondent gelas word om die skade aangerig op die plaas
in die voorafgaande paragraaf vermeld, deur prospekteer-
en
mynaktiwiteite onmiddellik te rehabiliteer.
Dat
die balju gemagtig en gelas word om beslag te lê op bates van die
eerste respondent wat op die gemelde plaas verkeer wat in
waarde nie
die bedrag van R1 000 000.00, oorskry nie en dit onder beslaglegging
te hou hangende die finale voltooiing van die gemelde
rehabilitasie,
alternatiewelik
die verskaffing van ân bankwaarborg vir die gemelde bedrag as
sekuriteit vir die behoorlike voltooiing van die rehablitasie.
Dat
eerste respondent asook sodanige ander respondente as wat die
aansoek mag bestry gesamentlik en afsonderlik met eerste respondent
gelas word om die koste van hierdie aansoek te betaal.â
Op die
voormelde datum het Kgomo RP die volgende tussentydse bevel
verleen:
Dat die
aansoek uitgestel word na 5 Februarie 2004.
Dat
die applikante se hoofde geliasseer word voor of op 22 Januarie
2004 en die respondente se hoofde voor of op 2 Februarie
2004.
Dat
(sonder om enige bevinding te maak) die eerste respondent verbied
word om te myn tussen die 13de Desember 2003 en die
5de
Februarie 2004. Dat dit noteer word dat die respondent ook ân
ondernemening gemaak het om nie aan te gaan om te myn
gedurende
hierdie periode nie.
Dat
die respondent onderneem om nie die myn gereedskap te verwyder van
die plaas Klipfontein vir die ooreengekome tydperk nie.
Dat
die koste voorbehou word.â
Die Trust het sy
bede vir die regshulp soos versoek in par 2 van die Kennisgewing van
Mosie abandoneer, en verg dit geen verdere
aandag nie.
Die voormelde
feite uiteensetting is gemeensaak tussen die partye hiertoe.
DIE
GESKILPUNTE
Die gskilpunte in
hierdie saak, sommige waarvan uiteindelik geblyk het nie wesenlik in
geskil te wees nie, en wat bereg moet word,
is die volgende:
Of Explomin
kontrakbreuk gepleeg het van enige terme van die skriftelike
kontrak wat sodanig wesenlik is dat die Trust geregtig
was om op
grond daarvan Explomin kragtens klousule 16.1 van die ooreenkoms
op terme te plaas en die kontrak te kanselleer;
Of die skrywe
van 10 Oktober 2004 gerig aan Explomin (hierbo aangehaal) ân
behoorlike kennisgewing was om die beweerde kontrakbreuk
reg te
stel;
Of Explomin 15
dae gegun was om die gebreke te herstel voordat kennis van
kansellasie gegee is;
Of Explomin
die gebreke herstel het;
Of die Trust
afstand gedoen het van sy reg om die kontrak te kanseller op
sterkte van die inhoud van die voormelde kennisgewing
van 10
Oktober 2003;
Benewens die
voorgaande, is enkele ander geskilpunte ook in die stukke geopper
soos byvoorbeeld of die Trust die ooreenkoms gerepudieer
het, of die
kontrak by ooreenkoms op 4 Nobember 2003 gekanselleer is, en of
Explomin nie ân retensiereg op die eiendom het vir
verbeterings
aangebring nie. Geeneen van hierdie geskilpunte is egter in argument
verder gevoer nie, en is dit vervolgens nie nodig
om daarmee te
handel nie.
Vervolgens handel
ek hieronder
seriatem
met
die geskilpunte soos hierbo omlyn.
KONTRAKBREUK
Hoewel die Trust
aanvanklik op ân veeltal beweerde verbrekings van die kontrak
gesteun het en soos blyk uit die skrywe van 10
Oktober 2003 (hierbo
aangehaal), het adv Danzfuss SC namens die Trust primêr slegs
gesteun op twee vorme van kontrakbreuk waaraan
Explomin hom sou
skuldig gemaak het en dit is naamlik dat Explomin versuim het om die
waarborg vir rehabilitasiewerke aan die Departement
van Mineraal- en
Energiesake te lewer kragtens die voorskrifte van klousule 9 van die
kontrak; en dat Explomin versuim het om die
grond waar mynbou
aktiwiteite plaasgevind het
âon
an ongoing basisâ
te rehabiliteer soos vereis in klousule 9 van die kontrak.
Dit is geykte
reg dat die tydstip waarop die vraag naamlik of Explomin die
voormelde terme van die kontrak verbreek het, beoordeel
moet
word, die tydstip is waarop Explomin aangemaan is om die beweerde
gebreke te herstel. Dit is gemeensaak dat Explomin
die aanmaning
gedateer 10 Oktober 2003 laastens op 13 Oktober 2003 ontvang het.
Dit is verder
gemeensaak tussen die partye dat Explomin inderdaad op 13 Oktober
2003 in gebreke was met die lewering van die
tersaaklike
waarborg. Hierdie waarborg moes gelewer gewees het aan die
Departement van Mineraal- en Energiesake aan die
begin van die
vierde maand na sluiting van die kontrak op 11 Februarie 2003.
Dit moes dus gelewer gewees het teen ongeveer
middel Mei 2003.
In sy skrywe van
25 Oktober 2003 (hierbo aangehaal) erken mnr Kluge namens Explomin in
wese dat die waarborg nog nie gelewer was nie,
verduidelik hy die
redes vir die versuim, en versoek dan
âbegrip
en geduldâ
vir die versuim.
In sy opponerende
eedsverklaring beweer mnr Kluge ook nou dat mnr Wiid namens die Trust
afstand gedoen het van sy reg om op hierdie
grond die kontrak te
kanselleer aangesien laasgenoemde hom versoek het om eerder die geld
(synde die R100 000.00 vir die waarborg)
in die myn aktiwiteite aan
te wend. Hierdie bewering kom my totaal onwaarskynlik voor en blyk
ân nagedagte te wees. Aan die een
kant beweer mnr Kluge dat hy
probleme ondervind het met die tweede respondent om die waarborg van
die Trust met dié van Explomin
te vervang en dat dit tot
âuitgerekte
onderhandelinge geleiâ
het; en aan die ander kant beweer hy Wiid het afstand gedoen daarvan
dat die waarborg gelewer word. As dit so was, waarom dan nog
met die
Staat onderhandel vir die lewering van die waarborg?
Die duidelikste
bevestiging dat hierdie verweer ân nagedagte is, is egter te vind
in die skrywe van mnr Klughe van 25 Oktober 2003
in antwoord op die
aanmaning van die Trust van 10 Oktober 2003. Nêrens in hierdie
skrywe word melding daarvan gemaak dat die Trust
of mnr Wiid afstand
gedoen het van sy reg om op hierdie grond te steun of dat hy Explomin
onthef het van hierdie verpligting nie.
Ook prokureur Potgieter maak
geen melding van so ân afstanddoening of ontheffing in sy skrywe
aan die prokureurs van die Trust
van 31 Oktober 2003 nie.
Dit blyk ook
dat Explomin op 13 Oktober 2003 in gebreke was om die grond waar
mynbou aktiwiteite geskied het, te rehabiliteer.
Hierdie versuim
blyk onder andere uit samesprekinge wat tussen die partye en van
hul regsverteenwoordigers gevoer is na
13 Oktober 2003 en
waartydens Explomin onderneem het om ân rehabilitasie program
op te stel wat ook agterstallige
rehabilitasie sou insluit.
Op 31 Oktober 2003
skryf die prokureur van Explomin aan die Trust se prokureurs dat
Explomin onderneem het om sy volle aandag aan
die rehabilitasie te
gee en dat hulle (die prokureurs)
â
⦠belowe (is) dat hieraan aandag geskenk wordâ
.
Die bewering soos
vervat in die aanmaningsbrief van 10 Oktober 2003 naamlik dat
Explomin in verstek is met die rehabilitasie van die
grond, is
geensins voor die sogenaamde kansellasie kennisgewing gedateer
27 Oktober 2003 deur of namens Explomin ontken nie.
Adv Pelser SC
het â myns insiens tereg so â toegegee dat beide die
voormelde terme van die kontrak wesenlike terme daarvan
was, die
verbreking waarvan die Trust geregtig sou maak op die behoorlike
kansellasie van die kontrak kragtens klousule 16.1
daarvan. Dat
dit so moet wees, spreek in wese vanself. Rehabilitasie van
grond wat as gevolg van mynbou-aktiwiteite versteur
word, is ân
statutêre vereiste kragtens die Mineraalwet, wet 50 van 1991
(sien artikels 28 en 29 daarvan), en is dit vervolgens
begryplik
dat die nie-nakoming van hierdie voorwaarde vir beide
kontrakspartye ernstige gevolge kan inhou. Die erns waarmee
die
partye en die Staat hierdie vereiste van rehabilitasie sien, blyk
uit die omvang van die waarborg wat verlang is deur
die
Departement van Mineraal- en Energiesake, naamlik die bedrag van
R100 000.00. Die versuim deur Explomin om te rehabiliteer
kan vir die Trust enorme finansiële implikasies inhou deurdat
die Trust ân waarborg aan die Staat moes verskaf vir die
nodige
rehabilitasie. Dit was dus wesenlik vir die Trust dat Explomin
hom van hierdie finansiële blootstelling moes onthef.
Ek bevind dus dat
beide die voormelde terme van die kontrak naamlik die verpligting
van Explomin om ân waarborg te lewer in die
bedrag van R100 000.00
vir rehabilitasie werk aan die Departement van Mineraal- en
Energiesake, sowel as die verpligting om op
ân deurlopende
grondslag rehabilitasiewerk uit te voer, wesenlike terme van die
kontrak was, die verbreking waarvan die Trust
veroorloof het om die
kontrak kragtens die voorskrifte van klousule 16.1 daarvan te
kanselleer.
Voorts bevind ek
dat Explomin op 10 en 13 Oktober 2003 in gebreke was om sy
verpligtinge soos voormeld en voortspruitend uit klousule
9 van die
kontrak, na te kom.
Die
Trust was vervolgens geregtig om Explomin kragtens klousule 16.1 van
die kontrak op terme te plaas en, by gebreke aan die herstel
van die
gebreke binne 15 dae na aanmaning, die kontrak te kanselleer.
DIE
AANMANING VAN 10 OKTOBER 2003
Behalwe vir die
enkele aspek waarmee hieronder afsonderlik gehandel word, ontken
Explomin nie dat die skrywe van 10 Oktober
2003 ân behoorlike
kennisgewing is soos bedoel in klousule 16.1 van die kontrak nie.
Uit die inhoud van hierdie skrywe blyk
dit ondubbelsinnig duidelik
presies watter terme van die ooreenkoms Explomin na bewering
verbreek het, wat die aard van sodanige
beweerde verbrekings behels,
en ook dat die Trust voornemens is om die ooreenkoms te kanselleer
indien die gebreke nie tydig herstel
word nie. Die kennisgewing is
vervolgens
âclear
and unequivocalâ
(
Kragga
Kamma Estates CC and Another v Flanagan
[1994] ZASCA 137
;
1995 (2) SA 367
(A) te 375
C
),
en voldoen myns insiens aan die voorskrifte van klousule 16.1.
Wat in geskil is
aangaande hierdie kennisgewing, is naamlik of dit ân behoorlike
kennisgewing is aangesien Explomin daarkragtens
slegs 7 dae gebied
is om die gebreke te herstel en nie 15 dae soos vereis in klousule
16.1 van die kontrak nie. Die laaste paragraaf
van die kennisgewing
lees as volg:
âDit is derhalwe ons opdrag om u mee te deel in terme van klousule
16.1 van die ooreenkoms dat tensy bogemelde gebreke herstel
en of
behoorlik aan voldoen word binne 7 dae vanaf datum van hierdie skrywe
ons kliënt hierdie oorenkoms sal kanselleer.â
Uit die
bewoording van klousule 16.1 naamlik
ââ¦
and fails to make such payment or rectify the breech (sic!)
within 15 (fifteen) days following receipt of âThe Ownerâsâ
notice â¦â
,
is dit duidelik dat Explomin 15 dae het vanaf ontvangs van ân
aanmaning om gebreke te herstel. Duidelik is dit nie vir
die
Trust nodig om enige tydsbeperking in sy aanmaning te vermeld
nie. Wat van belang is, is dat Explomin 15 dae het vanaf
die dag
waarop hy die aanmaning ontvang het, om gebreke te herstel. In
Tangney
& Another v Ziveâs Trustee,
1961 (1) SA 449
(WPA)
is
ân soortgelyke verweer soos hierin geopper. Die tersaaklike
klousule in die kontrak daarin ter sprake, het as volg gelees:
âIn the event of the purchaser committing a breach of her
obligations under this deed of sale and in the event of her failing
to
remedy such breach within 14 days after notice in writing given by
the sellers calling upon the purchaser to remedy such breach,
then
and in such event the sellers shall be entitled without further
notice and without prejudice to any other rights they may have,
either-
to
require payment forthwith of the whole of the purchase price, or
to
cancel this deed of sale.â
Te
453
F tot H
bevind
Kuper
R
as
volg:
âClause 16 provided that the applicants would be entitled to claim
forfeiture if the insolvent failed to remedy a breach within
14 days
after notice in writing given by them to the insolvent to remedy the
breach. The notice of the 18
th
August, 1960 in fact gave the trustee 14 days from the date of the
letter and it was common cause that if the terms of the letter
required 14 daysâ notice to be given that the time given in the
letter was incorrect and ineffective. In my view, the clause only
required a notice in writing to be given to remedy the breach and
there was no necessity to specify in the notice the period within
which the breach was to be remedied. Nor does the fact that an
inadequate period was specified invalidate the notice.â
Sien verder
Lurlev
v Unifreight General Services and Others
1978 (1) SA 70
(D) te 76 H
.
Vervolgens, en
ten spyte daarvan dat die Trust Explomin aangemaan het om die
gebreke binne 7 dae te herstel, is die kennisgewing
steeds geldig
en van krag. Explomin het steeds 15 dae gehad vanaf ontvangs van
die kennisgewing om die gebreke te herstel.
Explomin was
geregtig daarop om die verwysing in die kennisgewing na
â7
daeâ
te ignoreer, maar nie die kennisgewing om gebreke te herstel as
sulks nie.
OF DIE
GEBREKE HERSTEL IS
Explomin het
duidelik versuim om die waarborg aan die Staat te lewer binne die
periode van 15 dae soos vermeld in paragraaf 16.1
van die kontrak
sedert ontvangs van die kennisgewing gedateer 10 Oktober 2003. Die
duidelikste bewys hiervan is te vind in ân
skrywe van die
prokureurs van Explomin gerig aan die Trust se prokureurs en
gedateer 31 Oktober 2003 (dit wil sê minstens
18 dae na
ontvangs van die kennisgewing van 10 Oktober 2003), waarin as volg
berig word:
â
Die lewering
van waarborg aan die Departement van Minerale & Energie is in die
finale stadium en sal binne dae afgehandel wees.â
Dit is verder
gemeensaak tussen die partye dat die waarborg selfs na 31 Oktober
2003 nie gelewer was nie. Die naaste wat Explomin
daaraan gekom het
om te poog om hierdie gebrek te herstel, is dat ân bedrag van R100
000.00 op 26 November 2003 by sy prokureur
inbetaal is. Afgesien
daarvan dat hierdie betaling ver buite die 15 dae periode geskied
het, is dit steeds nie voldoening aan die
kontraksvoorskrifte nie.
Streng gesproke
sou die voormelde versuim voldoende grond vir die Trust gebied het
om die kontrak te kanselleer. Dit blyk egter
ook duidelik dat
Explomin versuim het om die nodige rehabilitasie werke uit te voer
binne die periode van 15 dae voormeld. In
dieselfde skrywe van 31
Oktober 2003 waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is, berig
die prokureurs van Explomin as volg
aangaande die rehabilitasie:
â
Ons kliënte
het onderneem om hulle volle aandag hieraan te skenk en die gevoel is
dat die hoofooreenkoms tussen die partye voldoende
beskerming aan u
kliënt verleen.â
Dit sal opgemerk
word dat geensins ontken word dat Explomin in versuim is met die
rehabilitasie nie, en ook nie dat die gebrek herstel
is nie.
Mnr
Pelser het dan ook nie met enige mate van oortuiging tot die teendeel
betoog nie.
Uit hoofde van
die voorgaande bevind ek dus dat Explomin versuim het om die
voorgaande verbrekings van sy kontraksverpligtinge te
herstel binne
ân periode van 15 dae na ontvangs van die skriftelike aanmaning
gedateer 10 Oktober 2003.
OF DIE
KONTRAK GEKANSELLEER IS NA VERSTRYKING VAN DIE 15-DAE PERIODE
Die advokate vir
die onderskeie partye is dit eens dat, indien bevind sou word dat
Explomin die kennisgewing van 10 Oktober
2003 op daardie dag
ontvang het, die 15 dae periode wel verstryk het voordat Explomin
die kennisgewing van kansellasie ontvang
het.
Hoewel mnr
Wiid namens die Trust beweer dat die kennisgewing van kansellasie
aan Explomin gekommunikeer is op 27 Oktober 2003
(synde die datum
van hierdie kennisgewing), dui die onbetwiste reële getuienis
daarop dat die kennisgewing eers op 28 Oktober
2003 per
geregistreerde pos aan Explomin versend is en ook op 28 Oktober
2003 aan die prokureurs vir Explomin gebeeldsend
is. Hierdie
kennisgewing is nie, soos dié van 10 Oktober 2003, deur middel
van die balju op Explomin beteken nie.
Die vroegste datum
waarop Explomin dus kon kennis neem dat die Trust die kontrak
gekanselleer het was op 28 Oktober 2003. Die argument
van mnr Pelser
naamlik dat, omdat mnr Wiid in sy stawende eedsverklaring beweer dat
die kontrak op 27 Oktober 2003 gekanselleer is,
ek daardie datum as
die effektiewe datum moet aanvaar, ontgaan my. Dit is immers geykte
reg dat, in ân geval soos die onderhawige,
die kansellasie eers van
krag word wanneer die eleksie om te kanselleer aan die teenparty
gekommunikeer is (
Swart
v Vosloo
1965 (1) SA 100
(A) te 105 G
).
Dit is ook geensins namens Explomin beweer dat die kennisgewing van
kansellasie voor 28 Oktober 2003 aan hom gekommunikeer
is nie.
Wat vervolgens
vasgestel moet word, is naamlik of Explomin inderdaad die
kennisgewing gedateer 10 Oktober 2003 op daardie dag ontvang
het of
eers op 13 Oktober 2003 (synde die dag waarop die balju die
kennisgewing beteken het).
Dit blyk uit
bewysstuk G(a) tot die stawende eedsverklaring van mnr Wiid dat die
kennisgewing om 08:34 die oggend van 10 Oktober
2003 aan die kantore
van die prokureurs van Explomin gebeeldsend is. In paragraaf 39.6
van sy stawende eedsverklaring verklaar
mnr Wiid namens die Trust as
volg:
âDit kan nooit reg wees dat die kennisgewing âte vroeg gegee isâ
nie. Eerste respondent het die eerste kennisgewing op 10
Oktober
2003 ontvang en selfs al is die termyn vyftien dae, het daar nog meer
as vyftien dae verstryk voordat die kansellasie kennisgewing
van 27
Oktober 2003 gegee is.â
In die opponerende
eedsverklarings is hierdie bewering geensins ontken nie, en selfs ook
nie in die dupliserende verklarings wat later
namens Explomin
geliasseer is nie.
Die
waarskynlikhede dui ook oorweldigend aan dat Explomin inderdaad op
10 Oktober 2003 die kennisgewing ontvang het.
Dit is
gemeensaak dat die prokureurs aan wie die kennisgewing versend
is, die regsverteenwoordiger van Explomin op daardie
stadium
was. Mnr Pelser het egter aangevoer dat die tersaaklike
prokureur, mnr Potgieter, vanaf 26 September
tot 15
Oktober 2003 in die buiteland was, en dat die Trust nie bewys
het dat die kennisgewing tot die kennis van Explomin
gekom het
nie. Myns insiens versterk hierdie feit egter die
waarskynlikhede dat enige personeellid van mnr Potgieter
wat
so ân ooglopend belangrike dokument ontvang, dit onmiddellik
onder die aandag van die kliënt (Explomin) sou
bring.
Nóg mnr
Potgieter nóg enigeen van sy personeellede het óf ontken dat
die kennisgewing op daardie dag (10 Oktober
2003) aan Explomin
gekommunikeer is. Trouens, nêrens in die stukke word beweer
dat Explomin nie die kennisgewing
op daardie dag ontvang het
nie, en word ook nie gesê wanneer die kennisgewing ontvang is
nie.
Die eerste
keer waarop Explomin hom daarop beroep het dat die
kennisgewing van 10 Oktober 2003 nie ân behoorlike
kennisgewing was nie en dat die kennisgewing van kansellasie
voortydig gegee is, is in ân skrywe van prokureur Potgieter
gedateer 28 November 2003 waar die volgende aangevoer word:
âOns kliënt het Advokaatsmening oor die regsaspekte ingewin en ons
het opdrag om as volg aan u te skryf:
Die
Kennisgewing aan ons kliënt van 10 Oktober 2003 is defektief
omdat dit nie wat die aantal dae betref voldoen aan die vereiste
gestel in Klousule 16.1 van die Ooreenkoms tussen die partye nie.
Gevolglik is die Kennisgewing van 27 Oktober 2003 aan ons
kliënt
defektief en in elk geval defektief omdat dit te vroeg gegee is.
U kliënt kon
derhalwe nie die Ooreenkoms kanselleer nie en u kliënt se poging
daartoe is derhalwe ongeldig. Gevolglik is die ooreenkoms
steeds van
krag en moet ons kliënt toegelaat word om normaalweg met die
mynoperasie voort te gaan.â
Dit
val onmiddellik op dat hierin geensins beweer word dat die eerste
kennisgewing later dan, of nie op 10 Oktober 2003 nie, ontvang
is.
In die
afwesigheid van enige getuienis of bewering dat Explomin nie die
kennisgewing van 10 Oktober 2003 op daardie dag ontvang
het nie,
moet die bewering namens die Trust tot die teendeel aanvaar word.
Sien
Stellenbosch
Farmersâ Winery Ltd v Stellenvale Winery (Pty) Ltd
1957 (4) SA 234
(C) te 235 E; Plascon-Evans Paints v Van Riebeeck Paints
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA
623
(A) te 634 F; Ampofo v MEC Education, Northern Province
2002 (2)
SA 215
(T) te 227 I tot J
.
Maar selfs indien
aanvaar word dat Explomin eers die aanmaningskennisgewing op 13
Oktober 2003 ontvang het, volg dit myns insiens
steeds dat die
kennisgewing van kansellasie eers na die verstryking van die periode
van 15 dae vermeld in klousule 16.1 van die
kontrak aan Explomin
gekommunikeer is.
Die datum van die
kennisgewing, naamlik 27 Oktober 2003, is geensins bepalend van die
datum waarop die kontrak gekanselleer is nie,
maar wel die datum
waarop die Trust se besluit om te kanselleer aan Explomin
gekommunikeer is.
âThe final question was whether the cancellation was premature, and
this can be shortly dealt with.
The period of
30 days prescribed by s 13 (1), began to run from 18 March 1980, and
expired on 16 April 1980. It was submitted on
behalf of the
plaintiffs that the purported cancellation in the letter dated 15
April 1980 was, therefore, premature, and this submission
was upheld
by the Court a quo.
Consequently,
although the letter of cancellation was posted before the expiry of
the period of 30 days, it did not take effect until
it was received
by Armstrong on26 April 1980, which was after the period had expired.
The cancellation was accordingly not premature.â
(Phone-A-Copy
Worldwide (Pty) Ltd v Orkin & Another
1986 (1) SA 729
(A) te 750
J tot 751 C
)
.
Soos hierbo
vermeld, is die kennisgewing van kansellasie op die vroegste op 28
Oktober 2003 aan Explomin gekommunikeer. Namens Exsplomin
is ook
geensins beweer dat hierdie kennisgewing voor 28 Oktober 2003 ontvang
is nie.
Die partye is dit
eens dat die periode van 15 dae vermeld in klousule 16.1 van die
kontrak bereken moet word kragtens die siviele
metode vir die
berekening van tyd, dit wil sê deur die eerste dag in te sluit en
die laaste dag uit te sluit. Dat hierdie benadering
juis is, blyk
onder andere uit die volgende gesag:
Joubert v
Enslin
1910 AD 6
te 37:
âI think, under these circumstances, we should abide by the rule
laid down nearly fifty years ago, and should hold that where it
becomes necessary to calculate a definite period of time fixed by a
contract, and where the parties have not indicated how such period
should be reckoned, the computation should, as a general rule, be
made by including the first day and excluding the last dayâ
LAWSA,
Joubert, (1ste Her-uitgawe) vol 27 par 443 en die sake daarin
aangehaal.
Kragtens hierdie
metode van berekening het die 15 dae periode en gereken vanaf 13
Oktober 2003 dus verstryk met middernag van 27
Oktober 2003. Sien
Thomas
v Liverpool & London Globe Ins
1968 (4) SA 141
(K) te 145 A tot
E; en AA Mutual Ins Ass Ltd v Tlabakoe, 197
0 (1) SA 302
(A)
waar
die volgende neergelê is te
309
G tot H
:
âDie siviele metode vir die berekening van ân tydperk van dae hou
skynbaar die volgende in: Die laaste dag van die tydperk word
eerste
bepaal en, om dit te doen, begin die telling van die aantal dae op
die dag ná die aanvangsdatum. Wanneer die laaste dag
nou so bepaal
is, word dit geag dat dit voltooi is op die oomblik waarop dit begin
het (ultimus dies coeptus pro completo habetur)
sodat die tydperk dan
eintlik op die laaste oomblik van die vorige dag eindig en dus een
dag minder as die betrokke tydperk van dae
is. Om die volle aantal
dae vol te maak, word die aanvangsdatum wat met die begin van die
berekening uitgesluit is dan weer ingesluit.
Prakties gesproke kom
dit daarop neer dat die erste dag ingesluit en die laaste dag
uitgesluit word.â
Kragtens hierdie
metode van berekening moet die 15 dae periode in die onderhawige saak
as volg bereken word: Die 15 dae word getel
vanaf 14 Oktober 2003.
Die laaste dag val dan op 28 Oktober 2003. Die periode van 15 dae
word dan geag voltooi te wees met die aanvang
van die laaste dag (28
Oktober 2003), dit wil sê om middernag 12:00 van 27 Oktober 2003.
Om die volle aantal van 15 dae weer op
te maak, word die eerste dag
van 13 Oktober 2003, en wat aanvanklik uitgesluit was, weer
bygereken.
Die volle periode
van 15 dae kragtens klousule 16.1 van die kontrak het dus verstryk
voordat die Trust se kennisgewing van kansellasie
aan Explomin
gekommunikeer was op 28 Oktober 2003.
AFSTANDDOENING
Namens Explomin
is aangevoer dat die Trust afstand gedoen het van sy reg om die
kontrak te kanselleer en soos geskep in die voormelde
kennisgewing
van 10 Oktober 2003. Mnr Pelser voer aan dat die beweringe namens
Explomin hieraangaande aanvaar moet word (en vervolgens
bevind moet
word dat die Trust afstand gedoen het van sy reg om te kanselleer);
alternatiewelik dat bevind moet word dat ân
bona
fide
feitedispuut hieraangaande bestaan wat nie op die stukke beslis kan
word nie.
Alvorens die
getuienis ontleed word, is dit gepas om die volgende beginsels aan
te stip:
Die onus om
afstanddoening te bewys, rus op die party wat hom daarop beroep.
(
Louw
v Rutherford,
1924 AD 261
te 263
).
Afstanddoening
van kontraktuele regte word nie ligtelik aanvaar nie, en verg
duidelike bewys daarvan â meer spesifiek waar gesteun
word op
stilswyende of geïmpliseerde afstanddoening. (
Borstlap
v Spangenberg
1974 (3) SA 695
(A) te 704
).
Of ân party
afstand van sy regte gedoen het, word gemeet aan sy bedoeling.
Hierdie toets is objektief. (
Road
Accident Fund v Mothupi
2000 (4) SA 38
(HHA) te 49 F tot J
).
Die algemene reël
naamlik dat ân applikant in mosie verrigtinge kan aanspraak maak
op finale regshulp slegs as dit blyk dat hy
op sodanige regshulp
geregtig is op grondslag van die bewerings gemaak deur die
respondent en daardie bewerings van die applikant
wat nie ontken
word nie, geld ook selfs al sou die bewyslas om ân bepaalde
verweer te bewys, op die respondent rus. (
Associated
SA Bakeries (Pty) Ltd v Oryx and Vereinigte Bäckereien (Pty) Ltd &
Andere
1982 (3) SA 893
(A) te 923 G tot 924 B; Jooste v
Staatspresident & Andere
1988 (4) SA 224
(A) te 262 B;
Kleyenstrüber v Barr & Another
2001 (3) SA 672
(W) te 677 C tot
F
)
Op hierdie
algemene reël is daar egter die uitsondering naamlik dat, indien die
beweringe van die respondent so vergesog of klaarblyklik
onhoudbaar
is, dit verwerp kan word en die saak op die beweringe van die
applikant beslis kan word. (
Plascon-Evans
(supra)
te 634 H tot 635 B
).
Ek is van mening
dat dit uit die stukke onteenseglik duidelik blyk dat die Trust nie
afstand gedoen het van sy regte voortspruitend
uit die kennisgewing
van 10 Oktober 2003 naamlik om die kontrak te kanselleer nie, en dat
die waarskynlikhede hieraangaande so
oorweldigend in die guns van
die Trust is dat die beweringe van Explomin tot die teendeel as
vergesog en duidelik onhoudbaar verwerp
behoort te word.
Dit is gemeensaak
dat mnr Wiid namens die Trust geensins skriftelik afstand van sy
tersaaklike regte gedoen het nie.
Die eerste
direkte bewering dat die Trust afstand van sy regte gedoen het, is
op 8 Desember 2003 deur deponent Kluge namens Explomin
in die
opponerende eedsverklaring gedoen. Voor hierdie geleentheid is geen
sodanige bewering in enige van die talle korrespondensie
gevoer
tusen die partye sedert 10 Oktober 2003 gemaak nie. Die naaste
hieraan is ân bewering vervat in ân skrywe van
prokureur
Potgieter gedateer 31 Oktober 2003 waar die volgende beweer is:
âOns klië
nte
bevestig dat hulle in gesprek getree het met Mnr Wiid van u kliënt
en dat Mnr Wiid onderneem het dat indien daar aandag geskenk
word aan
bogemelde twee aspekte hy nie verdere stappe sal neem om die
ooreenkoms tussen die partye te beëindig nie.â
Die verste wat
hierdie bewering gaan, is ân voorwaardelike afstanddoening en is
duidelik geen bevestiging van ân afstanddoening
nie.
Wat meer is, is
hierdie brief geskryf nadat die Trust reeds die kontrak gekanselleer
het, en staan hierdie bewering dus in skrille
kontras met die
daadwerklike optrede van mnr Wiid.
Indien die Trust
afstand van sy regte om te kanselleer gedoen het voordat die kontrak
met die skrywe van die prokureurs van die Trust
van 27 Oktober
2003 gekanselleer is, sou ek verwag het dat Explomin en sy prokureur
hulle onmiddellik op sodanige afstanddoening
sou beroep. Dit is
egter nie gedoen nie, en regverdig dit as enigste redelike afleiding
dat Explomin geweet het dat die Trust nie
aldus afstand gedoen het
nie.
Die optrede van
die direkteure van Explomin en wat met mnr Wiid onderhandel het,
militeer uitdruklik teen enige uitdruklike of selfs
stilswyende
afstanddoening deur die Trust van sy tersaaklike regte.
In
ân skrywe gedateer 26 November 2003 gerig deur die finansiële
direkteur van Explomin aan mnr Wiid, word die volgende
versoek
gerig:
âWe hereby request you to reinstate the status of the contract as
signed on 10 and 11 February of this year, allowing the company
to do
what it planned from the beginning, in the spirit of good faith.
I request you
to keep any personal differences that might exist between yourself,
your council or any party of Explomin aside and
concentrate on
building a beneficial relationship for both parties in future.
I thank you for
allowing us the opportunity to enter into discussions with you and
know that you will proceed to work with us in future.â
Hierdie versoek is
myns insiens alleen versoenbaar met ân besef en wete dat die
kontrak regmatig gekanselleer is, en dat die Trust
versoek word om
dit weer te laat herleef.
Op 28 November
2003 rig die prokureur van Explomin die volgende skrywe aan die
prokureurs van die Trust:
âOns nuutste instuksies is dat die kliënte aan u kliënt die
bedrag van R300 000.00 sal betaal indien die operasie ingevolge die
huidige kontrak sal voortgaan welke bedrag betaalbaar is wanneer die
nuwe vennoot met investering toetree, dws wanneer investering
afgehandel is. Ons word meegedeel dat die bedrag van R300 000.00
vanogggend deur middel van Ben Venter onderhandel is. Daar
is ân
vereiste dat u kliënt sy samewerking sal gee om die investering te
laat plaasvind.â
Duidelik word
hiermee ân bedrag geld aan die Trust aangebied om die kontrak te
laat herleef. Indien dit die oortuiging van Explomin
was dat die
kontrak nie regmatig gekanselleer is nie, sou so ân rojale aanbod
tog sekerlik nie gemaak gewees het nie. Die aanbod
maak alleen sin
indien Explomin geweet en aanvaar het dat die kontrak regmatig
gekanselleer is.
Na ontvangs
van die kansellasie kennisgewing gedateer 27 Oktober 2003 het
Explomin sy mynbedrywighede onmiddelik gestaak soos
in die
kennisgewing vereis. Eers op 28 November 2003 het Explomin vir
die eerste keer gedreig om sy mynaktiwiteite te hervat
en soos
blyk uit die skrywe van prokureur Potgieter hierbo aangehaal in
paragraaf 19.2.3.
Indien Explomin
bona
fide
geglo het dat die Trust afstand gedoen het van sy reg om die kontrak
te kanselleer, is dit eenvoudig ondenkbaar dat Explomin sy
mynaktwiteite
sou staak met ontvangs van die kansellasie
kennisgewing.
Die handelinge
van mnr Wiid namens die Trust nadat die aanmaningskennisgewing van
10 Oktober 2003 afgestuur was, is geensins versoenbaar
met ân
bedoeling van afstanddoening van regte soos beweer nie.
Op 27 Oktober
2003 versoek hy sy prokureur om die kontrak te kanselleer.
In dieselfde
kennisgewing word Explomin aangesê om hul mynboubedrywighede te
staak.
Op 4 November
2003 vind samesprekinge plaas waartydens onder andere mnr Wiid,
sy prokureur, mnr Kluge van Explomin en ân
prokureur Serfontein
teenwoordig is. Na die samesprekinge bevestig die prokureur vir
die Trust die inhoud daarvan as volg
aan prokureur Serfontein (en
wat oënskynlik ook Explomin verteenwoordig het):
âOns verwys na bostaande aangeleentheid en na ons samesprekings
vanoggend en bevestig dat ân tussentydse mondelinge ooreenkoms
aangegaan is dat Explomin kan voortgaan met hulle myn-bedrywighede
tot en met Vrydag 14 November 2003.
Die
terme van die ooreenkoms is soos volg:
Die partye
bevestig dat die bestaande skriftelike ooreenkoms gekanselleer is.
Die bepalings
van die gekanselleerde skriftelike ooreenkoms sal mutatis mutandis
van toepassing op hierdie mondelinge ooreenkoms wees.
Alle diamante
wat uigehaal word, sal in besit van Dawid du Raan bly en sal die
party saam na tenderaars toe gaan daarmee.
Geen
rehabilitasie-werk mag verder agter raak nie.
Gedurende die
tydperk van hierdie mondelinge ooreenkoms, kan die partye probeer om
ân nuwe ooreenkoms met mekaar te beding.â
ân Afskrif van hierdie e-pos is deur prokureur Serfontein aan mnr
Pretorius, die finansiële direkteur van Explomin, gebeeldsend.
Voor
die loods van hierdie aansoek het Explomin geensins die korrektheid
van hierdie skrywe in geskil geplaas nie.
Dit is totaal
onwaarskynlik dat mnr Wiid bereid sou wees om ân tussentydse
ooreenkoms met Explomin te sluit indien hy nie geglo
en bedoel het
dat die kontrak behoorlik gekanselleer is nie. Dit is eweneens hoogs
onwaarskynlik dat mnr Kluge ân tydelike ooreenkoms
sou beding het
indien hy
bona
fide
geglo
het dat die kontrak nie regmatig gekanselleer is nie.
Nadat dit
geblyk het dat die partye nie ân nuwe ooreenkoms kon bereik
nie, en die (verlengde) tydperk van die tussentydse
ooreenkoms
hierbo na verwys, verstryk het, het die Trust ân nuwe myn-en
prospekteerkontrak met ân derde party, Manhattan,
gesluit.
Die argument van
mnr Pelser naamlik dat dit uit die korrespondensie gevoer tusen die
partye na 10 Oktober 2003 blyk dat daar samesprekinge
tussen die
partye plaasgevind het, en dat dit stawing bied vir mnr Kluge se
beweringe dat afstanddoening plaasgevind het, gaan
eenvoudig nie op
nie. Dit is beslis nie versoenbaar met die optrede en standpunte
van die partye waarna hierbo verwys is nie.
Ek meen dat mnr
Danzfuss korrek is in sy argument naamlik dat die beweringe dat mnr
Wiid afstand van die regte van die Trust gedoen
het, so vaag is dat
geen waarde daaraan geheg kan word nie. Geen besonderhede is deur
mnr Kluge verskaf van waar en wanneer die
gesprekke sou plaasgevind
het tussen homself en mnr Wiid nie, of by watter geleentheid dit sou
gesê gewees het nie, of wat die
aard en inhoud van die gesprek of
gesprekke was nie.
Hierdie vae
beweringe skiet myns insiens ver te kort om ân ware of
bona
fide
feitegeskil daar te stel. Sien
Painter
v Strauss
1951 (3) SA 307
(O) te 315
infra
tot
316
A
.
Hierdie is nie ân
geval waar die waarskynlikhede bloot voorkom die applikante te
begunstig nie (
Transnet
Ltd t/a Metrorail v Rail Commuters Action Group
2003 (6) SA 349
(HHA) te 367 J to 368 A
).
My gevolgtrekking is dat die waarskynlikhede oorweldigend is dat
die Trust nie afstand van sy regte ontleen aan die kennisgewing
van
10 Oktober 2003, gedoen het nie. Dit is so oorweldigend dat die
beweringe tot die teendeel namens Explomin as vergesog en
duidelik
onhoudbaar aangemerk moet word.
Ek bevind dus dat
hier geen
bona
fide
feitegeskil is wat nie op die stukke bereg kan word nie, en voorts
dat die eerste respondent nie bewys het dat die Trust afstand
gedoen
het van sy regte ontleen aan die kennisgewing van 10 Oktober 2003
nie.
Mnr Pelser het
toegegee dat, indien ek in die guns van die applikante sou bevind
die applikante geregtig sou wees op die regshulp
soos vervat in
paragrawe 1 tot 4 van my bevel verleen op 6 Februarie 2004. Dit is
vervolgens nie nodig om met die ander geskilpunte
wat in die
opponerende stukke geopper is, te handel nie.
Dit is gemeensaak
dat die beraamde koste van die rehabilitasie wat op die eiendom
uitgevoer moet word, minstens R1 miljoen beloop.
DIE KOSTE
VAN 11 DESEMBER 2003
Al wat nog beslis
moet word is die koste teweeggebring deur die aanhoor van hierdie
aansoek op 11 Desember 2003 en waartydens die
aansoek uitgestel is
na 5 Februarie 2004.
Mnr Pelser voer
aan dat die applikante aansoek gedoen het vir finale regshulp op ân
dringende grondslag, dat die applikante nie
op daardie stadium kon
slaag met ân bevel vir finale regshulp nie, en dat ân
tussentydse bevel verleen is slegs op grond van
die toeskietlikheid
van die eerste respondent waarkragtens die onderneming gegee is soos
vervat in die bevel van 11 Desember 2003
hierbo aangehaal.
In antwoord
hierop argumenteer mnr Danzfuss dat die applikante verplig was om
aansoek te doen vir finale regshulp aangesien die
eerste respondent
op 1 Desember 2003 weer op die eiendom begin myn het, en die
applikante toe reeds ân nuwe ooreenkoms met
ân derde (Manhattan)
gesluit het om op die eiendom te myn. Voorts argumenteer hy dat die
verknorsing waarin die applikante hulself
bevind het uitsluitlik
veroorsaak is deur die onregmatige optrede van die eerste
respondent, dat die applikante verplig was om
die Hof te nader, en
dit geen verskil sou maak aan die koste wat aangegaan is indien die
applikante slegs aansoek gedoen het vir
tussentydse regshulp in
plaas van finale regshulp nie.
Na my mening is
die applikante geregtig op die koste van die verhoor op 11 Desember
2003.
Daar kan nie
twyfel wees dat die applikante genoodsaak was om die Hof op ân
dringende basis te nader nie. Ten spyte daarvan dat
die kontrak
gekanselleer was, het die eerste respondent eenvoudig die
kennisgewing van kansellasie ignoreer en hul mynbou aktiwiteite
vanaf 1Desember 2003 voortgesit. Na my mening was die applikante
geregtig daarop om die Hof vir onmiddellike regshulp te nader.
Die feit dat die
applikante die Hof vir finale in plaas van tussentydse regshulp
genader het, is myns insiens bloot van akademiese
belang. Die
eerste respondent het volledig geantwoord op die stawende
eedsverklarings van die applikante. Hoewel ân hele aantal
punte
in
limine
deur die eerste respondent geneem is, is geen punt in die
opponerende stukke geneem dat die regshulp soos versoek ondeugdelik
of onontvanklik was nie. Dit sou steeds die Hof vrystaan om
tussentydse regshulp te verleen. (Sien
Pectagon
Fibreglass & Plastics v Hennic
1978 (3) SA 587
(T) te 589 G
).
Gesien vanuit ân praktiese oogpunt sou die koste steeds aangegaan
gewees het: die appikante was genoodsaak om die Hof te
nader, en
die eerste respondent sou ooglopend die aansoek opponeer het â
selfs al het die applikante aansoek gedoen vir tussentydse
regshulp.
Dat die eerste
respondent onderneem het om sy mynbedrywighede te staak en om nie sy
toerusting te verwyder nie (soos in die Hofbevel
van 11 Desember
2003 verstalt), is nie aanduidend daarvan dat die applikante nie op
daardie stadium geregtig was op ân tussentydse
bevel nie. Die Hof
het ân diskresie gehad om tussentydse regshulp te verleen. Indien
die eerste respondent sou weier om toe
te stem tot ân tussentydse
bevel, is ek oortuig daarvan dat die Hof in elk geval tussentydse
regshulp aan die applikante sou
toestaan. Hulle was immers geregtig
daarop.
Bygevolg maak ek
die volgende aanvullende bevel tot my bevel van 6 Februarie 2004:
DIE EERSTE
RESPONDENT WORD GELAS OM DIE KOSTE VAN DIE APPLIKANTE TEWEEGGEBRING
DEUR DIE VERHOOR VAN HIERDIE AANSOEK OP 11 DESEMBER
2003 TE
BETAAL.â
_______________
HJ Lacock
REGTER
Namens
applikante:
Adv
Danzfuss, SC
(iov
Haarhoffs)
Namens
1ste Respondent:
Adv
Pelser, SC
(iov
Duncan & Rothman)