About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 3
|
|
Smith h/a Hamperline v Hoffman (CA & R 31/04) [2004] ZANCHC 3 (1 January 2004)
Verslagwaardig:
JA /
NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA /
NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA /
NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA
& R 31/04
Datum
verhoor: / Date heard:
16/08/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
In
die saak van:
F
SMITH h/a HAMPERLINE
Appellant
en
L
HOFFMAN Respondent
Coram:
Lacock R et Olivier R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Hierdie is ân
appél teen die uitspraak van die Landdros van Britstown
waarkragtens die Landdros ân vordering van die appellant
teen die
respondent vir ân bedrag van R7 663.70 van die hand gewys het met
koste.
Die skuldoorsaak
waarop die appellant haar vordering gegrond het, en soos blyk uit
die dagvaarding, is
âvir
goedere verkoop en gelewerâ
.
Die verweer van
die respondent hierteen is kort en bondig as volg verwoord in haar
verweerskrif:
Verweerder
ontken dat Eiser aan Veweerder enige goedere verkoop en gelewer
het gedurende 2001 en plaas Eiser tot bewys daarvan.
Verweerder
ontken dat sy ân bedrag van R7 663.70 aan Eiser verskuldig is
uithoofde van goedere verkoop en gelewer deur Eiser aan
Verweerder
gedurende 2001.â
In ân
eedsverklaring geliaseer deur die respondent in afwering van ân
aansoek om summiere vonnis, het die respondent egter haar
verweer
meer breedvoerig as volg uiteengesit:
â
Ek ontken
dat ek die bedrag van R7 663.70 aan Eiser verskuldig is uithoofde van
goedere wat deur die Eiser / Applikant aan my verkoop
en gelewer is
gedurende 2001.
Ek
ken glad nie vir Mej. E Smith h/a Hamperline nie.
Ek
was wel ân werknemer van Mev L Smith, De Aar vir wie ek Hampers te
Britstown moes verkoop en gelde invorder.
Ek het vir
kommissie gewerk en het soms R20.00 en soms R50.00 van haar ontvang
wanneer ek die geld wat ek ingevorder het aan haar
oorbetaal het.â
Dat die
verhoorhof die nodige jurisdiksie gehad het om die geskil te bereg
en die
locus
standi
van die partye was nie in geskil nie
Die Landdros het,
na die aanhoor van getuienis, die volgende bevind:
â
Die
ooreenkoms tussen die eiseres en die verweerderes was hoofsaaklik dat
die verweerderes namens die eiseres die goedere gelewer,
sal verkoop.
Die ooreenkoms was nie dat die verweerderes eers geld moes betaal
aan die eiseres voor lewering of by lewering van
die goedere nie.
Die fakture uitgereik was vir die verkoop van die goedere wat deur
die eiseres aan die verweerderes gelewer was.
Hieruit is dit
duidelik dat die verweerderes in diens van die eiseres was. Dit word
ook deur die verweerderes bevestig in haar verweerskrif.
Uit
die getuienis blyk dit duidelik dat die verweerderes as agent of
verweerder vir die eiseres opgetree het te Britstown en het in
daardie hoedanigheid die besigheid van die eiseres uitgebrei.
Die
verweerderes se getuienis strook grotendeels met die weergawe van die
eiseres soos vermeld, is gemene saak. Tweedens, dat sy
as agent of
verteenwoordiger namens die eiseres opgetree het. Derdens, haar
funksionering in haar hoedanigheid as verteenwoordiger
was dat sy
goedere ontvang het per faktuur vanaf die eiseres, verkoop het en die
gelde wat sy wel ingevorder het aan die eiseres
oorbetaal het. Die
besigheidsverhouding tussen die verweerderes en die eiseres was dat
verweerderes geag is in diens te wees van
die eiseres. Stawing
hiervoor is bloot gelê in die feite voor die Hof.
Die
eis-oorsaak voortspruitend uit die feite in getuienis gelewer is nie
vir goedere verkoop en gelewer nie, juis gesien in die lig
van hulle
besigheidsverhouding wat gerugsteun word deur die
regsverteenwoordiging.â
Die Landdros se
redes vir vonnis verskaf ingevolge Landdroshofreël 51 (1), lees as
volg:
Die
beweringe gemaak in die pleitstukke is dat die skuldoordsaak
gebaseer word op die verkoop van goedere en die lewering
daarvan
deur die eiseres aan die verweerderes. Die begrip âskuldoorsaakâ
omvat die wesenlike feite van vordering aldus
Pretorius,
Burgerlike
Prosesreg in die Landdroshowe
op bladsy 114. By ân koopkontrak onderneem die verkoper om aan
die koper ân saak te lewer en in ruil daarvoor onderneem
laasgenoemde om aan eersgenoemde ân som geld te betaal.
Hierdie vereistes moet deur die eiser bewys word ten einde te
slaag in haar vordering. Die eiseres in die huidige
aangeleentheid het haar nie van hierdie bewyslas gekwyt nie.
Die
fakture en kwitansies uitgereik deur die eiseres aan die
verweerderes is aanduidend van die besigheidsverhouding wat daar
bestaan het tussen die partye. Faktuurnommer 28 en 29 dien as
bewys daarvan. Faktuurnommer 28 dui die klienterekening aan
waarvan die balans R7 663.70 beloop. Volgens hierdie faktuur was
daar verskeie betalings gemaak waarvoor kwitansies uitgereik
was.
Faktuurnommer 29 dui die verweerderes se persoonlike rekening
aan met ân uitstaande balans van R218.40. Die onderskeid
wat
getref word in genoemde fakture bevestig weereens die
besigheidsverhouding wat daar bestaan het tussen die partye
naamlik dat die verweerderes as agent namens die eiseres opgetree
het. Volgens faktuurnommer 29 was daar ook ân vrieskas
en Coke
kaste aan verweerderes gelewer. Weereens bewys van hul
besigheidsverhouding. Ook die hoeveelheid goedere wat op
verskillende geleenthede aan verweerderes gelewer was. Al
hierdie faktore is dus aanduidend daarvan dat daar nooit goedere
verkoop en gelewer was aan verweerderes nie maar dat die goedere
wel gelewer was met die doel om dit te verkoop.â
Wat beslis moet
word is in wese die vraag naamlik of die Landdros korrek was deur te
bevind dat die appellant nie die skuldoorsaak
waarop haar aksie
gegrond was, naamlik die verkoop en lewering van goedere aan die
respondent, op ân oorwig van waarskynlikhede
bewys het nie; en of
die Landdros korrek was in sy bevinding naamlik dat die respondent
slegs as agent namens die appellant die
goedere aan haar gelewer,
moes verkoop.
Die beantwoording
van hierdie vrae verg uiteraard ân ontleding en evaluering van die
getuienis deur die partye voor die Hof geplaas.
Namens die
appellant het slegs syself getuig.
Sy het getuig dat
sy gedurende die tersaaklike tydperk waarin die skuldoorsaak na
bewering ontstaan het, die eienares van ân onderneming
genaamd
âHamperlineâ
,
synde ân algemene handelaarsaak, was. Benewens algemene
huishoudelike goedere en kruideniersware, het sy ook sogenaamde
âhampersâ
of braaipakke bevattend onder andere vleis of vis of hoender,
verkoop.
Op ân stadium
het die respondent haar genader met die versoek dat sy (die
appellant) haar help om produkte by haar te kry sodat
sy (die
respondent) dit weer in Britstown aan andere kon verkoop.
Die appellant het
hiertoe ingestem en goedere soos versoek aan die respondent gelewer
waarop die respondent telkens gefaktureer is.
Dit blyk dat die
goedere op krediet en nie teen kontant betaling aan die respondent
gelewer is. Die respondent het dan van tyd tot
tyd betalings aan die
appellant gedoen, welke betalings teen haar rekening gekrediteer is.
Die bedrae aldus deur die respondent
aan die appellant betaal het
gewissel van R100.00 tot R3 670.00 per geleentheid. Die waarde
van die goedere aan die respondent
gelewer het gewissel van R250.00
tot R7 346.00 per geleentheid. Die periode waartydens die goedere
aan die respondent gelewer is,
het gestrek vanaf 14 Mei 2001 tot 11
Junie 2001. Die laaste betaling op hierdie rekening is deur die
respondent gedoen op 26 Junie
2001.
Voorts getuig sy
dat die respondent ân bevalling gehad het waartydens sy haar baba
verloor het, maar dat die respondent onderneem
het om haar te betaal
uit die gelde wat sy sou vorder van persone wat weer by haar
aangekoop het, en dat sy geld wat sy
âby
die welsynâ
maak sou aanwend as betaling.
Die appellant het
nie geweet aan wie die respondent op haar beurt die goedere verkoop
het nie.
In kruisverhoor
het die appellant ontken dat sy ander persone aangestel het om gelde
van persone aan wie die respondent goedere
sou verkoop het, te
vorder. Die rede hiervoor was dat sy nie geweet het aan wie die
respondent goedere verkoop het nie. Die respondent
het ook nie die
name van sodanige persone aan haar gegee nie. Sy het ook ontken dat
die respondent in haar diens was en namens
haar die goedere verkoop
het. Sou dit die geval wees, sou sy nie die respondent gefaktureer
het nie, maar sou sy ân rekening
vir sodanige goedere in die naam
van
âHamperlineâ
oopgemaak het.
Later in
kruisverhoor is aan haar gestel dat sy ene Manie Hoffman sou
aangestel het om gelde te vorder van persone aan wie die respondent
goedere verkoop het. Die appellant het ontken dat sy hierdie persoon
aangestel het, en aangedui dat dit die respondent was wat van
sy
dienste gebruik gemaak het om namens haar gelde van haar kopers te
vorder op ân stadium toe sy (die respondent) nie in staat
was om
self te loop nie.
In haar getuienis
het die respondent erken dat sy aanspreeklik was teenoor die
appellant vir betaling van die koopprys van die goedere
wat aan haar
gelewer was deur die appellant, maar dat sy onthef is van
aanspreeklikheid deurdat die appellant ene Hannes van Wyk
opdrag
gegee het om die gelde verskuldig aan haar (die respondent) deur
persone aan wie sy goedere verkoop het, te vorder.
Namens die
respondent het ook haar vader, mnr Jafta Hoffman, getuig, maar â
soos die Landdros tereg bevind het - het sy getuienis
geensins
bygedra tot die vraag of vrae ter beslissing voor die Verhoorhof
nie. Vervolgens handel ek nie verder met die getuienis
van hierdie
getuie nie.
Die korrektheid
van die rekening, fakture en kwitansies waarkragtens die balans van
R7 663.70 bereken is, is nie in geskil geplaas
nie. Sou dus bevind
word dat die appellant haar saak bewys het, volg dit dat sy geregtig
is op vonnis in haar guns in hierdie
bedrag met moratore rente
daarop en koste soos gevorder.
Ek is van mening
dat die Landdros verkeerdelik bevind het dat die ooreenkoms gesluit
tussen die partye een was waarkragtens die
respondent óf as
werknemer van die appellant óf as agent van die appellant goedere
aan derdes sou verkoop en dat die respondent
gevolglik nie
aanspreeklik teenoor die appellant was vir die koopprys van die
goedere van haar ontvang nie. Myns insiens dui die
getuienis op ân
oorwig van waarskynlikhede daarop dat die respondent die goedere aan
haar gelewer deur die appellant, aangekoop
het, en dat sy
aanspreeklik was teenoor die appellant vir die betaling van die
koopprys daarvan. My redes hiervoor is die volgende:
Hoewel die
appellant nie in soveel woorde getuig het dat sy ân koopkontrak of
koopkontrakte met die respondent gesluit het nie,
is die strekking
van haar getuienis alleen vatbaar vir een redelike afleiding en dit
is naamlik dat sy die goedere gelewer aan
die respondent, aan
laasgenoemde verkoop het. Hierdie getuienis word gestaaf dur die
feit dat die appellant die respondent persoonlik
gefaktureer het met
die aankoopprys van die goedere.
Die
waarskynlikhede begunstig hierdie weergawe van die appellant.
Indien die
respondent as óf werkgewer óf agent namens die appellant die
goedere ontvang en verkoop het, sou ek verwag het dat
die appellant
een of ander vorm van kontrole sou hê aan wie die respondent die
goedere verkoop, en wat die koopprys beloop waarteen
sy dit aldus
verkoop het. Die getuienis dui oorweldigend daarop dat die
appellant geen sodanige kontrole meganisme in plek gehad
het nie, en
glad nie geweet het aan wie die respondent die goedere weer
herverkoop het nie.
Indien die
respondent ân werknemer of agent van die appellant was, moes sy
tog óf ân salaris óf ân kommissie op die verdere
verkoop van
die goedere, vanaf die appellant ontvang het. Daar is geen sprake
van sodanige vergoeding nie, en die respondent het
ook nie in haar
getuienis beweer dat sy op enige sodanige vergoeding geregtig was of
dat dit aan haar betaal is nie. Trouens,
die onbetwiste getuienis
van die appellant was dat alle gelde ontvang vanaf die respondent
ten volle aangewend was as krediet teen
die verskuldigde debiet
balans van haar rekening.
Die appellant het
duidelik geen riglyne gestel waarkragtens of pryse bepaal waarteen
die goedere aan derdes deur die respondent
verkoop moes word nie.
Sou die respondent as werknemer of agent van die appellant die
goedere verkoop het, sou ek verwag het dat
die partye hieraangaande
minstens sou besin of ooreengekom het.
Indien die
respondent as agent van die appellant die goedere verkoop het, sou
ek verwag het dat daar ook ooreengekom sou gewees
het op die basis
van die berekening van haar kommissie of vergoeding. Geen getuienis
ten aansien hiervan is deur die respondent
voorgelê of selfs gestel
aan die appellant nie.
Die respondent
het uitdruklik in haar getuienis erken dat sy teenoor die appellant
aanspreeklik was vir die betaling van die koopprys
van die goedere.
Haar getuienis naamlik dat sy asât ware onthef is van hierdie
verpligting deurdat die appellant ene mnr Van
Wyk aangestel het om
die gelde aan haar (die respondent) verskuldig, in te vorder, kom my
onwaarskynlik voor.
Eerstens is haar
getuienis naamlik dat Van Wyk aan haar sou gesê het dat die
appellant hom opdrag gegee het om die gelde te vorder,
ontoelaatbaare hoorsê getuienis, en is dit nie deur Van Wyk of
andersinds bevestig nie.
Die respondent
getuig self dat die appellant haar meegedeel het dat sy nie Van Wyk
aldus opdrag gegee het nie. Ten spyte hiervan,
beweer sy het sy
haar lys van debiteure aan Van Wyk oorhandig. Hierdie beweerde
gedrag vind ek totaal onwaarskynlik.
Ten spyte van
haar bewering dat Van Wyk opdrag vanaf die appellant ontvang het om
haar debiteure te vorder, poog sy nietemin steeds
self om by die
ouetehuis van persone aan wie sy goedere verkoop het, gelde te
vorder. Waarom sou sy dit doen as die appellant
haar onthef het van
haar betalingsverpligtinge en ân ander persoon aangestel het om
haar gelde te vorder.
Dit blyk in elk
geval â selfs op die getuienis van die respondent â dat Van Wyk
in sy eie naam goedere vanaf die appellant aangekoop
het wat hy weer
aan andere in Britstown verkoop het, en soos getuig deur die
appellant. Dit kom dus voor dat Van Wyk slegs sy eie
gelde gevorder
het.
In soverre die
respondent getuig het dat sy haar lys van debiteure aan die
appellant oorhandig het, was sy duidelik leuenagtig hieraangaande.
Afgesien daarvan dat sy vaag en ontwykend was en selfs nie in staat
was om op vrae ten aansien van waar en wanneer sy die lys
aan die
appellant oorhandig het te antwoord nie, het sy eers beweer dat sy
die lys aan Van Wyk gegee het, en daarna weer getuig
dat sy dit aan
die appellant gegee het.
Dit is ook nooit
aan die appellant gestel dat die respondent haar lys van debiteure
aan die appellant oorhandig het nie.
Ek meen nie dat,
soos die Landdros bevind het, die verskil in die fakture uitgereik
aan die respondent en waarvan in sommige slegs
die naam van die
respondent voorkom en in ander haar naam tesame met die woord
âpersoonlikâ
,
noodwending aanduidend daarvan is dat die respondent ân werknemer
of agent van die appellant was nie.
Eerstens is
hierdie verskil in die fakture nooit deur die appellant tydens die
verhoor verduidelik nie, en is sy ook nie gevra hetsy
tydens die
aflê van haar getuienis in hoof of selfs onder kruisverhoor, om die
verskil te verduidelik nie.
Tweedens het ook
nie die respondent enigsins getuig of beweer dat hierdie verskil
aanduidend is daarvan dat sy as werknemer of agent
van die appellant
die goedere ontvang het nie.
Om, sonder dat
hierdie aspek hoegenaamd in die getuienis aangespreek is, daarvan
die afleiding te maak dat hier ân agentskapverhouding
of â
ooreenkoms tussen die partye bestaan het, is myns insiens
ongeregverdig en hoogstens spekulatief van aard.
Hierdie verskil
sou eweneens die gevolg kon wees van ân versoek deur die respondent
self om vir haar eie doeleindes ân onderskeid
te maak tussen
goedere wat sy vir haar eie gebruik aankoop, en daardie goedere wat
sy aankoop vir her-verkoop.
Uit hoofde van
die voorgaande is ek van mening dat die appellant op ân oorwig van
waarskynlikhede bewys het dat sy die goedere
soos vermeld in die
tersaaklike fakture in die pleitstukke vervat, aan die respondent
verkoop en gelewer het, en dat die respondent
die bedrag soos
gevorder aan haar verskuldig is.
Bygevolg slaag die
appél en word die volgende bevel verleen:
Die bevinding
van die Hof
a quo
word ter syde gestel en vervang met die volgende:
Die
verweerderes word gelas om aan die eiseres te betaal die bedrag van
R7 663.70 tesame met rente daarop
a tempore morae
vanaf 6 Maart 2002 tot datum van betaling van die voormelde bedrag.
Die
verweerderes word gelas om die koste van die eiseres te betaal.â
Die respondent
word gelas om die appellant se koste van appél te betaal.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CJ
Olivier
REGTER
Namens
appellant:
Namens
respondent: