About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 2
|
|
S v Xaba (CA&R 212/03) [2004] ZANCHC 2 (1 January 2004)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
212/03
Datum
verhoor: / Date heard:
02/02/2004
Datum gelewer: /
Date delivered:
In
die saak van:
XABA,
MUSAWAKHE ALSON
teen
DIE STAAT
Coram: Lacock
R et Williams R
UITSPRAAK
op APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant is
in die Landdroshof van Kimberley skuldig bevind aan ân oortreding
van art 5 (b) van die Wet op Dwelmmiddels en
Dwelmsmokkelary, nr 140
van 1992 (die Wet) deurdat hy handel gedryf het in 15.7kg dagga; en
is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf.
Hy kom nou in hoêr
beroep teen die vonnis hom opgelê.
Die feitelike
omstandighede soos deur die Hof aanvaar en warop die
skuldigbevinding van die appellant gegrond is, kan kortliks as
volg
saamgevat word:
Die appellant
het gedurende die vroeë oggendure van 8 November 2002 vanaf
KwaZulu-Natal in Kimberley per voertuig aangekom.
Agter in die
voertuig was ân sak bevattende 15.7kg dagga wat ân persoon in
KwaZulu Natal hom versoek het om aan
sy broer in Kimberley
te lewer.
Terwyl hy gery
het in ân straat in Kimberley, het die polisie hom agtervolg,
en het hy een van die drie persone aan wie
hy ân saamry
geleentheid gebied het, gelas om die sak mét dagga by die
voertuig uit te gooi. Hy is kort nadat die dagga
uitgegooi is,
deur die polisie in hegtenis geneem.
In sy uitspraak
op vonnis het die Landdros die volgende gesê:
âAs ons net kyk na die Wetgewer se houding teenoor hierdie gewoonte
afhanklikheidsvormende stof, is dit nie eers nodig vir my om
die
gemeenskapsbelang of die aard en erns van die misdryf te probeer oor
beklemtoon nie. Ek lees hier in Snyman, die tweede uitgawe
bladsy
457, dit is hoe ernstig die oorteding handel dryf is. Die straf in
handeldryf in verbode afhanklikheidsvormende medisyne
of stowwe soos
dit nou bekend is, is minstens vyf jaar en hoogstens vyftien jaar by
ân eerste oortreder. Swaarder strawwe geld
by latere oortredings.
Die handel dryf in dagga volgens Snyman, né, is hoogstens 15 jaar
vir ân eerste oortreder â¦â
Die Landdros
het homself duidelik wanvoorgelig aangaande die voorgeskrewe
straf vir ân oortreding van art 5 (b) van die
Wet. Die
toepaslike strafbepaling lees as volg:
â
Iemand wat
aan ân misdryf ingevolge hierdie Wet skuldig bevind word, is
strafbaar â
â¦
â¦
â¦
â¦
in
die geval van ân misdryf in artikel 13 (f) bedoel, met
gevangenisstraf vir ân tydperk van hoogstens 25 jaar, of met
sowel daardie gevangenisstraf as die boete wat die hof goedvind
om op te lê.â
{art 17 (e) }
(Die appellant het
hom skuldig gemaak aan ân oortreding soos bedoel in art 13 (f), te
wete art 5 (b) van die Wet).
Dit blyk dat
die Landdros hom beroep het op die tweede uitgawe van Snyman,
âStrafregâ
in hierdie aanname. Ek vind dit ontstellend dat ân Landdros
hom verlaat op ân handboek, ter vasstelling van wat die
strafsanksie van ân statutêre oortreding is, en nie die
statuut self raadpleeg nie.
Wat meer
onstellend is, is dat die tersaaklike werk van Snyman waarna die
Landdros verwys, gepubliseer is in 1986. Op daardie tydstip
was die
Wet en waaronder die appellant skuldig bevind is, nog lank nie op die
Wetboek nie. Snyman handel in die tweede uitgawe van
âStrafregâ
en waarna die Landdros verwys het, met die voorskrifte van die
herroepe Wet op die Misbruik van Afhanklikheidsvormende Stowwe en
Rehabilitasiesentrums, nr 41 van 1971 (die voorganger tot Wet 140 van
1992).
Ek
kan maar net vertrou dat die Landdros intussen vasgestel het dat in
1992 ân derde uitgawe van Snyman verskyn het, en in 1999
ân
vierde uitgawe.
Die voormelde
wanvoorligting het dan ook klaarblyklik daartoe gely dat die
Landdros geen alternatiewe straf as gevangenisstraf oorweeg
het nie.
Vervolgens staan
dit ons vry om
de
novo
ân gepaste vonnis te oorweeg. (
S
v Levey, 1993 (2) SASV 498 (A) te 500 e
).
Die tersaaklike
persoonlike omstandighede van die appellant is die volgende:
Voor die pleeg van
hierdie oortreding, was hy ân algehele eerste oortreder. Hy was 36
jaar oud, getroud met vier afhanklike kinders
en het toe reeds vir 14
jaar gewerk by die plaaslike munisipaliteit waar hy R1 200.00 per
maand netto verdien het.
Die appellant het
van meet af sy skuld aan hierdie misdryf erken (behalwe in die
tegniese sin in soverre hy skuldig gepleit het
aan die besit van die
dagga, terwyl hy tegnies gesproke en per definisie hom skuldig
gemaak het aan handel in dagga) en het daardeur
en ook in sy
viva
voce
onbetwiste getuienis, berou vir sy optrede getoon.
Daar is geen
getuienis wat daarop dui dat die appellant die dagga vir sy eie
voordeel sou of wou aanwend nie. Trouens, die appellant
se weergawe
naamlik dat hy bloot die dagga vir ân vriend vervoer het vir
lewering aan laasgenoemde se broer, is aanvaar.
Dit kan nie
ontken word dat die gemeenskapsbelang verg dat misdrywe van hierdie
aard streng deur die Howe benader moet word nie,
en dat in gepaste
gevalle swaar vonnisse opgelê behoort te word nie. Ek kan ook nie
my oë daarvoor sluit dat die appellant minstens
die potensiële
verdere verkoop en of verspreiding van dagga aan andere bevorder het
nie.
Hierteenoor is dit
ook so dat elke geval op sy besondere meriete beoordeel moet word.
Na my mening is hierdie nie ân geval waar
direkte gevangenisstraf
die enigste gepaste vonnis vir die appellant is nie.
Normaalweg sou ân
saak soos die onderhawige waar die Landdros homself wanvoorgelig het
aangaande die reg, terugverwys word na
die Verhoorhof vir die
heroorweging van vonnis.
Mev de Nysschen en
adv Schreuder is dit egter eens dat aangesien alle tersaaklike
getuienis volledig voor ons dien, hierdie Hof in
net so ân posisie
is om opnuut ân gepaste vonnis te oorweeg as wat die Landdroshof
sal wees. Aangesien billikheid teenoor die
appellant verg dat
finaliteit hierin spoedig bereik behoort te word, het ons besluit om
self ân gepaste vonnis die appellant op
te lê.
Ek het die
vonnisse opgelê vir soortgelyke misdrywe in die hierondervermelde
sake en waarin die feitelike omstandighede tot ân
redelike mate
vergelykbaar is met die in hierdie saak, nagegaan en tot die
gevolgtrekking gekom dat, met in agneming van al die
voorgaande
faktore en omstandighede, dit gepas sal wees om die appellant te
vonnis tot gevangenisstraf wat opgeskort word sowel
as ân boete.
S
v Fedani 2000 (1) SASV 345 (OK); S v Seoela 1996 (2) SASV 616 (O); S
v Hlongwane 1998 (1) SASV 221 (O); S v Heilig 1999 (1) SASV
379 (W);
S v Motsamai 1997 (2) SASV 521 (O); S v Sokweliti 2002 (1) SASV 632
(TkD); en S v Ntsane 2002 (2) SASV 595 (O).
Bygevolg word die
volgende bevele hierin verleen:
DIE
SKULDIGBEVINDING WORD BEKRAGTIG.
DIE VONNIS
DIE APPELLANT OPGELÃ WORD TER SYDE GESTEL EN VERVANG MET DIE
VOLGENDE:
Drie (3)
jaar gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort word vir ân
periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer
skuldig bevind word aan ân oortreding van art 5 (b) van Wet 140
van 1992 en gepleeg gedurende die periode van opskorting
nie.
Daarbenewens
word die beskuldigde gevonnis tot betaling van ân boete van R3
000.00.â
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC
Williams
REGTER
Namens
die appellant:
Adv
JJ Schreuder
Namens
die Staat:
Adv
AH de Nysschen