About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 120
|
|
Tau v Finger (A61/2004) [2004] ZAFSHC 120 (30 December 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A61/2004
In
die appèl tussen:
MAHLAPANE
PAULINA TAU
Appellante
versus
KENNETH
FINGER
Respondent
CORAM:
MALHERBE
RP
et
KRUGER
R
AANGEHOOR OP:
13
DESEMBER 2004
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
30
DESEMBER 2004
Appellante het in die
Landdroshof onsuksesvol aansoek gedoen om tersydestelling van ân
verstekvonnis wat teen haar verleen is.
Hierdie appèl is teen
daardie beslissing van die Landdros gerig. (In die hof
a
quo
was
respondent die eiser en appellante die verweerderes. Ek verwys
voortaan na die partye soos wat hulle daar genoem is).
Verweerderes doen in ân
aparte aansoek (Nr. C176/04) aansoek om kondonasie van haar versuim
om die appèl betyds voort te sit soos
voorgeskryf deur
Hooggeregshofreël 50(1) en om sekuriteit vir die koste van appèl te
stel binne die tydperk voorgeskryf in Landdroshofreël
51(4). Ter
ondersteuning van die aansoek om kondonasie verklaar haar
Bloemfontein prokureur dat sy personeel vir die vertragings
verantwoordelik is deurdat briewe in verkeerde lêers geplaas is en
deurdat hy sy korrespondent verkeerd geadviseer het met betrekking
tot sekuriteit. Namens eiser bevraagteken Mnr. Claasen nie die
genoegsaamheid van hierdie verduidelikings nie. Hy wys egter tereg
daarop dat die Kennisgewing van Mosie in die aansoek om kondonasie
totaal swyg oor die koste van die aansoek en dat eiser geregtig
is om
te verskyn bloot om te verhoed dat geen kostebevel uitgereik word
nie, wat tot gevolg sal hê dat eiser sy eie koste moet betaal.
So
ân bevel kan nie korrek wees nie, omdat verweerderes die Hof nader
vir ân tegemoetkoming. Eiser was derhalwe geregtig om
op appèl
verteenwoordig te word om minstens te verseker dat ân korrekte
kostebevel in die kondonasie-aansoek gemaak word. Namens
verweerderes het Mnr. Snellenburg dit geredelik toegegee. Ek maak
hiervoor voorsiening in die kostebevel aan die einde van hierdie
uitspraak.
Beide partye maak
aanspraak op ân sekere Colt bakkie. Op 4 Julie 2002 maak eiser ân
dringende
ex
parte
aansoek aanhangig teen verweerderes waarin hy ân bevel aanvra wat
die Balju gelas om op die bakkie beslag te lê en aan hom of
sy
prokureur te oorhandig. In die aansoek beweer hy dat hy die eienaar
van die bakkie is en dat die bakkie in respondente se besit
is in
haar hoedanigheid as eksekutrise in die boedel van wyle George Tau.
Hy verkry die bevel by wyse van ân tussentydse beslagleggingsbevel
met keerdag 24 Julie 2002. Op 11 Julie 2002 vervroeg verweerderes
die keerdag tot 12 Julie 2002. Haar prokureur van rekord is ene
Mnr.
T.P. Danster. In haar beëdigde verklaring ter ondersteuning van
haar aanspraak op die bakkie beweer verweerderes dat die bakkie
haar
oorlede seun, George Tau, se eiendom was en dat sy die bakkie uit
George se boedel geërf het. Op 12 Julie 2002 word die
aangeleentheid
uitgestel tot 17 Julie 2002 en op laasgenoemde datum
gelas die Landdros dat die bakkie aan die Balju oorhandig word
hangende die
uitslag van ân aksie met betrekking tot die
eiendomsreg of besit van die bakkie.
Op
26 Julie 2002 reik eiser dagvaarding teen verweerderes uit en vorder
lewering van die bakkie, alternatiewelik betaling van R45
000,00,
synde die waarde daarvan, plus koste op prokureur en kliënt skaal.
As motivering vir die kostebevel beweer eiser dat verweerderes
die
bakkie in haar besit gehou het in stryd met ân vorige hofbevel.
Die
relaas van die Balju toon aan dat die dagvaarding op 20 Augustus 2002
by die aangegewe adres beteken is
â
op die ondergemelde persoon wie
oënskynlik in beheer en minstens 16 jaar oud is en blykbaar aldaar
woon, synde Johannes (Swaer)â.
Volgens hierdie relaas
het betekening behoorlik geskied ooreenkomstig Landdroshofreël
9(3)(b). Gewapen met hierdie relaas, en in
die afwesigheid van ân
kennisgewing van voorneme om te verdedig, doen eiser op 28 Augustus
2002 aansoek om vonnis by verstek.
Dit word op dieselfde datum
toegestaan.
Op
30 Mei 2003 doen verweerderes aansoek om tersydestelling van die
verstekvonnis. By hierdie geleentheid is haar prokureur Mnr.
van Wyk
van ân ander firma as Mnr. Danster. Dit is dienstig om haar
beëdigde verklaring in hierdie aansoek volledig aan te haal:
â1.
Ek is die Verweerder in bogemelde saak
en maak hierdie verklaring ter ondersteuning van ân aansoek om
tersydestelling van die verstek
vonnis wat hierin teen my toegestaan
is op 28 Augustus 2002.
2.
Ek
het vir die eerste keer bewus geword dat verstek vonnis hierin teen
my toegestaan is toe die Balju van Kroonstad op 26 Mei 2003
beslag
gelê het op my bates.
3.
Ek het by die Klerk van die Hof
vasgestel dat die dagvaarding in hierdie saak beteken is op 20
Augustus 2002 en wel by wyse van betekening
op ân ander persoon,
naamlik Johannes (swaer). Ek verklaar respekvol dat ek geen swaer
het met die naam Johannes nie, en dat ek
nooit die dagvaarding in
hierdie saak ontvang het nie.
4.
Ek wens die Agbare Hof in kennis te
stel dat ek reeds betrokke was by ân tussentydse bevel waarin ek ân
opponerende verklaring
op die Eiser/Respondent in hierdie aansoek se
verklaring afgelê het.
4.1 Ek verklaar respekvol dat die
feite daarin vermeld waar en korrek is en vra dat dit as hierin
ingelees word.
5.
My verweer is dat ek ontken dat die
Eiser/Respondent die eienaar is van motorvoertuig 1996 Colt bakkie
met registrasienommer BYV056FS.
Hierdie voertuig is my wettige
eiendom en heg ek hierby aan die registrasiesertifikaat van hierdie
voertuig aantonende dat die voertuig
tans nog op my naam geregistreer
is.
6.
Ek
vra die Agbare Hof respekvol vir die tersydestelling van die verstek
vonnis.â
Ek haal die tersaaklike
gedeeltes van eiser se opponerende verklaring aan:
â
3.5 Hierna het my prokureurs ân
Lasbrief vir lewering uitgereik, welke lasbrief persoonlik deur die
Adjunk Balju Mnr H J Engelbrecht
op 9 September 2002 beteken is op
die Applikant te 4821 Constantia, Kroonstad. ân Afskrif van die
relaas word hierby aangeheg
gemerk aanhangsel âAâ.
4.
Die Applikant mislei die Hof en neem
geensins die Hof in haar vertroue nie en wel om die volgende redes:
Die Applikant se
regsverteenwoordiger in beide saaknommer 10816/2002 en 12202/2002,
was Mnr T P Danster. Mnr Danster het ân
skrywe op 7 November
2002, aan Mnr Grimbeek gerig, waarin hy in paragraaf 2 meld dat sy
kliënt, wie die Applikant in die huidige
aansoek is ân
dagvaarding ontvang het in saaknommer 12202/02, welke dagvaarding
sy aan hom oorhandig het met die versoek dat
hy verdediging moet
aanteken. Die oorspronklike skrywe word hierby aangeheg gemerk
aanhangsel âBâ. Dit blyk duidelik volgens
die skrywe dat die
bewering gemaak deur die Applikant dat sy nooit die dagvaarding
ontvang het nie, onwaar is. Ek heg hierby
aan verklaring van Mnr
AA Grimbeek, ter ondersteuning hiervan, gemerk aanhangsel âCâ.
Die feit dat die Balju op 9
September 2002 deur middel van die lasbrief vir lewering, die
voertug aan die Respondent oorhandig
het, soos blyk uit aanhangsel
âAâ hierbo, dui daarop dat die Applikant reeds op daardie
stadium al bewus moes gewees het
dat die Agbare Hof vonnis
toegestaan het.
Dit is duidelik dat die Applikant
slegs hierdie aansoek geloods het, omrede die Balju deur middel van
die Lasbrief vir eksekusie
wat uitgereik is vir die vordering van
die getakseerde kostes, op 26 Mei 2003 beslag gelê het op sekere
roerende bates, te wete
ân Phillips TV, Phillips Hoëtroustel en
sitkamerstel ter waarde van R2000.00. Etlike maande het reeds
verloop, sedert die
Lasbrief vir lewering persoonlik op die
Applikant beteken is, sonder dat die Applikant enige poging
aangewend het om die vonnis
tersyde te stel. Dit is baie duidelik
dat die enigste beweegrede vir die loods van die aansoek om
tersydestelling van vonnis,
die feit is dat die Balju deur middel
van ân Lasbrief vir eksekusie op 26 Mei 2003 op die bates
voormeld beslag gelê het.â
Die afskrif van die Balju
se relaas toon duidelik aan dat die âLasbrief vir Leweringâ op 9
September 2002 aan verweerderes persoonlik
beteken is. Die afskrif
van Mnr. Danster se brief staaf eiser se bewerings volkome.
Ek
haal weereens verweerderes se repliserende verklaring volledig aan:
â2.
Ek verklaar dat ek nooit die
dagvaarding in hierdie saak ontvang het nie.
3.
Ek
het nooit die dagvaarding aan mnr T P Danster oorhandig nie.
4.
Ek vra respekvol dat enige bewering
deur die Eiser/Respondent en of sy prokureur mnr AA Grimbeek ten
opsigte van ân gesprek tussen
mnr Grimbeek en Mnr Danster dat ek ân
dagvaarding aan hom oorhandig het, as hoorsê getuienis geskrap sal
word.
5.
ân Lasbrief vir lewering van die voertuig is deur die Balju van
Kroonstad aan my oorhandig. Hy het my in kennis gestel dat hierdie
voertuig reeds op 23 Augustus 2002 aan die Eiser/Respondent oorhandig
is.
6.
Ek het hierdie lasbrief vir lewering
aan my prokureur, mnr Danster oorhandig, wie my in kennis gestel het
dat hierdie voertuig in
terme van die tussentydse hofbevel oorhandig
is en dat ek later in kennis gestel sou word wanneer die verhoor van
die saak sou plaasvind.
7.
Ek
het by verskeie geleenthede gepoog om met mnr Danster in verbinding
te tree, maar sonder enige sukses, aangesien ek by geleenthede
by sy
kantoor gekom het dat sy kantoor gesluit is of dat hy nie teenwoordig
was nie.â
Artikel 36(1)(a) van die
Landdroshowewet (Wet Nr. 32 van 1944) magtig die tersydestelling van
ân verstekvonnis en Reël 49(1) skryf
voor dat die hof so ân
vonnis kan tersyde stel of wysig
â
as goeie redes aangevoer word of
indien hy tevrede is dat daar goeie rede daarvoor is.â
(Engels: âupon good
cause shown, or if it is satisfied that there is good reason to do
so.â)
Die
Landdros som verweerderes se saak korrek op in sy redes:
â
Dit dien duidelik daarop gelet te
word dat die basis vir die applikant se aansoek om tersydestelling
van die verstekvonnis nie daarin
geleë is dat sy die dagvaarding
ontvang het, die aksie wou verdedig en die dagvaarding aan Meneer
Danster oorhandig het en hy sy
plig versuim het en as gevolg van sy
nalatigheid vonnis teen haar gegee is waar sy deurgaans van
voornemens was om die eis soos per
dagvaarding te verdedig nie â
nee
â haar versoek om tersydestelling is daarop basseer dat sy nooit
die dagvaarding ontvang het nie en dit nooit aan Meneer Danster
oorhandig het nie.
Dit
gaan dus nie hier oor ân pleit dat die prokureur sy plig versuim
het of nalatig was in sy optrede nie â
die
hof hoef dus nie hier te bevind of die applikant die onderspit moet
delf vanweë die versuim van haar prokureur nie â
aangesien sy sê sy het, wat die
dagvaarding betref, selfs nie eers opdrag vir haar prokureur gegee
nie â omdat sy nog nie ân
dagvaarding ontvang het nie ââ
Verweerderes se saak was
baie eenvoudig: Sy het nooit die dagvaarding ontvang nie en het op
26 Mei 2003 vir die eerste keer bewus
geword van die verstekvonnis
wat op 28 Augustus 2002 teen haar toegestaan is. Beide hierdie
bewerings is waarskynlik leuenagtig
in die lig van eiser se
opponerende verklaring. Indien beide bewerings wegval, omdat hulle
op waarskynlikhede vals is, bly daar
weinig oor wat kan dien as ân
aanvaarbare verduideliking vir verweerderes se versuim om verdediging
aan te teken.
Die
vraag wat beantwoord moet word, is of verweerderes se verwerplike
verduideliking vir haar versuim om verdediging aan te teken,
noodwendig daartoe moet lei dat sy nie haar verweer voor die hof kan
plaas nie. Ek meen die antwoord is âneeâ. Direk na die
passasie
in sy redes wat hierbo aangehaal is, gaan die Landdros voort en
bevind
â
dat op oorwig van waarskynlikhede
die applikant inderdaad die dagvaarding ontvang het.â
Hierdie bevinding grond
hy kennelik op die inhoud van Mnr. Danster se brief aan eiser se
prokureur waarna eiser in sy opponerende
verklaring verwys. In
daardie brief sê Mnr. Danster ook
âWe duly filed an appearance to defend but unfortunately due to a
typing error this was filed under case no. 10816/02 which still
has a
bearing on this matterâ¦.. We also confirm that you confirmed with
the clerk of the court as well as a copy of the appearance,
duly
stamped, in our possession.â
(Saak Nr. 10816/2002 is
ân geding tussen dieselfde partye oor dieselfde bakkie waarna eiser
in sy
ex
parte
aansoek
van 4 Julie 2002 verwys).
Op
die Landdros se bevinding was verweerderes derhalwe begerig om die
onderhawige aksie te verdedig.
Verweerderes
se verweer blyk uit haar opponerende verklaring wat hierbo aangehaal
is. Die Landdros was geroepe
ânot to look at the adequacy or otherwise of the reasons for the
failure to file a plea in isolation. Instead, the explanation,
be it
good, bad, or indifferent, must be considered in the light of the
nature of the defence, which is an all-important consideration,
and
in the light of all the facts and circumstances of the case as a
whole. In this way the magistrate places himself in a position
to
make a proper evaluation of the defendantâs
bona
fides
, and thereby to
decide whether or not, in all the circumstances, it is appropriate to
make the client bear the consequences of the
fault of its attorneys
as in
SALOOJEE AND
ANOTHER NNO v MINISTER OF COMMUNITY DEVELOPMENT
1965 (2) SA 135
(A).
An
application for rescission is never simply an enquiry whether or not
to penalise a party for his failure to follow the rules and
procedures laid down for civil proceedings in our courts. The
question is, rather, whether or not the explanation for the default
and any accompanying conduct by the defaulter, be it wilful or
negligent or otherwise, gives rise to the probable inference that
there is no
bona fide
defence, and hence that the application for rescission is not
bona
fide
. The magistrateâs
discretion to rescind the judgments of his court is therefore
primarily designed to enable him to do justice
between the parties.
He should exercise that discretion by balancing the interests of the
parties, bearing in mind the considerations
referred to in
GRANT
v PLUMBERS (PTY) LTD
(
supra
)
and
HDS CONSTRUCTION
(PTY) LTD v WAIT
(
supra
)
and also any prejudice which might be occasioned by the outcome of
the application. He should also do his best to advance the good
administration of justice. In the present context this involves
weighing the need, on the one hand, to uphold the judgments of the
courts which are properly taken in accordance with accepted
procedures and, on the other hand, the need to prevent the possible
injustice
of a judgment being executed where it should never have
been taken in the first place, particularly where it is taken in a
partyâs
absence without evidence and without his defence having
been raised and heard.â
(
DE
WITTS AUTO BODY REPAIRS (PTY) LTD v FEDGEN INSURANCE CO LTD
1994 (4) SA 705
(OKA) op p. 711 D â I). Hierdie passasie is met
goedkeuring aangehaal in
BUCKLE
v KOTZE
2000
(1) SA 453
(W) op p. 458 E â H. Ten einde reg tussen die partye te
laat geskied, meen ek dat verweerderes geleentheid behoort te gekry
het
om haar verweer voor die hof te plaas deur die verstekvonnis
tersyde te stel. Die appèl moet derhalwe slaag.
Weens verweerderes se
leuenagtigheid in haar aansoekstukke in die hof
a
quo
behoort sy met ân bestraffende kostebevel gepenaliseer te word. In
elk geval was eiser se opponering van die aansoek om tersydestelling
volkome geregverdig. Wat die koste van appèl betref, meen ek nie
dat daar ân goeie rede is waarom die koste nie die resultaat
moet
volg nie, behalwe eiser se advokaatsgelde soos hierbo verduidelik met
betrekking tot die aansoek om kondonasie.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
1. Die appèl slaag met
koste, behalwe dat appellante respondent se getakseerde
advokaatsgelde moet betaal.
2. Die Landdros se bevel
waarkragtens hy verweerderes se aansoek om tersydestelling van die
verstekvonnis afgewys het, word tersyde
gestel en vervang met die
volgende:
(a) Die verstekvonnis
gedateer 28 Augustus 2002 word tersyde gestel.
(b) Verweerderes word
gelas om eiser se koste van die aansoek om tersydestelling te betaal
op die skaal soos tussen prokureur en kliënt.
(c) Aan verweerderes word
verlof verleen om verskyning tot verdediging aan te teken binne 10
dae vanaf die datum van hierdie uitspraak.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
____________
KRUGER, R
Namens
die appellante: Adv. N. Snellenburg
In
opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/spieterse