S v Dotyene (297/2002) [2004] ZAFSHC 118 (17 December 2004)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of firearms — Appellant convicted of illegal possession of multiple firearms and ammunition — Appellant's fingerprints found on a firearm and vehicle linked to a group involved in a planned robbery — Legal issue of joint possession and intention to possess firearms as part of a group — Court held that while evidence supported joint possession of certain firearms, the conviction for possession of an R5 rifle was not substantiated due to lack of evidence linking it to the group — Appeal partially upheld, convictions and sentences for possession of the R5 rifle and ammunition set aside, remaining convictions and sentences confirmed, resulting in a total effective sentence of 8½ years imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 118
|

|

S v Dotyene (297/2002) [2004] ZAFSHC 118 (17 December 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : 397/2002
In
die appèl tussen:
JUSTICE
DOTYENE
Appellante
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN DER
MERWE R
AANGEHOOR OP:
13
DESEMBER 2004
UITSPRAAK:
CILLIé
R
GELEWER OP:
17
DESEMBER 2004
[1] Die appellant in
hierdie aangeleentheid het as beskuldigde 4 saam met 10 ander
beskuldigdes tereggestaan op 17 klagtes, die volle
omvang waarvan nie
nodig is om hier uiteen te sit nie. Hy is uiteindelik skuldig bevind
aan 12 van daardie klagtes, die aard waarvan
as volg is:
Klagtes 2 –
5: Onwettige besit van 4 AK47 aanvalsgewere.
Aanklag 6: Onwettige
besit van 119 rondtes 7.62 ammunisie vir die AK47 soos vermeld in
aanklagte 2 – 5.
Aanklag
7: Onwettige besit van ‘n R5 aanvalsgeweer.
Aanklag 8: Onwettige
besit van 35 rondtes 5.56 ammunisie vir die R5 aanvalsgeweer gemeld
in aanklag 7.
Aanklag 9: Onwettige
besit van ‘n 9mm Norinco pistool.
Aanklag 10: Onwettige
besit van 16 rondtes 9mm ammunisie vir die 9mm Norinco pistool gemeld
in aanklag 9.
Aanklag 11: Onwettige
besit van ‘n .38 Rossi rewolwer.
Aanklag 12: Onwettige
besit van 5 rondtes .38 ammunisie vir die .38 Rossi rewolwer gemeld
in aanklag 11.
Hy is hierop as volg
gevonnis:
Aanklagte 2, 3, 4, 5 en 7
: 5 Jaar gevangenisstraf op elke aanklag.
Aanklagte
6 en 8: 5 Jaar gevangenisstraf saamgeneem vir doeleindes van vonnis.
Aanklagte
9 en 11: 1 Jaar gevangenisstraf op elke aanklag.
Aanklagte 10 en 12: 1
Jaar gevangenisstraf saamgeneem vir doeleindes van vonnis.
Dit is egter gelas dat
die vonnisse so uitgedien kan word dat die appellant effektief 12
jaar gevangenisstraf moet uitdien. Die appellant
se appèl is teen
sy skuldigbevindings sowel as die opgelegde vonnisse gerig.
[2] Die feite waaruit die
appellant se skuldigbevindings spruit, is betreklik eenvoudig. As
gevolg van inligting dat ‘n geldafleweringsvoertuig
van ‘n
mynmaatskappy beroof gaan word, het die polisie ‘n wit Toyota
Venture en ‘n blou Hi-Ace bussie vanaf 25 Februarie 1998
onder
observasie gehou. Daar is opgemerk dat hierdie voertuie deurgaans
saam beweeg. Die volgende dag het ‘n wit Toyota Hilux
bakkie by
die voormelde ander twee voertuie aangesluit. Die voertuie het op
verskeie plekke in die Welkom omgewing rond beweeg.
Op ‘n stadium
het dit naby die Nr. 9 skag van Welkom Holdingsmyn stilgehou. Daar
is toe opgemerk dat 10 mans met plastiese drasakke
uit die voertuie
klim en daar vertoef. ‘n Tydjie later het die voertuie teruggekeer
en het die persone weer almal in die voertuie
geklim. Kort daarna
het die polisie toegeslaan op hierdie voertuie. In die blou minibus
is ‘n hele aantal persone, waaronder
die appellant, arresteer. Die
insittendes van die Toyota Venture het ontvlug. Insittendes van die
Hilux bakkie het ook ontvlug,
maar sommige van hulle is arresteer.
Een van die voortvlugtendes uit die Hilux bakkie het met ‘n
vuurwapen weggehardloop, maar
dit neergegooi. Dit het later geblyk
‘n R5 aanvalsgeweer met 35 rondtes ammunisie daarin te wees. Die
bakkie is deursoek en agter
die sitplek daarvan is plastiese sakke
gevind bevattende 4 AK47 gewere, ‘n 9mm Norinco pistool, ‘n .38
Special rewolwer asook
ammunisie vir al hierdie wapens.
[3] Die appellant se
vingerafdrukke is op die voormelde 9mm Norinco pistool gevind asook
op die Toyota Venture voertuig. Die posisie
van die drie voertuie
toe die polisie toegeslaan het, was as volg:
Die
wit Hilux bakkie en die Toyota Venture was ± 50 meter van mekaar en
die Hi-Ace bussie 750 meter verder. Die toneel blyk uit
foto’s wat
as bewysstukke ingehandig was.
[4] Die
appellant het in sy eie verdediging getuig hoe hy meen sy
vingerafdrukke op die Norinco pistool asook die Toyota Venture
voertuig
kon gekom het. Daardie verduideliking is so klaarblyklik
vergesog en vals dat dit nie ernstige oorweging of selfs
uiteensetting
daarvan verdien nie.
[5] Me. Bezuidenhout,
namens die appellant, het egter met ‘n beroep op die uitsprake in
S
v NKOSI
1998 (1) SASV 284 (W),
S
v SOTSU AND ANOTHER
2001 (1) SASV 428 (TK),
S
v KHAMBULE
2001 (1) SASV 501 (HHA) en veral
S
v MBULI
2003 (1) SASV 97 (HHA) betoog dat die appellant se besit van al
hierdie vuurwapens nie bewese is nie. Sy voer aan dat selfs
aanvaarding
van die feit dat appellant die Norinco pistool besit het,
nie inhou dat hy ook die ander vuurwapens besit het nie.
[6] Die beginsel
uiteengesit in die
NKOSI
en
MBULI
beslissings
supra
vermeld, is dat bewys dat meerdere persone deel is van ‘n
gemeenskaplike opset om te roof, nie sondermeer inhou dat al die
deelnemers
besit het van al die vuurwapens, wat in die rooftog
gebruik word nie. Bewys van ‘n bedoeling tot gesamentlike besit
van die vuurwapens,
is nodig. Dit moet natuurlik uit die
omstandighede as enigste redelike moontlike afleiding blyk. In
STAAT
v MBULI
supra
het
Nugent A.R. die volgende passasie uit
STAAT
v NKOSI
supra
in
hierdie verband met goedkeuring aangehaal. Vergelyk bladsy 115 C –
E:
“
The
issues which arise in deciding whether the group (and hence the
appellant) possessed the guns must be decided with reference to
the
answer to the question whether the State had established facts from
which it can properly be inferred by a Court that:
the group had the intention (
animus
)
to exercise possession of the guns through the actual detentor and
the actual detentors had the
intention to hold the guns of behalf of the group.
Only if both requirements are
fulfilled can there be joint possession involving the group as a
whole and the detentors, or common
purpose between the members of the
group to possess all the guns.”
[7] Wat is die
omstandighede in hierdie appèl? Die appellant was deel van ‘n
groep persone wat sedert ‘n dag voor hulle arrestasie
met drie
voertuie saam beweeg het. Op ‘n bepaalde tydstip word waargeneem
hoe 10 van hierdie persone plastieksakke uit een van
die voertuie
haal en later weer inlaai. Kort hierna word die drie voertuie
voorgekeer. Al die insittendes is van Gauteng. In een
van die
voertuie word die wapens gevind onder omstandighede wat daarop dui
dat dit hierdie wapens is wat vroeër uit- en weer ingelaai
was in
die voertuig soos voormeld. Die appellant se vingerafdruk word op
een van hierdie vuurwapens gevind asook op een van die
voertuie. Die
appellant poog om hierdie vingerafdrukke met valse getuienis te
verduidelik. Ek meen dat dit alles ‘n afleiding
regverdig dat
hierdie ‘n klein arsenaal van vuurwapens was wat bedoel was om deur
die betrokkenes gebruik te word in die beplande
rooftog. Die persone
in die wit bakkie het bygevolg die vuurwapens namens die groep
betrokkenes gehou ten einde dit op die gegewe
tydstip beskikbaar te
stel vir die groep se gebruik om die rooftog te pleeg. ‘n
Bedoeling om dié wapens gesamentlik te besit
deur elke lid van die
groep, is dus bewese.
[8] Die posisie van die
R5 geweer en ammunisie wat die onderwerp is van klagtes 7 en 8 is
egter anders. Daardie vuurwapen was nie
in die plastiese sakke
voormeld nie en daar is ook geen getuienis wat aandui dat dit as deel
van die ander vuurwapens deur lede van
die groep in en uit die wit
bakkie gelaai was nie. Trouens, dit is onbekend waar hierdie R5
geweer vandaan kom. Dit skep die moontlikheid
dat hierdie vuurwapen
deurentyd deur die hanteerder daarvan besit was en nooit deel van die
poel van die res van die vuurwapens was
nie. Boonop skyn dit dat
selfs as aanvaar word dat dit deel was van die poel wapens wat vir
gebruik deur die groep as geheel bestem
was, die persoon wat daarmee
gevlug het die besit en gebruik daarvan vir homself van die res van
die wapens onttrek het, dermate
dat dit kunsmatig sou wees om te
postuleer dat die res van die groep betrokkenes steeds hierdie R5
vuurwapen en ammunisie besit het.
Die appellant se skuldigbevinding
aan klagte 7 en 8 was dus foutief.
[9] Die appellant was
gevonnis tot ‘n totaal van 33 jaar gevangenisstraf. Dit is egter
gelas dat dit sodanig gesamentlik uitgedien
kan word dat 12 jaar
gevangenisstraf uitgedien moet word. Sewe en ‘n half jaar is ten
aansien van klagtes 6 en 7 opgelê en dit
vorm deel van die 33 jaar.
Dit hou in dat die landdros beoog het dat ongeveer een derde van die
totale gevangenisstraf uitgedien
moet word. Die feit dat 7
½
jaar van die 33 jaar nou wegval, bring mee dat ten einde uiting te
gee aan wat die landdros beoog het, 8½ jaar gevangenisstraf
uitgedien
moet word.
[10] Bygevolg slaag die
appèl dermate dat die skuldigbevindings en vonnisse opgelê op
klagtes 7 en 8 tersyde gestel word. Die res
van die
skuldigbevindings en opgelegde vonnisse word bekragtig. Dit word
gelas dat die opgelegde gevangenisstraf sodanig gesamentlik
uitgedien
kan word dat die appellant 8½ jaar gevangenisstraf moet uitdien.
Dit moet geag word asof hierdie vonnis op 9 Mei 2001
opgelê was.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek
stem saam.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Namens
die appellante: Adv. I.J. Bezuidenhout
In
opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. C.F. Steyn
In
opdrag van:
DOV
BLOEMFONTEIN
/spieterse