Prokureur van die Vrystaat v Rademeyer (3316/2004) [2004] ZAFSHC 117 (17 December 2004)

70 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Profession — Disciplinary proceedings — Mismanagement of trust account — Respondent, a practicing attorney, found guilty of multiple breaches of the Attorneys Act and Law Society Rules, including improper handling of trust funds, failure to maintain a proper trust account, and unauthorized use of client funds for personal transactions — Court held that the respondent's conduct demonstrated a reckless disregard for her professional duties, warranting suspension from practice rather than removal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 117
|

|

Prokureur van die Vrystaat v Rademeyer (3316/2004) [2004] ZAFSHC 117 (17 December 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 3316/2004
In
die saak tussen:
DIE
PROKUREURSORDE VAN DIE
Applikant
VRYSTAAT
en
ADELE
RADEMEYER
Respondente
CORAM:
MALHERBE
RP
et
KRUGER
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9
DESEMBER 2004
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
GELEWER OP:
17
DESEMBER 2004
Respondente is ‘n
34-jarige ongetroude vrou. Sy het die grade B.Proc. en LL.B
gedurende die jare 1989 tot 1994 aan die Vrystaatse
Universiteit
verwerf en is in 1997 toegelaat as prokureur, notaris en
akte-uitmaker. Daarna het sy vir enkele maande vir haar eie
rekening
gepraktiseer, waartydens sy grootliks laekoste behuising hanteer het,
waarna sy as professionele assistant by ‘n plaaslike
prokureursfirma gewerk het in die Aktes afdeling. Gedurende Oktober
1999 het sy weer vir haar eie rekening begin praktiseer en het,
volgens haar beëdigde verklaring, weereens in laekoste behuising
gespesialiseer. Gedurende 2000 het eers Mnr. de Lange, daarna
Mnr.
Bokwa en later Mnr. Frade, by haar firma aangesluit en het ‘n losse
vennootskap tussen haar en hierdie drie mans ontstaan.
Gedurende
2002 het die vennootskap ontbind en het respondente voortgegaan om
van haar huis af te werk. Sy verklaar dat sy enkele
lêers van Mnr.
de Lange afgehandel het tot ongeveer Februarie 2003 en vanaf genoemde
datum slegs enkele laekoste behuising oordragte
gedoen het.
Op 25 Februarie 2004 maak
applikant ‘n dringende aansoek aanhangig waarin, onder andere,
gevra word vir ‘n bevel wat respondente
verbied om hoegenaamd op
haar trustrekening te opereer op grond van beweerde onreëlmatighede
in daardie rekening. (Aansoek Nr.
683/2004. Hierdie aansoek is by
die onderhawige aansoek ingelyf by wyse van verwysing daarna deur
beide partye). Op 27 Februarie
2004 bekragtig die Hof respondente se
onderneming om dit nie te doen nie, hangende die finalisering van die
aansoek en op 16 September
2004 stem respondente toe tot die
bekragtiging van die bevel
nisi.
Sy is
ook gelas om applikant se koste te betaal, uitgesonderd die koste van
een verskyning.
Intussen
het respondente gedurende Junie 2004 voor ‘n dissiplinêre komitee
van applikant verskyn om te antwoord op aanklagte wat
soos volg in
die klagstaat geformuleer is:
“
DAT
sy onprofessioneel, alternatiewelik onbetaamlik, alternatiewelik
oneerbaar, opgetree het in een of meer of almal van die volgende
opsigte:
1.
1.1 DAT sy die bepalings van Artikel
78(1) van die Wet saamgelees met Reël 16 en 17(6) van die Reëls
oortree het deur nie ‘n behoorlike
trustrekening te bedryf nie;
1.2 DAT sy die bepalings van Reël
16A1 oortree het deur na te laat om trustgelde deur haar ontvang
stiptelik in haar trustrekening
te deponeer, a
lternatiewelik
,
toe te sien dat dit gedoen word.
1.3 DAT sy die bepalings van Reël
16A3 oortree het deur toe te laat dat haar trustrekening in debiet
gaan;
1.4 DEURDAT sy die bepalings van Reël
16A5 oortree het deur nie toe te sien dat onttrekkings uit haar
trustrekening slegs gemaak
word aan of ten behoewe van ‘n
trustkrediteur nie,
alternatiewelik
,
deur die algemene gedragskode te oortree deur nie trusttjeks deur
haar uitgereik te merk “nie oordraagbaar nie”.
1.5 DEUR die algemene gedragskode te
oortree deur toe te laat dat bankkoste teen die trustrekening
gedebiteer word.
1.6 DEURDAT sy die bepalings van Reël
16A7 oortree het deur nie lyste van trustkrediteure met tussenposes
van hoogstens drie maande
op te stel nie.
1.7 DEURDAT sy die bepalings van Reël
16B4 oortree het deur nie binne ses maande vanaf 28 Februarie 2003 ‘n
verslag soos deur gemelde
reël bedoel, ingelewer het nie.
1.8 DEURDAT sy nagelaat het om
behoorlike beheer toe te pas oor die trustrekening soos wat van ‘n
verantwoordelike prokureur verwag
word.
2. DEURDAT sy nagelaat het om
behoorlik te verreken aan AT PRIOR vir transaksies wat sy,
alternatiewelik haar firma, hanteer het namens
gemelde AT PRIOR.
3. DEURDAT sy trustfondse wanaangewend
het.”
Die dissiplinêre komitee
het haar skuldig bevind op aanklagte 1 en 3 en by applikant aanbeveel
dat aansoek gedoen word vir haar skorsing
as prokureur. Hierdie
aansoek dien tans voor ons en word deur respondente ge-opponeer.
Lina Botes, ‘n
boekhouer in diens van applikant, het gedurende Oktober 2003 ‘n
ondersoek van respondente se boeke gedoen. Sy
vat haar bevindings
soos volg saam in aansoek nr. 683/2004:
“
The
bookkeeping system of the firm is unreliable and improper and the
firm did not comply with the requirements of section 78 of the
Attorneys Act.
Basic
mistakes like the fact that the trust cheques are not marked “not
transferable” in compliance with the Rules of the Law
Society,
leaves the door wide open for irregularities. Bank charges and even
the cost of return to drawer cheques are debited against
the trust
account. Incomplete cheques are handed to fellow attorneys.
The fact that BOE Bank suspended their
services to an attorney for poor handling of a trust account is a
disgrace for the Law Society
and the profession.
Adele
Rademeyer admitted that she does not have separate accounts for
business and trust which is totally against the Rules of the
Law
Society.
On
information supplied to me during visits to Ronnie Bokwa, Carlos
Frade and Lourens de Lange it is quite clear that there was never
a
proper bookkeeping system in place. Klinkradt & Ass mentioned
this as well.
Adele
Rademeyer had no financial control in the firm and misused client’s
funds for private transactions and expenses creating a
trust
shortfall. On 30 September 2002 the only funds available was
R2548.05 in the Standard Bank trust account. (Annexure BB)”
Hierdie opsomming van
Lina Botes se bevindings is gedurende die dissiplinêre verhoor
behoorlik bewys en/of deur respondente erken,
met die voorbehoud dat
respondente deurgaans volgehou het dat sy nooit trustfondse
onregmatiglik toegeëien het nie.
Respondente se sogenaamde
spesialisasie in laekoste behuising is klaarblyklik ‘n uitvloeisel
van haar vader se betrokkenheid daarby.
Hy verklaar in aansoek nr.
683/2004 dat hy die besturende direkteur van Penny Farthing (Edms)
Beperk is wat handel dryf as siviele
ingenieurs en boukontrakteurs in
verskeie plekke in Suid-Afrika. Respondente het klaarblyklik as sy
maatskappy se prokureur, asook
as transportbesorger, opgetree in
verskeie laekoste behuisingsprojekte, onder andere vir die oprig van
100 huise by Fouriesburg onder
die naam Lesiba Konstruksie.
Respondente het by verskeie geleenthede sy Samba rekening en
rekeninge van verskaffers van boumateriale
uit haar trustrekening
betaal. Gedurende 2001 en 2002 het Penny Farthing (Edms) Beperk by
verskeie geleenthede geld aan respondente
geleen om tekorte op haar
trustrekening aan te vul. Nogtans was die maatskappy nie ‘n
trustkrediteur van respondente nie, volgens
beide sy en haar vader.
Sy verklaar in paragraaf 18 van aansoek nr. 683/2004 dat sy gedurende
die periode 2000 tot 2002 ongeveer
R700 000,00 in haar trustrekening
inbetaal het uit fondse wat sy van haar vader en haar saamleefmaat,
Rudolf Fourie, geleen het,
maar dat hierdie bedrag
“nie
trustgeld was nie, maar eintlik besigheidsfondse”
omdat
sy die trustrekening ook as besigheidsrekening gebruik het.
Respondente was deurgaans
die enigste persoon wat tekenregte op haar trustrekening gehad het.
Tydens die dissiplinêre verhoor het
sy erken dat sy nooit haar
trustrekening behoorlik bedryf het nie en trouens nooit eers ‘n
fooieboek gehad het nie. Enkele groot
transaksies is tydens hierdie
verhoor ondersoek, onder andere, die Kubengo-transaksie. Mnr. en
Mev. Kubengo het Mnr. en Mev. Range
se huis gekoop vir R364 000,00
deur bemiddeling van respondente se praktyk. Die kopers het R300
000,00 in kontant aan die praktyk
oorbetaal en later weer R64 000,00.
Hierdie geld moes op trust gehou gewees het en aan die verkopers
oorbetaal gewees het teen registrasie
van transport in die naam van
die kopers. In stede daarvan is R296 267.20 op 15 Februarie 2002 by
wyse van ‘n trusttjek wat respondente
onderteken het aan ‘n
sekere Mnr. Prior, ‘n kliënt van De Lange, oorbetaal. Ten tyde
van die dissiplinêre verhoor in Junie
2004, was die eiendom nog nie
in Mnr. en Mev. Kubengo se naam geregistreer nie en was hulle geld
ook nie meer in die trustrekening
nie. Volgens respondente het Mnr.
en Mev. Kubengo aan haar en De Lange mondeling toestemming verleen om
die koopsom te belê in
laekoste behuising. Sy getuig verder dat sy
die verband van die verkopers gedurende Desember 2002 afgelos het uit
“’
n laekoste behuising
leningsrekening wat ek by my pa gehad het.”
Oor dieselfde transaksie
getuig sy ook dat sy die Kubengo koopsom aangewend het om sekere
boukontrakteurs te betaal. In sy getuienis
oor hierdie transaksie,
sê De lange dat hy niks weet van toestemming wat Mnr. en Mev.
Kubengo sou gegee het dat die koopsom belê
kan word of aan Prior
uitbetaal kon word nie.
Ander getuienis,
insluitende dié van De Lange self, dui sterk daarop dat hy en Prior
waarskynlik by meer as een duistere transaksie
betrokke was terwyl hy
saam met respondente gepraktiseer het en dat hy waarskynlik baie meer
weet van die Kubengo transaksie as wat
hy voorgee. Hoe dit ookal sy,
dit is nie nodig om te probeer bepaal wie van respondente of De Lange
oor hierdie transaksie die waarheid
praat nie. Op respondente se eie
weergawe het sy die koopsom van die huis nie in trust gehou sodat dit
aan die verkoper oorbetaal
kon word nie, maar boukontrakteurs en
verskaffers van boumateriaal met daardie fondse betaal sodat, onder
andere, haar pa se laekoste
behuisingsprojek kon vlot. Sy het
hierdie trustfondse derhalwe duidelik wanaangewend.
Die Kubengo geval was nie
‘n geïsoleerde geval van die wanaanwending van trustfondse nie.
Respondente erken ruiterlik dat sy haar
trustrekening soos ‘n
besigheidsrekening bedryf het; dat trusttjeks nie “nie
verhandelbaar” gemerk is nie; dat sy baie trusttjeks
onderteken
het sonder dat sy die vaagste benul gehad het of die onderliggende
transaksie in orde was; dat verskeie trusttjeks deur
die bank onteer
is, ens. Kortom, sy het totaal roekeloos en onverantwoordelik met
haar trustrekening omgegaan. (Vgl. die bevinding
in
LAW
SOCIETY OF THE CAPE OF GOOD HOPE v BUDRICKS
2003 (2) SA 11
(HHA) op p. 16 G – H dat daardie respondent
“
had administered trust funds in a
reckless and cavalier manner without any regard for his duties as an
attorney.”
Uit die gemelde Lina
Botes se verslag in aansoek nr. 683/2004 blyk dit dat ‘n bedrag van
altesaam R18,263 miljoen vanaf Februarie
1999 tot Maart 2001 deur die
Behuisingsraad aan respondente se firma betaal is – klaarblyklik
ten opsigte van laekoste behuising.
Uit die trustrekening het
respondente dan betalings aan boukontrakteurs (waaronder haar vader)
en verskaffers van boumateriaal,
gemaak. Die Kubengo’s se geld is
by geleentheid ook sommer vir dieselfde doel gebruik. Respondente
het ook fondse uit die trustrekening
aangewend om privaat
verpligtinge na te kom. (In haar guns kan aanvaar word dat haar eie
fooie ook maar in die trustrekening gehou
was en dat haar privaat
verpligtinge moontlik uit daardie “fooie” betaal is). Hoe dit
ookal sy, daar kan geen twyfel wees nie
dat sy haar trustrekening
roekeloos en onverantwoordelik bestuur het .
Na
my mening is die omvang en duur van respondente se optrede met
betrekking tot haar trustrekening sodanig dat sy nie ‘n gepaste
en
geskikte persoon is om langer as prokureur te praktiseer nie.
Al
wat oorbly om te beslis, is watter straf vir haar gepas sal wees.
Applikant
vra slegs vir skorsing en nie skrapping nie. Namens respondente vra
Mnr. de Wet dat haar skorsing in die geheel opgeskort
word onderhewig
aan die volgende voorwaardes:
“
(i) Dat
respondente slegs toegelaat word om vir die tydperk van die skorsing
as professionele assistent te praktiseer onder beheer
en toesig van
‘n ervare praktisyn deur die applikant se Raad goedgekeur;
(ii) Dat respondente boekhoukundige
opleiding, hetsy in diens of andersins, ondergaan soos deur die Raad
van die applikant goedgekeur
en voorgeskryf en op gereelde basis aan
die Raad met betrekking tot haar vordering in dié verband
rapporteer.”
Hy het veral haar
persoonlike omstandighede beklemtoon, nl. dat sy erg getraumatiseer
is deur die hele aangeleentheid; dat sy reeds
sedert 2003 nie meer
praktiseer nie; dat sy geen inkomste het nie en van haar vader
afhanklik is vir haar lewensonderhoud en dat
hy aangedui het dat hy
nie veel langer vir haar kan sorg nie en dat die vorige aansoek,
sowel as hierdie aansoek, geweldige koste
implikasies vir respondente
inhou, veral indien sy (soos gebruiklik) gelas word om applikant se
koste op die skaal soos tussen prokureur
en kliënt te betaal.
Dit is verontrustend dat
respondente deurgaans gepoog het om haarself sover moontlik te
verontskuldig, beide in haar getuienis voor
die dissiplinêre komitee
sowel as in haar opponerende verklarings. Dit is totaal
onaanvaarbaar dat sy eers toe die ondersoek van
haar trustrekening
begin het, d.w.s. gedurende Oktober 2003, besef het dat sy die
rekening verkeerd bestuur. Sy moes noodgedwonge
onder kruisverhoor
in die dissiplinêre verhoor erken dat sy van meet af aan geweet het
dat sy haar trustrekening en besigheidsrekening
apart moes bestuur en
dat sy goed geweet het dat trustgeld nie sorgeloos gebruik kon word
vir ‘n ander doel as waarvoor dit op
trust ontvang is nie.
Na my mening is
respondente se bewese optrede met betrekking tot haar trustrekening
oor etlike jare só ernstig dat dit voldoende
grondslag kan wees om
haar naam van die Rol van prokureurs te skrap. Applikant vra egter
nie daarvoor nie en na ernstige besinning
meen ek dat sy slegs
geskors moet word. Om egter haar skorsing in die geheel op te skort,
soos namens haar versoek word, sal die
erns van haar volgehoue
afkeuringswaardige optrede, onderbeklemtoon.
Behalwe
‘n bevel van skorsing waarvoor smeekbede A1.1 van die Kennisgewing
van Mosie voorsiening maak, bevat die res van die Kennisgewing
van
Mosie die gebruiklike bevele in ‘n aansoek soos hierdie met
betrekking tot die afhandeling van die betrokke prokureur se
bestaande
werk en die koste van die aansoek. Namens respondente is
nie aangevoer dat sodanige bevele onvanpas is in hierdie geval nie.
Gevolglik
word die volgende bevele uitgereik:
Respondente word vir 5
jaar geskors in haar praktyk as prokureur, waarna sy die Hof tevrede
moet stel dat sy ‘n geskikte en gepaste
persoon is voordat sy weer
as prokureur mag praktiseer.
Smeekbedes A1.2 tot F
van die Kennisgewing van Mosie word toegestaan.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
____________
A. KRUGER, R
Namens
die applikant: Adv. P.U. Fischer
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Krohn
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/spieterse