Polygraph Center Central Provinces CC v Venter en 'n Ander (3992/2004) [2004] ZAFSHC 116; [2006] 4 All SA 612 (O) (13 December 2004)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Restraint of trade — Enforceability of restraint clause — Applicant sought to enforce a restraint of trade clause against the first respondent following termination of employment — First respondent commenced employment with a competitor shortly after leaving the applicant — Court considered the reasonableness of the restraint in light of public interest and the necessity to protect the applicant's legitimate business interests — Restraint deemed enforceable as it was not found to impose an unreasonable restriction on the first respondent's right to engage in trade.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 116
|

|

Polygraph Center Central Provinces CC v Venter en 'n Ander (3992/2004) [2004] ZAFSHC 116; [2006] 4 All SA 612 (O) (13 December 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 3992/2004
In
die aansoek tussen:
THE
POLYGRAPH CENTER – CENTRAL
APPLIKANT
PROVINCES
CC
en
HARRY
MULLER VENTER
EERSTE
RESPONDENT
LIETECH
TWEEDE
RESPONDENT
_____________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
R
UITSPRAAK:
HATTINGH
R
AANGEHOOR OP:
9
DESEMBER 2004
GELEWER OP:
13
DESEMBER 2004
[1] Op 31 Oktober 2002 en
te Bloemfontein het die applikant en eerste respondent ‘n
skriftelike ooreenkoms aangegaan.
[2] Klousule 11 daarvan
lees soos volg:
“
11. Die werknemer, uit hoofde van
sy verbintenis met die werkgewer, soos vervat in hierdie ooreenkoms,
onderneem om nie
11.1 terwyl hierdie ooreenkoms ten
opsigte van die werknemer en die werkgewer van krag is en nie
beëindig is nie; en
11.2 verder vir ‘n periode van 1
(een) jaar vanaf datum van beëindiging van hierdie ooreenkoms op
welke wyse ookal;
Nie in die Republiek van Suid-Afrika,
regstreeks of onregstreeks ‘n belang te hê in, of hulp op enige
wyse te verleen aan enige
besigheid, maatskappy, beslote korporasie,
vennootskap of trust of enige ander onderneming wat kompeteer met die
besigheid van die
werkgewer binne die Vrystaat provinsie of
Noord-Kaap provinsie nie of as agent, konsultant, werknemer, lid,
direkteur, trustee van
of in welke ander hoedanigheid ookal van
sodanige besigheid, maatskappy, beslote korporasie, vennootskap,
trust of ander onderneming
handel nie, met spesifieke verwysing na
die besigheid van die werkgewer, synde die van poligraaf en
verbandhoudende dienste.”
[3] In klousule 12 word
eerste respondent tot geheimhouding besweer. Die tersaaklike
klousule bepaal dat eerste respondent nie gedurende
die bestaan of na
beëindiging van die ooreenkoms, hoe sodanige beëindiging ookal mag
plaasvind, aan enige persoon, besigheid, liggaam
of organisasie,
enige inligting aangaande die operasionele tegnieke en vaardighede,
handelsgeheime, besigheidsverbintenisse en ander
vertroulike
inligting en prosesse met betrekking tot die applikant se besigheid
te openbaar nie en om daardie aangeleenthede te alle
tye vertroulik
en geheim te hou.
[4] Eerste
respondent se dienste is op 6 Oktober 2004 met applikant beëindig en
op 1 November 2004 het eerste respondent by tweede
respondent in
diens getree.
[5] Applikant
doen nou aansoek dat die handelsbeperking vir ‘n periode van een
jaar teen eerste respondent afgedwing moet word tesame
met ‘n
verdere bevel in terme waarvan die eerste respondent verbied word om
handelsgeheime wat hy by applikant opgedoen het, te
openbaar.
[6] Tweede respondent
opponeer nie die aansoek nie en sal daar voortaan na eerste
respondent verwys word as “Respondent”.
[7] In paragraaf 17 van
die funderende verklaring beweer applikant dat dit noodsaaklik is dat
sy regte hierin beskerm moet word en
dat daar nie toegelaat moet word
dat Respondent met sy besondere kennis, kundigheid, kennis van
kliënte basisse en interne kennis
van die werking van applikant se
besigheid, toegelaat word, om vir ‘n periode van een jaar, in stryd
met die applikant in die Vrystaat
en Noord-Kaap te werk nie. Hy
beweer verder:
“
Uit
hoofde van Respondent se diensverhouding by die applikant, het hy ‘n
deeglike kennis van die applikant se kli
ënte
basis onder andere opgedoen, beide in die Vrystaat en die Noord-Kaap.
Gedurende sy werkstermyn by die applikant, het hy nie
net dienste in
die Vrystaat gelewer nie, maar het die dienste behels dat kliënte
die applikant bel om sodanige dienste te lewer,
waarna die betrokke
poligraaf belas met sodanige werk, gereis het na die werkgewer toe
beide in die Vrystaat sowel as in die Noord-Kaap
en dan die dienste
aldaar gelewer het. Dit is juis omdat voormelde inligting vir
opponente in die bedryf van soveel waarde en belang
is, dat bylae “A”
(die beperking en geheimhoudingsklousules) aangegaan is tussen
aplikant en Respondent.”
[8] Respondent ontken dat
die kennismark so eksklusief is en is dit sy saak dat sodanige
kliënte wat poligraaftoetse laat doen of
wil doen, vrylik beskikbaar
is.
[9] In paragraaf 5.2 tot
die bestrydende verklaring sê Respondent:
“
Ek
betwis dat applikant besondere handelsgeheime sou hê. Die metodes
wat applikant byvoorbeeld gebruik in sy poligraaftoetsing is
byvoorbeeld glad nie dieselfde as dit wat gebruik word deur tweede
respondent nie. So sal elke poligraafbesigheid sy eie metodes
gebruik. Poligrafiste soos vermeld moet ‘n kursus deurgaan
alvorens hulle enige poligraafwerk en
-toetse
mag doen en welke kennis elke poligraaf dan aanwend op sy besondere
unieke manier. Indien ek as poligraaf sou werk doen vir
applikant,
sal die metodes wat ek aanwend verskil van die metodes wat ek sou
aanwend indien ek sou werk doen vir ‘n ander poligraafbesigheid
soos byvoorbeeld tweede respondent.”
[10] Buitendien verklaar
Respondent dat daar op die internet ‘n poligraafprogram beskikbaar
is waarin alle werksmetodes van poligrafiese
werk blootgelê word en
kan enige persoon vir betaling van die bedrag van $50 (± R300,00)
die kennis bekom.
[11] Uit
verskeie beslissings is dit duidelik dat:
Inkortingsklousules, ook
bekend as beperkingsklousules, op die handelsverkeer, is geldig en
afdwingbaar net soos enige ander konsensuele
kontraktuele klousule.
As
die afdwinging van die klousule die openbare belang sal skaad, is
dit onafdwingbaar (
MAGNA
ALLOYS AND RESEARCH (SA) (PTY) LTD v ELLIS
1984
(4) 874 (AA)).
Dit is teen die openbare
belang om sodanige klousule af te dwing as die klousule onredelik
is; ‘n klousule wat die promissor se
vryheid om aan die
handelsverkeer deel te neem, onredelik beperk, is onafdwingbaar.
Of dit inderdaad
onredelik is, moet dit bepaal word, met verwysing na die bepaalde
omstandighede van die betrokke saak.
Sodanige
omstandighede word nie beperk tot daardie wat bestaan het toe die
ooreenkoms gesluit was nie. Oorweging moet ook geskenk
word wat
gebeur het sedert sluiting daarvan, en in besonder, die
omstandighede wat geheers het ten tye van die afdwinging daarvan.

(
J
LOUW AND CO (PTY) LTD v RICHTER AND OTHERS
1987
(2) SA 237
(N) op 243 B – D).
Wanneer
iemand beweer dat hy nie gebonde is aan ‘n beperkende bepaling,
waartoe hy in ‘n ooreenkoms toegestem het nie, hy die
bewyslas dra
om aan te toon dat die afdwing van die bepaling teen die openbare
belang sal wees. (
MAGNA
ALLOYS
)
(
supra
)
Artikel
22 van die Grondwet, Nr. 108 van 1996 verleen aan elke burger die
reg om vrylik ‘n bedryf, beroep of professie te kies.
Die
beoefening van hierdie bedryf, beroep of professie kan deur die reg
gereguleer word. Hierdie artikel verander nie die regsposisie
soos
dit verduidelik is in
MAGNA
ALLOYS
(
supra
)
nie. (
WALTONS
STATIONARY CO (EDMS) BPK v FOURIE
1994 (4) SA 507
(O) 510 D – 511 E;
KOTZE
& GENIS (EDMS) BPK v POTGIETER
1995 (3) BCLR 349
(C) 352 F.E.
[12] Wanneer die
afdwinging van ‘n inkortingsklousule ter sprake kom, moet ‘n hof
twee oorwegings in aanmerking neem. Die eerste
is dat die openbare
belang, in die algemeen, vereis dat kontrakspartye hulle kontraktuele
verpligtinge moet nakom, al is dit onredelik
of onbillik. Die tweede
is dat alle persone, in die openbare belang, so ver moontlik
toegelaat moet word om vrylik aan die handelsverkeer
deel te neem.
By
die toepassing van hierdie twee oorwegings sal die hof,
vanselfsprekend, die omstandighede wat die bepaalde geval, vergesel,
oorweeg.
Nietemin, en in die algemeen gesproke, sal die openbare
belang geskaad word indien ‘n inkortingsklousule wat ‘n
onredelike beperking
op die persoon se reg om vryelik aan die
handelsverkeer deel te neem, afgedwing word. (
SUNSHINE
RECORDS (PTY) LTD v FROHLING AND OTHERS
1990 (4) SA 782
(A) op 794 B – E.)
[13] In
die meerderheidsuitspraak gelewer in
BASSON
v CHILWAN AND OTHERS
[1993] ZASCA 61
;
1993 (3) SA 742
(A) 767 E – I is die volgende toegevoeg tot
voorgaande:
“
Wat
die partye self betref, is ‘n verbod onredelik as dit die een party
verhinder om hom, na beëindiging van hulle kontraktuele
verhouding,
vry
elik
in die handels- en beroepswêreld te laat geld, sonder dat ‘n
beskermingswaardige belang van die ander party na behore daardeur
gedien word. So iets is op sigself strydig met die openbare beleid.
Origens mag ‘n beperking wat
inter
partes
redelik is nietemin, vir ‘n rede wat nie aan die partye eie is nie,
die openbare belang skaad. En bes moontlik ook omgekeerd.
Vier vrae
moet in dié verband gestel word:
Is daar ‘n belang van die een party
wat na afloop van die ooreenkoms beskerming verdien?
Word so ‘n belang deur die ander
party in die gedrang gebring?
Indien wel, weeg sodanige belang
kwalitatief en kwantitatief op teen die belang van die ander party
dat hy ekonomies nie onaktief
en onproduktief moet wees nie?
Is daar ‘n ander faset van openbare
belang wat met die verhouding tussen die partye niks te make het nie
maar wat verg dat die
beperking gehandhaaf moet word, al dan nie?
…….
Vir so ver die belang in (c) die
belang in (a) oortref, is die beperking in die reël onredelik en
gevolglik onafdwingbaar. Dit is
‘n kwessie van beoordeling wat van
geval tot geval kan wissel.”
[14] (In
KWIK
KOPY (SA) (PTY) LTD v VAN HAARLEM AND ANOTHER
1999 (1) SA 472
(W) is ‘n vyfde vraag bygevoeg, te wete:
“Gaan
die inkorting verder as wat dit nodig is om die belang te beskerm?
[15] Respondent
en die deponent Van Aswegen (ten behoewe van die applikant) het
dieselfde opleiding ontvang. Die metodes van werk
verskil egter van
besigheid tot besigheid en werwingsmetodes word grootliks bepaal aan
die hand van die besondere vermoë van die
besondere poligrafis.
Tydens sy dienstermyn by applikant het hy kennis opgedoen van
applikant se kliënte, maar is daardie kliënte
ook tot kennis van
alle ander poligrafiste in die Vrystaat, Noord-Kaap en die res van
Suid-Afrika. Name van besighede verskyn in
media, geelbladsye in
telefoongidse, die internet en ook verskeie ander nuusblaaie en
dagblaaie wat in omloop is. Deur gebruik te
maak van sms boodskappe
op selfone kan boodskappe deur enige besigheid aan enige ander
besigheid in Suid-Afrika gestuur word.
[16] Respondent het in
diepte die bewering van applikant betwis, dat laasgemelde besondere
handelsgeheime sou hê, soos hierin aangehaal.
Respondent verklaar
nadruklik dat hy geen formules, metodes en/of werkwyses of kliënte
basis vir die bedryf anders as waaroor hy
persoonlik beskik het, by
applikant ontvang of geleer het nie.
[17] ‘n
Persoon se besondere vaardighede en kundigheid, gebore uit sy eie
gegewe talente vorm onafskeidbaar deel van sy unieke pesoonlikheid.

Dit kan nie eenvoudig, in die gewone loop van sake, sondermeer hom
ontneem word deur gebruik te maak van die afdwinging van ‘n
klousule tot die inkorting van sy handelsvryheid nie. (
C
F BASSON v CHILWAN AND OTHERS
(
supra
)
778 C – D).
[18] Mnr.
Burger, namens respondent, het ter ondersteuning van sy betoog,
verwys na die ongerapporteerde uitspraak van my ampsbroeder
Van
Coppenhagen R in
AUCTION
ALLIANCE VRYSTAAT (PTY) LTD v FRANZ OTTO BOBBERT EN 1 ANDER
Saak Nr. 2143/2004 OPA gedateer 27 Mei 2004.
[19] Met
verwysing na die
BASSON
v CHILWAN AND OTHERS
beslissing
(
supra
)
het my geleerde kollega soos volg verklaar:
“
Voormelde
uitspraak het myns insiens op 8 Mei 1996 sterk onderskraging gekry
toe die Grondwet, Wet 108/1996 as hoogste reg (
cf
artikel 2 Wet 108/1996) op die wetboek geplaas was. Artikel 22 van
die Grondwet verleen aan elke burger die reg om ‘n bedryf,
beroep
of professie te kies. Geen regulering in die beoefening van die
gekoste professie, beroep of bedryf wat as slawerny, knegskap
of
dwangarbeid aangemerk kan word, sal egter geduld word nie (cf artikel
13 van die Grondwet). Enige kontrak wat dus bepaal dat
‘n persoon
sy unieke en persoonlike kundigheid, gawes, talente, bedrewendheid of
vaardigheid slegs aan ‘n bepaalde persoon of
instansie moet
diensbaar stel, sal gevolglik as ‘n reël c
ontra
bones
mores
wees.”
[20] Ek kan, met respek,
my nie vereenselwig met my geleerde kollega se standpunt nie.
[21] Eerstens
het artikel 22 van die Grondwet nie die regsposisie, soos dit
verduidelik is in die
MAGNA
ALLOYS
beslissing
(
supra
),
verander nie. (Sien die gesag aangehaal in [11] (vii) hierbo.
[22] In
KNOX
D’ARCY LTD AND ANOTHER v SHAW AND ANOTHER
1996 (2) SA 651
(W) 660 D word daar tereg verklaar:
“
The
Constitution
does not take such a meddlesome interest in the private affairs of
individuals that it would seek, as a matter of policy,
to protect
them against their own foolhardy or rash decisions. As long as there
is no overriding principle of public policy which
is violated
thereby, the freedom of the individual comprehends the freedom to
pursue, as he chooses, his benefit or his disadvantage.”
[23] Tweedens,
word daar in artikel 7(2) van die Grondwet ‘n verpligting op die
Staat geplaas om die regte in die Handves van Regte
te eerbiedig,
beskerm, bevorder en te verwesentlik. In artikel 8(1) van die
Grondwet word die trefwydte van die Handves omskryf
as
“
Die
Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die
wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende
gesag
en alle staatsorgane.”
en in artikel 8(2):
“’
n Bepaling van die Handves van
Regte bind ‘n natuurlike of ‘n regspersoon indien, en in die mate
waarin, dit toepasbaar is met
in agneming van die aard van die reg en
die aard van enige plig deur die reg opgelê.”
[24] Vanaf
artikel 9 van die Grondwet word verskeie mensreregte omskryf en is
die oorheersende inleidende woord daarvan “elkeen
het die reg op
…”. In artikel 13 en 25 word gebruik gemaak van die inleidende
woord “niemand mag onderwerp of niemand mag
ontneem word” waar
gehandel word met slawerny en eiendomsregte.
[25] In
artikels 19, 20 en 22 kies die Wetgewer nou ‘n ander woord synde
“elke burger” wat duidelik en onvermydelik ‘n heel
ander
betekenis moet dra as “elkeen” of “niemand”.
[26] Die kernbegrip van
“burger” beteken eenvoudig ‘n lid van die Staat of ‘n
onderdaan van die owerheid. Dit veronderstel
‘n verband of ‘n
verbintenis tussen die staatsowerheid (in al sy gedaantes soos
vermeld in artikel 8(1) van die Grondwet) en
burgers of dan wel sy
onderdane. Hierdie artikel plaas dus ‘n verpligting op die Staat
om elke burger se reg om vryelik ‘n bedryf,
beroep of professie te
kies, te eerbiedig en kan die beoefening daarvan slegs deur die reg
gereguleer word.
[27] Die
burger se voormelde regte geniet slegs vertikale werking tussen Staat
en burger (owerheid en onderdaan) en dit het nie horisontale
werking
tussen private individue wat hulle belet om vryelik met mekaar te
kontrakteer ter inkorting van, of beperking op of selfs
afstanddoening van hulle handelsvryheid nie.
[28] Wanneer twee
kontrakspartye sodanig met mekaar kontrakteer deurdat die een sy
handelsvryheid, byvoorbeeld beperk, deur sy kundigheid
en vaardigheid
slegs aan die ander party diensbaar te stel, word dit gewis nie
getref deur die verbod teen slawerny, knegskap of
dwangarbeid nie.
(Artikel 13 van die Grondwet).
[29] In
aggenome die maatstaf neergelê in
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) ten aansien van die beoordeling van getuienis in
mosieverrigtinge, is ek van mening dat respondent daarin geslaag het
om op ‘n
oorwig van waarskynlikhede aan te toon wat die belang wat
applikant wens te beskerm, nie beskermingswaardig is nie en dat dit
die
openbare belang sal skaad indien respondent verhinder sou word om
voort te
gaan
met sy gekose bedryf of besigheid.
[30] Gevolglik word die
aansoek met koste afgewys.
________________
G.A. HATTINGH, R
Namens die
applikant: Adv. S.J. Reynders
In
opdrag van:
Bokwa
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. A.H. Burger
In
opdrag van:
J.G.
Botha Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/spieterse