S v Mantso (1808/2004) [2004] ZAFSHC 153 (2 December 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Self-defence — Accused found guilty of assault with intent to cause grievous bodily harm — Incident arose from altercation between complainant and accused's brother, with complainant attacking accused with a knife — Accused struck complainant with a stick in response — Court questioned whether accused acted in self-defence or to protect brother — Conviction set aside on grounds that accused's actions were justified in light of the threat posed by the complainant.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 153
|

|

S v Mantso (1808/2004) [2004] ZAFSHC 153 (2 December 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
no.: 1808/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
teen
TSHOKOLO
SIMON MANTSO
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN DER MERWE R
UITSPRAAK:
CILLIé
R
GELEWER OP:
2
DESEMBER 2004
Die beskuldigde hierin is
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en
daarop gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf.
Die skuldigbevinding
spruit voort uit gebeure wat plaasgevind het op 9 April 2004 toe die
beskuldigde die klaer een hou met ‘n
kierie geslaan het.
Toe
die aangeleentheid op hersiening voorgelê was, is die volgende
navraag aan die verhoorlanddros gerig:
“Redes
vir die skuldigbevinding asb.
Dit kom my voor uit die
staatsgetuienis dat die
beskuldigde in noodweer of ter
beskerming van sy
broer opgetree het. Die klaer val hom dan aan
met ‘n mes en steek herhaaldelik na hom.”
In
sy antwoord meld die landdros dat:
“Die
vraag het in die hof aan ‘n baie fyn draadjie
gehang en het
die hof hom in die sogenaamde grys kol
bevind.”
Hy verskaf dan nietemin
redes waarom hy meen die beskuldigde tog nie in noodweer opgetree het
nie. Daardie redes is myns insiens
nie voldoende oortuigend sodat
dit die “grys kol” waarin die landdros homself bevind het
afdoende uit die weg kon ruim nie.
Die gebeure is betreklik
eenvoudig. Die klaer was in ‘n rusie met die beskuldigde se broer
betrokke. Dit het plaasgevind voor
die beskuldigde en sy familie se
woning. Hiertydens word die beskuldigde se broer deur die klaer met
sy ma gevloek. Die klaer was
dronk. ‘n Vuisgeveg breek uit tussen
die klaer en die beskuldigde se broer. Die klaer hardloop toe en
gaan haal ‘n mes. Die
beskuldigde se broer gaan haal ‘n kierie.
Die beskuldigde probeer tussenbeide tree. Die klaer steek met die
mes na die beskuldigde.
Hy mis egter die beskuldigde. Die
beskuldigde gryp die kierie en slaan die klaer een hou daarmee. Dit
stel die klaer toe buite
aksie. Bovermelde blyk uit staatsgetuienis
wat nie gediskrediteer is nie.
Die
beskuldigde self getuig verder dat die klaer twee maal met die mes na
hom gesteek het voor hy die kierie gegryp en die klaer daarmee
geslaan het. Sy verdedigingsgetuie bevestig dit. Hierna het die
beskuldigde self die polisie ontbied.
Die landdros se
benadering in die voorgelegde redes is dat die beskuldigde se broer
nie in gevaar verkeer het nie en dat die beskuldigde
dus nie ter
beskerming van sy broer kon optree nie. Verder sê die landdros dat
die beskuldigde 4 meter weg was van die klaer toe
hy die kierie by sy
broer gegryp het. Sonder dat dit gemeld word is die gedagtegang van
die landdros waarskynlik dat die beskuldigde
eerder moes weggeloop
het dan om die kierie te gryp. Die feite hierbo vermeld dui egter
aan dat die beskuldigde inderdaad in sy
eie verdediging opgetree het.
Dis is duidelik dat die klaer dronk en veglustig was. Ek meen dat
die objektiewe redelike man dit
as geregverdigd sou beskou om,
bedreig deur die flitsende mes van ‘n dronk aanvaller, die
hanteerder daarvan een kieriehou toe
te dien.
Bygevolg
word die skuldigbevinding en opgelegde vonnis tersyde gestel.
____________
C.B.
CILLIé, R
EK
STEM SAAM:
________________________
C.H.G. VAN DER
MERWE, R
/ec