About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 152
|
|
S v Rampone and Another (1649/2004) [2004] ZAFSHC 152 (2 December 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: 1649/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
teen
MOHLOMI
PETRUS RAMPONE
Beskuldigde
no. 1
SPRINGBOK
VINGER
Beskuldigde
no. 2
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN DER MERWE R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
GELEWER OP:
2
DESEMBER 2004
[1] Die beskuldigdes is
beide skuldig bevind aan diefstal van dieselfde skaap. Op 9
September 2004 is hul elkeen gevonnis tot 12
maande gevangenisstraf.
[2] Gedurende die
staatsaak is getuienis aangebied van verklarings wat elk van die
beskuldigdes aan die ondersoekbeampte, ân
inspekteur in die
Suid-Afrikaanse Polisiediens, afgelê het. Elkeen van hierdie
verklarings kom na my oordeel neer op ân
bekentenis en was
derhalwe nie toelaatbaar as getuienis teen die beskuldigdes nie.
Die skuldigbevindings van die beskuldigdes
is egter geregverdig op
die oorblywende getuienis op rekord met uitsluiting van die
ontoelaatbare bekentenisse. Die skuldigbevindings
kan dus bekragtig
word.
[3] Die beskuldigdes was
beide werksaam op ân ander plaas dan die plaas waar die skaap
gesteel is. Hulle het die skaap, wat ân
stoetooi was, en waarvan
die waarde ongeveer R500,00 tot R1000,00 was, in die nag uit die
skaapkraal verwyder en by hul woonplek
gaan slag. Die beskuldigdes
het die skaapvleis gedeel. Die meeste van die vleis is egter
gevind deur die polisie en is daarop
beslag gelê.
[4] Beskuldigde no. 1 is
42 jaar oud en ân eerste oortreder. Hy was tydens die verhoor
steeds werksaam op die gemelde plaas.
Hy het daar reeds vir ân
tydperk van 4 jaar gewerk en die skamele bedrag van R350,00 per
maand, d.w.s. veel minder dan die voorgeskrewe
minimum loon vir ân
plaasarbeider, verdien. Hy is getroud, maar sy vrou werk nie want
sy is sieklik. Hy en sy vrou het ses
kinders waarvan die ouderdomme
wissel tussen 21 jaar oud en 2 jaar oud. Toe hy die hof voor vonnis
toegespreek het, het die beskuldigde
erken dat hy die skaap gesteel
het en verklaar dat hy baie berou het daaroor.
[5] Beskuldigde no. 2 is
27 jaar oud. Hy was ook ten tye van die verhoor steeds werksaam op
die gemelde plaas, waar hy reeds vir
ân tydperk van 5 jaar
werksaam was. Hy het bevestig dat ook hy die bedrag van R350,00 per
maand verdien het. Daaruit moes
die arbeiders, volgens hom, ook
nog meel koop en betaal vir behuising. Hy is getroud, sy vrou is
werkloos en hul het twee klein
kinders, 2 jaar en 1 jaar oud
onderskeidelik. Hy het ook in sy betoog ter strafversagting erken
dat hy tesame met beskuldigde
no. 1 die skaap gesteel het en
verskoning daaroor aangebied.
[6] In die lig van die
voormelde omstandighede is die vonnis van 12 maande gevangenisstraf
wat aan elk van die beskuldigdes opgelê
is, so buitensporig dat dit
nie ooreenkomstig die reg is nie en tersyde gestel moet word. ân
Vonnis van 4 maande gevangenisstraf
vir elk van die beskuldigdes is
in hierdie omstandighede na my oordeel gepas.
[7] Gevolglik word die
skuldigbevindings bekragtig maar die opgelegde vonnisse tersyde
gestel en vervang met ân vonnis van 4 maande
gevangenisstraf ten
opsigte van elk van die beskuldigdes wat geag moet word opgelê te
gewees het op 9 September 2004.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
EK STEM SAAM:
_____________
C.B.
CILLIé, R
/ec