About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 115
|
|
S v Louw (1192/3004) [2004] ZAFSHC 115 (2 December 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1192/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
ERIC
LOUW
CORAM:
LOMBARD
et
WRIGHT
RR
UITSPRAAK
:
LOMBARD
R
GELEWER OP:
2
DESEMBER 2004
Die beskuldigde is tereg
aan diefstal skuldig bevind en as volg gevonnis:
â
Nege
(9) maande gevangenisstraf opgeskort vir vier (4) jaar op voorwaarde
dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan diefstal
of poging
daar toe gepleeg binne tydperk van opskorting nie. Verder word
beskuldigde beveel om R7 700-00 by die Klerk van die Hof,
Petrusburg
in te betaal teen R700 per maand. Eerste betaling van R700 voor of
op 30/7/04 en daarna R700 aan die einde van daaropvolgende
maande tot
Junie 2005 wanneer die laaste betaling van R700 gemaak sal word. Vir
oorbetaling aan klaagster vir skade
gely.â
Ek het meerdere navrae
aan die landdros aangaande die bewoording van die opskortende
voorwaardes gerig en dit word nou toegegee dat
die aanvanklike
voorwaardes nie duidelik en korrek bewoord was nie. In die
omstandighede word die skuldigbevinding bekragtig, maar
die vonnis
word deurgehaal en met die volgende vervang:
â
Nege (9) maande gevangenisstraf
opgeskort vir vier (4) jaar op die volgende voorwaardes (a) dat die
beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan diefstal of poging
daartoe gepleeg binne tydperk van opskorting nie (b) dat genoemde
beskuldigde R7,700-00 (Sewe Duisend
Sewe Honderd Rand) in paaiemente
by die Klerk van die Hof inbetaal teen R700-00 (Sewe Honderd Rand)
per maand. Die eerste betaling
moet geskied voor of op die 10de
Augustus 2004 en daarna R700-00 (Sewe Honderd Rand) op die 10de van
elke maand tot op 10 Junie 2005
wanneer die laaste betaling van
R700-00 (Sewe Honderd Rand) gemaak moet word.â
Die vonnis sal geag word
op 8 Julie 2004 opgelê te gewees het. Ek wil net volledigheidshalwe
verduidelik dat hierdie hersiening
vir een of ander rede iewers
verlore geraak het en daarom het hierdie uitspraak eers op so ân
laat stadium die lig gesien.
_______________
D.J. LOMBARD, R
Ek
stem saam.
___________
G.F. WRIGHT
/sp