About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 113
|
|
S v Makoliso (1436/2004) [2004] ZAFSHC 113 (2 December 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1436/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
teen
ALFRED
MAKOLISO
BESKULDIGDE
1
TEBOHO
JOHANNES MOKOANYANE
BESKULDIGDE
2
_____________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et WRIGHT RR
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
GELEWER OP:
2
DESEMBER 2004
Die beskuldigdes is tereg
aan die diefstal van een bok skuldig bevind en elkeen is tot 12
maande gevangenisstraf gevonnis.
In antwoord op my navraag
of die vonnis van albei beskuldigdes nie te kras is nie, het die
landdros onder meer na die afmetings wat
veediefstal tans aanneem,
verwys en ook daarop gewys dat boere verplig word om hulle kleinvee
te verkoop en beeste aan te koop.
In hierdie verband word die
landdros verwys na
Hiemstra
,
SUID-AFRIKAANSE
STRAFPROSES,
6de
Uitgawe op p. 692:
â
Soms
beskik die hof egter oor geregtelike kennis van strafverswarende
inligting, byvoorbeeld die hoë voorkoms van die betrokke misdaad
in
die hof se regsgebied (
S
v Boesigo
1956 (1) SA 234
(A) op 237H), waarvoor die hof beswaarlik sy oë kan sluit. Dit is
dan die voorsittende beampte se plig om die partye daaroor in
te lig
en hul die geleentheid te bied om daarmee te handel, hetsy met
getuienis of andersins (
S v
Smith
1977 (2) SA 954
(A)
op 960G-H). Private inligting waaroor die hof beskik, in
teenstelling tot dié waarvan geregtelike kennis geneem kan word, mag
nooit gebruik word nie (
S v
Mkhwanazi
1989 (2) SA 802
(T)).â
Dat
dit die posisie mag wees, is goed en wel, maar elke saak moet nog
steeds op sy eie besondere feite en omstandighede benader en
beoordeel word.
Dit is gemene saak dat
terwyl die veewagter op daardie betrokke dag besig was om skape en
bokke op die plaas op te pas, die beskuldigdes
daar opgedaag en een
bok gevang en verwurg het. Daarna het hulle sy vleis te koop
aangebied en is inderdaad van die vleis verkoop.
Veediefstal is en bly ân
ernstige misdaad en waar vee gesteel word en die vleis verkoop word,
vererger dit net die posisie.
Beide
beskuldigdes is egter eerste oortreders, 28 en 29 jaar oud
respektiewelik. Dat direkte gevangenisstraf hierin aangewese is,
staan vas, maar na my oordeel verg die omstandighede hierin nie ân
vonnis wat âdie gewone vonnisâ van 6 maande oorskry nie.
Die
skuldigbevinding van beide die beskuldigdes word bekragtig, maar hul
vonnis word deurgehaal en vervang met 6 maande gevangenisstraf,
welke
vonnisse geag sal word op 11 Augustus 2004 opgelê te gewees het.
_______________
D.J. LOMBARD, R
Ek
stem saam.
_____________
G.F. WRIGHT, R
/spieterse