House of Trucks (Edms) Beperk v De Swardt (A558/2003) [2004] ZAFSHC 168 (26 November 2004)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Sale of goods — Validity of oral agreement — Dispute regarding existence of a binding contract for the sale of two interlink tankers — Respondent claimed damages arising from alleged breach of contract — Appellant contended that no valid contract was formed as the price was not fixed at the time of agreement — Court held that the lack of a definitive price rendered the purported contract void for vagueness, thus overturning the lower court's decision and granting absolution from the instance.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 168
|

|

House of Trucks (Edms) Beperk v De Swardt (A558/2003) [2004] ZAFSHC 168 (26 November 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
A558/2003
In
die appèl tussen:
THE
HOUSE OF TRUCKS (EDMS) BEPERK
Appellant
en
DALEEN
ALTA DE SWARDT
Respondente
CORAM:
LOMBARD
R, HATTINGH
et
KRUGER
RR
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
AANGEHOOR OP:
22
NOVEMBER 2004
GELEWER
OP:
26
NOVEMBER 2004
_____________________________________________________
Die respondente het as
eiseres die appellant as verweerder in die Hof
a
quo
vir
skadevergoeding wat uit ‘n koopkontrak tussen die partye
voortgespruit het, aangespreek. Die Verhoorhof (Beckley, R.) het
die
respondente gelyk gegee. Die appellant kom nou met verlof van die
Hof a quo in hoër beroep teen gemelde beslissing. Daar sal
voortaan
na die partye, soos wat hulle in die Verhoorhof gesiteer was, verwys
word.
Alhoewel daar verskeie
aspekte deur die Verhoorhof oorweeg en beslis is, is die omvang van
hierdie appèl uiters beperk. Dit is gemenesaak
dat slegs twee vrae
beslissing geverg het, te wete of daar ‘n ooreenkoms (koopkontrak)
tussen die partye tot stand gekom het en
indien wel wat die terme van
sodanige ooreenkoms was en in besonder of dit gevolgskade ingesluit
het. Beide vrae is bevestigend
beantwoord.
Dit is onbetwis dat te
alle saaklike tye hierin die eiseres as ‘n vervoerkontrakteur,
(handeldrywende as Leeukop Produkte) sake
te Parys gedoen het en dat
haar eggenoot, Michael Arnoldus de Swardt (de Swardt) namens haar
gedurende Februarie 2001 onderhandelinge
vir die vervaardiging van
twee stelle Interlink tenkwaens met ene Louis van den Berg (van den
Berg) namens verweerder gevoer het.
De Swardt het getuig dat
terwyl hy op 5 Februarie 2001 toevallig in Johannesburg was hy te die
persele van Scania tenkwaens gesien
het wat deur die verweerder
vervaardig word. Aangesien hul besigheid op daardie stadium besig
was om in die petroleum- besigheid
in te beweeg het hy vir Van den
Berg wat hy vanweë vroeëre onderhandelinge goed geken het,
getelefoneer en navraag gedoen oor die
prys van twee stelle
tenkwaens. Hy is meegedeel dat dit in die omgewing van R600 000,00
elk is maar dat hy vir hom ‘n kwotasie
sal laat kry.
Op
8 Februarie 2001 het v.d. Berg hom teruggeskakel en meegedeel dat die
prys per tenkwa R512 000,00 plus BTW is en dat die tenkwaens
‘n
algehele waarborg van een jaar het. Volgens De Swardt het hy en Van
den Berg daar en dan ‘n koopkontrak vir die aankoop vir
die twee
tenkwaens gesluit.
Aangesien die huidige
debat uitsluitlik rondom wat op 8 Februarie 2001 tussen Van den Berg
en De Swardt gebeur het, wentel, is dit
gebiedend om dit onder die
vergrootglas te plaas. Uit vrese dat ek sy getuienis in hierdie
verband mag verkeerd weergee, word dit
wenslik geag om die volgende
gedeeltes, veral tydens kruisondervraging, aan te haal:
“MNR.
VAN DER MERWE: Daardie ding het hy vir u gesê op dieselfde
geleentheid van 8 Februarie, nie waar nie? – Dit is korrek.
Hy
het vir my gesê ek sal ‘n kwotasie ontvang, maar die koopkontrak
wat ons mondelings op daardie stadium gesluit het, het
ek as finaal
ook aanvaar.”
(Notule
p.153 reëls 21 – 24)
“MNR
VAN DER MERWE: Wat het hy nou vir u gesê,
luister ons praat
nou so en so en so, maar Edwin Naude sal maar vir jou ‘n
kwotasie gee, nie waar nie? --
Die
kwotasie was
‘n
beraming gewees op die bedrag
van die tenkwaens en dit
was nie ‘n
finale
bedrag gewees nie
. Dit is
waarvoor ek gewag het, vir daardie gedeelte van die kwotasie
op
die finale bedrag
van
die tenkwaens
.
Daar
is dalk nog ‘n ding wat uit die kwotasie of kom ek so
sê.
Die kwotasie sou mos ‘n skriftelike kwotasie wees, nie waar nie?
--- Dit is korrek.
So
toe julle op 8 Februarie
klaar gepraat het, toe wag u
nog vir Edwin
Naude se
skriftelike kwotasie. --- Dit is korrek
.
En
u het reeds gesê u het daardie skriftelike kwotasie
inderdaad
gekry. --- Dit is korrek.
Dit is die een van 28 Februarie wat
in die stukke verskyn.
--- Dit is korrek.”
(My
onderstreping)
(Notule
p.154 reëls 12 – 25)
“MNR
VAN DER MERWE: En daardie kwotasie
was nodig sê u omdat
die
prys nog nie vas was
nie,
dit sou uit die kwotasie eers blyk wat die prys sou wees. –
Dit
was
irrelevant,
die bedrag. Ek sou dit betaal het hetsy dit R600 000
gewees het, inderdaad was
dit R512 000
.
Nee, maar dit is nie wat ek sê nie,
dit is wat u gesê het.
U
het
gesê
die skriftelike kwotasie was nodig omdat die bedrag nog
onseker was of nie finaal
vasgestel was nie. --- Dit is korrek
.
En wat meer is, die kwotasie sou ook
die spesifikasies bevat. --- Korrek.”
(My
onderstreping)
(Notule
p. 155 reëls 1 – 7)
In
herverhoor het hy onder meer as volg getuig:
“MNR.
DE BRUIN: Ek praat van die prys, R512 000 plus BTW? --- Ek dra
nie kennis nie.
Op
5 Februarie het u mnr. Louis van den Berg gebel en
gevra vir
kwotasies. --- Dit is korrek.
Het
hy ooit vir u ‘n kwotasie met betrekking tot die prys gegee?
---
Slegs R600 000 plus-minus.
En het u ooit op enige stadium
gehoor van R512 000 plus
BTW?
--- Nie op daardie stadium nie.
Op watter stadium het u? -- Ek het
eers na die 28ste.
Waaroor het u en hy op 8 Februarie gepraat?
--- Ons het
gepraat oor die kontrak met die vervaardiging van
die tenkers en hy het nie nog vir my daar ‘n spesifieke prys
gegee van
R512000 nie.”
(Notule
p. 189 reëls 20-25 en p. 190 reëls 1 – 5)
Uit
bogemelde is dit duidelik dat:
Op 8 Februarie die
koopsom nog onseker was en dat die skriftelike kwotasie die finale
bedrag sou daarstel en;
Die finale bedrag (die
kwotasie) deur van den Berg bepaal sou word.
Die
vereistes vir ‘n geldige koopkontrak is onder meer as volg
uiteengesit:
“A
contract of sale is concluded as soon as the parties have agreed
on the following three essential points, (a) that one
person is to
sell and the other to buy, (b) a defined and ascertained or
ascertainable thing, (c) at a fixed or fixable price
in money.”
En:
“(c)
Pretium
There
must be a pretium or price, which must be:
…
.
Fixed in a definite sum, or fixable
by a method or standard agreed upon by the parties; eg by counting,
weighing, or measuring the
things sold, or the seller’s usual
price, or the current market price, or the price paid by the seller,
or the price to be fixed
by a certain third person, but not, it
seems, a ‘reasonable price’.”
Wille’s
Principles
of South African Law
,
8ste Uitg. – Hutchison, Van Heerden, Visser en Van der Merwe, p.
528 en p. 530;
Beck’s
Theory
and Principles of Pleading in Civil Actions
,
6de Uitg. (Daniels) op p. 266; en
Kontraktereg
en Handelsreg
,
5de Uitg., Vol. 1 – De Wet en Van Wyk, p. 314.
As met bogemelde in
gedagte en veral die vereiste van die koopsom na die getuienis van De
Swardt teruggekeer word (hy was die enigste
getuie) is dit duidelik
dat op 8 Februarie die koopprys nog nie finaal vasgestel was nie en
dat dit eers deur Van den Berg se latere
skriftelike kwotasie bepaal
sou word m.a.w. verweerder sal die finale koopprys vasstel, ongeag
die bedrag.
In hierdie verband is die
volgende dictum deurslaggewend:
“It
is no doubt a general principle of the law of obligations that,
when it depends entirely on the will of a party to an alleged
contract to determine the extent of the prestation of either
party, the purported contract is void for vagueness. Obvious
examples
of the application of the principles are afforded by the
law of
sale. If, for example, it is left to one of the parties
to fix the price the contract is bad.”
Per Hoexter AR in
MURRAY
& ROBERTS CONSTRUCTION LTD v FINAT PROPERTIES (PTY) LTD
1991 (1)
SA 508
(AD) op 514 G – H.
In die lig van bogemelde
is ek van oordeel dat die Verhoorhof fouteer het deur te bevind dat
daar ‘n geldige koopooreenkoms tussen
die partye op 8 Februarie tot
stand gekom het en moet die appèl slaag. Die korrekte bevinding sou
myns insiens in al die omstandighede
absolusie van die instansie
gewees het.
Dit word terdeë besef
dat daar nog verskeie aspekte hierin is wat streng gesproke aandag
verg soos bv. wie eintlik die kontrakterende
partye was (inaggenome
dat dit blykbaar deurgaans die bedoeling van die partye was dat van
finansiering gebruik gemaak sou word)
asook wanneer die koopsom
betaalbaar sou wees. Vanweë my bevinding hierbo word dit onnodig
geag om enigsins verder daarop in te
gaan – insgelyks verval die
tweede been van die Verhoorhof se bevinding aangaande die terme van
die ooreenkoms tussen die partye
ook outomaties.
Die
enigste vraag wat oorbly is of die koste van twee advokate op appèl
toegestaan behoort te word. Mnr. de Bruin, namens die eiser,
het
geen submissies daaromtrent gemaak nie en dit in die hande van die
Hof gelaat. Na my oordeel het die omvang van hierdie appèl,
alhoewel dit uiteindelik op ‘n regspunt beslis is, die dienste van
twee advokate regverdig.
In die omstandighede
slaag die appèl met koste insluitende die koste van twee advokate en
word die Verhoorhof se beslissing tersyde
gestel en vervang met ‘n
bevel van absolusie van die instansie met koste.
________________
D.J.
LOMBARD, R
EK
STEM SAAM:
________________
G.A.
HATTINGH, R
EK
STEM SAAM:
______________
KRUGER,
R
Namens
Appellant: Advokaat A.F. Jordaan S.C.
Bygestaan
deur
Advokaat
S.J.Reinders
i.o.v.
McIntyre
en van der Post
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondente: Advokaat J.P. De Bruin S.C.
i.o.v.
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/ec