About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 150
|
|
S v Kabese (1683/2004) [2004] ZAFSHC 150 (25 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: 1683/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
teen
SHADRACK
KABESE
CORAM:
KRUGER
et
VAN DER MERWE RR
UITSPRAAK:
KRUGER
R
GELEWER OP:
25
NOVEMBER 2004
[1] Die beskuldigde is
aangekla op ân klagte van aanranding met die opset om ernstig te
beseer deurdat hy die klaagster met gebalde
vuiste geslaan het en ân
tweede klagte was een van onsedelike aanranding deurdat hy die
klaagster betas het en haar broekie probeer
aftrek het. Hy het
onskuldig gepleit maar is deur die landdros te Botshabelo skuldig
bevind aan Aanranding op klagte 1 en daarvoor
gevonnis tot R200,00
of 40 dae gevangenisstraf. Hy is ook skuldig bevind op klagte 2
en tot 30 maande gevangenisstraf gevonnis.
[2] Ek het ân navraag
aan die landdros gerig en gevra of die vonnis nie te swaar is nie.
[3] Terwyl ek op rondgang
was het die redes teruggekom en het my Ampsbroer Van der Merwe R met
die aangeleentheid gehandel. Die
landdros sê dat hoewel dit ân
stewige vonnis is dit nie te swaar is nie. My Ampsbroer het ân
navraag aan die landdros gerig
en gevra of hier nie ân
verdubbeling van skuldigbevindings plaasgevind het nie.
[4] Die landdros skryf
dat die beskuldigde die klaagster eers met die vuis teen die kop
geslaan het, haar op die grond gegooi
het en
daarna
onsedelik aangerand het. Hy sê in die onderhawige geval is die
getuienis op een klag nie voldoende om aanklag twee te bewys nie
en
verwys na
R
v
VAN
DER MERWE
1921
TPD 1
.
Die landdros sê in die onderhawige geval bevat aanklag 1 nie
dieselfde bestanddele as aanklag 2 nie en is daar twee misdade met
verwysing na
R
v GORDON
1909
EDC
254
.
Hy is dus van mening dat hier nie ân verdubbeling van
skuldigbevindings is nie. Mens moet versigtig wees om te veel
waarde
aan voorbeelde te heg: In
R
v GORDON
,
supra
,
p. 269 sê Mason R:
â
Judicandum
est ex legibus sed non exemplis
Roman-Dutch law.
â
[5] Die klaagster getuig
dat sy die beskuldigde ken hulle was op die betrokke aand om 11.30
by ân sjebeen. Sy het na buite na
die toilet gegaan en die
beskuldigde buitekant teëgekom. Sy gaan voort:
âHy
druk my teen die muur en slaan my met die vuis teen die
regterkant van die kop en gooi my toe neer. Hy trek my rok
op en
druk dit oor my gesig. Beskuldigde probeer my broekie aftrek, maar
slaag nie daarin nie. Ene Mokotsho daag op en vra
vir
beskuldigde wat doen hy. Beskuldigde vloek toe vir Mokotsho en
Mokotsho slaan hom met die vuis.â
[6] Dit is duidelik dat
daar so ân noue verband tussen die ten laste gelegde handelinge is
dat hulle as ân enkele deurlopende
gebeurtenis beskou moet word.
(
S v
TOTO
1993
(1) SASV 654 (OK) op 659 b-d
.)
Al die handelinge waarop die klagtes gebaseer was, was op dieselfde
tyd en plek gepleeg teenoor dieselfde klaagster.
(
S
v LABUSCHAGNE
1997 (2) SASV 6
(NK) op
12 g-h
.)
[7] Die âbewystoetsâ
en âdeurlopende handeling met ân enkele opset of enkele oogmerkâ
is twee praktiese hulpmiddels wat
na gelang van die omstandighede
gebruik kan word.
S
v
BENJAMIN
EN âN ANDER
1980 (1) SA 950
(A) op 956 E-H
.
Laasgenoemde hulpmiddel is hier meer gepas.
[8] Na my mening was hier
een oorheersende oogmerk (âdominant intentionâ). Sien
S
v PETERSON AND OTHERS
1971 (2) SA 130
(R) op 132, veral by H.
Die
getuienis dui daarop dat die beskuldigde vir klaagster onsedelik wou
aanrand. Trouens, uit die getuienis blyk dat hy haar wou
verkrag
en hy haar inderdaad waarskynlik sou verkrag het as die ander
Staatsgetuie nie verby gekom het en hom met die vuis teen
die kop
geslaan het nie. Ek begryp nie waarom die beskuldigde nie van
poging tot verkragting aangekla was nie. Dit lyk asof die
landdros
hom vir daardie misdaad gevonnis het op klagte 2, vandaar my
navraag. Feit is egter dat hier net een misdryf gepleeg
is nl.
onsedelike aanranding. Om daardie rede moet die skuldigbevindings
en vonnisse tersyde gestel word. Die beskuldigde se
vuishou was
uitgevoer met die oog op die onsedelike aanranding, wat die
oorheersende oogmerk was.
[9] Die
skuldigbevindings en vonnisse van die landdros word geskrap en met
die volgende vervang:
Die beskuldigde word
onskuldig bevind op klagte 1 (Aanranding met die opset om ernstig te
beseer).
Die beskuldigde word
skuldig bevind aan klagte 2, onsedelike aanranding en gevonnis tot
ses maande gevangenisstraf.
Die vonnis word
ingevolge artikel 282 van die Strafproseswet 51 van 1977 geag opgelê
te gewees het op 25 September 2004.
_____________
A.
KRUGER, R
EK
STEM SAAM:
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
/ec