About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 110
|
|
Prestasie Brokers (Pty) Ltd v Snyman (1994/2004) [2004] ZAFSHC 110 (25 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 1994/2004
In
die saak tussen:
PRESTASI
BROKERS (PTY) LTD
APPLIKANT
en
ERIKA
CECILIA SNYMAN
RESPONDENT
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
28
OKTOBER 2004
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
GELEWER OP:
25
NOVEMBER 2004
[1] Applikant se
aansoekstukke is in Engels, die argumente en respondent se stukke was
in Afrikaans. Hierdie uitspraak sal die taal
van die debat volg.
[2] In applikant se
gewysigde Kennisgewing van Mosie word ân bevel met die volgende
regshulp aangevra:
â
1. The Respondent be interdicted
and restrained from competing unlawfully with the Applicant by using
any confidential information
and/or trade secrets of the Applicant,
more particularly, any information obtained from the Applicantâs
client files and the Applicantâs
client information management
database;
2. The Respondent be interdicted and
restrained from soliciting any of the Applicantâs clients whose
names appear in the Applicantâs
client files and client information
management database and/or other documentation as its clients for a
period of years prior to
31 October 2003;
3. The Respondent be interdicted and
restrained from imparting or using any information obtained by the
First Respondent whilst acting
as a broker at the Applicantâs
Welkom branch;
Costs of suit against the Respondent;
5. Further and/or alternative relief.â
[3] Die feite wat óf nie
weerlê is nie óf gemeensaak is óf deur respondent voorgelê is en
nie inherent vals of onwaarskynlik
is nie, (vgl.
NGQUMBA/DAMONS
N.O./ JOOSTE/ v DIE STAATSPRESIDENT EN ANDERE
1988 (4) SA 224
H 225 C â H
is in konteks die volgende:
Respondente het reeds
sedert 1986 as makelaar in Welkom-distrik by verskeie instansies en
ook in 2002, toe applikant die korttermyn
besigheid van J D Financial
Services (Edms) Beperk h/a as Andre Delport Makelaars by laasgenoemde
instansie oorgeneem het, as makelaar
gewerk.
Na oorname van J D
Financial Services (Pty) Ltd deur applikant het respondent ân
ooreenkoms, aanhangsel âHB2â, op 1 November
2002 met ân
Alacrity Financial Services Ltd aangegaan. Die volledige terme,
voorwaardes en bepalings van gemelde ooreenkoms was
nie voor die Hof
geplaas nie; feit is egter dat Alacrity korrespondent se salaris van
R7 000,00 per maand betaal het en dat die ooreenkoms
onder andere die
volgende bepalings bevat:
â
That
I (respondent) may neither directly or indirectly apply during my
services at the company or afterwards any information to which
I have
access or which is at my disposal to enrich or in any way benefit
myself or any other company or institution to the detriment
of the
company or any other company in Alacrity Financial Services.â
In ân ongedateerde
dokument getitel âooreenkoms ten opsigte van beperking op
handelsvryheidâ â aanhangsel âHB2â, HB3â
â met applikant
en respondent as partye, word onder andere die volgende bepaal:
â
3. Om
by diensbeëindiging, om welke rede ookal, alle inligting, naamlyste,
drukstukke, dokumente en dies meer wat enigsins inligting
van welke
aard bevat aangaande die belange, besigheid en kliënte van Prestasi
aan Prestasi te oorhandig en om op geen wyse hoegenaamd
te poog om
enige van voormelde stukke of inligting te behou of aan enige
individu of instansie behalwe soos hierin ooreengekom, beskikbaar
te
maak, te oorhandig of te openbaar nie.â
4. Alhoewel Prestasi van die makelaar
verlang om nuwe kliënte te werf en bestaande kliënte te
diens en te behou, verklaar
die makelaar hiermee dat alle regte ten
aansien van sodanige kliënte in Prestasi sal setel en dat die
makelaar geen regte of aanspraak
van enige aard ten aansien van
sodanige kliënte sal hê nie, aangesien Prestasi die makelaar
vergoed vir enige dienste wat die makelaar
aan sodanige kliënte
lewer. In hierdie verband bevestig die makelaar dat al sy aksie
bloot ten bate en ten behoewe van Prestasi
is.
Die makelaar onderneem om vir ân
tydperk van 2 jaar vanaf diensbeëindiging, om welke rede ookal, nie
namens homself of ân ander
persoon of instansie besigheid te werf,
op te neem by ân persoon of instansie wat te enige tyd gedurende
sy diens ân kliënt
van Prestasi was nie of om op enige wyse
hoegenaamd te poog om ân persoon of instansie wat te enige tyd
gedurende die makelaar
se diens by Prestasi ân kliënt van
Prestasi was, te probeer afrokkel vir ân tydperk van 2 jaar nadat
die makelaar opgehou
het om aldus in diens te wees.
Die makelaar verklaar en bevestig dat
aangesien Prestasi landwyd sake doen, die beperkings in hierdie
ooreenkoms na verwys, van
toepassing en geldig sal wees ten aansien
die hele gebied van die Republiek van Suid-Afrika.â
Prestasi, applikant, het
nie die respondent vir dienste vergoed nie.
Op 31 Oktober 2003 het
die respondent haar dienste by Alacrity en/of applikant beëindig en
onmiddellik by First Link Insurance Brokers
as makelaar diens
aanvaar.
[4] Dit is onbetwis dat
respondent as makelaar persone of instansies wat van applikant se
makelaarsdienste gebruik het, voordat respondent
eersgenoemde se
diens verlaat het, vir haar huidige werkgewers diens.
[5] Respondent verklaar
nadruklik dat geeneen van gemelde kliënte deur haar gewerf was nie
en/of dat sy oor enige vertroulike inligting
wat sy terwyl sy in
diens applikante was, beskik of gebruik in haar, of ter bevordering
van haar huidige werknemers se diensbetrekking
nie.
[6] Dit is van belang om
te konstateer dat applikant, behalwe vir vae en soms hoorsê
bewerings, geen feite voorgelê het wat daarop
dui dat respondent
inderdaad kliënte van applikant na diensbeëindiging gewerf het nie,
en nog minder dat respondent van vertoulike
inligting van applikant
ter bevordering van haar amp of diensbetrekking gebruik het.
[7] Om ân aansoek soos
die onderhawige te slaag, moes applikant op die stukke oortuig, van
luidens
LAWSA
VOLUME 11
FINAL
INTERDICT : REQUISITES FOR A FINAL INTERDICT par. 309 p. 288:
â(a) a
clear right;
(b) an injury actually committed or
reasonably apprehended; and
(c) the
absence of similar protection by any other ordinary remedy.
[8] Op die feitebasis
waarop die saak bereg moet word, het applikant nie ân saak
uitgemaak vir die bedes in paragrawe 1 en 3 van
die Kennisgewing van
Mosie, doodgewoon omdat applikant geen inbreukmaking of te wagte
inbreukmaking op enige van gemelde regte bewys
het nie.
[9] Na die ooreenkomste
waar applikant vir die aangevraage regshulp steun, is reeds verwys en
so ook na die betrokke passasies in
daardie ooreenkomste waarop
applikant steun. Eweneens is verwys na die regshulp deur applikant
aangevra. Verdere oorweging word
beperk tot die regshulp in bede 2
of dan paragraaf 2 van die Kennisgewing van Mosie aangevra. Die bede
in die gewysigde vorm is
eweneens hierbo aangehaal.
[10] Applikant verlang ân
bevel wat respondent verbied om enige kliënte wat op applikant se
kliënte lêers en/of inligting asook
databasis of ander inligting
was op 31 Oktober 2003 verskyn, te werf â Engels âsolicitâ.
[11] âSolicitâ
blykens die
NEW
SHORTER OXFORD ENGLISH DICTIONARY
het
die betekenis in konteks âto seek assiduously, to obtain (business,
a favour etc.); ask earnestly or persistently for request,
inviteâ.
As aanvaar word, wat vir doeleindes hiervan gedoen word, (sonder om
aldus te beslis), dat applikant wel ân reg het
om werwing van
applikant se kliënte soos op 31 Oktober 2003 deur respondent per
kontrak te verhinder, het applikant geen feite op
rekord geplaas dat
respondent sodanige kliënte âgewerfâ het nie. Die erkenning van
respondent dat kliënte haar genader het
vir diens, stel nie, in
konteks die werwing (soliciting) daar nie; immers, geen feite dui
daarop dat respondent enige handeling verrig
het om kliënte van
applikant soos op 31 Oktober 2003 vir besigheid versoek, ernstig
gevra of uitgenooi het nie.
[12] Applikant het ook op
die aanvaarde feite gewoon nie oortuig dat respondent inbreuk gemaak
het of dat ân dreigende inbreuk op
gemelde regte bestaan nie.
[13] Uit die voorafgaande
is dit reeds duidelik dat die aansoek nie kan slaag nie.
[14] Myns insiens, is
daar ook ân verdere grond waarom ek nie my diskresie, waarmee ek
beklee is, ten gunste van applikant sal uitoefen
nie.
[15] Applikant
kwantifiseer reeds in die funderende stukke die beweerde skade tot op
die sent. Geen rede bestaan in gemelde omstandighede
waarom ân
aksie vir skadevergoeding nie voldoende regshulp sal verleen nie.
(Vergelyk
FOURIE
v UYS
1957 (2) SA 125
(C) 128
en
CANDID
ELECTRONICS (PTY) LTD v MERCHANDISE BUYING SYNDICATE (PTY) LTD
1992 (2) SA 459
(C)).
[16] Die volgende bevel
word gemaak:
Die aansoek word
afgewys met koste.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens applikant: Adv.
E.L. Theron
In opdrag van:
Rossouws
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/spieterse