About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 106
|
|
Papagapiou v Santam Beperk (2094/2003) [2004] ZAFSHC 106 (11 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak nr. : 2094/2003
A
PAPAGAPIOU
EISER
en
SANTAM
BEPERK
VERWEERDER
UITSPRAAK:
CILLIé
R
AANGEHOOR OP:
14,
15, 17 SEPTEMBER 2004
GELEWER OP:
11
NOVEMBER 2004
[1] In uitvoering van ân
ooreenkoms tot dien effekte bereik tydens ân reël 37 samespreking
is by die aanvang van die verhoor
gelas dat âdie bewerings soos
vervat in paragraaf 8 van eiser se besonderhede van vordering gelees
met paragraaf 7 van verweerder
se verweerskrifâ eers bereg word en
dat alle ander geskilpunte oorstaan vir latere beregting.
[2] Die
geskilpunt geopper in gemelde paragrawe van die pleitstukke is of
ââ¦. 7.3 Eiser vir André Carstens probeer omkoop het
deur aan
hom ân belofte te maak om indien hy die waarde van die skade op
R500 000,00 sou bepaal hy aan gesegde Carstens ân bedrag
van R50
000,00 kontant sou betaalâ en ââ¦. 7.4 Gedurende
November/Desember 2002 het eiser aan gesegde Carstens ân bedrag
van
R10 000,00 kontant beloof indien hy die waarde van die skade op R165
000,00 sou bepaalâ.
[3] Die volgende
agtergrond maak hierdie geskilpunt verstaanbaar:
Eiser het ân
versekeringskontrak (hierna polis genoem) met verweerder gesluit in
terme waarvan verweerder onderneem het om eiser
skadeloos te stel in
geval van skade aan verbeteringe op eiser se besigheidsperseel geleë
te Virginia. ân Gebou op die perseel
is beskadig in ân brand
terwyl die polis van volle krag en werking was.
Klousule 8 van die polis
lees as volg:
â
Indien enige eis ingevolge hierdie
polis in enige opsig bedrieglik is of indien enige bedrieglike
metodes of middele deur die versekerde
of enigiemand wat namens hom
optree met sy medewete of toestemming gebruik word om enige voordeel
ingevolge hierdie polis te verkry
of indien enige gebeurtenis
veroorsaak word deur die opsetlike daad of met die oogluikende
toelating van die versekerde word alle
voordele wat deur hierdie
polis ten opsigte van enige sodanige eis verskaf word verbeurâ.
Dit is hierdie klousule
wat die grondslag bied vir verweerder se pleit soos hierbo weergegee.
[4] Namens die eiser het
ene Carstens getuig. Hy is die persoon na wie in die aangehaalde
paragrawe van die verweerskrif verwys word.
Sy getuienis was nie
werklik aangeveg nie. Eerder was daar in kruisverhoor gepoog om die
werklike inslag daarvan te ondersoek.
Die crux van Carstens se
getuienis was dat hy as assessor deur verweerder opdrag gegee was om
die eis te ondersoek, die skade vas
te stel en die bedrag daarvan met
die eiser, as versekerde, te skik. In sulke situasies tree Carstens
dan op as agent vir die verweerder.
In hierdie verband het hy die
eiser geskakel en ân afspraak met hom gemaak. Tydens die
ontmoeting op 13 November 2002 het die
eiser, nadat die skade
besigtig was, hom gevra wat hy dink die omvang van die skade is.
Carstens het geantwoord dat hy eers ân
berekening sal moet maak.
Eiser het daarop gevra of dit R1 miljoen of dalk R500 000,00 kan
wees. Carstens het volgehou dat hy eers
berekeninge moet maak.
Eiser het toe gesê dat hy die skade so hoog as moontlik moet bereken
en dan sal hy, dit is eiser, aan Carstens
10% van die skikkingsbedrag
in kontant gee. Carstens het geantwoord dat hy dit nie kan doen nie.
Eiser het daarop uitgevra na Carstens
se gesin en kinders en wanneer
hy op verlof sou gaan. Carstens het geantwoord dat hy nie geld het
om op verlof te gaan nie. Eiser
het daarop gesê dat Carstens hard
werk, dat die lewe kort is, dat hy dit aan sy gesin verskuldig is om
bietjie te rus en dat niemand
sal weet as die bedrag in kontant aan
hom betaal word nie. Eiser het voorts navraag gedoen of Carstens se
werk kontroleer word.
Carstens het geantwoord dat sekere eise wel
ge-oudit word, veral brandeise en eise bo R20 000,00. Die partye is
toe uitmekaar.
ân Week of wat later het Carstens en eiser ân
tweede ontmoeting gehad. Carstens het eiser meegedeel dat hy die
skade op ongeveer
R130 000,00 skat. Eiser was hiermee ontevrede.
Eiser het versoek dat dit aangepas word na R165 000,00 en herhaal dat
hy dan R10
000,00 aan Carstens sal betaal. Volgens Carstens het
eiser self op geen stadium enige berekeninge van die skade gedoen
nie. Eiser
se opmerkings en aanbiedings was nie lighartig of in ân
grap bedoel nie. Carstens het die hele aangeleentheid aan die
verweerder
rapporteer en ân volledige verslag van die gebeure
opgestel. Daardie verslag is Bew. A34. Die gebeure bovermeld, word
daarin
uiteengesit.
[5] Dit is dus duidelik
dat eiser geen basis vir sy voorgestelde bedrae gehad het nie,
aangedring het dat die skade onrealisties hoog
bereken moet word, ân
beloning aan Carstens aangebied het indien hy die skade sodanig sou
bereken, moeite gedoen het om vas stel
of verweerder van sodanige
ongerymdheid bewus sou kon word, en met sodanige aandrang volgehou
het ten spyte van Carstens se onwilligheid
om daaraan gehoor te gee.
[6] Dit is ge-ykte reg
dat die bewyslas ten aansien van ân verweer ge-opper deur ân
versekeraar op die basis soos deur verweerder
gepleit, op die
verweerder rus.
Mnr Claassen, namens die
eiser, se betoog is dat die verweerder hom nie van daardie bewyslas
gekwyt het nie. Met ân beroep op
LAWSA
Volume 12 paragraaf 320 voetnoot 9
wat as volg lees:
ââ¦
.
an insurer that desires protection against a valid claim accompanied
by fraudulent means will have to insert an appropriate clause
in its
contract.â
betoog hy dat klousule 8
supra
aangehaal slegs bedrieglike eise tref en nie wyd genoeg is om die
onderhawige feite te dek nie. Mnr Claassen verwys na ân aantal
gerapporteerde beslissings wat handel met gevalle waar eise ingedien
was op sterkte van polisse wat ân meer of min gelykluidende
bepaling bevat het. Hieruit konkludeer hy dan dat so ân bepaling
slegs toepassing vind as ân bedrieglike eis daadwerklik ingedien
was.
[7] Dit is nodig om in
hierdie verband slegs na
FOURIE
v SENTRASURE
1997
(4) SA 950
(NK)
te
verwys aangesien dit die beslissing is waarop Mnr. Claassen die
sterkste gesteun het. Sy betoog is dat ân klousule wat âomtrent
identiesâ bewoord is aan die onderhawige klousule 8 in daardie
uitspraak verstaan was as dat dit ân verweer bied teen ân âeis
wat ingedien isâ. Ten aansien van ân klousule wat handel met
valse verklarings gemaak ter ondersteuning van enige eis, is bevind
dat ân valse voorstelling wat voorgehou is na die eis reeds
ingedien was, nie verstaan kan word as ân valse voorstelling âby
indiening van die eis nieâ. DÃt betoog Mnr. Claassen toon aan dat
so ân klousule slegs toepassing vind in gevalle waar die
eis
inderdaad ingedien was.
In die onderhawige geval
is geen bedrieglike eis ingedien nie, omdat Carstens nie geneë was
tot die indien van so ân bedrieglike
eis nie. Derhalwe kan
verweerder hom nie op klousule 8 beroep nie luidens Mnr. Claassen se
betoog.
[8] Bestudering van die
bewoording van klousule 8 toon aan dat dit voorsiening maak vir drie
verskillende omstandighede naamlik:
Indien ân eis in enige
opsig bedrieglik is;
Indien bedrieglike
metodes of middele gebruik word om enige voordeel ingevolge die
polis te verkry;
Indien enige gebeurtenis
opsetlik veroorsaak word deur die versekerde.
[9] Mnr. Claassen se
betoog mag korrek wees ten aansien van die eerste omstandigheid
hierbo vermeld. Op die oog af kom dit voor asof
slegs by die indien
van ân eis daardie omstandigheid dan toepassing sal vind.
Dit is egter duidelik dat
die verweerder sy verweer baseer op die tweede omstandigheid. Die
woorde ââ¦. om enige voordeel â¦.
te verkryâ soos gebruik in
klousule 8
supra
aangehaal, moet myns insiens verstaan word as ââ¦. ten einde enige
voordeel â¦. te verkryâ. So gesien verg dit nie dat die
eis
daadwerklik ingedien moet word en ook nie dat die voordeel inderdaad
verkry is nie. Die gepoogde omkoop van ân assessor om
die skade
hoër te maak as wat dit werklik is, is ân bedrieglike metode of
middel wat gebruik word ten einde ân voordeel ingevolge
die polis
te verkry. Die oogmerk van klousule 8 is klaarblyklik die
ontmoediging van die gebruik van enige metode of middel ten
einde ân
voordeel te verkry wat nie verband hou met die werklike skade nie of
daardie metode of middel nou slaag aldan nie. Potensiële
nadeel is
per definisie voldoende vir bedrog. ân Bedrieglike metode of
middel in hierdie sin is dus ân metode of middel wat
potensiële
nadeel vir die versekeraar inhou.
Die verweerder het dus
bewys dat die eiser bedrieglike metodes of middele ten einde ân
voordeel te verkry soos bedoel in klousule
8 van die polis, gebruik
het. Dit bring mee dat die eiser alle voordele wat die polis in
terme van hierdie gebeure die eiser bied,
verbeur.
Bygevolg word die eiser
se eis afgewys met koste.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens
die eiser: Adv. J. Claassen
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. R. Cronjé
In
opdrag van:
Naudes
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/spieterse