About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 145
|
|
Krugger v Roux (246/85/av) [1986] ZASCA 145 (28 November 1986)
246/85/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
Q KRUGER, bygestaan deur J B
KRUGER
Appellant
en
P J H LE ROUX
Respondent
CORAM
: VILJOEN, BOTHA, GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR en BOSHOFF, Wn
AR
VERHOOR
: 11 November 1986
GELEWER
: 28 November 1986
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
Appèl is in hierdie saak aangeteken teen 'n verklarende bevel wat in
die Kaapse Waterhof verleen is. Om die ver-
loop
2
loop van die appèl verstaanbaar te maak, is dit nodig om
eers die agtergrond te skets. Die partye by die verhoor in
die waterhof was
die applikant, Le Roux, en die eerste res-pondent, Kruger. Laasgenoemde is
gesiteer in sy persoonlike hoedanigheid
asook in sy hoedanigheid as die vader en
natuur-like voog van sy minderjarige seun, en ek sal gerieflikheids-halwe verwys
na Krugef
sr., Kruger jr. of na die Krugers ge-samentlik.
In sy aansoek tot die waterhof soos finaal gewysig, het die applikant beweer
dat hy, Kruger sr. en Kruger jr. al drie oewereienaars
is aan 'n openbare stroom
naby villiers-dorp (wat in die getuienis die Hugenootstroom genoem is); dat daar
in of ongeveer 1941 'n
mondelinge ooreenkoms aange-
gaan ..
3 gaan is tussen die partye se voorgangers in titel
waarkrag-tens die water in die stroom verdeel is en voorsiening ge-maak is vir
die onttrekking van water op Kruger jr. se grond en die leiding daarvan oor
sodanige grond by wyse van 'n
serwituutsloot; dat die Krugers bewus was van
die bestaan van die gemelde ooreenkoms toe hulle hul grond gekoop het en
transport daarvan
geneem het; en dat die applikant gevolg-lik geregtig is om die
ooreenkoms teen hulle af te dwing. In die alternatief het die applikant
beweer
dat, toe die Krugers transport van hul grond geneem het, applikant en sy
voorgangers in titel reeds 'n tydperk van meer as
dertig jaar lank onafgebroke
nec clam nec vi nec precario
die water benut het op die manier
uiteengesit in die beweerde ooreenkoms, en
gevolglik
4 gevolglik die reg tot sodanige benutting by wyse van
ver-jaring verkry het. Die aansoek het voortgegaan deur aan te dui dat die
applikant se beweerde regte deur die Krugers be-twis word. Op grond van die
bogemelde bewerings het die applikant 'n bevel geëis
wat verklaar dat hy en
sy opvolgers in titel geregtig is op die gemelde regte van onttrekking en
waterleiding; wat die Krugers verbied
om in te meng met die uitoefening van
hierdie regte; wat die Krugers verbied om enige water uit die stroom te onttrek
gedurende die
applikant se beweerde waterbeurte; wat die Krugers gelas om die
appli-kant en sy opvolgers in titel toegang tot hul grond te verleen
ten einde
die gemelde regte uit te oefen; dat hierdie bevel ingevolge art. 51 van die
Waterwet, no. 54 van 1956, teen
die
5 die titelbewyse van die' partye geregistreer word; en wat
die Krugers gelas om applikant se gedingskoste te betaal. In 'n verdere
alternatiewe eis het die applikant 'n verdeling van die water in die gemelde
stroom ingevolge art. 40(b) van die Waterwet, met bypassende
regshulp,
aangevra.
In hul verweerskrif het die Krugers erken dat hulle oewereienaars
aan die stroom is, maar nie erken dat die ap-plikant 'n oewereienaar
is nie, en
in elk geval beweer dat die stroom 'n private stroom is. Al die applikant se
be-werings aangaande die ooreenkoms, die
Krugers se kennis daar-van en die
verkryging van regte deur verjaring, is ontken. Wat die applikant se
alternatiewe eis om 'n verdeling
inge-volge art 40(b) van die Waterwet betref,
het die Krugers
aangevoer
5 A aangevoer dat die stroom binne 'n staatswaterbeheergebied
val en dat die waterhof gevolglik nie jurisdiksie ingevolge
die Waterwet het
om die water te verdeel nie. Die Krugers het gevolglik gevra dat die applikant
se aansoek van die hand gewys word
met koste.
Die
6
Die saak het op verhoor in die waterhof voor BURGER
R
gedien. By die aanvang van die verrigtinge is die hof ver-
soek om as voorlopige punt te beslis of die betrokke stroom
'n openbare
stroom is. Hierdie versoek word soos volg weer-
gegee op bl. 328 F-H van die uitspraak van die hof, wat ge-
rapporteer is as
Le Roux v Kruger
1986 (1) SA 327
(K):
"By die aanvang van die verhoor van die aansoek het die partye by ooreenkoms
ver-soek dat die Hof eers sal beslis of die betrokke
stroom 'n openbare stroom
is of nie. Die Hof is verder deur die eiser se advokaat meegedeel dat indien
hierdie geskil beslis word,
die partye moontlik op die ander geskilpunte kon
ooreenkom en/of 'n beslissing van die Minister van Waterwese kon aanvra. Geen
vordering
kon egter met die beslegting van die geskil gemaak word voordat daar
nie beslis is of die gemelde stroom 'n openbare stroom is of
nie. Die respondent
se advokaat het hier-die mededelings bevestig."
Getuienis
7
Getuienis en argument oor hierdie geskilpunt is
aangebied, en die hof het
uiteindelik die volgende bevel
gemaak (op bl. 346 G van die verslag):
"Dit word dus verklaar dat die Hugenoot-stroom oor die betrokke gedeeltes 'n
openbare stroom is. Die eerste respon-dent word gelas
om die gedingskoste ten
opsigte van hierdie geskilpunt te betaal."
Die Krugers kom nou in hoër beroep teen hierdie
bevel.
Voordat die appèl aangehoor is, is die partye se advokate versoek om
te oorweeg of die waterhof se bevel aan appèl onderhewig
is. Art. 49(1)
van die Waterwet bepaal, met irrelevante uitsonderings, dat enige party by
verrigtinge voor 'n waterhof waarin daardie
hof 'n finale uitspraak gegee het,
teen bedoelde uitspraak by hierdie hof appèl kan aanteken.
Albei
8 Albei partye se advokate het toegegee dat die bevinding dat die
Hugenootstroom 'n openbare stroom is, nie 'n finale uitspraak was
nie, en dus
nie aan appèl onderhewig is nie. Hierdie bevinding was van bloot
voorlopige belang in die geding en is, soos blyk
uit die bogemelde aanhaling uit
die uitspraak, beskou as slegs 'n voorspel tot die voortsetting van die verhoor
of tot 'n skikking
van sommige geskilpunte. Inderdaad is geen skikking bereik
nie, en by die verhoor van die appèl het albei partye hul voorneme
be-vestig om met die verhoor voor die waterhof voort te gaan ten einde hul
substantiewe eise (of sommige daarvan) te pro-beer afdwing.
Hoewel die hof se
bevinding omtrent die aard van die stroom 'n uitwerking sou hê op die
voortsetting van
die
9 die verhoor, was die partye nie ad
idem
oor wat
die presiese uitwerking sou wees nie, en is dit trouens onseker wie uit-eindelik
deur hierdie bevinding bevoordeel sal word
- 'n aspek waarby ek later weer kom.
Uit hoofde van die voorgaande het die advokate myns insiens gelyk gehad in hul
houding dat die
gemelde bevinding nie appellabel is nie. Sien
Heyman v
Yorkshire Insurance Co. Ltd
1964 (1) SA 487
(A);
Botha v A A Mutual
Insurance Association Ltd and Another
1968 (4) SA 485
(A) en
Constantia
Insurance Co Ltd v Nohamba
1986 (3) SA 27
(A).
Mnr Beckley, wat namens die appellant voor hierdie hof opgetree het, het
egter betoog dat die waterhof se koste-bevel aan appèl
onderhewig is.
Daar is niks in die bevel
self
10 self wat aandui dat die kostebevel nie as 'n finale bevel beskou
was deur die geleerde regter a
guo
nie. Dit blyk ook dat hierdie nie 'n
geval was waar die hof
per incuriam
'n kostebevel verleen het sonder dat
die partye 'n geleentheid gehad het om die hof daaroor toe te spreek nie. Indien
dit die geval
was, sou die waterhof self die bevel kon wysig - sien
Firestone
South Africa (Pty) Ltd v Genticuro AG
1977 (4) SA 298
(A) op bl. 307 G-H -
maar waar die bevel verleen is nadat die partye wel argument oor koste gelewer
het, is
'n kostebevel "as immutable ... as any final judgment or order" (onderhewig
aan irrelevante uitsonderings -
ibid
bl. 307 H-308 A).
Die vraag is dan of die kostebevel beskou moet word
as
11
as 'n "finale uitspraak" vir die doeleindes van art. 49(1) van
die Waterwet. Hierdie uitdrukking, en soortgelyke uitdrukkings en begrippe
in
ons gemene reg en wettereg, het in die verlede aanleiding gegee tot heelwat
bespreking en meningsverskil. Die jongste gesag, waarin
verwys word na
vroeëre bronne, is
Du Toit v Ackerman
1962 (2) SA 581
(A) ('n saak
spesifiek oor art. 49(1) van die Waterwet);
South Cape Corporation (Pty) Ltd
v Engineering Management Services (Pty) Ltd
1977 (3) SA 534
(A);en
Smit v
Oosthuizen
1979 (3) SA 1079
(A).
In die
South Cape Corporation
saak het CORBETT AR (wat die hof se
uitspraak gelewer het) die volgende passasie van SCHRZINER AR in
Pretoria
Garrison Institutes v Danish Variet
y
Products
12
Products (Pty) Ltd
1948 (1) SA 839
(A) op bl.
870 met goed-
keuring aangehaal:
"... a preparatory or procedural order is a simple interlocutory order and
there-fore not appealable unless it is such as to 'dispose
of any issue or any
por-tion of the issue in the main action or suit' or, which amounts, I think, to
the same thing, unless it 'irreparably
anti-cipates or precludes some of the
relief which would or might be given at the hearing'".
As 'n mens hierdie toets op die kostebevel toepas
blyk dit dat dit 'n finale uitwerking gehad het op een van
die geskilpunte voor die hof, t.w. wie aanspreeklik sou
wees vir die gedingskoste t.o.v. die beslegting van hierdie
voorlopige geskilpunt. Wat ook al in die res van die verhoor mag plaasvind
sou nie kon afdoen aan die appellant
se aanspreeklikheid vir hierdie deel van die koste nie.
Daar
13
Daar kan dus met reg gesê word, meen ek,
dat die kostebe-
vel beskik het oor 'n deel van een van die geskilpunte
by
die verhoor, en dat dit die appellant onherstelbaar uitge-
sluit het
van 'n deel van die regshulp wat hy in die ver-
rigtinge aangevra het. In beginsel meen ek dus dat die:
kostebevel wel
appelleerbaar is. Hierdie gevolgtrekking
is ook in ooreenstemming met sekere vroeëre gewýsdes
t.w.
Warner v Reid and Others
1907 TS 306
en
Erasmus v Daly &
Co
1912 TPD 465
, waarna verwys word in
Du Toit v Ackerman
(
supra
)
op bl. 588 D.
Die vraag of kostebevele appelleerbaar is, is selde
in ons regspraak behandel aangesien daar baie jare lank
wetteregtelike ordening was ten opsigte van appelle teen koste-
bevele
14 bevele (sien byv. art. 20(2)(b) van die Wet op die Hoogge-
regshof, no. 59 van 1959, soos oorspronklik gepromulgeer,
art. 80(b) van
die Magistraatshoven. Wet no. 32 van 1917 en
art. 83 (b) van die Wet op
Landdroshowe, no. 32 van 1944).
Trouens, in
Du Toit v Ackerman
(
supra
) het die hof beslis
dat 'n kostebevel van die waterhof getref
word deur art.
20(2)(b) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959
(soos die artikel destyds gelui het), en dat die bevel ge-
volglik slegs
appelleerbaar was met verlof van die waterhof.
Daar kon, met eerbied gesê, getwyfel word of hierdie gevolg-
trekking korrek was. Soos reeds gemeld, bepaal art. 49(1) van
die Waterwet dat, met irrelevante uitsonderings, "enige party
by verrigtings voor 'n waterhof waarin daardie hof 'n finale
uitspraak gegee het, teen bedoelde uitspraak by die Appel-
afdeling
15
afdeling van die Hooggeregshof appèl (kan) aanteken".
Die
gesaghebbende Engelse teks lui:
"... any party to proceedings before a water court in which such court has
given a finál judgment may appeal against such judgment
..."
Op die oog af word hierdeur n onbeperkte reg van appèl teen
finale uitsprake van die waterhof verleen, onderhewig slegs
aan uitsonderings wat tans nie ter sake is nie. Art.
49(2) bepaal dan:
"So 'n appèl word voortgesit asof dit 'n appèl teen 'n
uitspraak van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof ...
was, en al die
bepalings van toepassing met be-trekking tot 'n appèl teen so 'n
uitspraak is
mutatis mutandis
ten opsigte van
'n appèl kragtens hierdie artikel van toe-passing."
Ek
16 Ek sou graag die woord "voortgesit" in hierdie passasie
be-klemtoon. Die Engelse teks is "... such appeal shall be
prosecuted
as
if it were an appeal ..." (onderstreping aan-gebring).
Die uitdrukking "voortsetting van 'n appel" of "pro-secution of an appeal" is
bekend in ons regspraak, en slaan op die prosesregtelike
stappe wat gedoen moet
word om 'n ap-pèl verhoor te kry. Sien byv.
R v Bruyns
16 SC 378
,
Jackson v Smith
1928 TPA 580 en
Vermeulen v Vermeulen
1939 OPA
199. Soos blyk uit gemelde beslissings kan daar in bepaalde samehange twyfel
bestaan oor watter stappe inge-sluit word in
die voortsetting van 'n
appèl, soos byv. of kennisgewïng van appèl daaronder val. Hoe
dit ook al sy,
bepalings
17
bepalings oor die voortsetting van 'n appèl kan myns
insiens
eers ter sprake kom indien 'n appellant 'n geldige appèl
het
om voort te sit, en die vraag of hy hoegenaamd 'n reg van
appèl
het sou dus nie normaalweg beantwoord word aan die
hand van bepalings oor die
voortsetting van 'n appèl nie.
Dit wil dan ook blyk dat art. 49
onderskei tussen die reg
van appèl,wat verleen word deur art. 49(1), en die prose-
dure waarvolgens die appèl voor die Appèlhof gebring word,
waarvoor voorsiening gemaak word in art. 49(2).
In
Du Toit v Ackerman
(
supra
) word die volgende gesê
op bl. 588 D-F:
"Wat die kostebevel betref, het die res-pondent se advokaat toegegee dat dit,
volgens sekere beslissings wat hy genoem
het
18
het, o.a.
Warner v Reid and Others
,
1907
T.S. 306
, en
Erasmus v Daly & Co
.,
1912 T.P.D. 465
, 'n finale bevel
is. Maar al is dit 'n finale bevel dan sou die reg van appèl volgens art.
49 (2) van die Waterwet, gelees
met art. 20 (2) (b) van die Wet op die
Hooggeregshof, 59 van 1959, onderworpe wees aan die verlof van die Waterhof.
Eersgenoemde
artikel bepaal nl. dat al die bepalings betreffende
'n appèl teen 'n uitspraak van 'n Provinsiale Afdeling van die
Hooggeregshof,
mutatis mutandis
op 'n appèl kragtens daardie
ar-tikel van toepassing is, en volgens laas-genoemde artikel is by 'n
appèl teen 'n be-vel
wat slegs betrekking het op koste wat regtens by die
diskresie van die Hof berus, verlof van daardie Hof 'n vereiste. Hier
is geen sodanige verlof gevra of verleen nie. Die appèl teen die
kostebevel as sulks, is daarom nie ontvanklik nie, en die
beswaar daarteen word
gehandhaaf."
Dit wil voorkom dat die hof moontlik in hierdie pas-
sasie uit die oog verloor het dat art. 49 (2) van die Water-
wet
19
wet te doen het met die voortsetting van 'n appèl
eerder as met die reg tot appèl. Hoe dit ook al sy, die Wet op die
Hooggeregshof is sedertdien ingrypend gewysig, veral deur Wet 105 van 1982. Art.
20(2)(b), waarna in bogenoemde pas-sasie verwys
word, bestaan nie meer in sy
destydse vorm nie. Tans word daar nie meer afsonderlik voorsiening gemaak vir
ap-pëlle teen kostebevele
nie en bepaal art. 20(4) dat daar geen
appèl hoegenaamd teen enige uitspraak of bevel in 'n Provinsiale of
Plaaslike Afdeling
in siviele sake is sonder die verlof van die hof a
guo
of die Appèlhof nie. Watter regverdiging daar ook al mag gewees het om
die destydse art. 20(2)(b) van die Wet op die Hooggeregshof
saam te lees met
art. 49(2) van die Waterwet en tot die gevolgtrekking te kom dat 'n kostebevel
van
van
20
van 'n waterhof slegs met die verlof van daardie hof
appeleer-
baar is, meen ek dat daar tans geen regverdiging is om die reg van
appèl wat deur art. 49(1) van die Waterwet verleen word
te negeer deur
dit onderhewig te lees aan art. 20(4) van die Wet op die Hooggeregshof,
waarkragtens daar geen appèl sonder
ver-lof is nie. Na my mening verskaf
die prosesregtelike bepalings van art. 49(2) van die Waterwet sekerlik geen
sodanige regver-diging
nie. Ek meen dus dat alle finale uitsprake van 'n
water-hof, insluitende finale kostebevele, aan appèl onderhewig is na die
Appèlhof sonder dat verlof van enige hof verkry hoef te word.
Ek behandel vervolgens die meriete van die kostebe-vel. Die appellant het in
sy argument veronderstel dat die hof se bevinding oor
die aard van die stroom
korrek was,
maar
21
maar betoog dat die kostebevel teen sy
kliënt desnietemin aanvegbaar is. Dit is geykte reg dat 'n kostebevel binne
die diskresie
van die verhoorhof val en dat dit nie op appèl verstoor sal
word tensy die diskresie nie behoorlik uitgeoefen is nie. In die
onderhawige
geval is geen redes verstrek waarom die Krugers met die koste beswaar is nie, en
geen rede lê voor die hand nie.
Weliswaar het die applikant in die hof a
quo
beweer dat die stroom 'n openbare stroom is, en het die Krugers dit
betwis. Tot daardie mate kan daar miskien gesê word dat
die applikant
sukses behaal het ten opsigte van hierdie geskilpunt. Die verhoor het egter nog
lank om te loop, en in argument voor
ons het Mnr Kuhn, wat namens die applikant
a quo (respondent in
hierdie
22
hierdie hof) verskyn het, toegegee dat sy oorwinning moont-lik
soortgelyk aan dié van Pyrrhus mag blyk te wees. Soos hy die
saak
ingesien het, het die hof se bevinding dit vir hom moeilik of onmoontlik gemaak
om te slaag in sy eise ge-baseer op 'n ooreenkoms
of verjaring. Wat sy eis om
ver-deling van die water betref, sou die. Krugers se beroep op die bepalings ten
opsigte van Staatswaterbeheer-gebiede
moontlik die waterhof se jurisdiksie
uitskakel (sien art. 62 van die Waterwet). Die posisie mag dus bereik word dat
die applikant
a
quo
aan die einde van die saak geen regs-hulp ontvang
nie, en dat dit juis die openbare aard van die stroom mag wees wat bydra tot sy
mislukking. Natuurlik is daar ook baie ander moontlikhede, maar die punt wat ek
wil
beklemtoon
23
beklemtoon is dat die uiteindelike sukses of
mislukking van die partye, en die uitwerking van die hof se bevinding op
sodanige sukses
of mislukking, tans onbepaalbaar is. Onder hierdie omstandighede
was dit na my mening ongewens om 'n finale kostebevel te verleen.
Waar die hof
geen redes vir sy bevel gegee het nie, kan ek alleen aflei dat hy nie besef het
dat die voorlopige bevinding oor die
aard van die stroom nog nie as 'n
oorwinning vir een of ander party aangemerk kan word nie. Ek meen dus dat ons
geregtig is om die
kostebevel te wysig deur te gelas dat die koste van die
betrokke ge-skilpunt voorbehou word vir beslissing aan die einde van die
saak.
Ten slotte is daar die koste van appèl. Die appèl
was
24
was in hoofsaak gerig teen 'n bevinding wat nie appelabel was
nie, en die sukses wat die appellant behaal het, geld net met betfekking
tot die
kostebevel, wat eintlik van onderge-skikte belang is. Daarbenewens is die
appellant se sukses selfs op hierdie gebied maar
beperk: geen bevel in sy guns
word verleen nie, maar hy behou die kans om so 'n bevel aan die einde van die
verhoor te verwerf. Onder
hierdie om-standighede meen ek dat reg sal geskied as
elke party gelas word om sy eie koste van appèl te betaal. Die bevel
van
hierdie hof is:
a) Die appèl teen paragraaf 1 van die be-vel van die Kaapse
Waterhof(d.w.s. die paragraaf wat verklaar dat die Hugenootstroom
'n openbare
stroom is) word van die rol ge-skrap.
b)
25
b) Die appèl teen paragraaf 2 van gemelde
bevel
(d.w.s. diekostebevel) slaag en word vervang met die
volgende:
"Dat die gedingskoste ten opsigte van hierdie geskilpunt voorbehou word vir
beslissing aan die einde van die geding."
c) Elke party sal sy eie koste van appèl dra.
E M GROSSKOPF, AR
VILJOEN, AR ) BOTHA, AR ) SMALBERGER, AR ) Stem saam
BOSHOPF, WnAR )