S v Motlohi (1582/2004) [2004] ZAFSHC 105 (11 November 2004)

35 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentence — Appellant convicted of theft of a motor radio valued at R1 200, sentenced to 2 years imprisonment — Appellant's personal circumstances considered, including being a first offender and the nature of the crime — Original sentence deemed excessively harsh, replaced with a sentence of 12 months imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 105
|

|

S v Motlohi (1582/2004) [2004] ZAFSHC 105 (11 November 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1582/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
THABISO
MOTLOHI
CORAM:
CILLIé
R
et
VAN DER MERWE R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
11
NOVEMBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is na
my oordeel tereg skuldig bevind aan diefstal van ‘n motorradio ter
waarde van R1 200,00. Op 4 September
2004 is die beskuldigde
gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf.
[2] Dit blyk uit die
getuienis dat die klaer sy voertuig buite ‘n winkel gelaat het
sonder dat dit gesluit is. Die beskuldigde,
wat ook in die winkel
was, het die deur van die voertuig oopgemaak, die motorradio
uitgetrek en dit geneem. Omdat ‘n ooggetuie
die voorval waargeneem
het, is die beskuldigde opgespoor en die radio teruggevind.
[3] Die beskuldigde is 29
jaar oud, is ongetroud, maar is die vader van ‘n kind van 18 maande
oud wat by die moeder woon. Die beskuldigde
het standard 7 op skool
geslaag en was werksaam by ‘n bouer waar hy ‘n bedrag van R35,00
per dag verdien het. Hy is ‘n eerste
oortreder.
[4] Ek is tevrede dat
direkte gevangenisstraf gepas is vir die onderhawige oortreding. Die
termyn van 2 jaar gevangenisstraf is in
die omstandighede van hierdie
geval, na my oordeel, egter so buitensporig swaar dat dit nie
gehandhaaf kan word nie. Na my oordeel
is ‘n vonnis van 12 maande
gevangenisstraf gepas in al die omstandighede van hierdie saak.
[5] Gevolglik
word die skuldigbevinding bekragtig, maar die opgelegde vonnis
tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis van 12 maande
gevangenisstraf wat geag moet word opgelê te gewees het op 4
September 2004.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
/S
Pieterse