S v Segobo (1579/2004) [2004] ZAFSHC 103 (11 November 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of illegal mining and possession of stolen goods — Original sentence of 12 months imprisonment deemed excessive given lack of prior convictions and circumstances of the accused — Sentence reduced to 3 months for illegal mining and 6 months for possession of stolen goods. The accused was found illegally on a mine and in possession of a mine lamp valued at R213,00. He had no prior convictions for similar offenses, and the court noted the excessive nature of the original sentence imposed. The legal issue concerned whether the original sentence was appropriate given the circumstances of the case and the accused's background. The court concluded that while illegal mining is a serious offense, the original sentence was disproportionate, and thus reduced the sentence to 3 months for the first charge and 6 months for the second charge.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 103
|

|

S v Segobo (1579/2004) [2004] ZAFSHC 103 (11 November 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. :
1579/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
versus
MOSES
SEGOBO
CORAM:
WRIGHT
R
et
VAN
DER MERWE R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
GELEWER OP:
11
NOVEMBER 2004
[1] Die beskuldigde in
hierdie hersieningsaak is op 26 Junie 2004 gevind op die grond van
Beatrixmyn, Theunissen sonder wettige rede
daartoe. Terselfdertyd
was die beskuldigde onder andere in besit van ‘n lamp wat
ondergronds in ‘n myn gebruik word. Die waarde
van die mynlamp,
volgens die getuienis, was R213,00. Die mynlamp was splinternuut en
het ‘n merk van St Helenamyn gedra. Die
beskuldigde was na my
oordeel tereg op die eerste aanklag teen hom skuldig bevind aan ‘n
oortreding van artikel 36 van die Algemene
Regswysigingswet, Nr. 62
van 1955 en op aanklag twee aan betreding ter oortreding van die Wet
op Oortreding, Nr. 6 van 1959.
[2] Op 27 Augustus 2004
is die beskuldigde op elkeen van die gemelde aanklagte gevonnis tot
12 maande gevangenisstraf ingevolge die
bepalings van artikel
276(1)(b) van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977.
[3] Ek meen dat die
landdros tereg ten opsigte van vonnisoplegging bevind het dat die
beskuldigde op die betrokke mynperseel betree
het met die bedoeling
om onwettig aldaar te myn. Ek aanvaar ook dat die beskuldigde se
vorige veroordeling van betreding, gepleeg
op 12 Februarie 2002, ook
plaasgevind het op myneiendom. Ek aanvaar ook dat die beskuldigde
voor vonnisoplegging ‘n arrogante
houding in die hof ingeneem het,
soos wat die landdros verduidelik het.
[4] Die beskuldigde is op
15 Februarie 1993 skuldig bevind aan ‘n oortreding van artikel
143(1) van die Wet op Mynregte, Nr. 20
van 1967, deurdat hy onwettig
handel gedryf het in ‘n ander edelmetaal as goud. Vir hierdie
oortreding is hy gevonnis tot ‘n
boete van R400,00 of 2 maande
gevangenisstraf en daarbenewens ‘n verdere 3 maande gevangenisstraf
wat in geheel voorwaardelik opgeskort
is vir ‘n tydperk van 4 jaar.
Skynbaar hoofsaaklik op grond van laasgemelde vorige veroordeling,
het die verhoorhof by vonnisoplegging
aanvaar dat die beskuldigde
reeds vir ten minste 11 jaar besig is om onwettig te myn en dit as sy
werk of besigheid beskou. Hierdie
bevinding van die landdros is nie
geregverdig nie en kom neer op ‘n growwe wanvoorligting. Trouens,
die landdros moes die vorige
veroordeling van 15 Februarie 1993 na my
oordeel weens die lang tydsverloop betrokke, buite rekening gelaat
het.
[5] Soos gemeld, was die
beskuldigde ten aansien van aanklag 1 in besit van vermoedelik
gesteelde goedere ter waarde van R213,00.
Hy het geen soortgelyke
vorige veroodeling nie. In die omstandighede is ‘n vonnis van 12
maande gevangenisstraf vir hierdie oortreding
so buitensporig swaar
dat dit nie kan bly staan nie.
[6] Die
beskuldigde is 40 jaar oud, getroud met twee kinders en werkloos. Hy
was vir ongeveer 2 maande as verhoorafwagtende in hegtenis
aangehou.
[7] Die feit dat die
beskuldigde die betrokke mynlamp besit het en op die betrokke plek
betree het met die bedoeling om onwettig te
myn, is ‘n sterk
verswarende faktor. Ek aanvaar die landdros se uiteensetting dat
onwettige mynery ‘n besondere probleem is
binne die landdros se
regsgebied. Boonop het die beskuldigde ‘n onlangse vorige
veroordeling van betreding, klaarblyklik juis
op ‘n mynperseel. In
die lig van hierdie omstandighede is ek tevrede dat direkte
gevangenisstraf wel gepas is. Na my oordeel
is ‘n vonnis van 3
maande gevangenisstraf gepas ten aansien van aanklag 1 en ‘n vonnis
van 6 maande gevangenisstraf gepas ten
aansien van aanklag 2.
[8] Gevolglik word die
skuldigbevindings bekragtig, maar die opgelegde vonnisse tersyde
gestel en vervang met ‘n vonnis van 3 maande
gevangenisstraf op
aanklag 1 en ‘n vonnis van 6 maande gevangenisstraf op aanklag 2.
Die vonnisse moet geag word opgelê te gewees
het op 27 Augustus
2004.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
________________________
G.F. WRIGHT, R
/S
Pieterse