Macsteel Interior Systems (Edms) Bpk v Theron (3121/2004) [2004] ZAFSHC 166; 2005 (5) SA 29 (O) (9 November 2004)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Suretyship — Summary judgment — Defendant denying suretyship for debt of closed corporation — Plaintiff asserting binding agreement — Defendant's claim of ignorance regarding suretyship clause — Court's assessment of bona fide defence — Summary judgment granted in favour of plaintiff. The plaintiff, Macsteel Interior Systems, sought summary judgment against the defendant, Theron, who had allegedly signed a credit agreement as surety for the debts of Martro CC. The defendant contested the claim, asserting he was unaware he was signing as a surety and claimed the document was blank at the time of signing. The court evaluated the defendant's affidavit and found that he did not provide a bona fide defence, leading to the granting of summary judgment in favour of the plaintiff.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 166
|

|

Macsteel Interior Systems (Edms) Bpk v Theron (3121/2004) [2004] ZAFSHC 166; 2005 (5) SA 29 (O) (9 November 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
No: 3121/2004
In
die saak tussen:
MACSTEEL
INTERIOR SYSTEMS (EDMS) BPK
Eiser
En
CHRISTIAAN
FREDERICK THERON
Verweerder
CORAM:
LOMBARD
R
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
AANGEHOOR OP:
28
OKTOBER 2004
GELEWER OP:
9
NOVEMBER 2004
Hierdie is ‘n bestrede
aansoek om summiere vonnis.
Eiser
in sy besonderhede van vordering beweer onder andere:
“
4.
4.1 On or about the 1
st
of September 1995 and at Welkom, Martro CC, registration number
1988/017307/23, a closed corporation duly registered and
incorporated
according to the laws of the Republic of South Africa
entered into a written credit agreement in terms whereof Martro CC
and
Plaintiff agreed that the Martro CC may purchase goods from the
Plaintiff on credit.
4.2 A copy of the written
credit agreement is attached hereto as Annexure “A” hereto.
The Defendant acted on
behalf of the Martro CC, duly authorised thereto, and a Director
of the Plaintiff, Renier Blignaut,
duly authorised thereto acted
on behalf of the Plaintiff when agreed as stated.
5.
In terms of the said
agreement and during the period between 5
th
of December 2002 and the 29
th
of January 2003, Martro CC purchased goods from the
Plaintiff on Martro CC’s special instance, order and
request and
in the amount of
R146,633.69
[ONE HUNDRED AND FORTY SIX HUNDRED AND THIRTY THREE RAND AND
SIXTY NINE CENTS]
which
amount is already due and payable and which amount
notwithstanding demand, Martro CC refused and/or neglects to
pay.
6.
On or about the 1
st
of September 1995 and at Welkom, the Defendant bound himself as
surety and co-principle
debtor
to Plaintiff for the due fulfillment of the Matro CC’s
obligations towards Plaintiff and as appears in Annexure “A”
hereto.”
(Pleitstukke p. 2)
Nadat verskyning om te
verdedig namens verweerder
aangeteken is, het eiser aansoek vir summiere vonnis gedoen in
antwoord waarop verweerder ‘n eedsverklaring afgelewer het.
Verweerder in sy
opponerende eedsverklaring beweer, onder meer, as volg:
“
4.
Ek het Aanhangsel “A”
tot die Besonderhede van Vordering nou bestudeer. Ek betwis nie dat
dit my handtekening is wat op voormelde
dokument voorkom nie. Ek
ontken egter nadruklik, dat dit ooit ooreengekom is tussen myself en
die eiser hierin, dat ek myself
sou verbind as borg vir die
behoorlike nakoming vir die verpligtinge van Martro BK. Op die
tydstip toe ek my handtekening op voormelde
dokument aangebring het,
was die dokument, volgens my beste kennis, wete en herinnering, ‘n
blanko dokument. Op geen
stadium, het enige persoon my aandag daarop gevestig, dat die
ondertekenaar van die betrokke dokument, homself sal verbind ook
as
‘n borg vir die behoorlike nakoming van die verpligtinge van Martro
BK teenoor die Eiser nie. Op geen stadium, het ek die
dokument
deurgelees en ook kennis geneem van voormelde klousule nie. Ek doen
aan die hand, dat by behoorlike deurlees van die
dokument, dit
duidelik is, dat die sogenaamde borgklousule, ‘n verskanste
klousule is en volhard ek daarmee, dat ek op geen stadium
kennis
geneem het daarvan of sodanig ooreengekom het met die Eiser nie.
5.
Ek dra geen kennis van
die verskuldigdheid van die Beslote Korporasie in die bedrag van
R146 633.69 sos beweer in die Besonderhede
van Vordering nie. Ek
dra geen kennis wanneer voormelde bedrag na bewering ook verskuldig
geraak het teenoor die Eiser nie. Geen
besonderhede bestaan in die
Besonderhede van Vordering, uit hoofde waarvan ek my kan vergewis,
waarom die Eiser beweer dat voormelde
bedrag deur die Beslote
Korporasie verskuldig is nie. Ek kan ook nie vasstel uit hoofde van
die Besonderhede van Vordering, wanneer
die bedrag na bewering
verskuldig geraak het nie. Dit is wel so dat die Beslote Korporasie
gelikwideer is op 13 Maart 2003. Ek
was nie die Applikant in
daardie aansoek nie. Ten tyde van die likwidasie van die Beslote
Korporasie en ook voor voormelde datum,
was ek die persoon wat
namens die Beslote Korporasie kwotasies vir nuwe bestellings
afgelewer het, het ek kliënte gewerf en ook
terreine besoek van tyd
tot tyd waar die Beslote Korporasie werksaam was. Die doel van die
besoeke was bloot om te sien dat die
werk behoorlik voltooi word.
6.
Ek het gevolglik glad
nie te doen gehad met enige bestellings namens die Beslote
Korporasie nie. Die boekhoudster op daardie tydstip
was ene Esther
Charwood en na my beste kennis en wete is daar tans insolvensie
ondervragings aan die gang rakende die likwidasie
van die Beslote
Korporasie, en waartydens die likwidateur, Mnr Carshagen, beoog om
Mev Charwood te ondervra rakende onder andere
finansiële
onreëlmatighede waarby sy self na bewering, betrokke is. In die
lig van voormelde, is ek in geen posisie, om te bepaal
of daar
werklik bestellings gedoen is vanaf MacSteel vir enige goedere en/of
welke betalings aan MacSteel gedoen is nie. In my
hoedanigheid
gevolglik indien bevind word dat ek ‘n borg is (wat ek tans
ontken), verlang ek bewys van Eiser se skuldoorsaak in
die geheel
wat insluit die beweerde bedrag van verskuldigheid.”
(Aansoek bl. 8-10)
In
MAHARAJ
v BARCLAYS NATIONAL BANK LIMITED
1976
(1) SA 418
(A)
het Corbett AR (later Hoofregter) homself, onder andere, op 423 F –
G as volg uitgedruk:
“The extraordinary and
drastic nature of the remedy of summary judgment in its present form
has often been judicially emphasised
…
The
grant of the remedy is based upon the supposition that the
plaintiff’s claim is unimpeachable and that the defendant’s
defence
is bogus or bad in law.”
En later in dieselfde
uitspraak op 426 A tot 426 I
“Accordingly,
one of the ways in which a defendant may successfully oppose a claim
for summary judgment is by satisfying the Court
by affidavit that he
has a
bona
fide
defence
to the claim. Where the defence is based upon facts, in the sense
that material facts alleged by the plaintiff in his summons,
or
combined summons, are disputed or new facts are alleged constituting
a defence, the Court does not attempt to decide these issues
or to
determine whether or not there is a balance of probabilities in
favour of the one party or the other. All
that the Court enquires into is: (a) whether the defendant has
“fully” disclosed the nature and grounds of his defence and
the
material facts upon which it is founded, and (b) whether on the
facts so disclosed the defendant appears to have, as to either
the
whole or part of the claim, a defence which is both
bona
fide
and good in law. If satisfied on these matters the Court must
refuse summary judgment, either wholly or in part, as the case may
be. The word “fully”, as used in the context of the Rule (and
its predecessors), has been the cause of some judicial controversy
in the past. It connotes, in my view, that, while the defendant
need not deal exhaustively with the facts and the evidence relied
upon to substantiate them, he must at least disclose his defence and
the material facts upon which it is based with sufficient
particularity and completeness to enable the Court to decide whether
the affidavit discloses a
bona
fide
defence. (See generally,
Herb
Dyers (Pty.) Ltd v. Mohamed and Another,
1965 (1) S.A. 31
(T);
Caltex
Oil (S.A.) Ltd. v. Webb and Another
,
1965 (2) S.A. 914
(N);
Arend
and Another v. Astra Furnishers (Pty.) Ltd
.,
supra
at
pp. 303-4;
Shepstone
v. Shepstone
,
1974 (2) S.A. 462
(N)). At the same time the defendant is not
expected to formulate his opposition to the claim with the precision
that would be
required of a plea; nor does the Court examine it by
the standards of pleading. (See
Estate
Potgieter v. Elliott,
1948
(1) S.A. 1084
(C) at p.
1087;
Herb
Dyers case,
supra
at p. 32.)”
Sien ook:
AREND
& ANOTHER v ASTRA FURNISHERS (PTY)
LTD
1974 (1)
SA 298
(CPD) op 303 H – 304 A
.
As die verweerder se
eedsverklaring onder ‘n vergrootglas geplaas word blyk dit,
inter
alia,
dat:
As hy Aanhangsel “A”
in blanko sou onderteken het is daar geen bewering of suggestie deur
wie en wanneer dit voltooi sou gewees
het en deur wie en op welke
stadium die inligting wat op die waarskynlikhede slegs deur hom
verskaf kon word, bekom was – bv.
sy ID nommer, bankbesonderhede,
inligting aangaande huurkontrak/te, sakeverwysings en dies meer.
Sodanige bewering is in elk geval
‘n uitdruklike ontkenning van
eiser se bewerings in paragrawe 4.3 en 6 van hul besonderhede van
eis.
Ex
facie
aanhangsel “A” is dit deur verweerder en sy getuies te Welkom
onderteken en word laasgenoemde se ID nommers ook verskaf. Het
hierdie getuienis saam met hom die dokument onderteken of is hulle
name agterna ingevoeg?
Wat in hierdie verband
nie uit die oog verloor moet word nie is dat
ex
facie
aanhangsel “A” is verweerder die enigste lid van Martro, ‘n
aspek waarmee hy glad nie in sy eedsverklaring handel nie –
hierdie is nie ‘n borgakte wat deur ‘n werknemer of
buitestaander van Martro onderteken is nie – inteendeel verweerder
het
inderwaarheid borg vir homself geteken. Dit moet ook nie uit
die oog verloor word dat die tweede bladsy van aanhangsel “A”
blykbaar die agterkant van die eerste bladsy is en dat elke bladsy
sy eie afsonderlike “kopstuk” het – “Application For
Credit
Facilities” en “Terms And Conditions Of Agreement Of Sale And
Deed Of Suretyship And Session Of All Monies Due To The
Purchaser
From Whatever Source Relating Thereto Entered Into By And Between”.
Wat uiters opvallend is, is dat die koper (the
purchaser) se naam
en adres deur ‘n baie groot stempel aangebring is – iets wat
aanduidend is dat aanhangsel “A” te Welkom
waar Martro en die
verweerder “woonagtig is”, onderteken was;
Verweerder beweer dat hy
nie die dokument deurgelees het nie – hy beweer verder dat niemand
sy aandag daarop gevestig het dat
hy “borg teken nie” m.a.w. sy
saak is nie dat hy nie ‘n borgklousule verwag het nie of dat hy
mislei was deurdat hy onder
die indruk gebring was dat hy bloot
gevra was om ‘n krediet aansoek te onderteken. Sy bewering dat
die sogenaamde borgklousule
‘n verskanste klousule is maak myns
insiens geen sin nie want as hy aanhangsel “A” in blanko geteken
of nooit deurgelees
het nie is sodanige bewering, myns insiens
aanduidend van ‘n gebrek aan
bona
fides
.
As die verweerder se verweer sou wees dat hy aanhangsel “A” in
blanko of sonder om dit daar en dan te lees onderteken het
met die
uitdruklike verstandhouding dat dit slegs ‘n aansoek om krediet
was en dat hy daarna tot sy verbasing en skok moes uitvind
dat hy
ook as borg geteken het sou dit in alle waarskynlikheid ‘n hele
ander debat gewees het. Dit is uiters insiggewend dat
die
verweerder swyg oor wanneer hy die voltooide aanhangsel “A” vir
die eerste keer behoorlik onder oë gehad en deurgelees
het –
inaggenome die feit dat hy dit in September 1995 onderteken het en
hierdie verrigtinge plus minus 9 jaar later van stapel
gestuur was.
Sy bewering dat die
besonderhede van vordering nie meld waarom die gevorderde bedrag
deur Martro verskuldig is nie, is ‘n blatante
leuen aangesien par.
5 daarvan uitdruklik sê dat dit ten aansien van goedere verkoop en
gelewer aan Martro gedurende Desember
2002 tot Januarie 2003 was.
Insgelyks is die bewering dat die besonderhede van vordering nalaat
om te beweer wanneer die bedrag
verskuldig geraak het, onwaar –
paragraaf 5 meld uitdruklik wanneer die verkope plaasgevind het en
dat die betrokke bedrag alreeds
opeisbaar en betaalbaar was (due and
payable) en dat nieteenstaande aanmaning Martro nalaat of weier om
te betaal. Dit is seker
nie te veel van die verweerder verwag om as
die enigste lid van Martro kennis te dra van wie sy krediteure was
of is nie en indien
daar ‘n aanmaning ontvang sou gewees het dit
onder sy aandag moes gekom het;
Die feit dat hy ten tyde
van die likwidasie van Martro en voor dit blykbaar slegs by die
werwing van kliënte en die aflewering
van bestellings betrokke was,
het hom natuurlik nie weerhou of belemmer om met die persoon(e) wat
met die aankope gemoeid was te
skakel nie – hy as alleenlid moes
in elk geval seker alle tjeks namens Martro teken of
mede-onderteken;
Die verweerder se
“verskoning” dat die destydse boekhouer van Martro tans “nie
vir inligting beskikbaar is nie”, is myns
insiens onoortuigend –
niks het hom verhoed om hetsy persoonlik of via sy prokureurs
navraag by eiser en/of die likwidateur aangaande
hierdie rekening te
doen nie. Daar is geen suggestie welke pogings hy hoegenaamd
aangewend het om meer inligting aangaande hierdie
skuld te bekom
nie. Verweerder se bewering dat die betrokke aankope gedurende
periode 5/12/02 – 29/1/03 gedoen was wat met die
jaarlikse
bouersvakansie saamval is na my oordeel ‘n baie lomp poging om sy
alreeds vae relaas lewe te probeer inblaas – Daar
is in elk geval
geen bewering deur die verweerder dat Martro se besigheid enigsins
met die boubedryf verband hou nie en dat die
goedere wat aangekoop
is slegs vir boudoeleindes was – Hierdie Hof is heeltemal in die
duister oor welke goedere deur Martro
aangekoop en aan hulle gelewer
was.
Die
vraag wat nou beantwoordig verg is:
Of die verweerder ten
volle (fully) die aard en gronde van sy verweer en die feite waarop
dit gegrond is, uiteengesit het en;
Of op die feite also
uiteengesit die verweerder ten aansien van die eis hierin ‘n
verweer het wat beide
bona
fide
en regsgeldig (good in law) is, of anders omgestel: “That the
statement of material facts be sufficiently full to persuade the
court that what the defendant has alleged, if proved at the trial,
will constitute a defence to the plaintiff’s case.”
BREYTENBACH
v FIAT SA (EDMS) BPK
1976
(2) SA 226
(TPD) op 228 D – E
.
As bogemelde beginsel of
toets op die feite hierin toegepas word dan is dit duidelik dat die
verweerder deurentyd wegskram van sy
persoonlike betrokkenheid en
deurentyd ander pesone en/of instansies probeer verkwalik – op geen
stadium word hand in eie boesem
gesteek nie – dit is myns insiens
aanduidend van iemand wat nie
bona
fides
is nie en wat slegs vae beweringe maak sonder enige substansiële
verwysings en/of dokumentêre bewys. ‘n Aspek wat in hierdie
verband in gedagte gehou moet word is die volgende dictum van Splig
Wnd R in
BLUE
CHIP CONSULTANTS (PTY) LTD v SHAMROCK
2002 (3)
SA 231
(WLD) op 240 C – H
:
“Finally, I am
satisfied that ordinarily when a significant amount of credit is
first sought by a dealer company from a supplier
and a credit
application form is required to be signed by a director or the
controlling mind of that company, such person is to
expect that the
credit form is likely to require him to sign the document also as
surety: A director who signs cannot believe that
the supplier will
run the risk of granting credit with no security. The most
convenient form of security is in the nature of a
director’s
personal suretyship completed at the time the application for credit
is filled out.
In a relationship
between supplier and a dealer company where credit facilities are
sought on a running account, the credit application
form means what
it says, a form in which credit is sought upon terms and conditions
that will be acceptable to the supplier. That
document is intended
to set out comprehensively the material terms of the agreement. The
provision of security in consideration
for extending credit is
likely to be one of such terms. Embodying such a term in the credit
application form is the most efficient
means of obtaining the
requisite security. I do not believe that a Court should overlook
commercial realities. In these types
of relationships, credit is
unlikely to be given simply for the asking, unless there are other
factors that eliminate or materially
reduce the risk of default, at
little or no cost, to the supplier. A perusal of the cases reveals
the difficulties that arose when
suretyship provisions were
contained in a document separate from the credit application form,
such as problems of incorporation
by reference. See
Fourlamel
(Pty) Ltd v Maddison
1977 (1) SA 333
(A). Commercial expediency produced simplified
forms, providing for upfront security by incorporating a suretyship
into the credit
application. Instances are reflected in cases going
back to
Supreme
Service Station (1969) (Pvt) Ltd v Fox and Goodridge (Pvt) Ltd
1971
(4) SA 90
(RA)
at 91.”
Dit kan net
volledigheidshalwe gemeld word dat die eiser myns insiens nie op die
sertifikaat (aanhangsel “B”) hoef staat te maak
om verweerder se
verskuldigheid aan te toon nie – paragrawe 5 en 8 van sy
besonderhede van eis doen dit. Vir soverre dit sy verwere
dat hy die
borgakte in blanko geteken het en/of dat hy dit op geen stadium
deurgelees het nie aangaan, is dit op die inligting tans
ter hand nie
‘n geldige verweer of verwere nie. Sien
GEORGE
v FAIRMEAD (PTY) LTD
1958
(2) SA 465
A op 472 A
,
STIFF
v Q-DATA DISTRIBUTORS (PTY) LTD
2003 (2) SA 336
(SCA) OP 340 B
en
BLUE
CHIP
supra
op 239 F.
‘
n
Verdere aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie is die feit
dat hierdie Hof ingevolge die bepalings van Hofreël 32 (5)
‘n
diskresie het om summiere vonnis te weier selfs al het die verweerder
se eedsverklaring nie die mas, ingevolge Hofreël 32 (3)(b),
opgekom
nie (overriding discretion).
By die uitoefening van so
‘n diskresie is die oorweging as volg deur Coleman R in
BREYTENBACH
supra
op 229 H geformuleer:
“It seems to me that
if, on the material before it, the Court sees a reasonable
possibility that an injustice may be done if summary
judgment is
granted, that is a sufficient basis on which to exercise its
discretion in favour of the defendant.”
Alhoewel hierdie aspek
nooit deur enige van die advokate geopper was nie is ek nietemin van
oordeel dat selfs al sou Mnr. Reinders,
namens die verweerder, my
versoek het om my diskresie ten gunste van die verweerder uit te
oefen dit onsuksesvol sou wees. Sonder
om in herhaling van die feite
beweringe te verval bestaan daar na my oordeel geen basis vir ‘n
standpunt dat deur my diskresie
teen die verweerder hierin uit te
oefen ‘n ongeregtigheid of ongeregverdigheid teen hom mag wees nie.
(injustice).
In die omstandighede word
summiere vonnis toegestaan soos in eiser se besonderhede van
vordering (bedes 1, 2 en 3) aangevra.
________________
D.J.
LOMBARD, R
Namens
Eiser: Advokaat N. Snellenburg
i.o.v.
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerder: Advokaat S.J. Reinders
i.o.v.
Rosendorff
& Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
/ECoetzee