About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 101
|
|
Ndumela and Another v S [2004] ZAFSHC 101 (8 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A56/2004
VUYANI
THOMAS NDUMELA
EERSTE
APPELLANT
NDELENI
ABRAM NDUMELA
TWEEDE
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM:
MALHERBE
RP, VAN COPPENHAGEN R & CILLIé R
VERHOOR OP:
8
NOVEMBER 2004
UITSPRAAK:
MALHERBE
RP
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
8
NOVEMBER 2004
_____________________________________________________
Appellante het in die
Rondgaande Hof te Virginia voor Van Coller R tereggestaan op verskeie
ernstige aanklagte, waaronder meerdere
aanklagte van moord en roof
met verswarende omstandighede. Aanklag 9 is soos volg uiteengesit in
die akte van beskuldiging:
â
Oortreding
van artikel 2 gelees met artikels 1, 39 en 40 van
Wet 75 van 1969.â
Deurdat die beskuldigdes op of omtrent
20 Januarie 2000 tot 15 Februarie 2000, en te of naby Bothaville in
die distrik van Bothaville
wederregtelik en opsetlik in besit was van
vuurwapens te wete â
.22 geweer (Reeksnommer 211798)
9
mm Star pistool (Reeksnommer 1972496)
12 boor Geco dubbelloop haelgeweer
(Reeksnommer 228792)
.22 Walther skyfskietpistool
(Reeksnommer 69008)
.22 Unique pistool (Reeksnommer
598925)
9 mm P38 Walther Parabellum pistool
(Reeksnommer 393322)â
Op elk van die twee
aanklagte van moord (aanklagte 6 en 7) is beide appellante
lewenslange gevangenisstraf opgelê. Hulle is ook
tot baie lang
termyne van gevangenisstraf gevonnis op die ander aanklagte. Wat
aanklag 9 betref, het die geleerde Verhoorregter
bevind dat die
sogenaamde Wet op Minimum Vonnisse (die Strafregwysigingswet, Nr. 105
van 1997) van toepassing is en elke appellant
tot 15 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Hulle kom nou in hoër beroep slegs teen
hierdie laasgenoemde vonnis met verlof van die Hof
a
quo
.
Artikel
51(2)(a)(i), gelees met Deel II van Bylae 2 van die genoemde Wet
skryf gevangenisstraf van
minstens
15 jaar voor vir ân eerste oortreder wat skuldig bevind word aan
ââ
n Misdryf wat verband hou met
die besit van ân outomatiese of semi-outomatiese vuurwapen,
plofstowwe of wapentuig.â
Daarteenoor skryf artikel
39(2)(a) van Wet 75 van 1969 ân straf van
hoogstens
10 jaar gevangenisstraf voor vir oortreding van artikel 2 waar meer
as een wapen onwettig besit word. As slegs een wapen betrokke
is, is
artikel 39(2)(b)(i) van genoemde Wet van toepassing wat ân boete
van hoogstens R12 000,00 of 3 jaar gevangenisstraf of beide
voorskryf
vir ân eerste oortreding en hoogstens 5 jaar gevangenisstraf vir ân
tweede of daaropvolgende oortreding. Vir die betrokke
beskuldigde
wat skuldig bevind word aan die onwettige besit van ân vuurwapen,
is dit derhalwe belangrik of hy gevonnis word ingevolge
Wet 75 van
1969 of Wet 105 van 1997.
Inspekteur
Schoeman is ân vuurwapendeskundige. In sy getuienis beskryf hy
elkeen van die vier pistole wat in aanklag 9 genoem word
as ân
âsemi-outomatiese
pistoolâ
en
voeg by ten opsigte van elke pistool:
â
In
die toestand wat ek die vuurwapen ontvang het, is dit slegs in staat
om te vuur wanneer dit met ân patroon in die kamer gelaai,
die
veiligheidsknip in die vuur posisie verkeer en die nodige drukking op
die sneller toegepas word.â
Hierdie getuienis is nie
betwis nie. Die geleerde Verhoorregter het in enkele sinne bevind
dat die betrokke vuurwapens semi-outomatiese
wapens is, dat daar geen
wesentlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van
ân mindere vonnis regverdig nie en
die voorgeskrewe minimum vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf opgelê.
Die verhoor van
appellante het van 23 Julie 2001 tot 8 Augustus 2001 geduur. Op die
derde dag van die verhoor het hulle die mandate
van hulle onderskeie
regsverteenwoordigers beëindig en self die res van hulle verhoor
behartig. Die akte van beskuldiging verwys
nie na Wet 105 van 1997
nie. In
S
v NDLOVU
2003 (1) SASV 331 (HHA)
was
die beskuldigde ook aangekla van oortreding van artikel 2 van Wet 75
van 1969 deurdat hy ân 9 mm pistool besit het sonder die
nodige
lisensie. Die klagstaat het bloot ân verwysing na artikel 50 (die
verkeerde artikel) van Wet 105 van 1997 bevat. Die beskuldigde
was
deur ân advokaat verteenwoordig en op appèl het die
verteenwoordiger van die Staat aangevoer dat almal by die verhoor
âknew
what it was all about,â
bedoelende dat almal
geweet het dat appellant die risiko geloop het om ingevolge Wet 105
van 1997 gevonnis te word. Die Hoogste Hof
van Appèl sê die
volgende in paragrawe 13 en 14 op p. 337 van die verslag:
â
[13] Upon
conviction in the present matter the appellant became liable to a
minimum sentence of 15 yearsâ imprisonment in view of
the
magistrateâs finding that he had been found in possession of a
semi-automatic firearm, unless substantial and compelling
circumstances
were present justifying a departure from the prescribed
sentence. Were it not for the magistrateâs finding the sentence
which
would have been imposed would not have exceeded R12 000 or
three yearsâ imprisonment or both (s 39(2)
(b)
(i)
of Act 75 of 1969). The difference is huge and, in my view, where
the minimum sentencing provisions apply an accused must not
be
subjected to the risk of being visited with them without having been
made fully aware that such will be the case unless substantial
and
compelling circumstances are present which would justify a lesser
sentence. And in this regard the presiding officer bears the
responsibility of satisfying himself and should not simply conclude,
without more, as appears to have been the position in the present
matter, that no substantial and compelling circumstances exist.
Compare
S v Dlamini
2000
(2) SACR 266
(T) at 268d-g;
Rammoko
v Director of Public Prosecutions
case No 85/2001, unreported judgment of this Court, delivered 15
November 2002,* in paras [13] and [14].
[14] In the circumstances of this case
it cannot be said that the appellant suffered no prejudice from the
magistrateâs failure
to warn him of the consequences of his
finding, should he make such a finding, that the weapon found on him
was a semi-automatic
firearm. By invoking the provisions of the Act
without it having been brought pertinently to the appellantâs
attention that this
would be done rendered the trial in that respect
substantially unfair. That, in my view, constituted a substantial
and compelling
reason why the prescribed sentence ought not to have
been imposed. Hence the order that we have already made.â
(Die opgelegde vonnis van
15 jaar gevangenisstraf is vervang met ân vonnis van 3 jaar
gevangenisstraf.)
In die onderhawige geval
was die appellante onverteenwoordig toe die getuienis van Inspekteur
Schoeman aangebied is. Hulle is nie
toe gewaarsku of ingelig omtrent
die moontlike vonnis ingevolge Wet 105 van 1997 nie en het hom ook
gladnie gekruisvra nie. In die
lig van paragraaf 14 in die
NDLOVU
-uitspraak
wat hierbo aangehaal is, en waaraan ons gebonde is, behoort ons met
die opgelegde vonnis in te meng.
Benewens bogenoemde
oorweging het die Transvaalse Hooggeregshof in
S
v KHONYE
2002 (2) SASV 621
soos
volg beslis op p. 625 g â h:
â
My
gevolgtrekking is dus soos volg: Waar dit gaan oor ân wapen soos
omskryf in art 1 en die besit daarvan sonder lisensie, soos
bedoel in
art 2 van Wet 75 van 1969, is die strafbepaling soos vervat in art
39(2)
(b)
van die Wet van toepassing, te wete drie jaar of vyf jaar
gevangenisstraf, afhangende van die aantal vorige veroordelings, met
of
sonder ân boete van R12 000 en is die bepalings van Wet 105 van
1997 glad nie van toepassing nie, al sou ân pistool ook, volgens
die getuienis voor die hof, of die erkenning van die beskuldigde,
soos hier, as ân semi-outomatiese vuurwapen beskryf kon word.â
Hierdie beslissing is
herbevestig in
S
v MOOLEELE
2003 (2) SASV 255 (T)
en
gevolg in twee ongerapporteerde beslissings in hierdie Afdeling, te
wete
THOAHLANE
v DIE STAAT
,
Appèl
Nr. 11/2003 gedateer 21 Julie 2003
en
LEKEKA
v DIE STAAT
,
Appel
Nr. A47/2003 gedateer 29 Januarie 2004. Ek stem met eerbied saam met
laasgenoemde vier beslissings. Die appèl teen die vonnis
op aanklag
2 moet derhalwe slaag.
In die lig van die twee
onbepaalde vonnisse wat elke appellant moet uitdien, is die oplegging
van vonnis op aanklag 9 eintlik akademies.
Alhoewel hier meerdere
vuurwapens betrokke is, meen ek nie dat die maksimum vonnis waarvoor
artikel 39(2)(a) voorsiening maak, nl.
10 jaar gevangenisstraf,
opgelê behoort te word nie. Appellante het die vuurwapens bloot
besit as deel van die buit wat hulle in
die loop van die huisbraak
geroof het en is drie weke na die voorval gearresteer. Ek meen dat 5
jaar gevangenisstraf op hierdie
aanklag voldoende is.
Gevolglik slaag die
appèl. Die vonnis op aanklag 9 word tersyde gestel en ten opsigte
van elke appellant vervang met ân vonnis
van 5 jaar
gevangenisstraf.
________________
J.P. MALHERBE, RP
Ek
stem saam.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Ek
stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens
appellant: Advokaat R.J. Nkhahle
Regshulpraad
Namens
respondent: Advokaat D. Pretorius
In
opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/S
Pieterse