About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 165
|
|
S v Mvelase (A376/2003) [2004] ZAFSHC 165 (4 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlno:
A376/2003
In
die Appèl van:
PHELANI
MIKE MVELASE
Appellant
En
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
LOMBARD
et
VAN DER MERWE RR
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
AANGEHOOR OP:
1
NOVEMBER 2004
GELEWER OP:
4
NOVEMBER 2004
Die appellant is in die
landdroshof aan oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992
(handel in dagga) skuldig bevind en tot ses
jaar gevangenisstraf
waarvan twee jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Hy kom nou teen sy skuldigbevinding in
hoër beroep.
Die Staat het slegs die
getuienis van Mnr. Mafa Petrus Mabaso, ân lid van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens, aangebied. Hy was die
betrokke aand om
ongeveer 10-uur deel van ân padblokkade op die Golden Gate/Clarens
hoofpad. ân Blou kombi voertuig is voorgekeer
â die appellant
was die bestuurder en sy mede-passasier is as beskuldigde 1 saam met
hom verhoor maar is onskuldig bevind. By
deursoeking van die
voertuig is gevind dat die sitplekke of stoele uitgehaal en dat dit
âvol dagga wasâ â 24 plastiese sake.
Aan hom is egter geen
verduideliking of sal ek sê toelaatbare verduideliking verskaf oor
wie die eienaar van die dagga is nie.
Appellant se weergawe was
dat hy vantevore siek was en toe na ân geneesheer in Gauteng gegaan
het wie aan hom tradisionele medisyne
of muti verskaf het welke muti
hom gesond gemaak het. Toe hy nou weer siek geword het, het hy na
dieselfde geneesheer gegaan wie
hom meegedeel het dat sy muti op was
en hom versoek het om vir hom muti in
Ficksburg te gaan haal. Die geneesheer het hom die betrokke dag of
aand vanaf Ficksburg geskakel en hulle het mekaar daar ontmoet
vanwaar hulle in twee voertuie na die plek waar die muti opgelaai
moes word, gery het â aangesien die omgewing vir hom vreemd was
kon
hy slegs onthou dat dit ân oop veld met een huis was â daar was
ook ander huise maar hierdie huise was vêr van die âhoofhuisâ
af. Die persone wat daar aangetref was het met die geneesheer in ân
taal wat hy nie verstaan het nie, gepraat. Toe dit blyk dat
hulle
nie al die sakke in die kombi kon inkry nie is hy genader met die
versoek om die sitplekke uit te haal waartoe hy ingestem
het
aangesien die geneesheer belowe het om sy brandstof te betaal wanneer
hy dit kom haal. Nadat die vrag gelaai was het hy die
geneesheer wat
in ân wit Ford motor gery het agtervolg. Hy het sy
mede-beskuldigde ongeveer 20 tot 30 kilometer voordat hy by
die
padblokkade gestop was, opgelaai. Oor wat by die padblokkade gebeur
het getuig hy o.a. as volg:
â
Wat het van die wit voertuig geword
wat die geneesheer mee gery het? â Hierdie wit voertuig het ook tot
stilstand gekom daar waar
ek voorgekeer was en die geneesheer het
hierdie vrou polisiebeampte genader en vir haar meegedeel dat wat in
daardie voertuig gelaai
was sy eiendom was, maar die vrou het hierdie
geneesheer nie gehoorsaam nie.
Het
u ook met die vrou gepraat? â Ja ek het met hierdie vroumens
gepraat. Ek het eintlik, wat die geneesheer aan haar gesê het
bevestig, maar ongeag ek was verbaas toe sy vrygelaat was, toe die
geneesheer vrygelaat was.â
(Oorkonde bl. 16)
Onder kruisverhoor het hy
verduidelik dat
die geneesheer se voertuig nadat dit deur of verby die padblokkade
was omgedraai en weer daarheen teruggekeer het en dat hy gehoor
het
dat die geneesheer ân verduideliking aan ân dame polisiebeampte
gegee het â hy het egter bygevoeg dat alhoewel hy presies
kon
verstaan wat die geneesheer sê hy ânie alles (kon) optel wat in
die gesprek gesê was nie weens my vreesbevange toestand.â
Toe
dit aan hom gevra was waarom hy nie dit goedgedink het om aan die
polisie op die toneel te sê dat die dagga nie syne was nie
maar die
geneesheer sân was sy antwoord:
â
Die eienaar was wel op die toneel
en hy het ân verduideliking verskaf wat ek bevestig het.â
Die
verhoorhof het die weergawe van die staatsgetuie aanvaar en die
appellant sân as vals verwerp â ân bevinding waarmee saamgestem
word. Ek is nie van voorneme om die landdros se uitspraak te herhaal
nie en wens net onder meer die volgende by te voeg en/of te
beklemtoon.
Appellant se weergawe,
soos in sy pleitverduideliking uiteengesit, verskil in verskeie
opsigte van sy getuienis â bv. sy getuienis
was dat dit sy tweede
besoek aan dieselfde geneesheer was;
Dat by die padblokkade
die geneesheer aan die vroulike polisiebeampte gesê het dat die
dagga syne was â iets wat die appellant
bevestig het â daar was
geen sodanige stelling aan Mabaso tydens kruisverhoor gemaak nie,
inteendeel die getuienis rondom enige
verduideliking aan Mabaso het
verskeie kere opgeduik maar op geen stadium was dit aan hom gestel
of gesuggereer dat die appellant
aan enige van die polisie gesê het
dat die dagga aan die geneesheer behoort het nie.
Die appellant se
weergawe bevat verskeie onwaarskynlikhede, onder andere:
Waarom sal hy en die
geneesheer in aparte voertuie vanaf Johannesburg Ficksburg toe ry
om vir hom muti te gaan haal â wat meer
is waarom het hulle nie
in elk geval saam na Ficksburg gery nie;
Daar in elk geval geen
getuienis oor die hoeveelheid muti en die koste wat daaraan
verbonde sou wees, gelewer nie. Daar was geen
suggestie dat die
muti wat gaan haal moes word ±350 kilogram sou weeg nie;
Appellant,ân taxi
bestuurder, gebruik sy werkgewer se voertuig sonder om laasgenoemde
daarvan te verwittig â sy rede vir laasgenoemde
optrede is omdat
hy (die werkgewer) in Natal was â terselfdertyd getuig hy dat die
geneesheer hom per telefoon laat weet het
dat hy alreeds in
Ficksburg was. Dit kan seker op die waarskynlikhede aanvaar word
dat sy werkgewer ook telefonies bereik kon
word;
Hoekom kon die
geneesheer nie die muti met hom saambring vanaf Ficksburg nie?
Waarom moes hulle altwee daarheen in aparte voertuie
vanaf Gauteng
ry?
Die muti word nou in
die aand/nag opgelaai â sakke vol â soseer so dat die sitplekke
of stoele van die kombi daar en dan uitgehaal
en daar agtergelaat
word â onthou moet word hierdie kombi word deur die appellant as
ân taxi gebruik en was op daardie stadium
sonder sy eienaar se
toestemming gebruik;
Waarom is die âsurplus
mutiâ nie in die geneesheer se voertuig gelaai nie?
Die kombi se sitplekke
word daar en dan âin die veldâ vir ân onbepaalde tyd
agtergelaat en hy keer terug na Gauteng om met
sy taxi bedrywighede
voort te gaan;
Die geneesheer betaal
hom daar vir sy brandstof om hierdie sitplekke op ân latere
stadium te kom haal â kon hulle dit nie
maar by hulle terugkeer
en tydens sy betaling vir die muti in verrekening gebring word nie?
By die padblokkade word
die appellant nou tot sy skok deur Mabaso met die besit van 24
sakke dagga gekonfronteer, (daar is geen
getuienis of suggestie dat
die appellant nie geweet het wat dagga is en wat die besit van so
ân groot massa alles mag behels
nie), maar gelukkig vir hom het
die geneesheer omgedraai en by hulle aangesluit â waarom het hy
nie daar en dan aan Mabaso
gesê dat die geneesheer die eienaar van
die dagga is en toe laasgenoemde dit bekragtig nie sterk kapsie
gemaak dat die âskuldige
nou vrykomâ en hy as âonskuldigeâ
ân baie ernstige oortreding in die gesig staar nie? Dit was in
elk geval op die geneesheer
se versoek dat hy die muti opgelaai
het.
Hoekom kies die
geneesheer die dames polisiebeampte uit om sy erkenning te maak en
nie die persoon wat die appellant arresteer
het nie â
laasgenoemde, Mabaso, se getuienis was in elk geval dat die dame
nie Zoeloe magtig is nie.
Die
appellant se weergawe soos hierbo uiteengesit, is so deurspek van
wesenlike onwaarskynlikhede dat dit myns insiens sonder enige
huiwering as vals verwerp kan word wat beteken dat hierdie saak
benader en beoordeel moet word asof die appellant glad nie getuig
het
nie, m.a.w. die Staat hoef slegs
prima
facie
sy skuld te bewys wat by ontstentenis van weerleggende getuienis
afdoende bewys word. (
In
Re
:
R
v JACOBSON & LEVY
1931 AD 466
p. 478.)
Dit staan
gevolglik vas dat die appellant die bestuurder van die kombi voertuig
waarin 24 sakke dagga gevind is, was â dat die appellant
aan besit
van dagga skuldig is behoef geen betoog nie. Die vraag is nou net of
daar in al die omstandighede die enigste redelike
afleiding wat
gemaak kan word, is dat die appellant in dagga handel gedryf het? Na
my mening is die antwoord bevestigend. â
S
v MATHE
1998
(2) SASV 225 (O) op 228H â
229C.
Al
wat oorbly is twee aspekte wat in die gronde van appèl geopper en
ook in argument herhaal is en dit is dat:
Die verhoorhof ân
nadelige afleiding moes gemaak het uit die feit dat die Staat
versuim het om die betrokke vroulike polisiebeampte
as getuie te
roep en
Die verhoorhof se
ondervraging van die appellant op kruisondervraging neergekom het.
Vir
soverre dit (i) aangaan is ek van oordeel dat dit geen meriete het
nie â niks het in elk geval verhoed dat sy nie kon genader
gewees
het om namens die appellant te getuig nie. Vir soverre dit die
tweede aspek aangaan is ek eweneens van mening dat dit ook
geen
substansie het nie en dat die vrae wat deur die landdros gevra is
geensins as kruisondervraging beskou kan word nie â dit
was bloot
ter opheldering of aanvulling van wat die appellant alreeds getuig
het.
Die appèl teen die
skuldigbevinding word van die hand gewys. Die skuldigbevinding en
vonnis word bekragtig.
________________
D.J.
LOMBARD, R
EK
STEM SAAM:
_________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
Namens
Appellant: David H Botha, Du Plessis & Kruger Ing.
p/a
Symington en de Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent: Advokaat O Wessels
i.o.v.
Kantoor van die
Direkteur: Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/ECoetzee