S v Gibson (A332/2003) [2004] ZAFSHC 100 (4 November 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Suspended sentence — Appeal against sentence imposed for theft — Appellant convicted of theft of R44 745,99 and sentenced to six years' imprisonment, one year suspended — Appellant contended that the trial court erred in requiring exceptional circumstances for a suspended sentence — Court found that such a requirement is not necessary — Factors considered included appellant's age, first-time offender status, willingness to repay the stolen amount, and potential loss of repayment opportunity if imprisoned — Appeal upheld, original sentence set aside and replaced with a four-year suspended sentence subject to conditions of repayment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 100
|

|

S v Gibson (A332/2003) [2004] ZAFSHC 100 (4 November 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. : A332/2003
In
die appèl tussen:
SHAWN
GIBSON
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM:
BECKLEY
R et EBRAHIM R
AANGEHOOR
OP:
13
SEPTEMBER 2004
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
4
NOVEMBER 2004
Appellant is in die
streekhof skuldig bevind aan diefstal van kontant ten bedrae van R44
745,99 en is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf
waarvan een jaar
opgeskort is op sekere voorwaardes vir ‘n periode van vier jaar.
Hy kom nou in hoër beroep teen die opgelegde
vonnis.
Mnr Nel, namens die
appellant, se betoog is dat die hof
a
quo
fouteer het deur te bevind dat korrektiewe dienste of ‘n opgeskorte
vonnis slegs opgelê behoort te word indien daar uitsonderlike
en
buitengewone omstandighede teenwoordig is. Na my mening het die Hof
a quo
in hierdie opsig ‘n mistasting begaan. Uitsonderlike of
buitengewone omstandighede is nie ‘n voorvereiste voordat
korrektiewe
toesig of ‘n algehele opgeskorte vonnis oorweeg word
nie. In die lig van voormelde mistasting, is hierdie Hof nou by
magte om
die vonnis ter syde te stel en opnuut vonnis te oorweeg.
Dit is nie ‘n geskil
dat die appellant 25 jaar oud is, en ‘n eerste oortreder is en dat
hy skuldig gepleit het nie. Hy het ook
te kenne gegee dat hy bereid
is om die bedrag aan die klaer terug te betaal. Voor vonnisoplegging
het die appellant getuig dat hy
intussen ‘n betrekking bekom het
waar hy R5 000,00 per maand verdien en dat hy R2 000,00 per maand aan
die klaer kan betaal. Daarbenewens
was sy getuienis (en ook die
getuienis van sy vriendin se vader) dat ‘n bedrag van R25 000,00
beskikbaar is om onmiddellik aan
die klaer betaal te word. Uiteraard
sal die appellant die bedrag van R25 000,00 aan die vader van sy
vriendin moet terugbetaal.
Dit is geykte reg dat ‘n
eerste oortreder, indien moontlik, uit die gevangenis gehou behoort
te word. ‘n Verdere kompliserende
faktor in die onderhawige saak
is dat, indien die appellant gevangenisstraf moet ondergaan, die
aanbod van sy vriendin se vader uiteraard
sal verval en sal dit tot
gevolg hê dat die klaer sekere geregtelike stappe sal moet neem ten
einde die bedrag wat hy skade gely
het, van die appellant te verhaal.
Inaggenome al die
omstandighede van die onderhawige saak, meen ek dat ‘n opgeskorte
vonnis inderdaad van pas is, sonder dat daar
‘n risiko bestaan dat
sodanige vonnis bestempel kan word as buitensporig lig en derhalwe as
‘n uitnodiging dien aan persone om
geld van hul werkgewer te steel
sonder om na die gevangenis te gaan. Sodanige boodskap is allermins
die een wat hierdie Hof wil
uitstuur.
Bygevolg
slaag die appèl teen die opgelegde vonnis. Die vonnis word tersyde
gestel en vervang met die volgende:
Beskuldigde
word gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf wat opgeskort word in die
geheel vir ‘n periode van vier jaar op die volgende
voorwaardes:
(a) Dat die beskuldigde
die bedrag van R44 745,99 aan die klaer, National Brands, betaal en
wel as volg:
Die bedrag van R25 000,00
op of voor 1 Desember 2004 en, daarna, die balans van R19 745,99 in
maandelikse paaiemente van R2 000,00
– die eerste sodanige betaling
gemaak te word op of voor 1 Januarie 2005 en die daaropvolgende
betalings op of voor die 1ste van
elke daaropvolgende maand;
(b) Dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan diefstal of poging tot diefstal gepleeg
gedurende die opgeskorte periode nie.
_______________
A.P. BECKLEY, R
Ek
stem saam.
_____________
S. EBRAHIM, R
Namens
appellant: Advokaat J. Nel
In opdrag van:
Sonette Oosthuizen
Prokureur
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Advokaat M. Strauss
In
opdrag van:
Die
Direkteur van Openbare
Vervolging
BLOEMFONTEIN
/S
Pieterse