About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 99
|
|
S v Mathabatha (SR146/04) [2004] ZAFSHC 99 (4 November 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.: SR146/04
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
PHINEAS MATHABATHA
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN R
et
WRIGHT R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
COPPENHAGEN R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
4
NOVEMBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ân
46-jarige man, staan in die landdroshof Sasolburg tereg op ân
klagte dat hy artikel 17(a) van die Wet
op Gesinsgeweld Wet 116 van
1988/1998 oortree het deurdat hy die bepalings van ân bevel wat
verleen was nie nagekom het nie of
verbreek het.
[2] Op
die klagte hom ten laste gelê, het die beskuldigde op 28 Oktober
2002 onskuldig gepleit en het die verrigtinge ân aanvang
geneem
deurdat een staatsgetuie reeds getuig het.
[3] Die
landdros wat die saak verhoor het, was egter daarna weens
gesondheidsredes ongeskik verklaar en is van enige diens onthef.
Feit is dus dat die betrokke landdros nie met die verrigtinge kan
voortgaan nie.
[4] In omstandighede soos
die onderhawige, geld twee skole van gedagtes:
Die eerste skool van
gedagte is van mening dat die verrigtinge sonder enige bevel
de
novo
voor ân ander landdros voortgesit kan word. [Vergelyk
STAAT
v DE KOKER
1978 (1) SA 659
(O)
]
terwyl
die tweede skool van gedagte is dat die verrigtinge vernietig moet
word en ân bevel by wyse van hersiening verkry moet word
wat die
verrigtinge vernietig met ân lasgewing dat indien gepas die saak
de
novo
voor ân ander landdros verhoor moet word. [Vergelyk
S
v LAPPING
1998 (1) ALL SA p. 331 par. 5.
]
Wat
ookal die posisie, feit is dat die verrigtinge nie voor die landdros
wat met die verriginge begin het, voortgesit kan word nie
en wel sou
die Direkteur van Openbare Vervolging so dit gerade ag,
de
novo
voor ân ander landdros moet begin.
[5] Die
volgende bevel word gemaak:
(i) Die verrigtinge in
saaknommer B1890/02 in die landdros Sasolburg word tersyde gestel om
indien die Direkteur van Openbare Vervolging
dit gerade ag, die
beskuldigde
de
novo
te
vervolg.
(ii) Sodanige
verriginge moet voor ân ander landdros geskied.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
EK
STEM SAAM:
______________
G.F.
WRIGHT, R
/sp