Suid-Afrikaanse Onderwysunie v Departementshoof: Departement van Onderwys Vrystaat (1897/2004) [2004] ZAFSHC 148 (28 October 2004)

82 Reportability

Brief Summary

Employment Law — Employment of Educators — Challenge to administrative decision — Applicant sought to set aside the respondent's circular 22 of 2004, which excluded temporary educators from applying for vacant posts, arguing it was unconstitutional and unfairly discriminatory. The respondent's decision was based on the implementation of section 6A of the Employment of Educators Act, 1998, which allows for the direct appointment of new entrants and those with a service break of over one year. The court held that the applicant's challenge was valid as it raised significant concerns regarding fairness and the exclusion of temporary educators from the employment process, thereby impacting their rights and livelihoods.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 148
|

|

Suid-Afrikaanse Onderwysunie v Departementshoof: Departement van Onderwys Vrystaat (1897/2004) [2004] ZAFSHC 148 (28 October 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
No: 1897/2004
In
die saak tussen:
SUID-AFRIKAANSE
ONDERWYSUNIE
Applikant
en
DIE
DEPARTEMENTSHOOF:
DEPARTEMENT VAN
ONDERWYS VRYSTAAT
Respondent
UITSPRAAK:
KRUGER
R
AANGEHOOR OP:
29
SEPTEMBER 2004
GELEWER
OP:
28
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die applikant vra dat
respondent se omsendbrief 22 van 2004 wat poste beskikbaar gestel het
aan applikante wat pas gekwalifiseer
het of wat ‘n
diensonderbreking vir langer as ‘n jaar gehad het, (dus met
uitsluiting van tydelike opvoeders wat tans tydelike
poste beklee)
tersyde gestel word. Applikant vra dat verklaar word dat daardie
prosedure ongrondwetlik is en applikant vra dat tydelike
opvoeders
wat in derglike poste is daardie poste behou totdat hulle ook die
geleentheid gegun is om mee
te ding vir aanstelling in daardie poste. Die begrip “tydelike
opvoeders” word in hierdie uitspraak gebruik in die sin van
tydelike
opvoeders wat tans poste beklee.
[2] Die gewraakte
omsendbrief 22 van 2004 se eerste twee paragrawe lees:
g
In
terms of
Section 6A
of the
Employment of Educators Act, 1998
; as
amended, the Free State Department of Education envisages filling a
number of vacant educator posts by placing candidates (1st
time
appointments and those who have a break in service for
more
than one year) in these posts.
The Department has
vacancies in 5 Districts in the Province in Secondary and Primary
Schools for qualified,
unemployed
educators. A list of vacancies indicating the number of all post per
district, post requirements and the reference number without
linking
any post to any school / town, is available at the District Office
for perusal.”
[3] Aanvanklik
was die applikant se
locus
standi
in geskil maar daardie punt is by die verhoor laat vaar. Die punt
van wanvoeging wat in respondent se advokaat se betoogshoofde
geneem
is, is ook laat vaar.
[4] Mnr. Roberts wat saam
met Mnr. Naidoo vir respondent verskyn het se hoofpunt was die
volgende:
Applikant se saak is dat
respondent ‘n besluit geneem het deur omsendbrief 22 van 2004 te
publiseer.
Daardie besluit is
gebaseer op artikel 6A van die Wet op die Indiensneming van
Opvoeders 76 van 1998. (“die Indiensnemingswet”)
Applikant se hele saak
is gegrond op die onbillikheid om artikel 6A te implimenteer.
Dus moet applikant
aansoek doen om ‘n hersiening van daardie besluit.
Dit doen applikant nie.
[5]
Dit is nie nodig vir ‘n applikant by ‘n hersiening om reël 53 te
gebruik nie. Die doel van reël 53 is om aansoeke vir
hersiening te
vergemaklik en om te verseker dat hulle op ‘n spoedige en geordende
wyse aangebied word. Dit gee slegs mindere en
bykomende voordele aan
die respondent. Dit gee werklike voordele aan die applikant,
voordele wat die applikant mag geniet en gebruik
tot die mate wat
applikant in besondere omstandighede nodig ag. Sien
JOCKEY
CLUB OF SOUTH AFRIA v FORBES
[1992] ZASCA 237
;
1993
(1) SA 649
(A)
op
662 G – H per Kriegler, Wnd. AR.
[6] Dus was dit nie nodig
vir ‘n applikant om sy aansoek as ‘n hersieningsaansoek ingevolge
reël 53 in te klee nie. Dit is duidelik
dat dit die applikant se
saak is dat die besluit van die respondent om artikel 6A van die
Indiensnemingwet te implementeer op die
wyse wat hy gedoen het,
tersyde gestel moet word.
[7] Artikel
6A sluit sekere kategorieë uit wanneer sekere poste gevul word. Die
oogmerk van die Wetgewer met artikel 6A word deur
Hattingh R in
FEDERASIE
VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE: VRYSTAAT EN ‘N ANDER
v DIE DEPARTEMENTSHOOF: DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VRYSTAAT
,
(saak no. 2064/2004) in par. 27 weergegee. Daar handel Hattingh R
met die euwel wat reggestel moet word by wyse van hierdie artikel:
“
Verafgeleë skole ondervind
probleme om opvoeders te lok om vakante poste aldaar te vul, en sal
dit die Onderwys Departement in staat
stel om sodanige opvoeders te
identifiseer en in daardie poste aan te stel; en
Hierdie proses sal die versekering dra
dat daar ‘n billike distribusie van goed gekwalifiseerde opvoeders
is en meewerk om studente
wat beurse verwerf het of studielenings
aangegaan het in gepaste vakatures aan te stel.
In beide gevalle sal die aanstellings
geskied sonder die aanbeveling van ‘n beheerliggaam”
[8] Applikant sê die
kern van die geskil in saak 2064 het gewentel rondom die uitleg en
betekenis van artikel 6A. Applikant sê
vir doeleindes van hierdie
saak hoef die meriete en uitleg van artikel 6A nie herbeoordeel te
word nie. Mnr. du Toit wat vir die
applikant verskyn het sê dat
hierdie saak begin by omsendbrief 22 van 2004 wat tydelike opvoeders
uitsluit. In omsendbrief 22 van
2004 word ‘n uitnodiging slegs
gerig aan (i) nuwe toetreders en (ii) opvoeders wat ‘n
diensonderbreking van ten minste ‘n jaar
gehad het. Die gevolg, sê
Mnr. du Toit, is dat tydelike opvoeders nou geheel en al uit die
sisteem verwyder word en hulle kan slegs
weer na een jaar
diensonderbreking toetree.
[9] Ingevolge die
Indiensnemingswet 1998 het die respondent die volgende opsies wanneer
dit kom by die vul van vakante poste:
Tydelike opvoeders kan
die poste vul en by herhaling aangestel word ten einde deurlopende
onderrig te verseker. ‘n Tydelike opvoeder
is vir alle relevante
doeleindes ‘n opvoeder soos gedefinieer in die Indiensnemingwet.
e
n
Oop vakaturelys kan gepubliseer word waarkragtens elkeen wat glo dat
hy kwalifiseer vir bepaalde en geïdentifiseerde poste daarvoor
aansoek kan doen. Die onderwysdepartement ontvang die aansoeke, ‘n
kortlys word saamgestel, aanbevelings word gemaak aan die
respondent
wat dan aanstellings kan maak ooreenkomstig die bepalings van
artikel 6(3) van die Indiensnemingswet. Op hierdie wyse
word die
pos permanent gevul.
e
n
Geslote vakaturelys word gebruik wanneer die respondent oordeel dat
daar botallige opvoeders is wat die poste wel kan vul en

aanstellings slegs uit daardie geledere gemaak word. ‘n Botallige
opvoeder is een wat weens bedryfsvereistes sy pos verloor het
maar
steeds
op
die diensstaat van die respondent bly. Dit gebeur wanneer daar
rasionalisasie plaasvind. In sodanige gevalle kry daardie persone
voorkeur. Slegs botallige opvoeders aldus geïdentifiseer mag dan
aansoek doen.
Die
respondent kan gebruik maak van artikel 6A van die Indiensnemingwet.
Daarvolgens
kan
hy sonder aanbeveling van ‘n beheerliggaam maar slegs nadat hy met
hulle geraadpleeg het, nuwe toetreders tot die onderwysberoep
en
opvoeders wat ‘n breuk van minstens een jaar in hulle diens gehad
het direk in vakante poste aanstel. Die respondent is nie
verplig
om artikel 6A te volg nie. Hier is ‘n diskresie. Dit is gemene
saak.
[10] Applikant
sê dat die respondent op laasgenoemde proses besluit het by wyse van
omsendbrief 22 van 2004 (naamlik om artikel 6A
te gebruik). Dit is
teen hierdie administratiewe optrede van die respondent wat die
applikant ten behoewe van die tydelike opvoeders
hierdie aansoek
loods. Dit word soos volg in die applikant se advokaat se
betooghoofde gestel:
g
4. Die
gevolge van die respondent se besluit om van art 6A gebruik te maak,
is gemeensaak:
Tydelike opvoeders, wat tans die
poste beklee, mag nie aansoek doen vir sulke poste nie en mag nie
daarin aangestel word nie,
vir die eenvoudige feit dat hulle nie
nuwe toetreders is nie en, omdat hulle in diens is, nie in die
kategorie van diensonderbrekers
van minstens een jaar val nie. Dit
het onder meer die absurde en diskriminerende gevolg dat studente
wat aan die einde van 2003
afstudeer het en intussen tydelike
aanstellings as werknemers van die respondent bekom het, nie
ingevolge hierdie proses aansoek
kan doen of aangestel mag word
nie. Dit is die gevolg van respondent se keuse-uitoefening deur
nie die oop vakaturelys opsie
te volg nie
Tydelike opvoeders wie se poste nou
gevul staan te word deur nuwe toetreders, verloor hulle
aanstellings en hulle inkomste. Hulle
word tot die werklose klas
verdoem.
Daar is geen onmiddellike vooruitsig
dat sulke tydelike opvoeders weer tot die stelsel sal mag toetree
nie: tydelik opvoeders
wat uit diens uit gestel word op hierdie
wyse, word die ban gedoen uit Vrystaatse openbare onderwys, want
hulle sal slegs weer
‘n aanstelling by die respondent kan kry
indien:
Hulle vir meer as een jaar werkloos
was;
Die respondent die prosedure volg
wat ‘n oop vakaturelys inhou, ‘n prosedure wat die applikant
aanvoer nie spoedig weer
gevolg gaan word nie en die tydstip
waarvan die respondent ‘n stilswye handhaaf.
Die respondent het sy administratiewe
handeling verrig op ‘n tydstip toe die tydelike opvoeders in sy
diens was (m.a.w. die termyne
waarvoor hulle aangestel was, was nie
verstreke nie). Daar is geen getuienis dat:
die tydelike opvoeders hulle werk
onbevredigend doen nie of nie gekwalifiseer is vir die werk wat
hulle doen nie;
die stelsel van tydelike opvoeders
moeilik is om te administreer, of iets dergeliks nie;
Daar by bepaalde afgeleë of skole
naby aan stedelike gebiede ongevulde poste is of poste is wat
beklee word deur opvoeders wat
nie gepas gekwalifiseer is vir sulke
poste nie en dat dit slegs daardie poste is wat tans adverteer word
nie;
Tydelike opvoeders nie meer aan
hulle doel voldoen nie;
Daar enige regverdiging is om ‘n
groep bestaande (tydelike) werknemers bykans in sy geheel te
vervang met nuwe toetreders nie.”
[11] Mnr.
du Toit sê die kernpunt is die vraag na billikheid van hierdie
optrede wat 1200 tydelike opvoeders werkloos laat. Hy sê
dat
verskeie fundamentele regte in die Handves van Menseregte deur
hierdie optrede aangetas word nl.:
Gelykheid;
Billike arbeidsoptrede;
Menswaardigheid;
Die reg om vryelike
professie te beoefen;
Die reg op billike
administratiewe optrede.
[12] Die posisie van
tydelike opvoeders in die sisteem word deur die applikant in die
funderende eedsverklaring beskryf:
g
Tydelike
opvoeders, waarvan daar tans sowat 1200 in die Vrystaat op posvlak 1
is en waarvan die lys ‘HPS3’ sulke lede van die
applikant bevat,
vervul dus ‘n kar
dinale
rol in die grondwetlike verpligting van die staat om onderwys te
voorsien en die verpligting om in die beste belang van die
leerder op
te tree.”
[Die
respondent ontken die syfer 1200, en sê dat die getal wissel.]
Vakatures word onmiddellik aan die
respondent gerapporteer en goedkeuring word gevra om die pos te vul
(hoewel die respondent ook
behoort te weet van die vakature uit
hoofde van die feit van bedanking, ens. wat deur ander kanale aan hom
bekend gemaak word).
Nadat goedkeuring verleen is vir die
vulling van die pos sal dan die prinsipaal en/of beheerliggaam van ‘n
skool gebruiklik ‘n
geskikte kandidaat identifiseer wat die pos
tydelik kan vul en by die distrikskantoor aanbeveel dat sodanige
kandidaat ‘n tydelike
aanstelling ontvang.
Sonder enige uitsondering wat aan my
bekend is, maak die respondent op sterkte van hierdie aanbeveling die
tydelike aanstelling in
die vakante pos. Dit beteken egter nie dat
die pos nie meer vakant is nie. Dit is eers gevul as daar weer ‘n
permanente aanstelling
gemaak sou word.
Tydelike
aanstellings word gebruiklik gemaak tot aan die einde van die
betrokke skoolkwartaal.
[Die
respondent sê dat die tydelike opvoeder ‘n dokument kry wat die
aanvang en beëindiging van sy diens aandui.]
Wanneer die
aanstelling gemaak is, is die tydelike opvoeder ‘n opvoeder in
terme van die bepalings van die Indiensnemingwet. Dit
volg dat daar
‘n verskeidenheid van potensiële kandidate vir ‘n tydelike pos
kan wees: Gekwalifiseerde beurshouers wat nog
geen ander aanstelling
gekry het nie; ander pasgekwalifiseerde opvoeders wat nog nie ‘n
aanstelling gekry het nie, opvoeders met
‘n onderbreking in diens
van
minder
as een jaar; opvoeders met ‘n onderbreking in diens van langer as
een jaar; broodwinners, ens.
In uitsonderlike gevalle mag dit
gebeur dat die voorgeskrewe prosedure vir die vul van vakante poste
voltooi word binne die bestek
van die skoolkwartaal waarbinne ‘n
tydelike opvoeder aangestel word. In so ‘n geval sou die tydelike
opvoeder se diens tot ‘n
einde kom indien hy of sy nie suksesvol
vir die pos aansoek gedoen het nie. Indien hy of sy die suksesvolle
kandidaat was word die
pos dan permanent deur so ‘n opvoeder
beklee.
In die oorgrote meerderheid van
gevalle word tydelike aanstellings gedoen vir ‘n skoolkwartaal en
word die voorgeskrewe prosedure
vir die permanente aanstelling van
opvoeders etlike skoolkwartale later in werking gestel. Dit het die
gevolg dat, aan die einde
van ‘n gegewe kwartaal, honderde vakante
poste gevul word deur tydelike opvoeders.
Die ideale situasie is dat, voor die
verstryking van ‘n skoolkwartaal, die tydelike aanstellings hernu
word. Dit gebeur egter selde.
Soms word die her-aanstellingsbrief
gedurende die skoolvakansie wat volg op die kwartaal waarin die diens
prakties verstryk, gestuur
en dus eers prakties ontvang by heropening
van die skool. In praktyk rapporteer die prinsipaal aan die einde
van ‘n kwartaal of
voor verstryking van ‘n tydelike opvoeder se
aanstelling aan die distrikskantoor dat die betrokke vakature steeds
bestaan en of
die tydelike opvoeder wat die vakante pos beklee steeds
beskikbaar is om die vakature te vul. Die proses word op hierdie
wyse kwartaaliks
herhaal totdat die pos in ‘n vakaturelys adverteer
word en dan ooreenkomstig die voorgeskrewe prosedure gevul word. Die
opvoeder
wat die pos tydelik beklee het word, weer aangestel, tensy
daardie opvoeder te kenne gegee het dat hy of sy nie verder
beskikbaar
is vir aanstelling nie. In effek geskied die
“heraanstelling” van die tydelike opvoeder dus meganies
outomaties.
Selfs al het die her-aanstellingsbrief
nie die skool of betrokke opvoeder bereik teen die begin van die nuwe
kwartaal nie, meld sodanige
opvoeder sonder uitsondering aan en gaan
voort om sy of haar opvoedingswerk te doen. Die
her-aanstellingsbrief sal egter sonder
uitsondering uiteindelik
ontvang word vanaf die Departement.”
Behalwe
soos hierbo aangedui, word hierdie bewerings nie in die antwoordende
eedsverklaring weerspreek nie.
[13] Die
respondent se verweer word in sy antwoordende eedsverklaring vervat:
g
One
must have regard for the manner in which temporary educators are
appointed. Temporary educators have not been appointed in accordance
with the provisions of PAM and the
Employment of Educators Act by
complying with all the procedures which the Applicant has at all
times and in particular in Case No: 2064/04 stated should be
complied
with before an appointment is made. Such temporary
educators were merely appointed by the
Department of Education after a Governing Body or a school principal
has identified such particular person. These temporary educators
now
claim that they have certain vested rights. As against this, it is
the duty of the Respondent to weigh up the interest of the
unemployed
educators who either had a break of one year in service or the
educators who studied with bursaries funded by the Respondent
and who
are unemployed;”
[14] Die deponent tot die
antwoordende eedsverklaring sê dat die proses van aanstellings van
tydelike opvoeders ‘n onbillike tipe
proses is:
g
The
appointment of temporary educators is done on an unfair basis, being
unfair to the other unemployed educators by virtue of the
fact that
the process which is followed is not that as prescribed by the Act
and PAM and the particular school and/or Governing Body
of such
school decide where they want to advertise, to whom they want to
advertise and who they want to
invite
to apply for such posts and decide themselves who to appoint. This
in my view is unfair if regard is had for
Section 7
of the
Employment
of Educators Act and
Section 195(5) of the Constitution of the
Republic of South Africa Act;”
[15] Mnr.
du Toit sê dat die vooroordeel van die respondent duidelik uit
hierdie stellings blyk, wat daarop dui dat dit sy begeerte
is om
tydelike opvoeders in die ban te doen en werkloos te laat en geen
geleentheid te gee om vir permanente poste aansoek te doen
nie.
[16] Applikant se saak is
dat tydelike opvoeders die reg het om mee te ding vir poste.
Omsendbrief 22 van 2004 sluit tydelike opvoeders
op onbillike wyse
uit.
[17] Mnr. Roberts sê dat
die respondent eenvoudig sy funksies onder die wet uitgevoer het;
artikel 6A bepaal dat hy so mag optree.
Hy het binne sy magte
opgetree ingevolge die wet; artikel 6A gee hom die mag om te doen
presies wat hy gedoen het. Mnr. Roberts
sê dat die applikant se
argument in wese is dat die respondent besluit het om artikel 6A te
gebruik, inbreuk maak op applikant se
regte ingevolge die Grondwet.
Maar, sê hy, applikant vra nie dat arikel 6A ongrondwetlik verklaar
word nie. Artikel 6A bestaan
en dit mag gebruik word.
[18] Wat die Promotion of
Administrative Justice Act 3 van 2000 (“PAJA”) betref, sê Mnr.
Roberts dat daardie wet nie van toepassing
is nie want dit geld slegs
as ‘n amptenaar sy magte oorskry het. Sy argument is:
Hier was geen besluit
nie, of;
As daar ‘n besluit
was, is die regsmiddels wat PAJA bied nie gepas vir hierdie geval
nie.
[19] Mnr.
Roberts sê die
respondent
het nie die Wet geadministreer nie, maar dit bloot geïmplimenteer.
Mnr. Du Toit sê deur te besluit om artikel 6A toe
te pas het die
respondent administratief opgetree en dit kan tersyde gestel word.
[20] Mnr du Toit sê
artikel 6A het sy plek binne die sisteem. Dit kan gebruik word in
landelike gebiede waar daar ‘n tekort is
wat op ‘n geskikte wyse
aangespreek kan word deur toepassing van artikel 6A. (Dit is in
ooreenstemming met wat Hattingh R beslis
in saak no. 2064.) Mnr du
Toit sê egter dat die respondent nie sê dat dit by die onderhawige
geval, die prosedures voortspruitend
uit omsendbrief 22 van 2004,
gaan om ‘n landelike gebied nie. ‘n Streep word getrek deur
tydelike opvoeders se moontlikhede.
Artikel 6A mis die rasionaal vir
sy bestaan as dit toegepas word soos wat omsendbrief 22 van 2004
bepaal sê Mnr. du Toit.
[21] Die applikant se
saak is dat tydelike opvoeders ook billik moet kan deelneem, kan
kompeteer. As die pos dan nie gevul word nadat
dit in ‘n oop
vakaturelys geadverteer is nie kan die respondent sê dat dit buite
‘n stedelike gebied val, en hy aan almal (insluitende
tydelike
opvoeders) se regte voldoen het deur dit tot hul beskikking te plaas.
Op daardie stadium het hy dan die reg om artikel
6A te gebruik.
Daar kan dan geen beswaar teen daardie prosedure wees nie.
[22] Die kernpunt van die
applikant se beswaar is dat tydelike opvoeders nie die kans gegun
word om billik te kan deelneem aan die
aanstellingsproses nie. Hulle
word eenvoudig uit die sisteem verwyder.
[23] Die besluit van die
respondent om artikel 6A te implimenteer by wyse van omsendbrief 22
van 2004 was na my mening ‘n administratiewe
besluit wat
hersienbaar is. Sien
PRESIDENT
OF THE RSA AND OTHERS v SA RUGBY FOOTBALL UNION AND OTHERS
2000 (1)
SA 1
(KH)
par. 142;
TRANSNET
LTD v GOODMAN BROTHERS (PTY) LTD
[2000] ZASCA 151
;
2001 (1) SA 853
(HHA)
par. 34.4 en
PENNINGTON
v FRIEDGOOD AND OTHERS
2002 (1)
SA 251
(K)
op 259 par. 20 (c) waar die hof sê:
g
What
falls to be considered is,
inter
alia
, the source of the
power exercised, the nature of such power, its subject-matter,
whether it involves the exercise of a public duty,
and how closely it
is related on the one hand to policy matters which are not
administrative, and on the other to the implementation
of
legislation, which is.”
Dit is duidelik dat die
besluit van die applikant om artikel 6A te implementeer by wyse van
omsendbrief 22 van 2004 administratiewe
optrede was wat hersienbaar
is.
[24] Die volgende vraag
is of hierdie besluit inderdaad tersyde gestel moet word. Dit is ‘n
hersieningsgrond dat ‘n persoon op
‘n grof onredelike wyse
optree. Sien in hierdie verband
TRINITY
BROADCASTING (CISKEI) v INDEPENDENT COMMUNICATIONS AUTHORITY OF SOUTH
AFRICA
2004 (3)
SA 346
(HHA)
waar gehandel word met artikel 6(2) van die Promotion of
Administrative Justice Act 3 van 2000 en waar die president van die
hoogste
hof van appèl (par. 21 op bls. 354 – 355) sê:
g
In
the application of that test,
[die
rasionaliteitstoets] the reviewing Court will ask: is there a
rational objective basis justifying the connection made by die
administrative decision-maker between the material made available and
the conclusion arrived at?”
[25] Deur omsendbrief 22
van 2004 in werking te stel het die respondent bewerkstellig dat
tydelike opvoeders uit die sisteem uitgesluit
word. Hierdie is na my
mening nie ‘n oogmerk wat rasioneel verbind kan word met artikel 6A
nie. Artikel 6A is op die Wetboek
geplaas om voorsiening te maak vir
‘n verkorte prosedure by landelike gebiede waar onderwysers nie wil
gaan nie. Daar is nie ‘n
basis dat dit vir enige ander oogmerk
bedoel was nie. Op die stukke en op die verwere aangevoer deur die
respondent wil hy daardie
bepaling nou gebruik vir alle gevalle omdat
hy sê die tydelike indiensnemers op ‘n onbillike wyse aangestel
word. Die gronde
wat hy aanvoer toon dit nie. Die rasionele
grondslag waarop artikel 6A gebruik kan word is vir landelike
gebiede, nie omdat tydelike
opvoeders in alle gevalle op onbillike
wyse aangestel word nie. Indien hulle op onbillike wyse aangestel
word is dit die departement
se taak om daardie prosedure reg te stel
ten einde toe te sien dat die aanstellings op regmatige wyse geskied,
nie om eenvoudig ‘n
streep deur die kategorie te trek nie. Dit is
onbillike optrede wat nie rasioneel verbind is met die Wet waaruit
die magtiging voortspruit
nie.
[26] Aangesien ek hierdie
aangeleentheid kan beslis, en beslis, op ‘n nie-grondwetlike punt,
naamlik onbillike administratiewe optrede,
handel ek nie met die
grondwetlike punte deur applikant geopper nie. (
S
v MHLUNGU AND OTHERS
[1995] ZACC 4
;
1995 (3) SA 867
(KH)
;
ZANTSI
v COUNCIL OF STATE, CISKEI AND OTHERS
[1995] ZACC 9
;
1995 (4) SA 615
(KH)
par.
2, 3, 5 en 7.
[27] Die respondent het
hom aan onbillike administratiewe optrede skuldig gemaak deur
omsendbrief 22 van 2004 uit te reik.
[28] Die applikant voer
aan dat die geskil oor die regte van tydelike opvoeders by wyse van
‘n verhoor beslis sal moet word. Ingevolge
artikel 186(b) van die
Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 stel dit ‘n onbillike ontslag
daar indien ‘n werknemer redelikerwys
van die werkgewer verwag het
om ‘n vaste termyn dienskontrak op dieselfde of soorgelyke
voorwaardes te hernu waar die werkgewer
dit nie hernu nie. Dit kan
net oorweeg word met verwysing na spesifieke werknemers; vandaar
dat Mnr. du Toit sê dat daardie aangeleentheid
in ‘n verhoor
beslis sal moet word.
[29] Applikant
vra ook die volgende bevel:
g
Dat, hangende die afhandeling van
‘n geding ingestel te word binne 30 dae, welke geding die reg op
spesifieke nakoming van tydelike
opvoeders vir hernuwing van hulle
dienskontrakte totdat hulle aan ‘n proses kan deelneem wat hulle in
staat sal stel om te kompeteer
vir permanente poste wil afdwing, die
respondent gelas word om die tydelike aanstellings te verleng.”
[30] Hierdie regshulp is
gegrond op artikel 186(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat
onder sekere omstandighede regte op hernuwing
aan werknemers gee wat
vir ‘n vaste termyn aangestel is. Elke sodanige geval hang van die
feite daarvan af. Indien tussentydse
regshulp hier toegestaan sou
word, sou die tydelike werknemers se posisie moontlik kunsmatig
versterk word. Elke individuele opvoeder
se saak sal op eie meriete
in die Arbeidshof gevoer moet word na gelang van die omstandighede.
Applikant het nie ‘n saak uitgemaak
vir hierdie regshulp nie. Die
applikant was wel wesenlik suksesvol, en koste volg daardie
resultaat.
[31] Die Hof gelas dus:
(1) Dat die respondent
verbied word om enige aanstellings te maak in vakante poste wat tans
beklee word deur tydelike opvoeders, uit
aansoekdoeners wat aansoek
gedoen het vir permanente poste voortspruitend uit die prosedures
vervat in die respondent se Omsendskrywe
22 van 2004 en/of die
advertensie wat geplaas was op 6 Junie 2004.
(2) Dat verklaar word dat
die respondent nie die bepalings van artikel 6A van die Wet op
Indiensneming van Opvoeders, 1998, mag aanwend
om poste te vul wat
reeds deur tydelike opvoeders gevul word nie, sonder om nie eers aan
tydelike opvoeders die geleentheid te gun
om te kompeteer vir
aanstelling in daardie poste nie.
(3) Dat die respondent
die koste van die aansoek betaal.
_____________
A
KRUGER, R
Namens
Applikant: Advokaat JI Du Toit
i.o.v.
Schoeman
Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent: Advokate MG Roberts S.C. & VM Naidoo
i.o.v.
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/ecoetzee